Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 25/10
Nuus 25/10 [boodskap #67825] Vr, 25 Oktober 2002 13:50
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Daar is 'n groot boot-skou aan in die Waterfront.
Dis nou vir mense wat
a) Dink vliegtuigkaartjies is te duur
b) Dink hulle kan nie beroof word op 'n boot nie.

2) Volgende naweek is daar 'n groot blomme/kos/wynfees aan by Elgin.

3) Die arme hongere wat die Britse Toeris-dame in haar hotel doodgeskiet
het, en haar man in sy gesig geskiet het, is toe aangekeer.

4)Lions ( Tvl) speel teen Blue Bulls ( Ntvl) in die eindstryd om die
Curriebeker more.

5) Mevrou Jeneker sweer die kind wat sy verwag is haar man s'n, maar sy
weier om te sê hoe hy dit reggekry het.

6) Jerry Springer se SA program begin die begin van November.op Mnet.
Die SA Trailer trash wat op sy program gaan verskyn as gaste is glo almal
kunstenaars, bekendes en politici:))

7)Die oorloop-periode vir die plaaslike raadslede is verby. Daar was glo
etlikes wat so haastig was om oor te loop, dat hulle bietjie vergeet het dat
as mens oorloop, mag mens nie terugloop nie. Daar was glo etlikes wat
derhalwe verhoed was om weer oor te loop nadat hulle oorgeloop het.

8) Wie onthou nog die goeie ou dae toe ons nog SA tenniskampioenskappe gehad
het, en ons almal geweet het wie die gunstelinge is?

9) Matthew Booth - die sokkerkaptein van die SAo-23 en nie-presterende
Olimpiese sokkerspan, speel nou sokker vir 'n klub in Rusland.

10) Daar gaan iets snaaks aan met die weer. Gewoonlik kry ons hier in die
Kaap eers die wind, hitte, koue fronte en reën, en dan beweeg die betrokke
stelsel op na die Noorde.
Nou het die mense in Gauteng 'n hittegolf gehad, en dit het nou afbeweeg
Kaap toe - ek wonder of dit iets met Nepad te doen het?:))

Annette
Vorige onderwerp: Nuus 10/10
Volgende onderwerp: Nuus 28/10
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:15:03 MGT 2024