Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 18/6
Nuus 18/6 [boodskap #63892] Di, 18 Junie 2002 08:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Onse Prez verjaar vandag - hy is 60.
As ek net geweet het of hy hier in die Kaap vandag is, sou ek vir hom 'n
baksel soetkoekies geneem het.

2) Kotov het gister die Comrades gewen - hy bly nou in Table View - so ons
is trots op ons Nuwe Kapenaar.
Maria Bak het die dameskompetisie gewen - sy was ook in geheel 35ste.
Beide Kotov & Bak is 44.

3) Ngema het met Oom Nelson Mandela aan sy sy verskoning gemaak vir die
rasistiese woorde van sy nuwe liedjie, waarin hy haatspraak teen Indiërs
uitspreek.

4) Daar gaan vandag mosies ingedien word deur verskeie politieke partye
omdat daar by Mokaba se begrafnis aanhoudend die dreunsang: Kill the Boer,
Kill the Farmer gehoor is, en omdat Onse Prez nie enige reaksie daarop
getoon het nie.

5) 'n Prokureur van Durbanville, 'n ervare bergklimmer, is Saterdag dood op
Tafelberg - hy het glo agter geloop van 'n groep klimmers wat die
vensterroete onder die kabelkar aangepak het, en het gegely en geval. Dit is
'n gevaarlike roete wat ek self nog nooit wou doen nie.

6) 'n Hond het in die Sederberg in 'n skeur geval - na alle moontlike
pogings om die hond te red, is daar moed opgegee.

7) Die weervoorspeller is alweer verkeerd - die son skyn buite en dit is
warmer as die 16 grade wat voorspel is.

Annette
Re: Nuus 18/6 [boodskap #63902 is 'n antwoord op boodskap #63892] Di, 18 Junie 2002 11:57 Na vorige boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Jun 2002 10:25:48 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> 1) Onse Prez verjaar vandag - hy is 60.
> As ek net geweet het of hy hier in die Kaap vandag is, sou ek vir hom 'n
> baksel soetkoekies geneem het.
>
> 2) Kotov het gister die Comrades gewen - hy bly nou in Table View - so ons
> is trots op ons Nuwe Kapenaar.
> Maria Bak het die dameskompetisie gewen - sy was ook in geheel 35ste.
> Beide Kotov & Bak is 44.
>

wonder of hy ook nou sa burgerskap gaan vra

> 3) Ngema het met Oom Nelson Mandela aan sy sy verskoning gemaak vir die
> rasistiese woorde van sy nuwe liedjie, waarin hy haatspraak teen Indiërs
> uitspreek.
>

ja nou eweskielik is dit deel van sy omvattende plan om gesprek te
bevorder

> 4) Daar gaan vandag mosies ingedien word deur verskeie politieke partye
> omdat daar by Mokaba se begrafnis aanhoudend die dreunsang: Kill the Boer,
> Kill the Farmer gehoor is, en omdat Onse Prez nie enige reaksie daarop
> getoon het nie.
>

my gat se deksel dat hy so `n prominente figuur in sy party was. hy
het absoluut geen leiers eienskappe getoon nie. om mense met sulke
slagspreuke, of enige anderes for that matter, op te sweep beteken nie
dat jy `n leier is, was of sal word nie. good riddance.

> 5) 'n Prokureur van Durbanville, 'n ervare bergklimmer, is Saterdag dood op
> Tafelberg - hy het glo agter geloop van 'n groep klimmers wat die
> vensterroete onder die kabelkar aangepak het, en het gegely en geval. Dit is
> 'n gevaarlike roete wat ek self nog nooit wou doen nie.
>
> 6) 'n Hond het in die Sederberg in 'n skeur geval - na alle moontlike
> pogings om die hond te red, is daar moed opgegee.
>
> 7) Die weervoorspeller is alweer verkeerd - die son skyn buite en dit is
> warmer as die 16 grade wat voorspel is.
>

as hy verkeerd is oor die koue kla ek nie

> Annette
>
>
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Peter Mokaba dood?
Volgende onderwerp: Nuus 16/6
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:00:51 MGT 2024