Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Gerookte Kos
Gerookte Kos [boodskap #61342] Wo, 01 Mei 2002 09:11 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek moes seker in een van my vorige lewens 'n Rasta gewees het, want gerookte
kos is vir my lekkerder as lekker.
Nou lees ek dat ek met tee op my stoof sommer die kossies kan rook - gaan
dit definitef probeer.

Gebruik genoeg teeblare om die basis van die dikboompot toe te maak, en 5ml
( 1 teelepel) droë kruie of speserye.
Voer die dikboompot en die deksel uit met foelie, en maak seker die deksel
kan die pot verseel.
Die teemengsel moet net die boom van die pot bedek - te veel sal aan die kos
'n bitter smaak gee.

Plaas 'n metaalrak of omgekeerde pirex deksel in die pot - die kos moet dus
nagenoeg in die middel van die pot wees, en daar moet genoeg spasie teen die
kant oop wees sodat goeie sirkulasie en egalige beroking kan plaasvind.

Met die pot se deksel op, plaas dit op 'n baie warm plaat vir omtrent 15
minute. Stel dan die plaat op die laagste hitte en rook verder vir 'n
verdere 10minute - 1 uur - totdat die kos gaar is.
Kosse geskik vir rook is vis, vleis en selfs hardgekookte eiers.

Sosaties met lamsvleis: 15 minute hoog en 40 minute lae hitte

!kg rooivleis of 1.3 kg hoender byv: 15 minute hoog en 1 uur lae hitte

1 kg vis : 15 minute hoog en 20 - 25 minute lae hitte.

Annette
Re: Gerookte Kos [boodskap #61347 is 'n antwoord op boodskap #61342] Wo, 01 Mei 2002 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Yip Annette inderdaad. Gerookte Haring (mens kan emmers vol vang hier aan
die weskus van Aus - maar nou nie klaar gerook nie hoor :- ) is heerlik maar
die manne met jig moet baie versigtig trap ... gerookte hoender of kalkoen
is heerlik. Hierdie twee gerookte geregte is my gunsteling. Gerookte paling
is nogsteeds heel bo aan die lys, maar nie so geredelik bekombaar nie. Snoek
is 'n gewilde vis om te rook maar so bietjie "brutaal" vir my.

Hantamkind

"Annette" >
> Met die pot se deksel op, plaas dit op 'n baie warm plaat vir omtrent 15
> minute. Stel dan die plaat op die laagste hitte en rook verder vir 'n
> verdere 10minute - 1 uur - totdat die kos gaar is.
> Kosse geskik vir rook is vis, vleis en selfs hardgekookte eiers.
>
Re: Gerookte Kos [boodskap #61348 is 'n antwoord op boodskap #61347] Wo, 01 Mei 2002 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Al gerookte Engeltjievis geproe?
Om een of ander donker rede smaak dit die lekkerste in Vishoek of in
Saldanha;))
Probeer smoorsnoek te maak met gerookte snoek, dan praat ons weer van
brutaal:))
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:2ySz8.1178$b5.4714@newsfeeds.bigpond.com...
> Yip Annette inderdaad. Gerookte Haring (mens kan emmers vol vang hier aan
> die weskus van Aus - maar nou nie klaar gerook nie hoor :- ) is heerlik maar
> die manne met jig moet baie versigtig trap ... gerookte hoender of kalkoen
> is heerlik. Hierdie twee gerookte geregte is my gunsteling. Gerookte paling
> is nogsteeds heel bo aan die lys, maar nie so geredelik bekombaar nie. Snoek
> is 'n gewilde vis om te rook maar so bietjie "brutaal" vir my.
>
> Hantamkind
>
> "Annette" >
>> Met die pot se deksel op, plaas dit op 'n baie warm plaat vir omtrent 15
>> minute. Stel dan die plaat op die laagste hitte en rook verder vir 'n
>> verdere 10minute - 1 uur - totdat die kos gaar is.
>> Kosse geskik vir rook is vis, vleis en selfs hardgekookte eiers.
>>
>
Re: Gerookte Kos [boodskap #61379 is 'n antwoord op boodskap #61348] Do, 02 Mei 2002 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek rook soms 'n snoek. Gebruik 'n tuisgemaakte (nie Thys-gemaak) roker en
strooi seker so twee eetlepels vol akkerhoutsaagsels op die bodem, en laat
vir 25 minute oor kole. Ek't ook al van die teeblare gehoor, maar nog nie
probeer nie.
Enige vis kan so gerook word. Kleiner visse as snoek so om en by 20 minute.
Duitse bure van my skoonouers het al varkboud en eisbein ook in daai roker
gerook.

Thys oppie Bos (nie gerook nie)

"Annette" skryf in boodskap news:aaovnj$cfkhb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Al gerookte Engeltjievis geproe?
> Om een of ander donker rede smaak dit die lekkerste in Vishoek of in
> Saldanha;))
> Probeer smoorsnoek te maak met gerookte snoek, dan praat ons weer van
> brutaal:))
Re: Gerookte Kos [boodskap #61386 is 'n antwoord op boodskap #61379] Do, 02 Mei 2002 10:07 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My broer het so pas in 'n plek ingetrek met so 'n geheime flappie in die
skoorsteen bokant die vleisbraaiplek - dis glo waar goed gerook word terwyl
daar gebraai word.
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:aaqrgr$9ih$1@news.adamastor.ac.za...
> Ek rook soms 'n snoek. Gebruik 'n tuisgemaakte (nie Thys-gemaak) roker en
> strooi seker so twee eetlepels vol akkerhoutsaagsels op die bodem, en laat
> vir 25 minute oor kole. Ek't ook al van die teeblare gehoor, maar nog nie
> probeer nie.
> Enige vis kan so gerook word. Kleiner visse as snoek so om en by 20 minute.
> Duitse bure van my skoonouers het al varkboud en eisbein ook in daai roker
> gerook.
>
> Thys oppie Bos (nie gerook nie)
> "Annette" wrote in message
> news:aaovnj$cfkhb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Al gerookte Engeltjievis geproe?
>> Om een of ander donker rede smaak dit die lekkerste in Vishoek of in
>> Saldanha;))
>> Probeer smoorsnoek te maak met gerookte snoek, dan praat ons weer van
>> brutaal:))
>
Vorige onderwerp: Biltong is Nederlands.
Volgende onderwerp: Mosterd-boontjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:38:05 MGT 2024