Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opperman: JEROEN BOSCH
Opperman: JEROEN BOSCH [boodskap #5738] Do, 08 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
JEROEN BOSCH

D.J.Opperman

Ydel is die wereld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voels en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe listiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuums en mombakkies.

Dit trek in stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue, maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjien of dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag, Liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul - en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van 'n towenaar befluit...
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot;

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van 'n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur 'n tregter poep.
Vorige onderwerp: Shamal?
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:06:44 MGT 2024