Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Vleisvragie
Vleisvragie [boodskap #60162] Vr, 12 April 2002 19:53 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
smaak tussen perd en donkie.

Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
Ek hou van boerbok, maar my ma sê sy kan nie so baie daarvan eet soos lam
nie.
Annette
Re: Vleisvragie [boodskap #60166 is 'n antwoord op boodskap #60162] Vr, 12 April 2002 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette" wrote:

Annette se 'vleisvragie'.
> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
> smaak tussen perd en donkie.

> Annette
>
Ek het ook 'n 'vleisvragie'. Ons eet vark, wat 'n kannibaal is en sy
eie drek eet maar trek ons neuse op vir perd en donkie wat slegs in
gras wei. Waarom?
Re: Vleisvragie [boodskap #60167 is 'n antwoord op boodskap #60166] Vr, 12 April 2002 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sal nie weet nie Didi. Miskien is dit die varkvleisraad se skuld met
daardie oulike hartjie by hul advertensies.
Ek het niks teen perd nie, het dit nog net nie geëet nie, dis al.
Annette

Didi skryf in boodskap news:kjgebu03ivav7s1p21jnu1q80oht10ld3o@4ax.com...
> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> Annette se 'vleisvragie'.
>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>> smaak tussen perd en donkie.
>
>> Annette
>>
> Ek het ook 'n 'vleisvragie'. Ons eet vark, wat 'n kannibaal is en sy
> eie drek eet maar trek ons neuse op vir perd en donkie wat slegs in
> gras wei. Waarom?
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60170 is 'n antwoord op boodskap #60167] Vr, 12 April 2002 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a97i1t$11nuk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek het niks teen perd nie, het dit nog net nie geëet nie, dis al.

Het jy al ooit 'steak' in Parys (Frankryk, nie Vrystaat nie) bestel? As jy
nie beesvleis spesifiseer nie, is dit bykans gewaarborg dat dit perdevleis
sal wees.

Q
Re: Vleisvragie [boodskap #60172 is 'n antwoord op boodskap #60162] Vr, 12 April 2002 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette" wrote:

> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
> smaak tussen perd en donkie.

Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
guns terug te gee (....to return the favor?).
My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
(Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)

> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.

Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
(selfs biltong proe net teveel na droeë bloed vir my - of soos wat ek
DINK droeë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)

- Danielle
Re: Vleisvragie [boodskap #60178 is 'n antwoord op boodskap #60170] Sa, 13 April 2002 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Helaas - ek is 'n berese arm toeris - kan nie bekostog om in enige
restaurant in Europa of Amerika 'n steak te bestel nie.
Maak hulle van perd daar hamburgers / worsrolletjies?
Indien wel, dan het ek al onwetend perd geëet.:))
Annette

Q skryf in boodskap news:TpIt8.36698$dn6.362589@NewsReader...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a97i1t$11nuk$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek het niks teen perd nie, het dit nog net nie geëet nie, dis al.
>
> Het jy al ooit 'steak' in Parys (Frankryk, nie Vrystaat nie) bestel? As jy
> nie beesvleis spesifiseer nie, is dit bykans gewaarborg dat dit perdevleis
> sal wees.
>
> Q
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60181 is 'n antwoord op boodskap #60172] Sa, 13 April 2002 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
net dit behoort dieselfde te smaak?
Ons spel favour nog hier anders:))))

Biltong is nie bloedwors nie.
Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
'n heerlike ontbyt.

Annette

Katryn skryf in boodskap news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>> smaak tussen perd en donkie.
>
> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
> guns terug te gee (....to return the favor?).
> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>
>> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>
> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>
> - Danielle
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60187 is 'n antwoord op boodskap #60181] Sa, 13 April 2002 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en
hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
van ons land se mense hou van hulle vleis so.
So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
kán ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
ens].

"Annette" skryf in boodskap news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
> net dit behoort dieselfde te smaak?
> Ons spel favour nog hier anders:))))
>
> Biltong is nie bloedwors nie.
> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
> 'n heerlike ontbyt.
>
> Annette
>
> Katryn wrote in message
> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>> smaak tussen perd en donkie.
>>
>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>
>>> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>
>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>
>> - Danielle
>>
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60189 is 'n antwoord op boodskap #60187] Sa, 13 April 2002 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Solank die Duitsers se bloedwors se inhoud behoorlik fyngemaal is, en hulle
nie vir my al die verskriklike detail op die verpakking gee nie, sal ek dit
waarskynlik eet:))
Dankie vir die inligting re die donghies - interessant hoe hulle daarvan
hou - wonder hoe die Europeërs donkie eet en gaarmaak - ek was gewaarsku om
net met mes en vurk te eet daar.:))
Annette

Suidwester skryf in boodskap news:a98jfo$r81$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
> koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
> is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
> Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
> dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
> Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
> reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
> ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
> soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en
> hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
> dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
> is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
> hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
> van ons land se mense hou van hulle vleis so.
> So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
> kón ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
> ens].
> "Annette" wrote in message
> news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
>> net dit behoort dieselfde te smaak?
>> Ons spel favour nog hier anders:))))
>>
>> Biltong is nie bloedwors nie.
>> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
>> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
>> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
>> 'n heerlike ontbyt.
>>
>> Annette
>>
>> Katryn wrote in message
>> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>>> Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>>> smaak tussen perd en donkie.
>>>
>>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>>
>>>> Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>>
>>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>>
>>> - Danielle
>>>
>>
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60191 is 'n antwoord op boodskap #60172] Sa, 13 April 2002 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)

Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-). Kalfs- of beesbrein
het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
Ons eet ook derms en mae (die orgaan) en dit is baie lekker. Gewoonlik is
dit Frans resepte. Die Belgiese eetkultuur lê naby aan die Franse. Die
Nederlandse is heeltemal anders.
Hilda.
Re: Vleisvragie [boodskap #60192 is 'n antwoord op boodskap #60189] Sa, 13 April 2002 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Daai bloedwors is dieprooi as jy hom sny en dan het dit die stukkies van die
afval in wat natuurlik deurgesny word. Dit is natuurlik baie lekker maar
vir myself so 'n effe ryk. Die koning van alle polonies is 'dauerwurst'
wat soortgelyk aan salami is, maar die blokkoppe doen iets ekstra daarmee
wat dit ekstra smaak gee. ken jy van 'n Namib pizza? Dis met dauerwurst,
ham, spek.......en so 'n effe kaas!

"Annette" skryf in boodskap news:a98k9e$14gu8$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Solank die Duitsers se bloedwors se inhoud behoorlik fyngemaal is, en hulle
> nie vir my al die verskriklike detail op die verpakking gee nie, sal ek dit
> waarskynlik eet:))
> Dankie vir die inligting re die donghies - interessant hoe hulle daarvan
> hou - wonder hoe die Europeërs donkie eet en gaarmaak - ek was gewaarsku om
> net met mes en vurk te eet daar.:))
> Annette
>
>
> Suidwester wrote in message
> news:a98jfo$r81$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Een ding kan ek jou vertel en dit is dat die Damaras hier in ons land skoon
>> koekoes gaan oor donkievleis. Dieselfde oor Zebravleis, wat ook maar perd
>> is. Dié het ek al geëet en dit het 'n meer wilde smaak as bv beesvleis.
>> Ook Zebrabiltong smaak nie veel anders as koedoe nie, MITS jy weet hoe om
>> dit te maak......met baie asyn, dan sal g'n yuppie die verskil ken nie.
>> Wat bok vs skaap aangaan, is die bok ook so 'n effe taaier, maar maak hom
>> reg gaar en 99% mense sal nie die verskil ken nie. Dit gaan alles oor die
>> ouderdom van die dier. O ja! Die Damaras wat so hou van donkie [donghie,
>> soos hulle sê], hulle hou van hulle vleis taai gekook. Jy moet tanne hê en en
>> hulle wil lank kou. Hulle byt hom so aan die een kant vas, trek hom en sny
>> dan die vleis hier voor die mond af. As dit nie sy lip dikskiet nie, dan
>> is die vleis nie taai genoeg nie! En moenie dink dis net die Damaras wat
>> hou van hierdie taai, opgekookte vleis[tjôm] nie.......meeste van die suide
>> van ons land se mense hou van hulle vleis so.
>> So by the way, die regte bloedwors wat die Duitsers maak [wie anders
>> kón ordentlike polonie maak?], het ook afval in. Dit nou tonge, poepolle,
>> ens].
>> "Annette" wrote in message
>> news:a98h2o$158fh$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
>>> net dit behoort dieselfde te smaak?
>>> Ons spel favour nog hier anders:))))
>>>
>>> Biltong is nie bloedwors nie.
>>> Bloedwors is wat die Engelse noem Black Pudding.
>>> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
>>> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
>>> 'n heerlike ontbyt.
>>>
>>> Annette
>>>
>>> Katryn wrote in message
>>> news:c9mebu8cqj6peemekte343qqa96ajjbci1@4ax.com...
>>>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >Vandag op RSG ( radio) word vertel van die tonne donkievleis wat van
>>>> >Bostwana na verskeie Europese lande uitgevoer gaan word.
>>>> >Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>>> >smaak tussen perd en donkie.
>>>>
>>>> Aangesien jy my vrae altyd so mooi antwoord, gaan ek probeer om die
>>>> guns terug te gee (....to return the favor?).
>>>> My man sê dat hy nie kan dink dat dit enigsins anders as perd sal
>>>> smaak nie, en hy is 'n perdvleiseter - yukkie. :-)
>>>> (Die Belge is vir een of ander obskure rede baie lief vir perd - maar
>>>> ook ander yukkie goeters soos kalfsbreine en so aan . Miskien sal
>>>> Hilda en Norbert kan sê waarom dit so is) :-)
>>>>
>>>> >Boerbokvleis lyk soos lamsvleis, maar het 'n effens soeter smaak vir my.
>>>>
>>>> Nee genugtig - ek is maar vol fiemies as dit by dierlike kosse kom -
>>>> (selfs biltong proe net teveel na droë bloed vir my - of soos wat ek
>>>> DINK droë bloed sal smaak) En moet nou nie vir my probeer oortuig
>>>> dat ek nog nie die "REGTE" blitong geeet het nie. :-)
>>>> Ek hou darem van beskuit - veral karringmelk beskuit. :-)
>>>>
>>>> - Danielle
>>>>
>>>
>>
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60193 is 'n antwoord op boodskap #60189] Sa, 13 April 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 08:47:55 +0200, "Annette" wrote:
> , sal ek dit
> waarskynlik eet:))
> Annette
>
>

Netnou het jy gesê dat dit
'n heerlike otbyt maak.
Nou sê jy dat jy dit waarskynlik
sal eet.
Eet jy dit regtig Annette?
Re: Vleisvragie [boodskap #60195 is 'n antwoord op boodskap #60167] Sa, 13 April 2002 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mmm, Goeie ene. Dalk iets te doen met die feit dat perde dalk troeteldier
status het? Donkies in 'n mindere mate miskien maar as jy nou vir die gesin
vra wie jy moet slag vir aandete sal almal se "ag sjym hy's so cute" as jy
na ou langoor wys. Slag dan maar liewer die koei maar NOOIT die perd nie.
Perde en donkies het een of ander nut - of hy nou in 'n resies hardloop of
'n kar trek. Daar is mens - dier interaksie. Die naaste wat 'n koei daaraan
kan kom is om gemelk te word. Die enigste ander een is om geeet te word.

Die vark etery was dalk maar om die Jode te spite en toe het dit mode geword
;-)

HK

Ek het ook 'n 'vleisvragie'. Ons eet vark, wat 'n kannibaal is en sy
eie drek eet maar trek ons neuse op vir perd en donkie wat slegs in
gras wei. Waarom?
Re: Vleisvragie [boodskap #60200 is 'n antwoord op boodskap #60193] Sa, 13 April 2002 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Davie - ek het gesê dat ek die Engelse Black Pudding graag eet - ek kan
nie onthou dat ek al die Duitse Bloedwors al ge-eet het nie.
Maar aan Suidwester se beskrywing - van die stukkies in - weet ek nou ek het
nog nie.
Sal maar gaan kuier en proe;))

Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:igmfbuktvnun5n8hv6elo2hahjukgdam2a@4ax.com...
> On Sat, 13 Apr 2002 08:47:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>> , sal ek dit
>> waarskynlik eet:))
>> Annette
>>
>
> Netnou het jy gesê dat dit
> 'n heerlike otbyt maak.
> Nou sê jy dat jy dit waarskynlik
> sal eet.
> Eet jy dit regtig Annette?
Re: Vleisvragie [boodskap #60202 is 'n antwoord op boodskap #60166] Sa, 13 April 2002 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Didi
As jy jou perd eet dan kan jy ook jou hond eet - beide is getroue dienende
diere ... ;- )

Ek wonner net - wat laat Annette dink dat sy nog nooit perd geeet het nie?

Ek het rilverhale gehoor van ouens wat by rugbystadions donkiebiltong aan
half-gepekelde toeskouers verkoop ...

"Didi" skryf in boodskap news:kjgebu03ivav7s1p21jnu1q80oht10ld3o@4ax.com...
> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> Annette se 'vleisvragie'.
>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>> smaak tussen perd en donkie.
>
>> Annette
>>
> Ek het ook 'n 'vleisvragie'. Ons eet vark, wat 'n kannibaal is en sy
> eie drek eet maar trek ons neuse op vir perd en donkie wat slegs in
> gras wei. Waarom?
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60206 is 'n antwoord op boodskap #60202] Sa, 13 April 2002 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 11:13:47 +0200, "Jonas" wrote:

> Didi
> As jy jou perd eet dan kan jy ook jou hond eet - beide is getroue dienende
> diere ... ;- )
>

Net so getrou en dienend soos die os wat die skaarploeg trek né Jonas.
En die koei wat nie net aan die gesin nie maar ook aan dieselfde
dienende hond en vark melk verskaf. Maar die aksie teen perdevleis eet
het niks met sentiment te doen nie - het jy al gesien hoe stap vee
agter 'n wagter aan?

Didi
Re: Vleisvragie [boodskap #60207 is 'n antwoord op boodskap #60200] Sa, 13 April 2002 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Net om die donkie-storie so 'n bietjie lyf te gee. 'n Skaap en 'n bok het
sorg nodig. 'n Donkie glad nie. Deesdae vind die boere mos uit dat 'n
springbok tot op 1-jaar ouderdom 'n beter inkomste gee as enige
skaap.......plus die feit dat dit nie siektes het nie, vir homself in die
veld sorg en nie 'n ernstige waterdrinker is nie.......'n springbok kan sy
hele leeftyd deurgaan sonder om water te drink as dit nodig sou wees. Die
donkie is 'n selfversorgende, wandelende kospakket vir 'n arm man. Hier by
ons loop die donkies geil en nie almal weet altyd wie se donkie is wie s'n
nie. Toe vertel ons president eendag dat bo in die noorde waar die
Owambo's bly en die grootste gedeelte van die bevolking bly en ook die
meeste donkies is, die donkies moet wegmaak om plek te maak vir bees en
skaap. Hy spot toe dat aangesien die Damaras so vrek oor donkievleis,
hulle maar die donkies vir hulle moet stuur. Die een Damara reken toe dis
reg, stuur maar die donkies, hulle stuur al hulle honde vir die Owambos wat
weer vrek oor hondevleis!

"Annette" skryf in boodskap news:a98ruv$17ki2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Davie - ek het gesê dat ek die Engelse Black Pudding graag eet - ek kan
> nie onthou dat ek al die Duitse Bloedwors al ge-eet het nie.
> Maar aan Suidwester se beskrywing - van die stukkies in - weet ek nou ek het
> nog nie.
> Sal maar gaan kuier en proe;))
>
> Annette
>
>
> Davie Davis wrote in message
> news:igmfbuktvnun5n8hv6elo2hahjukgdam2a@4ax.com...
>> On Sat, 13 Apr 2002 08:47:55 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>> , sal ek dit
>>> waarskynlik eet:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>
>> Netnou het jy gesê dat dit
>> 'n heerlike otbyt maak.
>> Nou sê jy dat jy dit waarskynlik
>> sal eet.
>> Eet jy dit regtig Annette?
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60213 is 'n antwoord op boodskap #60202] Sa, 13 April 2002 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek koop nie enige kosproduk by venters nie.
Dis waar - ek kon al perd geëet het sonder dat ek daarvan bewus was.
Wat vir my net eiemaardig is, is dat my ma my altyd vertel het ( sy het op
'n kol 'n Hollandse loseerder gehad wat perdevleis vir homself op haar stoof
gaargemaak het) dat dit 'n pienk vleis is - nou vertel Hilda dis 'n donker
vleis.

Annette

Jonas skryf in boodskap news:a98ssp$198$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Didi
> As jy jou perd eet dan kan jy ook jou hond eet - beide is getroue dienende
> diere ... ;- )
>
> Ek wonner net - wat laat Annette dink dat sy nog nooit perd geeet het nie?
>
> Ek het rilverhale gehoor van ouens wat by rugbystadions donkiebiltong aan
> half-gepekelde toeskouers verkoop ...
>
> "Didi" wrote in message
> news:kjgebu03ivav7s1p21jnu1q80oht10ld3o@4ax.com...
>> On Fri, 12 Apr 2002 21:53:03 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>> Annette se 'vleisvragie'.
>>> Ek het nog nie perd geëet nie, en wonder net of daar 'n verskil is in die
>>> smaak tussen perd en donkie.
>>
>>> Annette
>>>
>> Ek het ook 'n 'vleisvragie'. Ons eet vark, wat 'n kannibaal is en sy
>> eie drek eet maar trek ons neuse op vir perd en donkie wat slegs in
>> gras wei. Waarom?
>>
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60217 is 'n antwoord op boodskap #60213] Sa, 13 April 2002 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, dis rooi soos beesvleis, maar donkerder. :-)
Hilda.
"Annette" skryf in boodskap news:a9949k$1ak1o$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek koop nie enige kosproduk by venters nie.
> Dis waar - ek kon al perd geëet het sonder dat ek daarvan bewus was.
> Wat vir my net eiemaardig is, is dat my ma my altyd vertel het ( sy het op
> 'n kol 'n Hollandse loseerder gehad wat perdevleis vir homself op haar stoof
> gaargemaak het) dat dit 'n pienk vleis is - nou vertel Hilda dis 'n donker
> vleis.
>
> Annette
Re: Vleisvragie [boodskap #60220 is 'n antwoord op boodskap #60217] Sa, 13 April 2002 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die perde het seker verander:))) Soos ek van ma verstaan het wat perdevleis
amper so lig soos varkvleis.
Dankie vir die inligting.
Annette

Hilda skryf in boodskap news:HZUt8.14927$Ze.3492@afrodite.telenet-ops.be...
> Wel, dis rooi soos beesvleis, maar donkerder. :-)
> Hilda.
> "Annette" schreef in bericht
> news:a9949k$1ak1o$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek koop nie enige kosproduk by venters nie.
>> Dis waar - ek kon al perd geëet het sonder dat ek daarvan bewus was.
>> Wat vir my net eiemaardig is, is dat my ma my altyd vertel het ( sy het op
>> 'n kol 'n Hollandse loseerder gehad wat perdevleis vir homself op haar stoof
>> gaargemaak het) dat dit 'n pienk vleis is - nou vertel Hilda dis 'n donker
>> vleis.
>>
>> Annette
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60226 is 'n antwoord op boodskap #60220] Sa, 13 April 2002 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees nou op die Net dat Italiane en Franse die grootste perdevleiseters
in Europa is. Die Belge kom derde.
Deur die 'mal koei siekte' het die verkoop van perdevleis in Frankryk met
40% gestyg ! In België het dit gedurende die jare '90 met 240 % gestyg !!
Hulle sê ook perdevleis is vetarm (maer) en bevat baie yster.
Ek het nog nie gehoor van mense wat donkievleis eet nie. Dalk in
Suid-Europa, waar 'n mens nog donkies sien.
Hilda.

"Annette" skryf in boodskap news:a998io$1bd0h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die perde het seker verander:))) Soos ek van ma verstaan het wat perdevleis
> amper so lig soos varkvleis.
> Dankie vir die inligting.
> Annette
Re: Vleisvragie [boodskap #60228 is 'n antwoord op boodskap #60226] Sa, 13 April 2002 16:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hilda - die berig het spesifiek gemeld dat die donkievleis uitgevoer gaan
word na veral België, Nederland, Frankryk, Italië en Rusland.
Perde - ryk aan yster? O gits!! Ons weet hier van ysterperde, maar nie
ysterdonkies nie;))))

Annette

Hilda skryf in boodskap news:mmXt8.15241$Ze.3383@afrodite.telenet-ops.be...
> Ek lees nou op die Net dat Italiane en Franse die grootste perdevleiseters
> in Europa is. Die Belge kom derde.
> Deur die 'mal koei siekte' het die verkoop van perdevleis in Frankryk met
> 40% gestyg ! In België het dit gedurende die jare '90 met 240 % gestyg !!
> Hulle sê ook perdevleis is vetarm (maer) en bevat baie yster.
> Ek het nog nie gehoor van mense wat donkievleis eet nie. Dalk in
> Suid-Europa, waar 'n mens nog donkies sien.
> Hilda.
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a998io$1bd0h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die perde het seker verander:))) Soos ek van ma verstaan het wat perdevleis
>> amper so lig soos varkvleis.
>> Dankie vir die inligting.
>> Annette
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60230 is 'n antwoord op boodskap #60228] Sa, 13 April 2002 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk eet ons dan donkievleis pleks van perdevleis en weet ons nie daarvan
nie :-)).
Hilda.

"Annette" skryf in boodskap news:a99mub$1doaj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hilda - die berig het spesifiek gemeld dat die donkievleis uitgevoer gaan
> word na veral België, Nederland, Frankryk, Italië en Rusland.
> Perde - ryk aan yster? O gits!! Ons weet hier van ysterperde, maar nie
> ysterdonkies nie;))))
>
> Annette
Re: Vleisvragie [boodskap #60231 is 'n antwoord op boodskap #60181] Sa, 13 April 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 07:31:05 +0200, "Annette" wrote:

> Dankie vir die antwoord - maar het jou man al donkie geëet, of dink hy maar
> net dit behoort dieselfde te smaak?

Nee, daarom het ek dit duidelik gemaak dat hy sê hy DINK dit sal
dieselfde smaak. Ek sien ook geen logiese rede waarom dit anders as
perd sal smaak nie.

> Ons spel favour nog hier anders:))))

Dis julle probleem! :-)))

> Biltong is nie bloedwors nie.

Dis ook nie wat ek gesê het nie. Aarde mens, ek WEET mos darem wat
biltong is (asook wat bloedwors is). .

> Dit word gemaak van gedroogde varkbloed.
> Dit is regtig vreeslik lekker - pangebraai - saam met eiers en roosterbrood
> 'n heerlike ontbyt.

Yukkie!!! :-(((((
Re: Vleisvragie [boodskap #60232 is 'n antwoord op boodskap #60191] Sa, 13 April 2002 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:

> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).

Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))

> Kalfs- of beesbrein
> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.

As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
"malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.

Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
Re: Vleisvragie [boodskap #60233 is 'n antwoord op boodskap #60232] Sa, 13 April 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is hoekom ek so van varkvleis hou - daardie drooggebraaide sout stukkie
vet - crackling - van 'n gebraaide varkboud is ek mal oor.
Smaak baie beter as die stukkies crackling wat hulle in pakkies verkoop.
Van pakkies verkoop gepraat - een ding wat my laat giggel in die supermark
is die gedroogde broodkrummels wat in pakkies verkoop word.
Annette

Katryn skryf in boodskap news:8nogbu4b46ojn20pv5ikkluj3iea18tiua@4ax.com...
> On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:
>
>
>> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
>> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).
>
> Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
> beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
> 'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))
>
>> Kalfs- of beesbrein
>> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
>> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
>> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
>> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
>> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
>
> As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
> van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
> "malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
> geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.
>
> Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
> malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
> lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
> dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
> Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
> ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
> jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
> beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60234 is 'n antwoord op boodskap #60230] Sa, 13 April 2002 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Laat my weet wanneer jy weet:))
Annette

message news:zgZt8.15521$Ze.3633@afrodite.telenet-ops.be...
> Dalk eet ons dan donkievleis pleks van perdevleis en weet ons nie daarvan
> nie :-)).
> Hilda.
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a99mub$1doaj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hilda - die berig het spesifiek gemeld dat die donkievleis uitgevoer gaan
>> word na veral België, Nederland, Frankryk, Italië en Rusland.
>> Perde - ryk aan yster? O gits!! Ons weet hier van ysterperde, maar nie
>> ysterdonkies nie;))))
>>
>> Annette
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60235 is 'n antwoord op boodskap #60226] Sa, 13 April 2002 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 14:34:58 GMT, "Hilda" wrote:

> Ek het nog nie gehoor van mense wat donkievleis eet nie. Dalk in
> Suid-Europa, waar 'n mens nog donkies sien.
> Hilda.

Is dit waarom Gloudina so mak is hier? Sulke kanse vat?

didi
Re: Vleisvragie [boodskap #60236 is 'n antwoord op boodskap #60231] Sa, 13 April 2002 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 12:50:46 -0400, Katryn wrote:

>
> Nee, daarom het ek dit duidelik gemaak dat hy sê hy DINK dit sal
> dieselfde smaak. Ek sien ook geen logiese rede waarom dit anders as
> perd sal smaak nie.
>

Is dit vir jou dan logies dat Springbok en Eland dieselfde smaak?
Besef jy dat (myns insiens natuurlik) Koedoe heel anders smaak
as die meeste ander wild? In die opsig dat dit glad nie wild smaak
nie?
En seker is die afstand tussen 'n perd en 'n donkie ten minste net
so ver? 'n Donkie het dan nie eers horings nie.
(Ek het al 'n prentjie gesien van 'n perd met 'n horing - hy kan vlieg
ook!)
Re: Vleisvragie [boodskap #60237 is 'n antwoord op boodskap #60236] Sa, 13 April 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" schreef...
> Katryn wrote:
>>
>> Nee, daarom het ek dit duidelik gemaak dat hy sê hy DINK dit sal
>> dieselfde smaak. Ek sien ook geen logiese rede waarom dit anders as
>> perd sal smaak nie.
>>
>
> Is dit vir jou dan logies dat Springbok en Eland dieselfde smaak?
> Besef jy dat (myns insiens natuurlik) Koedoe heel anders smaak
> as die meeste ander wild? In die opsig dat dit glad nie wild smaak
> nie?
> En seker is die afstand tussen 'n perd en 'n donkie ten minste net
> so ver? 'n Donkie het dan nie eers horings nie.
> (Ek het al 'n prentjie gesien van 'n perd met 'n horing - hy kan vlieg
> ook!)

Ek dink die captain is reg, perde en donkies is naby verwante soorte. Perde
en donkies kan selfs nageslag het (muilesels en muilperde).

Groete,
Arthur
Re: Vleisvragie [boodskap #60241 is 'n antwoord op boodskap #60235] Sa, 13 April 2002 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi"
> Is dit waarom Gloudina so mak is hier? Sulke kanse vat?
~~~~~~
hulle eet nie eintlik sitbok nie Didi :-)
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nuus uit Luanda - Louw
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Vleisvragie [boodskap #60243 is 'n antwoord op boodskap #60236] Sa, 13 April 2002 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Al ooit gewonder hoekom die perde met die horing en die wat lan vlieg altyd
wit perde is?
Annette

Didi skryf in boodskap news:i0ugbu0d4fsr60ansu0kulkou093oidlvp@4ax.com...
> On Sat, 13 Apr 2002 12:50:46 -0400, Katryn
> wrote:
>
>
>>
>> Nee, daarom het ek dit duidelik gemaak dat hy sê hy DINK dit sal
>> dieselfde smaak. Ek sien ook geen logiese rede waarom dit anders as
>> perd sal smaak nie.
>>
>
> Is dit vir jou dan logies dat Springbok en Eland dieselfde smaak?
> Besef jy dat (myns insiens natuurlik) Koedoe heel anders smaak
> as die meeste ander wild? In die opsig dat dit glad nie wild smaak
> nie?
> En seker is die afstand tussen 'n perd en 'n donkie ten minste net
> so ver? 'n Donkie het dan nie eers horings nie.
> (Ek het al 'n prentjie gesien van 'n perd met 'n horing - hy kan vlieg
> ook!)
>
Re: Vleisvragie [boodskap #60244 is 'n antwoord op boodskap #60243] Sa, 13 April 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 23:25:14 +0200, "Annette" wrote:

> Al ooit gewonder hoekom die perde met die horing en die wat lan vlieg altyd
> wit perde is?
> Annette
>

Gloudina was stil Annette, moenie soek nie - hou dit so asseblief:-)))

DD
Re: Wilde Mustang Vleis [boodskap #60253 is 'n antwoord op boodskap #60226] So, 14 April 2002 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda"
> Ek lees nou op die Net dat Italiane en Franse die grootste perdevleiseters
> in Europa is.
~~~~~~~~~~~~
My skoonpa wat in Italië geveg het, het my vertel hoe hy eenmaal
op die dokke gesien het hoe die Yanks die wilde Mustangs van 'n
skip afgelaai het vir die verhongerde Italianers. Hy onthou ook
hoe die een perd sy been gebreek het op die gladde 'cobblestones'
en toe skiet die offisier die perd net daar vrek. Hy sê dat dit
was minder as 'n uur toe is alles opgesny en weggeneem deur die
Iti - vroue.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nuus uit Luanda - Louw
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Vleis van bok en sitbok [boodskap #60254 is 'n antwoord op boodskap #60187] So, 14 April 2002 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
wat bokvleis aan betref eet ek dit eerder bo skaap. dit smaak vir
my lekkerder. die enigste verskil wat jy op die oogaf kan sien,
is die grein van die vleis. die tweetand boerbok se vleisgrein is
effe growwer. wonner hoe sal donkie biltong smaak? of perd vir
daai 'matter'
Sitbok biltong het ek al per ongeluk geëet en dit het ook nie te
sleg gesmaak nie, maar gee my maar klammerige bees biltong. Teen
die wet vir my om rooivleise te eet, maar wat my hartspesialis
nie nie sien nie, sal hy nie oor 'worry' nie. :-)
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nuus uit Luanda - Louw
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: kudu Vleis [boodskap #60255 is 'n antwoord op boodskap #60236] So, 14 April 2002 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi"
> Besef jy dat (myns insiens natuurlik) Koedoe heel anders smaak
as die meeste ander wild? In die opsig dat dit glad nie wild
smaak nie?
~~~~~~~~~~
het jy al die kudu van die Grahamstad omgewing geëet?
:-( Ek weer is baie lief vir gepekelde vlakvarkboud deur die
turksvye tyd in die Oos Kaap.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nuus uit Luanda - Louw
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Wilde Mustang Vleis [boodskap #60257 is 'n antwoord op boodskap #60253] So, 14 April 2002 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vroeër was perdevleis baie goedkope vleis. Dit was kos vir arm mense.
Ondertussen, danksy die malkoei-siekte-krisis, het die vleis baie duurder
geword. Daar's ook plase waar perdemelk verkoop word. Daar word ook kaas van
die melk gemaak. Hulle sê perdemelk (dit sal dan merriemelk wees :-)) ) is
gesonder vir die mens as koeimelk. Maar dalk is dit net reklame om klante te
lok.
Hilda.

> My skoonpa wat in Italië geveg het, het my vertel hoe hy eenmaal
> op die dokke gesien het hoe die Yanks die wilde Mustangs van 'n
> skip afgelaai het vir die verhongerde Italianers. Hy onthou ook
> hoe die een perd sy been gebreek het op die gladde 'cobblestones'
> en toe skiet die offisier die perd net daar vrek. Hy sê dat dit
> was minder as 'n uur toe is alles opgesny en weggeneem deur die
> Iti - vroue.
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Nuus uit Luanda - Louw
> Angola uitreiking / outreach
> http://walk.isat.co.za
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: kudu Vleis [boodskap #60261 is 'n antwoord op boodskap #60255] So, 14 April 2002 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
, "Tobie" wrote:

> ~~~~~~~~~~
> het jy al die kudu van die Grahamstad omgewing geëet?
> :-( Ek weer is baie lief vir gepekelde vlakvarkboud deur die
> turksvye tyd in die Oos Kaap.

(Koedoe of Kudu?)
Tobie, mens eet nie vleis in turksvytyd nie. Mens eet
nìks anders as jy turksvye kan eet nie. Veral
nie as die turksvye wit is nie.

Didi - wat so effe (baie effe maar tog!) neig
na vegetariïsme. Daar is mos baie
ander dinge om te eet as vleis.
Mielies bv.!
Re: Wilde Mustang Vleis [boodskap #60264 is 'n antwoord op boodskap #60257] So, 14 April 2002 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O griet Hilda!! Dink jy die merries sal nou geneties verander en uiers begin
kry om aan die vraag te voorsien?:)))))
Daar gaan my kanse alweer by die perdewedrenne - en ek het juis dusver so
goed gedoen deur net op merries te verwed:)))
Annette

Hilda skryf in boodskap news:5C9u8.16228$Ze.3777@afrodite.telenet-ops.be...
> Vroeër was perdevleis baie goedkope vleis. Dit was kos vir arm mense.
> Ondertussen, danksy die malkoei-siekte-krisis, het die vleis baie duurder
> geword. Daar's ook plase waar perdemelk verkoop word. Daar word ook kaas van
> die melk gemaak. Hulle sê perdemelk (dit sal dan merriemelk wees :-)) ) is
> gesonder vir die mens as koeimelk. Maar dalk is dit net reklame om klante te
> lok.
> Hilda.
>
>> My skoonpa wat in Italië geveg het, het my vertel hoe hy eenmaal
>> op die dokke gesien het hoe die Yanks die wilde Mustangs van 'n
>> skip afgelaai het vir die verhongerde Italianers. Hy onthou ook
>> hoe die een perd sy been gebreek het op die gladde 'cobblestones'
>> en toe skiet die offisier die perd net daar vrek. Hy sê dat dit
>> was minder as 'n uur toe is alles opgesny en weggeneem deur die
>> Iti - vroue.
>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>> Nuus uit Luanda - Louw
>> Angola uitreiking / outreach
>> http://walk.isat.co.za
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
Re: kudu Vleis [boodskap #60265 is 'n antwoord op boodskap #60261] So, 14 April 2002 07:30 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is reg daar Davie - Mens eet turksvye in turksvytyd - en los die koedoe -
etery vir die ander tye.
Maaind joe - daardie wille rooi troksvye smaak vorentoe met 'n bietjie room
by.:))
Annette

DiDi skryf in boodskap news:dtaibusbcqh1203skktb8c481qa8tkjsgr@4ax.com...
> , "Tobie" wrote:
>
>
>
>> ~~~~~~~~~~
>> het jy al die kudu van die Grahamstad omgewing geëet?
>> :-( Ek weer is baie lief vir gepekelde vlakvarkboud deur die
>> turksvye tyd in die Oos Kaap.
>
>
> (Koedoe of Kudu?)
> Tobie, mens eet nie vleis in turksvytyd nie. Mens eet
> níks anders as jy turksvye kan eet nie. Veral
> nie as die turksvye wit is nie.
>
> Didi - wat so effe (baie effe maar tog!) neig
> na vegetariïsme. Daar is mos baie
> ander dinge om te eet as vleis.
> Mielies bv.!
>
Vorige onderwerp: Hoe eet jy jou biltong?
Volgende onderwerp: SA Resep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:25:45 MGT 2024