Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Sokker misrekening
Sokker misrekening [boodskap #63412] Ma, 10 Junie 2002 12:34 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan - en nie een van die twee
is bekend as olimpiese kampioene in die swembad nie;)))

Annette
Re: Sokker misrekening [boodskap #63414 is 'n antwoord op boodskap #63412] Ma, 10 Junie 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
> Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan

Japan se reën-seisoen begin altyd in Junie,
volgens my man. Hulle moes tog seker daarvan
bewus gewees het. Hoekom hulle dit nie in
vroeg Mei probeer hou het nie, is die vraag.

Gloudina
Re: Sokker misrekening [boodskap #63425 is 'n antwoord op boodskap #63414] Ma, 10 Junie 2002 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie - daar word nie gespeel as dit hard
sneeu nie, maar reën hou niemand teen nie.
Hilda.

schreef in bericht news:3D04A152.1020102@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
>> Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan
>
>
> Japan se reën-seisoen begin altyd in Junie,
> volgens my man. Hulle moes tog seker daarvan
> bewus gewees het. Hoekom hulle dit nie in
> vroeg Mei probeer hou het nie, is die vraag.
>
> Gloudina
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63432 is 'n antwoord op boodskap #63425] Ma, 10 Junie 2002 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Praat met jou Europese tong:))
Ons mense hier stel sommer maklik 'n sokkerwedstryd uit of af as dit te erg
reen.
Annette

"Hilda" skryf in boodskap news:ZD3N8.24958$ud.2946@afrodite.telenet-ops.be...
> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie - daar word nie gespeel as dit hard
> sneeu nie, maar reën hou niemand teen nie.
> Hilda.
>
> schreef in bericht news:3D04A152.1020102@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
>>> Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan
>>
>>
>> Japan se reën-seisoen begin altyd in Junie,
>> volgens my man. Hulle moes tog seker daarvan
>> bewus gewees het. Hoekom hulle dit nie in
>> vroeg Mei probeer hou het nie, is die vraag.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63434 is 'n antwoord op boodskap #63425] Ma, 10 Junie 2002 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie

En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
'n kulturele skok as mens hier in
Kanada vir mense wat oorspronklik uit
Europa gekom het, hoor praat van
"football" en jy moet eers vir jouself
sê hulle praat nou van sokker. Die
gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
en sokker, so daar is geen verwarring
nie.

Gloudina
Re: Sokker misrekening [boodskap #63441 is 'n antwoord op boodskap #63434] Ma, 10 Junie 2002 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
ek is seker, Hilda praat oor sokker.

Gr.Rico

schreef in bericht news:3D04F19B.1050405@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
>> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
>
>
> En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
> bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
> 'n kulturele skok as mens hier in
> Kanada vir mense wat oorspronklik uit
> Europa gekom het, hoor praat van
> "football" en jy moet eers vir jouself
> sê hulle praat nou van sokker. Die
> gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
> en sokker, so daar is geen verwarring
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63443 is 'n antwoord op boodskap #63441] Ma, 10 Junie 2002 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek praat bewus oor voetbal, want ek weier om die Amerikaanse woord vir
ons sport te gebruik. Die Britte het die sport uitgevind en dit 'football'
genoem en vir ons is dit 'voetbal' - in Spanje is dit 'futbol' en in
Frankryk 'le foot' en ek sal nooit ofte nimmer 'sokker' sê nie :-). Dis nie
omdat die Amerikaners 'n ersatzsport uitgevind het wat nie eers op voetbal
lyk nie en dit 'football' genoem het, dat ons ons benaming moet verander
nie. Ek het gesê.:-))
Hilda.

"Rico" skryf in boodskap news:ae31hd$1l4$1@news1.xs4all.nl...
> ek is seker, Hilda praat oor sokker.
>
> Gr.Rico
>
>
> schreef in bericht news:3D04F19B.1050405@rogers.com...
>>
>> Hilda wrote:
>>
>>> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
>>
>>
>> En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
>> bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
>> 'n kulturele skok as mens hier in
>> Kanada vir mense wat oorspronklik uit
>> Europa gekom het, hoor praat van
>> "football" en jy moet eers vir jouself
>> sê hulle praat nou van sokker. Die
>> gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
>> en sokker, so daar is geen verwarring
>> nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63445 is 'n antwoord op boodskap #63443] Ma, 10 Junie 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda wrote:

Dis nie
> omdat die Amerikaners 'n ersatzsport uitgevind het wat nie eers op voetbal
> lyk nie en dit 'football' genoem het, dat ons ons benaming moet verander
> nie. Ek het gesê.:-))

Ek wonder waar kom die woord "sokker" dan
vandaan? Ek twyfel of dit 'n Amerikaanse
maaksel is. Hulle ken sokker skaars.
Ek praat natuurlik onder korreksie, maar
in SA, sover ek kan onthou, is "voetbal"
altyd rugby. Of onthou ek verkeerd?

Gloudina
Re: Sokker misrekening [boodskap #63450 is 'n antwoord op boodskap #63443] Ma, 10 Junie 2002 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Ja, ek praat bewus oor voetbal, want ek weier om die Amerikaanse woord vir
> ons sport te gebruik. Die Britte het die sport uitgevind en dit 'football'
> genoem en vir ons is dit 'voetbal' - in Spanje is dit 'futbol' en in
> Frankryk 'le foot' en ek sal nooit ofte nimmer 'sokker' sê nie :-). Dis nie
> omdat die Amerikaners 'n ersatzsport uitgevind het wat nie eers op voetbal
> lyk nie en dit 'football' genoem het, dat ons ons benaming moet verander
> nie. Ek het gesê.:-))

Gmmmfff, humph,
ERSATZ??? Onse voetbal is 'n ersatzsport??
Nou laak vir jou vertel dat sokker die regte engelse benaming is vir
"association football", wat sokker is.
:-)))
Re: Sokker misrekening [boodskap #63452 is 'n antwoord op boodskap #63450] Di, 11 Junie 2002 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

Onse voetbal is 'n ersatzsport??

As daar nou een sport is wat ek absoluut
verag, dan is dit Amerikaanse "voetbal."
Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
van die tyd met hulle koppe bymekaar en
hulle agterente in die lug, vir mekaar
en fluister. En so nou en dan hardloop
hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
en lê daar vir 'n lang tyd.

Tant Minnehaha van die Algonquins
wat van lacrosse hou.
Re: Sokker misrekening [boodskap #63453 is 'n antwoord op boodskap #63452] Di, 11 Junie 2002 01:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> As daar nou een sport is wat ek absoluut
> verag, dan is dit Amerikaanse "voetbal."
> Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
> aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
> reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
> van die tyd met hulle koppe bymekaar en
> hulle agterente in die lug, vir mekaar
> en fluister. En so nou en dan hardloop
> hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
> en lê daar vir 'n lang tyd.

RODVEL!!!! Dit was nou baie snaaks!!!
Nee hoor, daar is darem bietjie meer aan die spel as wat jy hierbo
beskryf. Rerig!
Re: Sokker misrekening [boodskap #63457 is 'n antwoord op boodskap #63434] Di, 11 Junie 2002 03:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Op RSG het jy Johann Rossouw wat ook aanhoudend oor voetbal praat - wat m.i.
na beide sokker en rugby kan verwys - ietwat frustrerend / verwarrend.
skryf in boodskap news:3D04F19B.1050405@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
>> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
>
>
> En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
> bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
> 'n kulturele skok as mens hier in
> Kanada vir mense wat oorspronklik uit
> Europa gekom het, hoor praat van
> "football" en jy moet eers vir jouself
> sê hulle praat nou van sokker. Die
> gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
> en sokker, so daar is geen verwarring
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63463 is 'n antwoord op boodskap #63452] Di, 11 Junie 2002 04:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, ek stem volmondig saam met wat jy hier beskryf het - ek vertel dit
gereeld vir die Amerikaners in presies dieselfde woorde:))))
Annette

skryf in boodskap news:3D054EAC.30000@rogers.com...
>
> Katryn wrote:
>
> Onse voetbal is 'n ersatzsport??
>
> As daar nou een sport is wat ek absoluut
> verag, dan is dit Amerikaanse "voetbal."
> Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
> aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
> reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
> van die tyd met hulle koppe bymekaar en
> hulle agterente in die lug, vir mekaar
> en fluister. En so nou en dan hardloop
> hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
> en lê daar vir 'n lang tyd.
>
> Tant Minnehaha van die Algonquins
> wat van lacrosse hou.
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63466 is 'n antwoord op boodskap #63457] Di, 11 Junie 2002 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Eintlik is dit verkeerd om van rugby as voetbal te praat, want die hande
word tog ook gebruik in die spel.
Sokker is ook nie voetbal nie, want meer mense word met die voet raakgeskop
as die bal tydens die spel.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ae3qno$ect$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Op RSG het jy Johann Rossouw wat ook aanhoudend oor voetbal praat - wat m.i.
> na beide sokker en rugby kan verwys - ietwat frustrerend / verwarrend.
> skryf in boodskap news:3D04F19B.1050405@rogers.com...
>>
>> Hilda wrote:
>>
>>> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
>>
>>
>> En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
>> bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
>> 'n kulturele skok as mens hier in
>> Kanada vir mense wat oorspronklik uit
>> Europa gekom het, hoor praat van
>> "football" en jy moet eers vir jouself
>> sê hulle praat nou van sokker. Die
>> gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
>> en sokker, so daar is geen verwarring
>> nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63468 is 'n antwoord op boodskap #63445] Di, 11 Junie 2002 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sokker" kom van "soccer" wat die spreektaal vorm vir "football" is. Maar op
die "continent" (soos die Engelse ons lande noem) gebruik almal
"voetbal/football,..." vir die spel. Vir "rugby" sê ons gewoon "rugby" en
die ersatz-spel (jammer, Danielle :-) ) noem ons "American football" .
Ek geniet dit om voetbal 'n rugby te kyk. Maar voetbal kan partykeer
vervelig raak omdat 'n span kan beslis hulle gaan nou nie meer regtig
probeer om 'n doel te maak nie, maar net verdedig. Rugby is gewoonlik
spannender. Dis my persoonlike opinie :-).
Hilda.
schreef in bericht news:3D052919.2050408@rogers.com...
>
> Hilda wrote:
>
> Dis nie
>> omdat die Amerikaners 'n ersatzsport uitgevind het wat nie eers op voetbal
>> lyk nie en dit 'football' genoem het, dat ons ons benaming moet verander
>> nie. Ek het gesê.:-))
>
> Ek wonder waar kom die woord "sokker" dan
> vandaan? Ek twyfel of dit 'n Amerikaanse
> maaksel is. Hulle ken sokker skaars.
> Ek praat natuurlik onder korreksie, maar
> in SA, sover ek kan onthou, is "voetbal"
> altyd rugby. Of onthou ek verkeerd?
>
> Gloudina
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63474 is 'n antwoord op boodskap #63445] Di, 11 Junie 2002 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...

>
> Ek wonder waar kom die woord "sokker" dan
> vandaan? Ek twyfel of dit 'n Amerikaanse
> maaksel is. Hulle ken sokker skaars.

Gloudina

Hulle speel dan in die wêreldbeker en doen heel goed. Kort na die
vorige wêreldbeker toernooi het 'n vorige buurman van ons, wat nou 'n
sportkompleks in Seattle (?) bestuur, hier rond kom kuier en hy het
gesê dat sokker by verre die vinnigste-groeiende sport in Amerika is.

Groete, Drom
Re: Sokker misrekening [boodskap #63497 is 'n antwoord op boodskap #63468] Di, 11 Junie 2002 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Vir "rugby" sê ons gewoon "rugby" en
> die ersatz-spel (jammer, Danielle :-) ) noem ons "American football" .

Is okay Hilda. Ek kan dit vat. Maar....wag maar tot julle kom kuier
om daardie "killer cassata" te proe!!! :-)))
Re: Sokker misrekening [boodskap #63502 is 'n antwoord op boodskap #63497] Di, 11 Junie 2002 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's seker daardié nie 'n ersatz-een nie :-).
Hilda.
"Katryn" skryf in boodskap news:8b3cguok9a0fbkbpf803ndpo8dmaj77lgi@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> Vir "rugby" sê ons gewoon "rugby" en
>> die ersatz-spel (jammer, Danielle :-) ) noem ons "American football" .
>
> Is okay Hilda. Ek kan dit vat. Maar....wag maar tot julle kom kuier
> om daardie "killer cassata" te proe!!! glimlag!!> :-)))
>
Ersatz goeters:-) [boodskap #63503 is 'n antwoord op boodskap #63502] Di, 11 Junie 2002 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Ek's seker daardié nie 'n ersatz-een nie :-).

Hehehehe...uh uh...dis 'n genuaaaain ene! Geleer van 'n baie goeie
Italiaanse huisvriend, en oorspronklik aangepas in SA met Van der Hum
en so aan...geen goedkoop nabootsings daar nie - net verbeterings!
:-))
Maar ek gaan vir jou ersatz koffie bedien daarmee! Die alledaagse
koffie hier in Jawja sucketh meer as ersatz koffie. So, ons gebruik
soms rerige ersatz koffie met chicory - direk vanaf Gnaw Lynn's daar
in Loozie Anna (New Orleans - Louisiana):-))
Re: Ersatz goeters:-) [boodskap #63504 is 'n antwoord op boodskap #63503] Di, 11 Junie 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou nogal van "chicory" - toe ek nog 'n kind was, het my ma altyd 'n
bietjie "chicory" aan die koffie bygevoeg. Dus is dit 'n smaak wat ek lankal
ken.
Hilda.
"Katryn" skryf in boodskap news:7n8cgug9c9s928or620ohqqb783jrr2sn3@4ax.com...
>
> "Hilda" wrote:
>
>> Ek's seker daardié nie 'n ersatz-een nie :-).
>
> Hehehehe...uh uh...dis 'n genuaaaain ene! Geleer van 'n baie goeie
> Italiaanse huisvriend, en oorspronklik aangepas in SA met Van der Hum
> en so aan...geen goedkoop nabootsings daar nie - net verbeterings!
> :-))
> Maar ek gaan vir jou ersatz koffie bedien daarmee! Die alledaagse
> koffie hier in Jawja sucketh meer as ersatz koffie. So, ons gebruik
> soms rerige ersatz koffie met chicory - direk vanaf Gnaw Lynn's daar
> in Loozie Anna (New Orleans - Louisiana):-))
>
Re: Sokker misrekening [boodskap #63516 is 'n antwoord op boodskap #63452] Di, 11 Junie 2002 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3D054EAC.30000@rogers.com...
>
> Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
> aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
> reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
> van die tyd met hulle koppe bymekaar en
> hulle agterente in die lug, vir mekaar
> en fluister. En so nou en dan hardloop
> hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
> en lê daar vir 'n lang tyd.
>

Ja nee wragtag. Hier stem ek nou heeltemal saam! Kom leer hoe om Aussie
Rules te speel, dan praat ons weer!
Re: Sokker misrekening [boodskap #63519 is 'n antwoord op boodskap #63474] Di, 11 Junie 2002 22:29 Na vorige boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> ddu...@ufh.ac.za (Drom)

> Kort na die
> vorige wêreldbeker toernooi het 'n vorige buurman van ons, wat nou 'n
> sportkompleks in Seattle (?) bestuur, hier rond kom kuier en hy het
> gesê dat sokker by verre die vinnigste-groeiende sport in Amerika is.

Waar, veral onder jongeres - "soccer mom/dad" het as verwysende woord reeds
diep in die spreektaal ingedring, en is reflekterend van die wye omvang van die
sport. Tog, sokker verloor hierdie jong spelers gedurende puberteit
(vroue/jong meisies is 'n uitsondering), wanneer hulle dan een van die ander,
meer hoofstroom sporte begin speel. Dit lyk egter asof die redelik nuwe sokker
liga (MLS) hierdie tendens ietwat teenwerk (die meeste wereldbekerspelers vir
amerika kom uit die liga, wat na die wereldbekerreeks in die vsa - 1994, dink
ek, gestig was). Hoe meer professionele geleenthede daar is, hoe meer daar 'n
gemeenskap is van spelers, hoe meer die sport aanvaar word en "kulturele
kapitaal" verkry, hoe meer dink ek sal sokkerspelers volhou tot in hul volwasse
jare. Vroue, natuurlik, is 'n heel ander storie, en die Amerikaanse span is
van die bestes ter wereld.
Vorige onderwerp: Boks
Volgende onderwerp: Sokkertreurmares
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 13:26:27 MGT 2024