Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Vir 'n koue aand
Vir 'n koue aand [boodskap #64942] Vr, 19 Julie 2002 11:19
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis weer is woes hier in die Oos-Kaap. Dit reën so nou en dan en
daar's n windjie wat deur mure waai. Daai klein dorpies in die verre
Noord-Ooste, Maclear, Ugie, Elliott, Indwe ens. is afgesny en sit nou
al dae lank sonder krag. Busse en motors is oral op die paaie
vasgekeer en laasnag het twee skepe gestrand, een by Koffiebaai en een
by Nahoonpunt.

OK, dis nou nie waaroor ek wil praat nie. Tradisioneel eet Afrikaners
mos sop as dit koud is. Hoekom weet en nie want ek hou nie van sop
nie, maar hier is een wat rêrig goed is en ook
goed by koue aanpas.

Bestanddele:
! Kg geskilde aartappels, in blokke en sag gekook
2 medium uie, gesny of gekap en goed sag gebraai in olie
250 g maer bacon, velle af, gesnipper en gebraai
500 ml sterk hoenderaftreksel (Maggi se nuwerige poeierstok is die
beste - 2 hoë teelepels)
200 ml room
Pietersielie, vars of gedroog as jy wil

Metode:
Dreineer die aartappels, meng dit met met die uie en warmgemaakte
aftreksel en maak dit goed fyn, nie mash nie, fyn. Ek het so sakie
met lemme onder wat mens in jou hand hou. Dit werk goed.
Meng die bacon in, roer en maak goed warm in die mikrogolf
Sit nou die room by en meng goed, moenie weer kook nie, die room sal
skif
Skep in borde en versier met pietersielie as jy so voel
Nou kort dit brandgoedjies; Wyfiemens gebruik 'n lekker skerp Cajun
spice en ek smyt nogal heelwat Tabasco by
Eet met lekker vars bruin brood

Net twee punte:
Hierdie is 'n groot bak kos. Tensy jou gesin groot is, maak minder
Ek het hierdie een skaamteloos gesteel maar darem effenns verander,
dus beroem ek my net op 80% plagiaat.

('n Gas van Anton Prinsloo op "Die Tale wat ons Praat": Leksikografie
- Plagiaat in alfabetiese volgorde,)

Drom
Vorige onderwerp: Sop
Volgende onderwerp: Resep aangebied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:06:28 MGT 2024