Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Walgwors
Walgwors [boodskap #63060] Di, 04 Junie 2002 07:11 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!
Drom
Re: Walgwors [boodskap #63061 is 'n antwoord op boodskap #63060] Di, 04 Junie 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het nie die Burger gesien nie - in watter konteks is dit gebruik?
Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0206032311.190633fa@posting.google.com...
> 'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
> een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
> maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
> jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!
> Drom
Re: Walgwors [boodskap #63065 is 'n antwoord op boodskap #63060] Di, 04 Junie 2002 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom
'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!

Wouter
Casper de Vries, 'n komediant het dié woord gevestig. Hy het so 5 jaar
gelede 'n show met dié naam gehad. Daar is ook 'n CD daarvan
http://www.infinitelink.co.za/musiek/musiek_c_casperdevries_ gbmcd004.htm
Jy verstaan die woord reg :-)

Casper se webwerf is by: http://www.casperdevries.com/
Re: Walgwors [boodskap #63066 is 'n antwoord op boodskap #63061] Di, 04 Junie 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef:

> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
> Annette

Neen, 'n walgwors kan ook 'n vrou wees. Dan praat ons oor 'n
walgslons!

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Walgwors [boodskap #63073 is 'n antwoord op boodskap #63060] Di, 04 Junie 2002 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> 'n Joernalis van Die Burger verwys in vandag se koerant na iemand as
> een van "gunsteling-walgworse." Ek het die woord nog nooit gehoor nie,
> maar ek dink ek sou reg wees as ek aanneem dit verwys na iemand wat
> jou nie baie aanstaan nie. Goeie woord!
> Drom

Ek dink hierdie is een van daai woorde wat ek eerder moet probeer
vergeet - en ek weet nou al dat hoe meer ek dit gaan probeer vergeet,
hoe meer gaan ek dit onthou. Inderdaad 'n goeie woord!! :-)))
Re: Walgwors [boodskap #63082 is 'n antwoord op boodskap #63061] Di, 04 Junie 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))

Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
tweegatjakkals....
:-))
Re: Walgwors [boodskap #63083 is 'n antwoord op boodskap #63082] Di, 04 Junie 2002 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn: ........
uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))

Wouter
Net as sy skroefdraad op 'n strategiese plek het..

Katryn
Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n
draaikont is 'n tweegatjakkals.... :-))

Wouter
Ja, ek reken ook so. 'n Huigelagtige mens, dus
Re: Walgwors [boodskap #63084 is 'n antwoord op boodskap #63083] Di, 04 Junie 2002 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote:

> Katryn: ........
> uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
> dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
>
> Wouter
> Net as sy skroefdraad op 'n strategiese plek het..

Katryn
Ek is HEELTEMAL te onskuldig om dit te verstaan!!

> Katryn
> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n
> draaikont is 'n tweegatjakkals.... :-))
>
> Wouter
> Ja, ek reken ook so. 'n Huigelagtige mens, dus

Ja, 'n januskop en 'n fariseër! .
:-)
Re: Walgwors [boodskap #63089 is 'n antwoord op boodskap #63084] Di, 04 Junie 2002 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:o32qfuk5nkifjbkhph06jjjklm78n3pppr@4ax.com...
> "Wouter Plaasvark" wrote:
>> Katryn
>> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n
>> draaikont is 'n tweegatjakkals.... :-))
>>
>> Wouter
>> Ja, ek reken ook so. 'n Huigelagtige mens, dus
>
> Ja, 'n januskop en 'n fariseër! .
> :-)

Ahem. Het julle twee dalkies iemand in gedagte hier onder ons vredeliewende
ou klompie :-)))
Re: Walgworse en ander dinge [boodskap #63090 is 'n antwoord op boodskap #63089] Di, 04 Junie 2002 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee" wrote:

>
> Ahem. Het julle twee dalkies iemand in gedagte hier onder ons vredeliewende
> ou klompie :-)))

LOL! Mens weet nooit nie....:-))))
Jy was heeltemal te lank weg! Mens moet amper die rooi tapyt uitrol
vir jou!! Welkom terug!

(Ek is nou te lui om 'n nuwe draad te begin)
My man ek ek sit nou en gesels oor Jannie Smuts, en hy vertel vir my
al hierdie goeters van die man wat ek NOOIT geweet het nie. Dinge
soos dat hy blykbaar o.a 'n voorbrander van die naturalistiese en
holistiese leefwyse was. Dat hy ook "one of the prime movers was in
the establishment of the league of nations that lead to the
establishment of the united nations" .

Weet iemand dalk waar ek meer inligting oor hom kan kry? Of selfs
verwysings na boeke wat oor hom geskryf was, sal baie waardeer word!
Re: Walgworse en ander dinge [boodskap #63092 is 'n antwoord op boodskap #63090] Wo, 05 Junie 2002 00:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

Dat hy ook "one of the prime movers was in
> the establishment of the league of nations that lead to the
> establishment of the united nations" .

Ek weet nie hoeveel hy 'n rol by die League
of Nations gespeel het nie, maar hy was wel een
van die stigterslede van die Verenigde Volke.
Een van die redes wat aangegee word vir die
verloor van die eleksie in 1948 was juis dat
Generaal Smuts soveel uit die land was om
reëlings te tref vir die eerste byeenkoms van
die Verenigde Volke in San Fransisco.
'n Storie word altyd hier in Kanada vertel
dat John Diefenbaker ('n Konserwatiewe eerste
minister in die vyftigerjare) so gespog
het dat hy die eerste planne vir die VVO op die
agterkant van Jan Smuts se pakkie sigarette gesien
het. ( Dis nou om te illustreer hoe naby hy aan die
hartklop van die stigting van die VVO was.) Maar
die grap is natuurlik dat Jan Smuts nie gerook het
nie.

Gloudina
Jan Smuts [boodskap #63093 is 'n antwoord op boodskap #63092] Wo, 05 Junie 2002 03:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> 'n Storie word altyd hier in Kanada vertel
> dat John Diefenbaker ('n Konserwatiewe eerste
> minister in die vyftigerjare) so gespog
> het dat hy die eerste planne vir die VVO op die
> agterkant van Jan Smuts se pakkie sigarette gesien
> het. ( Dis nou om te illustreer hoe naby hy aan die
> hartklop van die stigting van die VVO was.) Maar
> die grap is natuurlik dat Jan Smuts nie gerook het
> nie.

Ja-nee.
Terloops, ek het hierdie nuusgroep se argiewe deurgesoek en baie goeie
inligting gekry wat At de Lange o.a nog geskryf het. Ek sien julle
het al in baie diepte oor Smuts geskryf. Ek sit hier en vertaal en my
man beaam net en raak heel opgewonde en vertel nog meer.
Nou moet ek nog net 'n boek of 2 in die hande kry oor die man se lewe
en filosofiese beginsels.
Re: Walgworse en ander dinge [boodskap #63095 is 'n antwoord op boodskap #63092] Wo, 05 Junie 2002 03:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat van 'n walgwyf vir 'n walgwors?
Ek moet sê dat ek die term "walglap" gehoor het lank voor die wors sy
kinkels begin toon het.
skryf in boodskap news:3CFD5798.2080301@rogers.com...
>
> Katryn wrote:
>
> Dat hy ook "one of the prime movers was in
>> the establishment of the league of nations that lead to the
>> establishment of the united nations" .
>
> Ek weet nie hoeveel hy 'n rol by die League
> of Nations gespeel het nie, maar hy was wel een
> van die stigterslede van die Verenigde Volke.
> Een van die redes wat aangegee word vir die
> verloor van die eleksie in 1948 was juis dat
> Generaal Smuts soveel uit die land was om
> reëlings te tref vir die eerste byeenkoms van
> die Verenigde Volke in San Fransisco.
> 'n Storie word altyd hier in Kanada vertel
> dat John Diefenbaker ('n Konserwatiewe eerste
> minister in die vyftigerjare) so gespog
> het dat hy die eerste planne vir die VVO op die
> agterkant van Jan Smuts se pakkie sigarette gesien
> het. ( Dis nou om te illustreer hoe naby hy aan die
> hartklop van die stigting van die VVO was.) Maar
> die grap is natuurlik dat Jan Smuts nie gerook het
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Walgwors [boodskap #63096 is 'n antwoord op boodskap #63082] Wo, 05 Junie 2002 03:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar kom die uitdrukking tweegatjakkals vandaan?
En hoekom word dit aan huigelary gekoppel in plaas van sluheid?

Annette

-- @4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
>
> Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
> toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
> dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
> tweegatjakkals....
> :-))
>
Re: Walgwors [boodskap #63097 is 'n antwoord op boodskap #63096] Wo, 05 Junie 2002 04:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Waar kom die uitdrukking tweegatjakkals vandaan?

Weetie - dis maar een van daai woorde wat ek hier geleer het.

> En hoekom word dit aan huigelary gekoppel in plaas van sluheid?

Vra vir Wouter. Dis hy wat van huigelaars gepraat het. :-)
Re: Walgwors [boodskap #63098 is 'n antwoord op boodskap #63082] Wo, 05 Junie 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Hollanders hier is veronderstel om vir ons hier uit te help:))
Blykbaar is daar niks platvloers ivm die woord nie, alhoewel daar 'n kloe
was wat iets te doen het met 'n klein dogtertjie.
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:8hvpfugv5vjp61o1016c17ftif72ke33d9@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
>
> Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
> toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
> dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
> tweegatjakkals....
> :-))
>
Re: Jan Smuts [boodskap #63118 is 'n antwoord op boodskap #63093] Wo, 05 Junie 2002 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Nou moet ek nog net 'n boek of 2 in die hande kry oor die man se lewe
> en filosofiese beginsels.

Ek hoop dat jy terug sal rapporteer en dat
ons 'n bietjie kan praat oor sy konsep van
"Holisme." Die woord "holisme" is in die
laaste dekades geskaak as 'n dekwoord vir
'n hele klomp dinge, maar Jan Smuts se
filosofiese begrip "Holisme" is baie spesifiek,
en ek dink ek moet ook weer teruggaan na die
boek, want ek het dit gelees toe ek nog jonk
was.

Gloudina
Re: Walgwors [boodskap #63123 is 'n antwoord op boodskap #63098] Wo, 05 Junie 2002 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Jakkals se "tonnel" kan meer as een gat, oftewel uitkomplek het. So,
tweegatjakkalse is heel algemeen in die natuur - en onder die rondekopdiere
ook ...

"Annette" skryf in boodskap news:adkbv2$120vv8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die Hollanders hier is veronderstel om vir ons hier uit te help:))
> Blykbaar is daar niks platvloers ivm die woord nie, alhoewel daar 'n kloe
> was wat iets te doen het met 'n klein dogtertjie.
> Annette
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:8hvpfugv5vjp61o1016c17ftif72ke33d9@4ax.com...
>> "Annette" wrote:
>>
>>> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
>>
>> Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
>> toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
>> dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
>> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
>> tweegatjakkals....
>> :-))
>>
>
Re: Walgwors [boodskap #63127 is 'n antwoord op boodskap #63123] Wo, 05 Junie 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet Jonas - maar dit is nog steeds nie dieselfde gat as 'n kont nie - al
is daar twee:)))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:adl0mc$qg4$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> 'n Jakkals se "tonnel" kan meer as een gat, oftewel uitkomplek het. So,
> tweegatjakkalse is heel algemeen in die natuur - en onder die rondekopdiere
> ook ...
> "Annette" wrote in message
> news:adkbv2$120vv8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die Hollanders hier is veronderstel om vir ons hier uit te help:))
>> Blykbaar is daar niks platvloers ivm die woord nie, alhoewel daar 'n kloe
>> was wat iets te doen het met 'n klein dogtertjie.
>> Annette
>>
>>
>> "Katryn" wrote in message
>> news:8hvpfugv5vjp61o1016c17ftif72ke33d9@4ax.com...
>>> "Annette" wrote:
>>>
>>>> Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
>>>
>>> Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
>>> toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is. Ek dink DIT is
>>> dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
>>> Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
>>> tweegatjakkals....
>>> :-))
>>>
>>
>
Re: Jan Smuts [boodskap #63144 is 'n antwoord op boodskap #63118] Wo, 05 Junie 2002 17:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek hoop dat jy terug sal rapporteer en dat
> ons 'n bietjie kan praat oor sy konsep van
> "Holisme." Die woord "holisme" is in die
> laaste dekades geskaak as 'n dekwoord vir
> 'n hele klomp dinge, maar Jan Smuts se
> filosofiese begrip "Holisme" is baie spesifiek,
> en ek dink ek moet ook weer teruggaan na die
> boek, want ek het dit gelees toe ek nog jonk
> was.

Verwys jy moontlik na sy "Holism and Evolution", wat blykbaar
gebasseer is op idees en konsepte van die filosowe Henri Bergson
(soos in sy boek "L'evolution creatrice" (Creative Evolution), wat in
1907 verskyn het, asook ook die werke van Alfred North Whitehead?
Ek sien dat sommige mense glo dat hierdie boek van Smuts deur die
sielkundige, Alfred Adler beinvloed was (maar dis die konserwatiewe
regses wat dis meestal sê)
Ek het nog nie hierdie ene in die hande kon kry nie, maar ek gaan
probeer. Dis die ene wat my man gelees het - ook lank terug. (Maar
darem definitief nie so lank terug soos jy nie) :-))
Wat ek ook na soek is die titel van 'n boek wat hy oor Whitman geskryf
het. Kan jy dalk help?
Ek raak baie opgewonde oor enigiets wat handel oor Whitman. :-)
Re: Jan Smuts [boodskap #63149 is 'n antwoord op boodskap #63144] Wo, 05 Junie 2002 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

'n boek wat hy oor Whitman geskryf
> het. Kan jy dalk help?

Nee, ek het nog nie daarvan gehoor nie. Dis
vir my eienaardig dat daar so min van Jan
Smuts op die Net te vinde is. Dis asof mense
nie meer te baie oor hom skryf nie.

Gloudina
Re: Jan Smuts [boodskap #63155 is 'n antwoord op boodskap #63149] Do, 06 Junie 2002 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

>
> Katryn wrote:
>
>
> 'n boek wat hy oor Whitman geskryf
>> het. Kan jy dalk help?
>
> Nee, ek het nog nie daarvan gehoor nie. Dis
> vir my eienaardig dat daar so min van Jan
> Smuts op die Net te vinde is. Dis asof mense
> nie meer te baie oor hom skryf nie.

Wou net vinnig sê as jy dalk sou belangstel - dit is:
"Walt Whitman: A Study in the Evolution of Personality" by
Jan Christian Smuts.
Re: Jan Smuts [boodskap #63174 is 'n antwoord op boodskap #63155] Do, 06 Junie 2002 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Wou net vinnig sê as jy dalk sou belangstel - dit is:
> "Walt Whitman: A Study in the Evolution of Personality" by
> Jan Christian Smuts.

Ons het "Holism en Evolution" bestel.
Kon jy dié een oor Walt Whitman opspoor
by 'n boekwinkel?

Gloudina
Re: Jan Smuts [boodskap #63190 is 'n antwoord op boodskap #63174] Do, 06 Junie 2002 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Kon jy dié een oor Walt Whitman opspoor
> by 'n boekwinkel?

Nee, gladnie. Ek het dit wel by Amazon gesien.
Hier is nogal iemand in Georgia wat 'n kopie het - ek dink nog daaroor
- of ek dit moet koop of nie.
Jan was so gaaf om vir my 'n uitreksel te stuur uit een van sy
encyclopedia CD's wat handel oor Smuts. Dankie, Jan!
Ek haal die stukkie aan wat betrekking het op hierdie spesifieke boek:

"Apart from law he read widely in philosophy, poetry, and science, and
it was at this time that he first read the poems of Walt Whitman. Many
years later he compared the effect that Whitman had on him to St.
Paul's experience on the road to Damascus. Whitman's conception of
natural man liberated him, he believed, from the sense of sin induced
by a strict Calvinist upbringing. Before he left England he wrote a
book about Whitman but failed to find a publisher. "

Interessant, nè?
Re: Jan Smuts [boodskap #63196 is 'n antwoord op boodskap #63190] Vr, 07 Junie 2002 02:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> "Apart from law he read widely in philosophy, poetry, and science, and
> it was at this time that he first read the poems of Walt Whitman. Many
> years later he compared the effect that Whitman had on him to St.
> Paul's experience on the road to Damascus. Whitman's conception of
> natural man liberated him, he believed, from the sense of sin induced
> by a strict Calvinist upbringing. Before he left England he wrote a
> book about Whitman but failed to find a publisher. "

Ek sal sien of dit in ons biblioteek-
leensisteem is. Ek sal geinteresseerd
wees of sy werk oor Whitman ook deel
vorm van sy denke oor ewolusie.
In die afgelope weke het my man so
elke nou en dan Whitman se "when lilacs
last in the dooryard bloomed" aangehaal.
Vanjaar is die lilacs veral mooi. Dit is
omdat die lente kouer as gewoonlik was,
en hulle nie deur die te warm son te vroeg
doodgeskroei is soos verlede jaar nie.
Ek verdeel die lente hier by ons in twee
periodes: die vroeë lente, wanneer die
krokusse uitkom en dan die daffodils en
die narsings. En dan kom die hooglente,
wanneer al die bloeisels aan die bome
uitkom en dan die lilacs. Dis nou die
hooglente.

Gloudina
Re: Jan Smuts [boodskap #63238 is 'n antwoord op boodskap #63196] Vr, 07 Junie 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek sal sien of dit in ons biblioteek-
> leensisteem is.

Ek kon dit ook gladnie by ons biblioteke kry nie.

> Ek sal geinteresseerd
> wees of sy werk oor Whitman ook deel
> vorm van sy denke oor ewolusie.

Presies waarom ek ook graag die boek sou wou lees! Ek het gisteraand
toe geswig, en die boek bestel. As jy belang sou stel, en dit nie
deur jou biblioteek kry nie, sal ek dit enige tyd vir jou aanstuur as
ek klaar daarmee is.

> In die afgelope weke het my man so
> elke nou en dan Whitman se "when lilacs
> last in the dooryard bloomed" aangehaal.

When lilacs last in the dooryard bloomed,
And the great star early drooped in the western sky in the night,
I mourned, and yet shall mourn with ever-returning spring.

Ever-returning spring, trinity sure to me you bring,
Lilac blooming perennial and drooping star in the west,
And thought of him I love.

ens. PRAGTIG!!
Re: Walgwors [boodskap #63326 is 'n antwoord op boodskap #63082] So, 09 Junie 2002 12:05 Na vorige boodskap
E.M. Moccona  is tans af-lyn  E.M. Moccona
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8hvpfugv5vjp61o1016c17ftif72ke33d9@4ax.com...
| "Annette" wrote:
|
| >Kan 'n walgwors slegs 'n man wees?:)))
|
| Ek het gou gaan loer op daai anner plek waar julle soms kuier, en sien
| toe dat julle moes uitvind wat 'n "draaikont" is.

In het Nederlands is een draaikont:

´draai·kont (de ~ (m.)) [inf.]
1 onoprecht, huichelachtig persoon
2 iem. die niet stil kan zitten

draai·kon·te·´rij (de ~ (v.)) [pej.]
1 het telkens van mening, van standpunt veranderen

| Ek dink DIT is
| dalk die vroulike ekwivalent van 'n walgwors? :-)))
| Gedoriewaar, hoor - gedoriewaar - ek dink 'n draaikont is 'n
| tweegatjakkals....
| :-))

Wat is een tweegat-jakkals in het afrikaans?
Is dat een genetisch gemanipuleerde jakhals?

--

================================
"Indien het hier in 't Vaderland zoo gelegen is, dat men de waarheid niet mag spreken,
zoo ist er ellendig gesteld. Nochtans zal ik die spreken zoo lang als mijn oogen open
staan."
- Michiel Adriaanszoon de Ruyter -
================================
"Deelmakende van het Koningrijk der Nederlanden, genoot België den vrede gedurende
vyftien jaren; de koophandel en de nyverheid herleefden en geraekten tot eenen ongemenen
bloei; wy herwonnen, met het gebruik onzer moedertael, gedeeltelyk onze
echtvaderlandsche zeden; het onderwys werd verbeterd en tot alle standen der maetschappy
uitgestrekt; wy vervolmaekten onze staetkundige opvoeding en kregen eene nadere kennis
van alle grondwettelyke bestuerzaken."
- Hendrik Conscience -
================================
"Het Westen heeft zich bovendien zelf in moeilijkheden gebracht door blijvend een deel
van de arbeid, in het bijzonder de minder geschoolde, over te dragen aan
'gastarbeiders', wat niet alleen de eigen werkloosheid moeilijker oplosbaar maakt, maar
ook een soort kastensysteem in het leven roept en tot nog andere bezwaren leidt."
- Dr. Willem Drees -
================================
"De Mocconisering van Nederland begint gevaarlijke proporties aan te nemen"
- Franneke -
================================
Vorige onderwerp: Hansie se Begrafnis
Volgende onderwerp: Les Geleer of dubbele standaarde?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:08:02 MGT 2024