Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nog Nuus 19/4
Nog Nuus 19/4 [boodskap #60688] Sa, 20 April 2002 09:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Stormers het vandag gewen - en Slap Chips het 3 vywe gedruk. Ongelukkig
maak drie swaeltjies nie die somer nie, en die Stormers sal nog 'n paar keer
met bonuspunte moet wen om te kan kwalifiseer vir die halfeindstryd van die
super 12 kompetisie.
Dit was 'n mooi wedstryd - ten spyte van Rossouw en Persie wat gespeel
het;))))

Advokaat Barbie - Cezanne Prinsloo ( Prinsloo is die van van haar geliefde
wat nog moet skei van sy huidige vrou) het die volgende wysheid kwyt geraak:
"Barbie is an aspiration to external perfection in a feminine, sexy en
sensual way."
Dit van 'n 25 jarige slim advokaat- wat nou nog nie weet dat Barbie
geneties nie perfek is nie.

Smous-ekonomie. Anna Svovera, voormalige groentesmous in Zimbabwe, verkoop
nou begrafnisblomme daar- volgens haar 'n baie meer winsgewende besigheid -
omdat daar elke dag soveel meer mense doodgaan agv al die siektes daar.

Annette
Hulle ken vir Pieter Slaptjips Rossouw [boodskap #60693 is 'n antwoord op boodskap #60688] Sa, 20 April 2002 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Van Slap Chips gepraat - ek kyk nou die dag - die ander spanne ken sy spel
al so goed - hulle weet dat as hy die bal kry gee hy drie treë en steek dan
eers vas om te dink - hulle wag hom in by sy vassteekpunt:))

Annette
Die Stormers het vandag gewen - en Slap Chips het 3 vywe gedruk.

Wouter: :-))
Re: Hulle ken vir Pieter Slaptjips Rossouw [boodskap #60708 is 'n antwoord op boodskap #60693] Sa, 20 April 2002 13:53 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die arme Chiefs - verwag toe, heel onnatuurlik, dat Pieter vandag iets
anders sou doen:)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cc14310.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Van Slap Chips gepraat - ek kyk nou die dag - die ander spanne ken sy spel
> al so goed - hulle weet dat as hy die bal kry gee hy drie treë en steek dan
> eers vas om te dink - hulle wag hom in by sy vassteekpunt:))
>
> Annette
> Die Stormers het vandag gewen - en Slap Chips het 3 vywe gedruk.
>
> Wouter: :-))
>
Vorige onderwerp: Nuus 19/3
Volgende onderwerp: Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:23:55 MGT 2024