Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Liefdesappels " deur EVELEEN CASTELYN
" Liefdesappels " deur EVELEEN CASTELYN [boodskap #67867] Ma, 28 Oktober 2002 00:54
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Eveleen Castelyn
Liefdesappels

as jou vlerke weier om oop te gaan
en jy nog met die emalje van jou tande
aan die lippe van die liefde bly hang,
aan die skouers van jou man wat mirre
drup op die soom van jou rok van satyn
oopgeknoop vir die joyride, armsvol lelies
van die dale, omgekantel deur die lug
in 'n halfgondelmaan (jy ruik net
mirrebossie, jy sien net sterre
soos starlights heen en weer swaai
en groen gesigte skommel), ruil jy desperaat
by Lea liefdesappels in die veld gepluk,
praat jy saggies en kaal paradystaal
en stuur 'n tongtelegram: arriveer
vannag in die sewende hemel met die
nasmaak van appels en henna
pure soetigheid in my verhemelte,
nardus en narsing in die holtes
van my kop verseël en my hartstog
se lier opgehang aan die verslete
treurwerwels van my lyf
Vorige onderwerp: " Toemaar die Donker Man " deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " Klein Vrede " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 04:15:20 MGT 2024