Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Geloofsgenesing
Geloofsgenesing [boodskap #67214] Di, 08 Oktober 2002 09:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
vriende?
Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?
As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?

Annette
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67297 is 'n antwoord op boodskap #67214] Wo, 09 Oktober 2002 17:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
> vriende?

Ja

> Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?

Nee

> As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
> meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
> gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?

Ja
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67303 is 'n antwoord op boodskap #67297] Wo, 09 Oktober 2002 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Oct 2002 13:07:06 -0400, Katryn
skryf:

> "Annette" antwoord
>
Katryn vra
>> Enigiemand hier met ondervinding - persoonlik of familie en
>> vriende?

Ens.....

Dit is hier Katryn, wat jy moet
onderskei tussen
Goddelike Genesing
en
Geloofsgenesig.

Dit klink na 'n speel met woorde
wat dit beslis nie is nie

DD
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67306 is 'n antwoord op boodskap #67303] Wo, 09 Oktober 2002 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Dit is hier Katryn, wat jy moet
> onderskei tussen
> Goddelike Genesing
> en
> Geloofsgenesig.
>
> Dit klink na 'n speel met woorde
> wat dit beslis nie is nie

Wat is die verskil?
Is Goddelike genesing, geloofsgenesing met of sonder geloof?
Verduidelik asseblief.
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67307 is 'n antwoord op boodskap #67306] Wo, 09 Oktober 2002 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Oct 2002 15:02:11 -0400, Katryn
sê:

>
> Wat is die verskil?
> Is Goddelike genesing, geloofsgenesing met of sonder geloof?
> Verduidelik asseblief.

Goddelike Genesing is deur die Groot Geneesheer.

geloofsgenesing is genesing uit die innerlike self
dikwels sonder Krag van Bo. In die mens se gees
is daar baie onontdekte waardes en kragte. Ek glo
dit omdat ek glo dat daar baie meer dimensies as
slegs drie bestaan.
Ek glo dat 'n mens jouself (met beperkings) kan
genees indien jy van geestelike kragte (noem dit
selfs selfhipnose as jy wil) gebruik maak.
Een perfekte voorbeeld daarvan is miskien eie
ervaring toe ek 'n hele paar jaar gelede in 'n
motorongeluk was wat my drie weke bewusteloos
gehad het waarvan ek drie dae in 'n koma was.

Ek het met kompleet (100%) geheue verlies daaruit gestap.

Toe ek begin hakkel het ek 'n dokter gaan spreek
wat my vir 'n senuwee probleem wou behandel het.
Hy het van die motorongeluk geweet omdat ek
'n sakeman in dieselfde dorp is.
Ek het hom op 'n platvloerse manier gevra of hy
daarin glo dat 'n mens senuwee probleme kan hê
en die voorskrif weggegooi.
Daarna het ek op stadiums heel stom geraak.
In dieselfde tyd het ek verskriklike woedebuie
ervaar.
Die volgende dokter se woorde (na hy spanning
gediagnoseer het) was presies dit: 'Jy sal my weer
en weer vloek en tog sal ek jou regkry, want jy is
hier omdat jy weet dat 'n probleem opgeduik het.'

Al wat die man gedoen het was om my vir spanning
te behandel. Ek is 'n moeilike tyd deur wat ek aan
niemand kan beskryf nie en was (is!) 'n paar jaar later
weer my ou self soos voor die ongeluk.

'n Vriend in die mediese wêreld wat my tydens die
hele episode gereeld gesien het, het later vir my
gesê dat ek 'n 'senuwee instorting' gehad het
terwyl ek weer my ou self probeer leer ken het.

Hierdie lang storie net om vir jou te sê dat ek
volgens mense naby aan my op my eie en sonder
enige hulp van buite deur 'n senuwee instorting
beweeg het omdat ek nie geglo het dat daar so iets
bestaan nie. Dit is ou vrou stories afgemaak het.

Dit sien ek as geloofsgenesing. Ek het nie geglo
dat daar so iets bestaan nie, so ek kon nie werklik
daaraan ly nie.
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67308 is 'n antwoord op boodskap #67307] Wo, 09 Oktober 2002 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> geloofsgenesing

Ek wonder of, wanneer die term "geloofsgenesing"
gebruik word, daar nie 'n baie spesifieke situasie
daarmee aangedui word nie. Daar is sekere mense
wie se godsdienstige oortuigings hulle dwing om
te glo dat moderne medisyne iets uit die bose is
en dan alle genesing "van Bo" kom. Die Christian
Scientists is so 'n groep, en ek dink die Seventh
Day Adventists ook, en nog ander groepe. Hier in
Kanada het ons elke nou en dan 'n saak voor die
howe waar die staat die ouers wil dwing om sekere
behandelings vir hulle kinders toe te laat, en
waar die ouers botweg weier. Mens sou kon sê dat
daardie mense in "geloofsgenesing" glo, al sterf
hulle kind dan daarna.
Goddelike genesing, sou ek sê, beteken maar net
pleinweg, dat die genesing vir die Christen van Bo
kom, selfs al word moderne medisyne gebruik of nie.

Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67331 is 'n antwoord op boodskap #67308] Do, 10 Oktober 2002 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina!

Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt? Ek het lanklaas met jou gestry...

Max_____________________________________________

"@rogers.com"
> Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67332 is 'n antwoord op boodskap #67308] Do, 10 Oktober 2002 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit kan seker so wees soos jy beskryf Gloudina.
Die term geloofsgenesing word hier gewoonlik gebruik saam met die gesondbid
praktyke in charismatiese tentdienste.
Baie selde word van geloofsgenesing gepraat waar 'n predikant van die
kansel of privaat by die huis vir iemand om beterskap gebid het.

Annette

news:3DA49281.4060003@rogers.com...
>
> DD wrote:
>
>
>> geloofsgenesing
>
>
> Ek wonder of, wanneer die term "geloofsgenesing"
> gebruik word, daar nie 'n baie spesifieke situasie
> daarmee aangedui word nie. Daar is sekere mense
> wie se godsdienstige oortuigings hulle dwing om
> te glo dat moderne medisyne iets uit die bose is
> en dan alle genesing "van Bo" kom. Die Christian
> Scientists is so 'n groep, en ek dink die Seventh
> Day Adventists ook, en nog ander groepe. Hier in
> Kanada het ons elke nou en dan 'n saak voor die
> howe waar die staat die ouers wil dwing om sekere
> behandelings vir hulle kinders toe te laat, en
> waar die ouers botweg weier. Mens sou kon sê dat
> daardie mense in "geloofsgenesing" glo, al sterf
> hulle kind dan daarna.
> Goddelike genesing, sou ek sê, beteken maar net
> pleinweg, dat die genesing vir die Christen van Bo
> kom, selfs al word moderne medisyne gebruik of nie.
>
> Gloudina
>
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67336 is 'n antwoord op boodskap #67331] Do, 10 Oktober 2002 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Hallo Gloudina!
>
> Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt?

Ek het lanklaas met jou gestry...

So jy mis my? Ek wou jou kortvat oor
die Nederlandse "koning" wat onlangs
dood is, maar toe spring ander my voor.
Lewe Juliana nog? En wat is die naam
van Beatrix se man? Hy word seker ook
'n prins genoem. Is Beatrix se eerste
kind 'n seun? Die Nederlandse konings-
huis was vir meer as honderd jaar net
onder vroumense: van Koningin Wilhelmina
gedurende die tyd van Paul Kruger tot
vandag toe. Dis tyd dat daar 'n koning
kom.
Waar in Nederland bly jy?

Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67341 is 'n antwoord op boodskap #67336] Do, 10 Oktober 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max - sterkte en geduld ou maat.
Ek dink Gloudina vra moedswilllige vrae.
Annette

skryf in boodskap news:3DA581D5.9000702@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Hallo Gloudina!
>>
>> Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt?
>
> Ek het lanklaas met jou gestry...
>
>
>
> So jy mis my? Ek wou jou kortvat oor
> die Nederlandse "koning" wat onlangs
> dood is, maar toe spring ander my voor.
> Lewe Juliana nog? En wat is die naam
> van Beatrix se man? Hy word seker ook
> 'n prins genoem. Is Beatrix se eerste
> kind 'n seun? Die Nederlandse konings-
> huis was vir meer as honderd jaar net
> onder vroumense: van Koningin Wilhelmina
> gedurende die tyd van Paul Kruger tot
> vandag toe. Dis tyd dat daar 'n koning
> kom.
> Waar in Nederland bly jy?
>
> Gloudina
>
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67342 is 'n antwoord op boodskap #67214] Do, 10 Oktober 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina,
>
> As ek dit reg het, was prins Claus juis Beatrix se man...
>
> Senior oomblikke slaan duidelik nou al deur!

Wel, hoe het ek dit dan nou. Is Beatrix nie
die koningin nie, en is sy nie maar net so
in haar sestigerjare of so nie. Hoekom het
sy dan 'n man van diep in die sewentigs?

Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67343 is 'n antwoord op boodskap #67341] Do, 10 Oktober 2002 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Max - sterkte en geduld ou maat.
> Ek dink Gloudina vra moedswilllige vrae.

Hoekom dink jy so?

Die mense van Swellendam
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67346 is 'n antwoord op boodskap #67336] Do, 10 Oktober 2002 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

As ek dit reg het, was prins Claus juis Beatrix se man...

Senior oomblikke slaan duidelik nou al deur!

Thys op dit Bos
skryf in boodskap news:3DA581D5.9000702@rogers.com...
>
> Max wrote:
>
>> Hallo Gloudina!
>>
>> Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt?
>
> Ek het lanklaas met jou gestry...
>
>
>
> So jy mis my? Ek wou jou kortvat oor
> die Nederlandse "koning" wat onlangs
> dood is, maar toe spring ander my voor.
> Lewe Juliana nog? En wat is die naam
> van Beatrix se man? Hy word seker ook
> 'n prins genoem. Is Beatrix se eerste
> kind 'n seun? Die Nederlandse konings-
> huis was vir meer as honderd jaar net
> onder vroumense: van Koningin Wilhelmina
> gedurende die tyd van Paul Kruger tot
> vandag toe. Dis tyd dat daar 'n koning
> kom.
> Waar in Nederland bly jy?
>
> Gloudina
>
Roerende verhaal [boodskap #67353 is 'n antwoord op boodskap #67331] Do, 10 Oktober 2002 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet J Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet J Pompdonkie
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Max
Hallo Gloudina!
Wanneer raak jy weer bietjie iets simpels kwyt? Ek het lanklaas
met jou gestry...

Ampie
Ou Max, jy roer die pot
Duidelik ook met genot
Maar koes terwyl jy roer
Of jy's dalk in jou ... maai

Ek sit met 'n breë glimlag
Vir Ta' Hessie nou en wag
Jy roer nog so daai pot
Sy klap jou bek vol snot ;-)

Naskrif
Ek sien, sy het gereageer
Jou "koning" het haar irriteer
Wie's Beatrix se man nou weer?
Thys sê antie is deur die weer :-)
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67355 is 'n antwoord op boodskap #67214] Do, 10 Oktober 2002 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> en glo die Moslem nie dat dit van Allah af is en
> die Hari Krishna dat dit van Krishna af is en die
> Boedhis dat dit van Gauteng (of wat is daai vet
> man se naam nou weer?) is nie?
> Of is dit slegs die Christen wat in Goddelike
> genesing glo?

Ek dink jy moet oppas om so neerhalend
van ander se gelowe te praat.
Ek wil dan ook nog vir jou daarop wys
dat Gautama Buddha maar net 'n historiese
Buddha was, wie se leringe die fondament
vorm vir 'n hele klomp buddistiese paaie
en tegnieke. Daar is vele buddhas,
histories sowel as mitologies, en die
algemene deler by almal is dat hulle
"buddhahood" bereik het. Dit wil sê een
geword het met wat die Christen die
goddelike noem.

Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67362 is 'n antwoord op boodskap #67332] Do, 10 Oktober 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>> Goddelike genesing, sou ek sê, beteken maar net
>> pleinweg, dat die genesing vir die Christen van Bo
>> kom, selfs al word moderne medisyne gebruik of nie.

>> Gloudina

>

en glo die Moslem nie dat dit van Allah af is en
die Hari Krishna dat dit van Krishna af is en die
Boedhis dat dit van Gauteng (of wat is daai vet
man se naam nou weer?) is nie?
Of is dit slegs die Christen wat in Goddelike
genesing glo?

DD
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67365 is 'n antwoord op boodskap #67355] Do, 10 Oktober 2002 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Oct 2002 15:59:29 GMT, "@rogers.com" sê:

>
> Ek dink jy moet oppas om so neerhalend
> van ander se gelowe te praat.

>
> Gloudina
>

uh uh, dit was nie neerhalend bedoel nie,
ek het die Gau... onthou.
En jou beskrywing was dat Goddelike genesing
slegs vir die Christelike geloof van Bo is
wat nie reg klink nie, tensy ander gelowe
gladnie in 'n bonatuurlike genesing glo nie.

DD
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67375 is 'n antwoord op boodskap #67365] Do, 10 Oktober 2002 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> slegs vir die Christelike geloof van Bo is
> wat nie reg klink nie, tensy ander gelowe
> gladnie in 'n bonatuurlike genesing glo nie.

So jy glo dat genesing wat deur jou
godsdienstige geloof bewerkstellig is,
bo-natuurlik is, dus nie natuurlik is
nie? Dit is soos 'n mens julle closet
marxistiese materialiste uitvang.

Anti Stalin
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67386 is 'n antwoord op boodskap #67336] Vr, 11 Oktober 2002 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> So jy mis my? Ek wou jou kortvat oor
> die Nederlandse "koning" wat onlangs
> dood is, maar toe spring ander my voor.
> Lewe Juliana nog? En wat is die naam
> van Beatrix se man? Hy word seker ook
> 'n prins genoem. Is Beatrix se eerste
> kind 'n seun? Die Nederlandse konings-
> huis was vir meer as honderd jaar net
> onder vroumense: van Koningin Wilhelmina
> gedurende die tyd van Paul Kruger tot
> vandag toe. Dis tyd dat daar 'n koning
> kom.
> Waar in Nederland bly jy?
>
> Gloudina

Ek sien hulle het jou al reggehelp met wie die queen B se man was. Ja,
hy was bietjie ouer as sy.

Ja, Bea se eerste kind is 'n seun. Ons kry dus weer 'n koning. Dis nou
Alexander, wie op 2 Februarie hierdie jaar, met Maxima uit Argentinië
(sp?) getroud is.

Juliana leef nog. Ek hoor sy gaan nie begrafnis toe nie.

Ek bly in Utrecht. Was jy al in Utrecht?

Groete
Max___________________________________________________
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67415 is 'n antwoord op boodskap #67386] Vr, 11 Oktober 2002 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Ek bly in Utrecht. Was jy al in Utrecht?

Ja.
Gloudina
Re: Geloofsgenesing [boodskap #67437 is 'n antwoord op boodskap #67386] Sa, 12 Oktober 2002 09:51 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Max" schreef...
> Ja, Bea se eerste kind is 'n seun. Ons kry dus weer 'n koning. Dis nou
> Alexander, wie op 2 Februarie hierdie jaar, met Maxima uit Argentinië
> (sp?) getroud is.

Willem Alexander. Oorigens het Beatrix net seuns (3).

> Juliana leef nog. Ek hoor sy gaan nie begrafnis toe nie.

Dis eintlik nie 'n rerige begrafnis nie, die Oranjes word nie begrawe nie,
hulle word bygesit in die familietombe in die Nieuwe Kerk.

Prins Bernard (Prinses Juliana se man) gaan wel. Juliana is baie siek, sy
het glo al sinds jare Altzheimer.

Gaan jy ook die begrafnis toe dinsdag? Ek woon binnen loopafstand van
Delft - 25 minute -, dus ek gaan seker. Ek moet die geluid van die Bourdon
(wat in die Oude Kerk hang) opneem! Daardie bel word net gelui by koninklike
begrafnisse. Die laaste maal was in 1962, wat ek dus nie kon hoor het :)

Arthur
Vorige onderwerp: God as drieletterwoord
Volgende onderwerp: Glo jy in Jesus?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 12:26:58 MGT 2024