Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » [AFRIKAANS:6122] Re: Private diskriminasie
[AFRIKAANS:6122] Re: Private diskriminasie [boodskap #5795] Do, 15 Februarie 1996 00:00
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert skryf:

> Ek deel jou besorgdheid. Ek sal net graag (wanneer ek kans kry :-) 'n
> bietjie die Sweedse grondwet met ons s'n vergelyk. Ek dink daar is
> nog veel wat ons kan doen om te kyk watter beskerming ons uit ons
> grondwet kan haal (onthou, dis gebaseer op die Kanadese - nie die
> Sweedse nie). 'n Voorbeeld:

Dit slaan my nog steeds dronk dat Kanada - 'n land wat gedurige
grondwetlike konflik ondervind - as model gebruik was. Daar was immers
veel beter modelle.

[knip]

>> Die arme Sweedse gesinne wat onder die staat se welsynspolisie
>> deurgeloop het, moes hulle na die Europese Hof vir Menseregte in Den
>> Haag wend, en dit nadat hul gesinslewens deur die staat verwoes was.
>
> Ek sal nog steeds graag 'n verwysing hierna in die hande kry - het
> die Readers Digest vir die afgelope vier jaar vergeefs deurgesoek. So
> 'n verwysing, in 'n vroee" stadium aangehaal, kan ons help om
> dieselfde situasie te voorkom. Jy kan egter gerus na die Amerikaanse
> literatuur kyk - dis daar ewe erg. In 'n onlangse hofsaak
> (Massachusetts, dink ek) is getuienis gelewer dat iets soos 60% van
> die gevalle waar kinders uit hul huise verwyder is onregmatig was.

Ek sal kyk of ek die oorspronklike artikel kan opspoor. Laas het ek
dit nog - van alle plekke - in my tandarts se spreekkamer gelees :-(
Ek is amper oortuig dit was 'n September uitgawe, maar ek kan nie die
jaar onthou nie. Dit kan selfs so ver terug as 1989 wees. Die artikel
se titel was "The country that tried to buy happiness". National
Geographic het ook 'n paar jaar gelede 'n artikel oor Swede gehad.

[knip]

>> Sal
>> die Suid-Afrikaanse regering hom aan die hof se uitsprake steur?
>
> Menseregte is 'n kwesbare punt vir die regering - hy het hom
> internasionaal groot daaroor uitgelaat, en dit die "hoeksteen van sy
> buitelandse beleid" gemaak.

Onthou, die Sweedse regering het ook hoog opgegaan oor hoe hy 'n
internasionale speler is rakende besorgdheid oor menseregte.
Dit is immers ook die land van Wallenberg, die Nobelpryse, ens., ens.
*Hulle* sal nie menseregte skend nie. Gmmmf!

>> Ondervinding het gewys dat ons nie te optimisties hieroor moet wees
>> nie.
>
> Watter ondervinding?

As ek reg onthou, het die vorige regering hom nie juis veel aan
internasionale hofuitsprake gesteur nie.

[knip]

>> Hmmm - 'n soort 'reductio ad absurdum'. Miskien het jy gelyk - as
>> ons voldoende onderdruk word, sal ons in opstand kom. Nie juis 'n
>> goeie resep vir regverdige regering nie - eerder 'n resep vir
>> revolusie. :-)
>
> Nee verset is nie noodwendig gewapend of revolusione^r nie. Verset
> deur ongehoorsaamheid aan onregmatige wetgewing, en deur uitdagings
> aan die regering in die howe kan geweldig vrugbaar wees om die
> ontwikkeling van die regstaat en die "common South African culture"
> te bevorder. En dis lekker maklik om internasionale simpatie op te
> wek vir onderdrukte menseregte :-)))

Ek stem saam - ek het doelbewus oordryf :-) Lees gerus Jill
Wentzel se "The Liberal Slideaway" rakende die wyse waarop die
geleidelike benadering tot die aftakeling van apartheid deur die
bevrydingsbewegings en die intellektueles by sommige universiteite in
die jare tagtig afgewys is, en die tragiese gevolge vir ons land,
waarmee ons nou nog moet saamleef.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: 'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander
Volgende onderwerp: Nuwe Afrikaanse links op www.xs4all.nl/~wagenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:22:06 MGT 2024