Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 16/6
Nuus 16/6 [boodskap #63804] So, 16 Junie 2002 11:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vroutjie Douwtjie, oftewel Douwlina Grobbelaar, eggenote van Fanus
Rautenbach, is gister op 76 jarige ouderdom oorlede.
Sy het die afgelope 5 jaar aan Alzheimer's gely.
Annette
Re: Nuus 16/6 [boodskap #63844 is 'n antwoord op boodskap #63804] Ma, 17 Junie 2002 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis dinge soos daai wat my laat dink genadedood het meriete.......

"Annette" skryf in boodskap news:aehrer$73u3v$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vroutjie Douwtjie, oftewel Douwlina Grobbelaar, eggenote van Fanus
> Rautenbach, is gister op 76 jarige ouderdom oorlede.
> Sy het die afgelope 5 jaar aan Alzheimer's gely.
> Annette
>
Re: Nuus 16/6 [boodskap #63877 is 'n antwoord op boodskap #63844] Ma, 17 Junie 2002 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is ten volle ten gunste van genadedood.
Het iemand Sondagaand se Carte Blanche gekyk oor die arme vrou wat nie eers
deur die hof in Engeland 'n genadedood gegun is nie?
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:aek3t3$20rn$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Dis dinge soos daai wat my laat dink genadedood het meriete.......
> "Annette" wrote in message
> news:aehrer$73u3v$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vroutjie Douwtjie, oftewel Douwlina Grobbelaar, eggenote van Fanus
>> Rautenbach, is gister op 76 jarige ouderdom oorlede.
>> Sy het die afgelope 5 jaar aan Alzheimer's gely.
>> Annette
>>
>
Re: Nuus 16/6 [boodskap #63893 is 'n antwoord op boodskap #63877] Di, 18 Junie 2002 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons nie in
die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf nie.
Ek het vandag 'n artikel in 'n tydskrif gelees waarin 'n 38-jarige man
vertel hoe hy nou besig is om afskeid te neem van sy vriende en familielede.
Hy het MS (multiple sclerose) en kan nou nie meer sy huis verlaat nie - sy
oë is ook al erg aangetas en hy dra heeltyd morfienpleisters om die pyn te
bestry. Hy sê sy lewe is nou nie meer die moeite werd om gelewe te word nie.
Die wet is nog maar enkele weke gelede gestem en dit moet eers in die
Staatsblad (blad waarin al die nuwe wette verskyn) gepubliseer word voor dit
toegepas kan word.
Hy gebruik nou die dae/weke wat nog oorbly om afskeid te neem. Sy ouers lewe
nog en hy het ook 'n 14-jarige seun.
Die dag wat hy sal sterf, gaan hy eers 'n drankie drink (self) wat hom na
ongeveer een en 'n halwe uur sal laat inslaap - daarna sal die dokter hom 'n
spierverlammende injeksie gee wat sy hart sal doen stop. Die tyd na die
drankie en voor die slaap, sal hy saam met sy naaste familielede en beste
vriende deurbring.

Ek dink dat hy baie gelukkig is dat hy hierdie keuse kan maak.

Hilda.

"Annette" skryf in boodskap news:aelccp$7veev$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek is ten volle ten gunste van genadedood.
> Het iemand Sondagaand se Carte Blanche gekyk oor die arme vrou wat nie eers
> deur die hof in Engeland 'n genadedood gegun is nie?
> Annette
Re: Nuus 16/6 [boodskap #63894 is 'n antwoord op boodskap #63893] Di, 18 Junie 2002 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy is 'n bevoorregte persoon inderdaad Hilda.
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:cyCP8.37436$ud.5184@afrodite.telenet-ops.be...
> In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons nie in
> die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf nie.
> Ek het vandag 'n artikel in 'n tydskrif gelees waarin 'n 38-jarige man
> vertel hoe hy nou besig is om afskeid te neem van sy vriende en familielede.
> Hy het MS (multiple sclerose) en kan nou nie meer sy huis verlaat nie - sy
> oë is ook al erg aangetas en hy dra heeltyd morfienpleisters om die pyn te
> bestry. Hy sê sy lewe is nou nie meer die moeite werd om gelewe te word nie.
> Die wet is nog maar enkele weke gelede gestem en dit moet eers in die
> Staatsblad (blad waarin al die nuwe wette verskyn) gepubliseer word voor dit
> toegepas kan word.
> Hy gebruik nou die dae/weke wat nog oorbly om afskeid te neem. Sy ouers lewe
> nog en hy het ook 'n 14-jarige seun.
> Die dag wat hy sal sterf, gaan hy eers 'n drankie drink (self) wat hom na
> ongeveer een en 'n halwe uur sal laat inslaap - daarna sal die dokter hom 'n
> spierverlammende injeksie gee wat sy hart sal doen stop. Die tyd na die
> drankie en voor die slaap, sal hy saam met sy naaste familielede en beste
> vriende deurbring.
>
> Ek dink dat hy baie gelukkig is dat hy hierdie keuse kan maak.
>
> Hilda.
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:aelccp$7veev$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek is ten volle ten gunste van genadedood.
>> Het iemand Sondagaand se Carte Blanche gekyk oor die arme vrou wat nie eers
>> deur die hof in Engeland 'n genadedood gegun is nie?
>> Annette
>
Genadedood [boodskap #63936 is 'n antwoord op boodskap #63893] Di, 18 Junie 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons nie in
> die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf nie.

Verskil hierdie term "genadedood" van "PAS" (Physician Assisted
Suicide)? Ek sit nou en wonder daaroor...
So, ek neem aan dat die term "selfmoord" nie juis meer bestaan in
julle samelewing nie?
Ek onthou nog al die dramas wat hulleself afgespeel het hier in
Amerika oor ons "Dr Death" (Kevorkian).
Ek praat onder korreksie, maar ek dink amper dat beidie Washington
State en Oregon laat PAS en ander vorme van euthanasia toe.

Het gou net so vinnig gaan loer wat die situasie in SA hieroor is:
The country currently criminalizes physician assisted suicide. A
survey by the Medical Association revealed that:
12% of physicians had already helped terminally ill patients die.
60% had performed passive euthanasia by withholding medication or
procedure with the expectation of hastening death.
9% had engaged in physician-assisted suicide.

http://www.law.wits.ac.za/salc/discussn/dp71.html
Re: Genadedood [boodskap #63948 is 'n antwoord op boodskap #63936] Wo, 19 Junie 2002 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:4i8vguc76mfv9kgesf8kh589rej5adgijq@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons nie in
>> die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf nie.
>
> Verskil hierdie term "genadedood" van "PAS" (Physician Assisted
> Suicide)? Ek sit nou en wonder daaroor...

Ja, dit verskil. Dit is eutanasie. In die geval wat ek vertel het, gaan die
man self die drankie drink, maar dit kan wees dat 'n mens nie meer in staat
is om dit te doen nie, dan sal die dokter ingryp.

> So, ek neem aan dat die term "selfmoord" nie juis meer bestaan in
> julle samelewing nie?

Selfmoord bestaan nog - as mense self hul eie lewe beëindig, bv. deur voor
'n rydende trein te spring.

> Het gou net so vinnig gaan loer wat die situasie in SA hieroor is:
> The country currently criminalizes physician assisted suicide. A
> survey by the Medical Association revealed that:
> 12% of physicians had already helped terminally ill patients die.
> 60% had performed passive euthanasia by withholding medication or
> procedure with the expectation of hastening death.
> 9% had engaged in physician-assisted suicide.

Passiewe eutanasie bestaan lankal. Ook die toediening van morfien wat die
lewe nie brutaal stop nie, maar baie verkort.

Jy moet wel self beslis dat jy eutanasie wens. As jy bang is jy sal nie meer
by bewussyn wees nie, dan kan jy 'n "lewenstestament" opmaak waarin jy
duidelik stel wat jy wens in geval jy terminaal siek is. Jy moet dit wel
reëlmatig laat "opdateer" (update) sodat almal seker is van wat jy wil.
Eutanasie sal bv. nie toegepas word op 'n ou mensie wat nie meer self kan
beslis nie en nooit te kenne gegee het dat hy/sy vir genadedood sou gekies
het nie.
Teoreties moet jy ook meerderjarig wees (minstens 18 jaar oud), maar ek glo
dat hulle nog daaraan werk om dit vir jonger mense ook moontlik te maak.

Hilda.
Re: Genadedood [boodskap #63974 is 'n antwoord op boodskap #63948] Wo, 19 Junie 2002 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

>> Verskil hierdie term "genadedood" van "PAS" (Physician Assisted
>> Suicide)? Ek sit nou en wonder daaroor...
>
> Ja, dit verskil. Dit is eutanasie. In die geval wat ek vertel het, gaan die
> man self die drankie drink, maar dit kan wees dat 'n mens nie meer in staat
> is om dit te doen nie, dan sal die dokter ingryp.

Aah, nou begryp ek.

>> So, ek neem aan dat die term "selfmoord" nie juis meer bestaan in
>> julle samelewing nie?
>
> Selfmoord bestaan nog - as mense self hul eie lewe beëindig, bv. deur voor
> 'n rydende trein te spring.

Nou nie om moeilik te probeer wees nie (rerig nie!) - maar jy het
gesê:
"In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons
nie in die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf
nie."
In my benewelde brein (soos Gloudina gereeld na my begripsvermoë
verwys), verstaan ek dit toe as enigiemand kan dood kies - selfs al
lei hy/sy nie aan 'n terminale siekte nie.
Skies - my stoepitgeit.
Maar die lyn tussen "selfmoord" en genadedood is seker baie fyn?
Selfmoord op sigself is 'n interessante konsep as mens dit vergelyk
met oeroue tradisies van ander volkere waar dit selfs as 'n eerbare
uitweg gesien kan word. Dit bly interessant vir my om te sien hoe
geloof/godsdiens ons denke en leefwyse en landswette en ALLES omtrent
ons samelewing beinvloed het en nogsteeds beinvloed.

> Passiewe eutanasie bestaan lankal. Ook die toediening van morfien wat die
> lewe nie brutaal stop nie, maar baie verkort.

Ja, en daai ouens wat so baie hardloop en oefen besef seker nie dat
die endorfiene wat hulle uitskei maar dieselfde is as morfien nie.
Hulle verkort dus hulle lewens eerder as om dit te verleng deur te
veel oefening te doen. :-)

> Jy moet wel self beslis dat jy eutanasie wens. As jy bang is jy sal nie meer
> by bewussyn wees nie, dan kan jy 'n "lewenstestament" opmaak waarin jy
> duidelik stel wat jy wens in geval jy terminaal siek is.

Dit maak sommer baie sin. Dit is vir my altyd so hartseer en
sinneloos om o.a mense te sien wat breindood is, maar nogsteeds
lewendig gehou word met masjiene en goeters.

> Teoreties moet jy ook meerderjarig wees (minstens 18 jaar oud), maar ek glo
> dat hulle nog daaraan werk om dit vir jonger mense ook moontlik te maak.

Dis net dat ek aan soveel moontlike misbruike kan dink. Maar ek neem
aan dit word uiters goed gekontrolleer.
Re: Genadedood [boodskap #64026 is 'n antwoord op boodskap #63974] Do, 20 Junie 2002 14:38 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mqc1hu0e6t4jilpa2hl5o0et6r3l9ep2ps@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
> Nou nie om moeilik te probeer wees nie (rerig nie!) - maar jy het gesê:
> "In België het ons nou die reg om vir genadedood te kies. Ook as ons
> nie in die eersvolgende dae of weke 'n natuurlike dood gaan sterf nie."
> In my benewelde brein (soos Gloudina gereeld na my begripsvermoë
> verwys), verstaan ek dit toe as enigiemand kan dood kies - selfs al
> lei hy/sy nie aan 'n terminale siekte nie.

Ja, dit is so, maar dit word nie as selfmoord beskou nie. Die man oor wie ek
vertel het, is ook nie terminaal siek nie. Hy is nog jong en kan nog lank
lewe, maar hy wens nie soos 'n wrak te lewe nie. Hy kan dus vir eutanasie
kies.
As die pasiënt nie terminaal is nie, dan moet drie dokters saamstem dat
hy/sy nie beter kan word nie en dat die lewenskwaliteit baie sleg is. Daar
moet ook minstens een maand wees tussen die eerste aanvraag vir eutanasie en
die uitvoering daarvan. As die pasiënt wel terminaal is dan kan hy saam met
sy eie dokter beslis om te sterwe.

> Skies - my stoepitgeit.
> Maar die lyn tussen "selfmoord" en genadedood is seker baie fyn?

Ja, dit is so. Ek veronderstel dat mense dalk beter voel as dit aanvaar word
dat hulle wil sterwe en dat hulle daarom liewers vir eutanasie kies.
Selfmoord is seker maar 'n eensame ding, eutanasie gebeur in oorleg met
ander mense en met die steun van ander mense soos familie en vriende -
alhoewel die pasiënt natuurlik die laaste woord het (letterlik en figuurlik
:-) ).

> Selfmoord op sigself is 'n interessante konsep as mens dit vergelyk
> met oeroue tradisies van ander volkere waar dit selfs as 'n eerbare
> uitweg gesien kan word. Dit bly interessant vir my om te sien hoe
> geloof/godsdiens ons denke en leefwyse en landswette en ALLES omtrent
> ons samelewing beinvloed het en nogsteeds beinvloed.

Dit is so. In België ook. Daar word al jare gevra vir 'n wet wat eutanasie
toelaat, maar solank die CVP (Christelike party) aan die mag was, is dit
altyd geweier. Nou is hulle in die opposisie en die wet het eintlik gekom.
Ek dink dat dit 'n goeie ding is, want dit moet erg wees as jy so vir niks
moet ly en/of as jy iemand vir wie jy lief is so in pyn sien.

> Dis net dat ek aan soveel moontlike misbruike kan dink. Maar ek neem
> aan dit word uiters goed gekontrolleer.

O, maar daar sal baie goeie kontrole oor wees. Eintlik word mense nou ook al
op 'n seker manier 'geëutanasieer' (nuwe werkwoord :-)) ) as hulle baie siek
is. Hulle kry groot dosisse morfien, raak in koma en dan sterf hulle. Dit is
dikwels in saamspraak met die familie en die siek persoon besef dit nie
rêrig nie of het nie meer die krag om te praat nie. Gewoonlik het hy al
vroeër gesê hy wil nie ly om te sterf nie.
Persoonlik is ek bly dat die wet nou bestaan - ek weet nou dat ek nie
onnodig sal hoef te ly nie, as ek nie wil nie. Tenslotte kan elkeen nog kies
of hy liewers tot die 'natuurlike' einde deurgaan of vroeër wil stop.

Hilda.
Vorige onderwerp: Nuus 18/6
Volgende onderwerp: Nuus 28/6
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:14:37 MGT 2024