Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Wat eet jy - Nie?
Wat eet jy - Nie? [boodskap #58973] Wo, 20 Maart 2002 14:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elke mens het mos sy/haar gyte.

Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?

Annette:
Afval
Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
Eiervrug
Slakke
Paddaboutjies
Mopaniewurms.
Hond
Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)

Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
wil selfmoord pleeg;))

Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
proe
Annette
Re: Wat eet jy wat ongewoond is? [boodskap #59006 is 'n antwoord op boodskap #58973] Wo, 20 Maart 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
sitbok biltong, smaak uitstekend, het dit perongeluk geëet :-)
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59022 is 'n antwoord op boodskap #58973] Do, 21 Maart 2002 04:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wel - ek hou ook nie van hond nie. Maar, as dit die probleem sal oplos sal
ek my buurman se rasende brak verslind ...

"Annette" skryf in boodskap news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>
> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
>
> Annette:
> Afval
> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
> Eiervrug
> Slakke
> Paddaboutjies
> Mopaniewurms.
> Hond
> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
> sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>
> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
> wil selfmoord pleeg;))
>
> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
> proe
> Annette
>
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59042 is 'n antwoord op boodskap #58973] Do, 21 Maart 2002 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Issie lus vir Bob nie...

Ma't altyd die kos ingeskep en basta met jou oor wat jy eet en wat jy nou
kastag nie eet nie. Jy moes als op jou bord eet...

Maar ek's darem maar versigtigrag vir kat, hond en slang... En afval net by
Ma en Skoonma, en nog twee ander tannies wat weet hoe afval skoongemaak moet
word...

Thys wattie vies vi' kos issie oppie Bos

"Annette" skryf in boodskap news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>
> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
>
> Annette:
> Afval
> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
> Eiervrug
> Slakke
> Paddaboutjies
> Mopaniewurms.
> Hond
> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
> sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>
> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
> wil selfmoord pleeg;))
>
> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
> proe
> Annette
>
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59079 is 'n antwoord op boodskap #59022] Do, 21 Maart 2002 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bart Nel  is tans af-lyn  Bart Nel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
As jy dit dalk doen en 'n aptyt daarvoor ontwikkel, hier is twee worsies
langs my wat ek met graagte sal wil aanstuur.....
bart

"Jonas" skryf in boodskap news:a7bos5$4ue$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wel - ek hou ook nie van hond nie. Maar, as dit die probleem sal oplos sal
> ek my buurman se rasende brak verslind ...
> "Annette" wrote in message
> news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>>
>> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
>>
>> Annette:
>> Afval
>> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
>> Eiervrug
>> Slakke
>> Paddaboutjies
>> Mopaniewurms.
>> Hond
>> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
>> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
>> sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>>
>> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
>> wil selfmoord pleeg;))
>>
>> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
>> proe
>> Annette
>>
>
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59080 is 'n antwoord op boodskap #58973] Do, 21 Maart 2002 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek eet alles, dink ek. Maar het nog nooit hond op my bord gekry nie. Afval
is heerlik, en beestong in Madeira-sous - mmmmmmmmmmmmmm. Slakke eet ons
ook - ook van daardie groot seeslakke in 'n pikante soppie - ons koop dit by
die see, op die dyk in Oostende. Paddaboutjies het ek al baie geëet, maar
die gereg is 'n bietjie uit. Rollmops is baie lekker - ek eet dit gereeld.
Kat het ek nog nie geëet nie, hoop ek :-). Mense wat dit tydens die oorlog
geëet het, sê dit smaak soos konyn. Ek hou ook van alles wat uit die see kom
en van vleis ook. Maar ek is veral lief vir alle groente.
My man is die kok in huis en hy doen dit skitterend ! Dit het begin as 'n
stokperdjie en nou kook hy elke dag (hy het al afgetree en ek werk nog).

Laat ek nou ophou om oor kos te skryf anders moet ek nog ietsie gaan haal om
te eet en ek wil gaan slaap.

Groete,
Hilda.

"Annette" schreef in bericht news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>
> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?
>
> Annette:
> Afval
> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
> Eiervrug
> Slakke
> Paddaboutjies
> Mopaniewurms.
> Hond
> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
> sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>
> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
> wil selfmoord pleeg;))
>
> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
> proe
> Annette
>
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59096 is 'n antwoord op boodskap #59079] Vr, 22 Maart 2002 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bart Nel skryf in boodskap news:3c9a554e.0@news1.mweb.co.za...
> As jy dit dalk doen en 'n aptyt daarvoor ontwikkel, hier is twee worsies
> langs my wat ek met graagte sal wil aanstuur.....
> bart

Opdien voorstel: Dink net watter lekker "hotdog" hulle sal kan maak! ;))

> "Jonas" wrote in message
> news:a7bos5$4ue$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wel - ek hou ook nie van hond nie. Maar, as dit die probleem sal oplos sal
>> ek my buurman se rasende brak verslind ...
>> "Annette" wrote in message
>> news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59097 is 'n antwoord op boodskap #58973] Vr, 22 Maart 2002 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elke mens het mos sy/haar gyte.
>
> Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?

Geen rou kosse nie, ook nie 'paddatjie-eierpoeding' met geklitste eierwit op
die. Ek skraap die eierwit sorgvuldig af.
Ook nie die "fancy" Franse vleise wat net skrik gemaak is met hitte nie.

>
> Annette:
> Afval
> Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))

Het jy gepekelde tong probeer eet of sien jy totaal nie kans vir tong nie?
Die souttong is baie lekkerder as die gewone een.

> Eiervrug
> Slakke
> Paddaboutjies
> Mopaniewurms.
> Hond
> Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
> Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
> Sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)
>
> Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
> wil selfmoord pleeg;))
>
> Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
> proe
> Annette
>
Re: Wat eet jy - Nie? [boodskap #59106 is 'n antwoord op boodskap #59096] Vr, 22 Maart 2002 12:40 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met daardie lekker swaar boerebrode as die broodrolletjies;))
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3c9ad5f3.0@news1.mweb.co.za...
>
> Bart Nel wrote in message
> news:3c9a554e.0@news1.mweb.co.za...
>> As jy dit dalk doen en 'n aptyt daarvoor ontwikkel, hier is twee worsies
>> langs my wat ek met graagte sal wil aanstuur.....
>> bart
>
> Opdien voorstel: Dink net watter lekker "hotdog" hulle sal kan maak! ;))
>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:a7bos5$4ue$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wel - ek hou ook nie van hond nie. Maar, as dit die probleem sal oplos sal
>>> ek my buurman se rasende brak verslind ...
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:a7a7sn$jh1l3$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>
Vorige onderwerp: recepte gevraag!
Volgende onderwerp: Annette resep asb!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 16:38:11 MGT 2024