Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 8/7
Nuus 8/7 [boodskap #64613] Ma, 08 Julie 2002 05:36 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laer rugbyspanne sal in die vervolg uit 50% nie-blanke spelers
moet bestaan - waarvan 1 'n swart speler moet wees.
Nou help my as ek verkeerd is - maar 'n rugbyspan bestaan uit 15 spelers en
6 reserwes - dus 50% in geen geval sal werk nie, tensy een speler halflyf
nie-blank is;))

Die akteur Lieb Bester se gewese vrou en een van hul dogters is deur haar
nuwe man doodgeskiet. Hy het daarna selfmoord gepleeg.
Lieb se ander dogter is ook geskiet, maar het oorleef.
Die begrafnis is Donderdag.

Arme Onse Winnie moet glo vandag in die hof verskyn op 85 aanklagte van
bedrog en korrupsie.

Amerikaanse navorsing het getoon dat 5 lande in Afrika, waarvan SA een is,
sal die gemiddelde ouderdom oor 10 jaar 40 of jonger wees, en die
bevolkingsanwas sal negatief wees.

Die staat het hul appelsaak re die verskaffing van anti-vigs middels
verloor. Die regters het beslis dit is die plig van dokters om te besluit
aan wie die middels toegedien word, nie politici s'n nie.

Bobby Skinstad het glo iemand ter beskerming van sy broer, wat polio gehad
het, in 'n kroeg aangerand. Dit het aan die lig gekom dat die arme broer die
hele bakleiery veroorsaak en begin het. Moeder is baie trots dat Bobby so
beskermend opgetree het.

Ek eet vandag heeldag sjokoladekoek, melktert, wortelkoek en gebakte
kaaskoek.

Annette
Re: Nuus 8/7 [boodskap #64620 is 'n antwoord op boodskap #64613] Ma, 08 Julie 2002 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:agb8ga$irnes$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek eet vandag heeldag sjokoladekoek, melktert, wortelkoek en gebakte
> kaaskoek.
>
> Annette

Hoekom ? Is dit dalk jou verjaarsdag, Annette ? :-)
Hilda.
Ouderdom en lewensverwagting [boodskap #64622 is 'n antwoord op boodskap #64613] Ma, 08 Julie 2002 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Amerikaanse navorsing het getoon dat 5 lande in Afrika, waarvan SA
een is, sal die gemiddelde ouderdom oor 10 jaar 40 of jonger wees,
en die bevolkingsanwas sal negatief wees.

Wouter
Seker nie die gemiddelde ouderdom nie, Annette?

Ek het nie die berig gesien nie, maar ek vermoed die gemiddelde
ouderdom is in die meeste Afrika-lande al vir baie jare onder 40.
Dis byvoorbeeld heel normaal in 'n ontwikkelende land soos SA
dat meer as die helfte van die bevolking onder 20 jaar oud is.
Op 'n stadium was amper die helfte van ons swart bevolking
onder 15 gewees.

En vigssterftes verhoog waarskynlik die gemiddelde ouderdom,
omdat dit meer jong mense en kinders doodmaak, terwyl die
wat oorleef steeds baie oud word. Dus relatief meer oues.

Jy verwys nie dalk na die lewensverwagting by geboorte nie?
Dis 'n heel ander ding as die gemiddelde ouderdom, hoor.

En jy moet lekker verjaar vandag, hoor! Koek en al :-)
Re: Nuus 8/7 [boodskap #64627 is 'n antwoord op boodskap #64620] Ma, 08 Julie 2002 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sal nooit sulke private inligting op hierdie forum bekend maak nie - kom
ons sê maar net ek is lus:)))
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:2QcW8.24266$ix.3484@afrodite.telenet-ops.be...
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:agb8ga$irnes$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek eet vandag heeldag sjokoladekoek, melktert, wortelkoek en gebakte
>> kaaskoek.
>>
>> Annette
>
> Hoekom ? Is dit dalk jou verjaarsdag, Annette ? :-)
> Hilda.
>
Re: Ouderdom en lewensverwagting [boodskap #64629 is 'n antwoord op boodskap #64622] Ma, 08 Julie 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Los my koek uit!:)))))

Dis wat die Amerikaners gesê het - dis wat die berig gesê het - ek sou ook
wou hê hulle praat van die gemiddelde lewensverwagting, maar wie is ek om te
stry wat hulle oor die draadloos sê?:)

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d2968a8.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Amerikaanse navorsing het getoon dat 5 lande in Afrika, waarvan SA
> een is, sal die gemiddelde ouderdom oor 10 jaar 40 of jonger wees,
> en die bevolkingsanwas sal negatief wees.
>
> Wouter
> Seker nie die gemiddelde ouderdom nie, Annette?
>
> Ek het nie die berig gesien nie, maar ek vermoed die gemiddelde
> ouderdom is in die meeste Afrika-lande al vir baie jare onder 40.
> Dis byvoorbeeld heel normaal in 'n ontwikkelende land soos SA
> dat meer as die helfte van die bevolking onder 20 jaar oud is.
> Op 'n stadium was amper die helfte van ons swart bevolking
> onder 15 gewees.
>
> En vigssterftes verhoog waarskynlik die gemiddelde ouderdom,
> omdat dit meer jong mense en kinders doodmaak, terwyl die
> wat oorleef steeds baie oud word. Dus relatief meer oues.
>
> Jy verwys nie dalk na die lewensverwagting by geboorte nie?
> Dis 'n heel ander ding as die gemiddelde ouderdom, hoor.
>
> En jy moet lekker verjaar vandag, hoor! Koek en al :-)
>
Re: Nuus 8/7 [boodskap #64642 is 'n antwoord op boodskap #64627] Ma, 08 Julie 2002 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Jul 2002 13:30:30 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Ek sal nooit sulke private inligting op hierdie forum bekend maak nie - kom
> ons sê maar net ek is lus:)))
> Annette
>
>

wel lekker verjaar dan

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Nuus 8/7 [boodskap #64643 is 'n antwoord op boodskap #64642] Ma, 08 Julie 2002 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag dankie seunie:))
Annette - die ander ou siel hier;)

"Threeships Mcduck" wrote in message
news:dj6jius9hbi9gl05lkap25v31sf397jso0@4ax.com...
> On Mon, 8 Jul 2002 13:30:30 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Ek sal nooit sulke private inligting op hierdie forum bekend maak nie - kom
>> ons sê maar net ek is lus:)))
>> Annette
>>
>>
>
> wel lekker verjaar dan
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Ouderdom en lewensverwagting [boodskap #64652 is 'n antwoord op boodskap #64629] Di, 09 Julie 2002 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Dis wat die Amerikaners gesê het - dis wat die berig gesê het -
ek sou ook wou hê hulle praat van die gemiddelde lewensverwagting,

Wouter
Nee, lewensverwagting by geboorte. Die gemiddelde lewensverwagting
is baie hoër, want vir iemand wat bv tans 60 jaar oud is, is dit bo 70 en
vir iemand van 86 iets soos 90. Die "survival of the fittest" trek die
gemiddelde op.

Annette
maar wie is ek om te stry wat hulle oor die draadloos sê?:)

Wouter
Jong, al die media werk rof met die waarheid. Ek het al gesê jy kan
net die datum heel bo op 'n koerant glo, die res moet jy wantrou.
En die radio het nie 'n datum op nie......

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d2968a8.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Amerikaanse navorsing het getoon dat 5 lande in Afrika, waarvan SA
> een is, sal die gemiddelde ouderdom oor 10 jaar 40 of jonger wees,
> en die bevolkingsanwas sal negatief wees.
>
> Wouter
> Seker nie die gemiddelde ouderdom nie, Annette?
>
> Ek het nie die berig gesien nie, maar ek vermoed die gemiddelde
> ouderdom is in die meeste Afrika-lande al vir baie jare onder 40.
> Dis byvoorbeeld heel normaal in 'n ontwikkelende land soos SA
> dat meer as die helfte van die bevolking onder 20 jaar oud is.
> Op 'n stadium was amper die helfte van ons swart bevolking
> onder 15 gewees.
>
> En vigssterftes verhoog waarskynlik die gemiddelde ouderdom,
> omdat dit meer jong mense en kinders doodmaak, terwyl die
> wat oorleef steeds baie oud word. Dus relatief meer oues.
>
> Jy verwys nie dalk na die lewensverwagting by geboorte nie?
> Dis 'n heel ander ding as die gemiddelde ouderdom, hoor.
>
Re: Ouderdom en lewensverwagting [boodskap #64674 is 'n antwoord op boodskap #64629] Di, 09 Julie 2002 23:21 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Jy verwys nie dalk na die lewensverwagting by geboorte nie?
> Dis 'n heel ander ding as die gemiddelde ouderdom, hoor.

Annette
Dis wat die Amerikaners gesê het - dis wat die berig gesê het - ek
sou ook wou hê hulle praat van die gemiddelde lewensverwagting,
maar wie is ek om te stry wat hulle oor die draadloos sê?:)

Wouter
Ek het hierdie op 'n ander nuusgroep gesien, dit kom seker van
dieselfde bron. Dit gaan toe wel oor lewensverwagting, maar dit
lyk nie lekker geloofwaardig nie, ek sou graag die oorspronklike
stuk onder oë wou gehad het. Ek wonder veral waar die
US Sensusburo hulle data sou gekry het. Botswana begin nou
met 'n groot behandelingsprogram met 'n begroting van duisende
miljoene, dit sal waarskynlik die lewensverwagting by geboorte
dramaties verhoog.

AIDS cuts African life expectancy to 26

Life expectancy in much of sub-Saharan Africa will soon fall to levels not
seen since the 19th century under the weight of the AIDS pandemic, according
to research by the US government. In eight years, people living in 11
southern African countries will not generally be expected to survive their
thirties. Life expectancy in Botswana, the most afflicted nation, will stand
at 26 years and nine months, a major study by the US Census Bureau has
found.
The Times 08/07/02; p.6

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d2968a8.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Amerikaanse navorsing het getoon dat 5 lande in Afrika, waarvan SA
> een is, sal die gemiddelde ouderdom oor 10 jaar 40 of jonger wees,
> en die bevolkingsanwas sal negatief wees.
>
> Wouter
> Seker nie die gemiddelde ouderdom nie, Annette?
>
> Ek het nie die berig gesien nie, maar ek vermoed die gemiddelde
> ouderdom is in die meeste Afrika-lande al vir baie jare onder 40.
> Dis byvoorbeeld heel normaal in 'n ontwikkelende land soos SA
> dat meer as die helfte van die bevolking onder 20 jaar oud is.
> Op 'n stadium was amper die helfte van ons swart bevolking
> onder 15 gewees.
>
> En vigssterftes verhoog waarskynlik die gemiddelde ouderdom,
> omdat dit meer jong mense en kinders doodmaak, terwyl die
> wat oorleef steeds baie oud word. Dus relatief meer oues.
>
> Jy verwys nie dalk na die lewensverwagting by geboorte nie?
> Dis 'n heel ander ding as die gemiddelde ouderdom, hoor.
Vorige onderwerp: Nog nuus 8/7
Volgende onderwerp: Nuus 10/7
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:35:52 MGT 2024