Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Oplossing vir ons Sportprobleem
Oplossing vir ons Sportprobleem [boodskap #59394] Di, 02 April 2002 10:27 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wanneer mens bietjie baie siek is, dan werk die brein soms wonderlik.
Soos julle weet - in die sport waar Onse Regering die meeste inmeng, gaan
dit die ergste - en tot Onse Prez het sy pyp uit sy mond gehaal, sy Chivas
Regal 'n oomblik neergesit, van sy beleid van Stille Diplomasie vergeet, en
verklaar dat ons net vir 3 jaar of so aanvaar dat ons spanne nie kan wen
nie.
Ons praat nou van Rugby, Krieket, Sokker, Hokkie en Netbal hoofsaaklik.

Hier is my voorstel - en dit is ook ekonomies haalbaar - dat ons vir die
volgende 3 jaar aan geen oorsese kompetiesies deelneem in bg sporte nie.
Laat die wat wil hier kom speel en koning kraai - maar geen meer freeby
oorsese vakansies vir die lot nie.

Dink net - geen onkoste vir toere waar ons in elk geval gaan verloor nie -
geen vernedering vir spelers en afrigters nie en die mense gaan 3 jaar kans
kry om nuwe verskonings uit te dink:))

Annette
Re: Oplossing vir ons Sportprobleem [boodskap #59395 is 'n antwoord op boodskap #59394] Di, 02 April 2002 11:05 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
My voorstel sou wees dat ons vir drie jaar nie die sporte ondersteun nie -
woon geen vertoning by nie, en, gee jou DSTV op - slegs dan sal meriete weer
oorweeg kan word.

Thabo verloor reeds sy lewe lank - hy sal nie die verskil sien nie ...

"Annette" skryf in boodskap news:a8c1ac$rbp2p$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wanneer mens bietjie baie siek is, dan werk die brein soms wonderlik.
> Soos julle weet - in die sport waar Onse Regering die meeste inmeng, gaan
> dit die ergste - en tot Onse Prez het sy pyp uit sy mond gehaal, sy Chivas
> Regal 'n oomblik neergesit, van sy beleid van Stille Diplomasie vergeet, en
> verklaar dat ons net vir 3 jaar of so aanvaar dat ons spanne nie kan wen
> nie.
> Ons praat nou van Rugby, Krieket, Sokker, Hokkie en Netbal hoofsaaklik.
>
> Hier is my voorstel - en dit is ook ekonomies haalbaar - dat ons vir die
> volgende 3 jaar aan geen oorsese kompetiesies deelneem in bg sporte nie.
> Laat die wat wil hier kom speel en koning kraai - maar geen meer freeby
> oorsese vakansies vir die lot nie.
>
> Dink net - geen onkoste vir toere waar ons in elk geval gaan verloor nie -
> geen vernedering vir spelers en afrigters nie en die mense gaan 3 jaar kans
> kry om nuwe verskonings uit te dink:))
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Daryl uit - Krieket
Volgende onderwerp: Rugby: Persie die Ongelukkige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:31:06 MGT 2024