Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Annette resep asb!
Annette resep asb! [boodskap #58907] Di, 19 Maart 2002 13:03 na volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette

het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
verkieslik nie rou eierwit in het nie.

Dankie!
Re: Annette resep asb! [boodskap #58908 is 'n antwoord op boodskap #58907] Di, 19 Maart 2002 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, al waaraan ek vinnig kan dink is aan 'n soort van vals tiramasu -
Week vingerbeskuitjies in port of soet wyn, en pak dit in lae met geklopte
room en gerasperde sjokolade.
Hoekom moet dit juis Italiaans wees en juis sonder eiwit?
Annette

.za> skryf in boodskap news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
>
> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>
> Dankie!
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58920 is 'n antwoord op boodskap #58907] Di, 19 Maart 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 19 Mar 2002 15:03:03 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Annette
>
> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>
> Dankie!
>

en Annette de Kok, ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug (veral
met knoffel en swartpeper - albei my gunstelinge) ontwikkel. Vertel
ons van meer interessante maniere om dìt voor te berei ook.

DD Fyn Proewer (met 'n vrou wat Fyn Dophouer is van my middel)
Re: Annette resep asb! [boodskap #58927 is 'n antwoord op boodskap #58920] Wo, 20 Maart 2002 01:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote in message
> en Annette de Kok, ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug (veral
> met knoffel en swartpeper - albei my gunstelinge) ontwikkel.

As ek nou vir Annette dalk hier voorspring vra ek nederig om
verskoning.

Davie, wat praat jy nou! My konsumpsie van knoffel en swartpeper is
meer as die van my 3 liter Kombi se petrolkonsumpsie. Hier is vir jou
'n reseppie, wat ek sterk aanbeveel, veral hierdie tyd van die jaar
wanneer die eiervrugte bietjie oud en draderig word.

Eiervrugpatties:

Amper 1 Kg eiervrugte, geskil en in dik skywe gesny
Sout
1 k gerasperde kaas
1 k droë ongegeurde krummels
2 eiers, geklits
1 t pietersielie of enige ander kruie van keuse
2 E fyn ui (meer is beter)
2 knoffels, fyn (meer is baie beter)
1 t sout
½ t varsgemaalde swartpeper (meer is beter)
Olie

Bestrooi die eiervrugskywe met sout, laat staan so 20 min en spoel af
Sny die skywe in blokkies
Bedek die blokkies met water en kook, jonges so 5 min, oueres so 10
min (pasop, dit skuim), dreineer goed deur 'n sif of so-iets
Mash die blokkies (oues moet met met 'n masjien fyngekry word) en laat
goed afkoel anders gaan die eiers stol
Meng alles goed en skep goot lepelsvol in warm olie, druk platterig
Braai altwee kante bruin

Dis veral met die knoffel, peper en kruie waar mens kan toor. Hierdie
is 'n goeie resep. Ek belowe! En die koekies smaak goed warm of koud.

Groete, Drom
Re: Annette resep asb! [boodskap #58929 is 'n antwoord op boodskap #58927] Wo, 20 Maart 2002 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy kan met graagte die resep gee - ek hou baie van knoffel en swart peper,
maar glad nie van eiervrug nie.
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203191725.2c3f0a0f@posting.google.com...
> Davie Davis wrote in message
>> en Annette de Kok, ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug (veral
>> met knoffel en swartpeper - albei my gunstelinge) ontwikkel.
>
> As ek nou vir Annette dalk hier voorspring vra ek nederig om
> verskoning.
>
> Davie, wat praat jy nou! My konsumpsie van knoffel en swartpeper is
> meer as die van my 3 liter Kombi se petrolkonsumpsie. Hier is vir jou
> 'n reseppie, wat ek sterk aanbeveel, veral hierdie tyd van die jaar
> wanneer die eiervrugte bietjie oud en draderig word.
>
> Eiervrugpatties:
>
> Amper 1 Kg eiervrugte, geskil en in dik skywe gesny
> Sout
> 1 k gerasperde kaas
> 1 k droë ongegeurde krummels
> 2 eiers, geklits
> 1 t pietersielie of enige ander kruie van keuse
> 2 E fyn ui (meer is beter)
> 2 knoffels, fyn (meer is baie beter)
> 1 t sout
> � t varsgemaalde swartpeper (meer is beter)
> Olie
>
> Bestrooi die eiervrugskywe met sout, laat staan so 20 min en spoel af
> Sny die skywe in blokkies
> Bedek die blokkies met water en kook, jonges so 5 min, oueres so 10
> min (pasop, dit skuim), dreineer goed deur 'n sif of so-iets
> Mash die blokkies (oues moet met met 'n masjien fyngekry word) en laat
> goed afkoel anders gaan die eiers stol
> Meng alles goed en skep goot lepelsvol in warm olie, druk platterig
> Braai altwee kante bruin
>
> Dis veral met die knoffel, peper en kruie waar mens kan toor. Hierdie
> is 'n goeie resep. Ek belowe! En die koekies smaak goed warm of koud.
>
> Groete, Drom
Re: Annette resep asb! [boodskap #58934 is 'n antwoord op boodskap #58908] Wo, 20 Maart 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:a77haa$jbmcl$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel, al waaraan ek vinnig kan dink is aan 'n soort van vals tiramasu -
> Week vingerbeskuitjies in port of soet wyn, en pak dit in lae met geklopte
> room en gerasperde sjokolade.
> Hoekom moet dit juis Italiaans wees en juis sonder eiwit?
> Annette
>
>
My dogter en haar groep maats hou 'n Italiaanse ete, sy moet sorg vir
nagereg. Die resepte wat ek gesien het, het almal rou eier in die een of
ander vorm en dit is iets waarvoor sy nie kans sien nie!

Dankie, ons sal die een maak.
Re: Annette resep asb! [boodskap #58938 is 'n antwoord op boodskap #58907] Wo, 20 Maart 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
dit in die maag is!

Thys

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
>
> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>
> Dankie!
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58942 is 'n antwoord op boodskap #58938] Wo, 20 Maart 2002 09:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet skryf in boodskap news:a79ble$2l3e$1@news.adamastor.ac.za...
> Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
> maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
> dit in die maag is!

Dankbaar dat Annette ons kos 'fundi' is en nie jy nie!! ;))
>
> Thys
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>>
>> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
>> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>>
>> Dankie!
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58944 is 'n antwoord op boodskap #58942] Wo, 20 Maart 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee-wragtag, ek het sommer onmiddelik nog meer respek vir Annette :-)))

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c9853de.0@news1.mweb.co.za...
>
> Thys de Wet wrote in message
> news:a79ble$2l3e$1@news.adamastor.ac.za...
>> Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
>> maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
>> dit in die maag is!
>
> Dankbaar dat Annette ons kos 'fundi' is en nie jy nie!! ;))
>>
>> Thys
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
>>> Annette
>>>
>>> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
>>> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>>>
>>> Dankie!
>>>
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58951 is 'n antwoord op boodskap #58944] Wo, 20 Maart 2002 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
gemengde kos nie?

Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
beter!

Grappies Kekkel... Anette, laat kom met daai resep van jou. As ek so
aangaan sal die NG verhonger...

Thys oppie Bos

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c985f17$0$239@hades.is.co.za...
> Ja-nee-wragtag, ek het sommer onmiddelik nog meer respek vir Annette :-)))
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c9853de.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> Thys de Wet wrote in message
>> news:a79ble$2l3e$1@news.adamastor.ac.za...
>>> Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
>>> maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
>>> dit in die maag is!
>>
>> Dankbaar dat Annette ons kos 'fundi' is en nie jy nie!! ;))
>>>
>>> Thys
>>> "Kekkelbek" wrote in message
>>> news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Annette
>>>>
>>>> het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
>>>> verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>>>>
>>>> Dankie!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58957 is 'n antwoord op boodskap #58920] Wo, 20 Maart 2002 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

ek het die laaste tyd 'n smaak vir eiervrug ontwikkel.
>
> DD Fyn Proewer (met 'n vrou wat Fyn Dophouer is van my middel)

Die kalorie-waarde van eiervrug is
merkwaardig laag. ( 'n Halwe koppie
rou eiervrug is elf kalorieë, gekook
net dertien kalorieë.)

Ek het 'n resep vir "Eggplant Parmesan" uit ons Kanadese
Moosewood Cookbook, wat nie vereis dat die eiervrug met
olie voorberei word nie (ongelukkig iets wat met meeste
eiervrugte gebeur.) Maar wie wil nou resepte van Tant
Hessie hê. Sy sit mos die hele dag voor die rekenaar en
haar man krepeer van die honger.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die eier breek, dan maak sy dit weer heel.
Re: Annette resep asb! [boodskap #58964 is 'n antwoord op boodskap #58951] Wo, 20 Maart 2002 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:a79rtj$2mqs$1@news.adamastor.ac.za...
> Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
> gemengde kos nie?
>
> Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
> tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
> beter!

NOU praat ons,veral een wat so stadig gebraai is en met so 'n effe soet
smeersousie behandel is. ;-b... Kyk nou net hoe kwyl my bek
Re: Annette resep asb! [boodskap #58966 is 'n antwoord op boodskap #58951] Wo, 20 Maart 2002 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het 'n resep gegee - en hoe sal ek met jou stry - roomys gaan goed af met
enigiets - selfs roomys en tamatiesous;))

Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
Dis baaaaaaie lekker.
Annette

Happiness is a State of Mind

Thys de Wet skryf in boodskap news:a79rtj$2mqs$1@news.adamastor.ac.za...
> Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
> gemengde kos nie?
>
> Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
> tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
> beter!
>
> Grappies Kekkel... Anette, laat kom met daai resep van jou. As ek so
> aangaan sal die NG verhonger...
>
> Thys oppie Bos
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c985f17$0$239@hades.is.co.za...
>> Ja-nee-wragtag, ek het sommer onmiddelik nog meer respek vir Annette :-)))
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c9853de.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>> Thys de Wet wrote in message
>>> news:a79ble$2l3e$1@news.adamastor.ac.za...
>>>> Wat van Spagetti met fyngemaalde roomys? Dit sal so morsig wees om te maak,
>>>> maar dan't jy sommer hoofgereg rn nagereg als in een? Dit word tog een as
>>>> dit in die maag is!
>>>
>>> Dankbaar dat Annette ons kos 'fundi' is en nie jy nie!! ;))
>>>>
>>>> Thys
>>>> "Kekkelbek" wrote in message
>>>> news:3c9736f5.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> > het jy miskien 'n lekker resep vir 'n Italiaanse nagereg, iets wat
>>>> > verkieslik nie rou eierwit in het nie.
>>>> >
>>>> > Dankie!
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58978 is 'n antwoord op boodskap #58964] Wo, 20 Maart 2002 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Smeeeeeersousie is 'n bietjie appelkooskonfyt wat met suurlemoensap verdun
is.
As ek moremiddag my ou snoekie braai sal ek aan julle dink, hoor?
Dis mos nou snoektyd hier innie Kaap!!
Snoek,
Wurgpatat en
Korrelkonfyt op 'n duuuuuk sny bruin brood.
Koningskossies:))

Annette

--
Sakkie skryf in boodskap news:3c989e3a$0$229@hades.is.co.za...
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:a79rtj$2mqs$1@news.adamastor.ac.za...
>> Nou hoekom sal julle nie van my Taljaanse "disse" hou nie? Of eet julle nie
>> gemengde kos nie?
>>
>> Nee wat: Ek dink darem ook nie spaghetti en roomys gemeng en saam met
>> tamatiepasta sal so vorentoe smaak nie. Snoek oor die kole gebraai is veel
>> beter!
>
> NOU praat ons,veral een wat so stadig gebraai is en met so 'n effe soet
> smeersousie behandel is. ;-b... Kyk nou net hoe kwyl my bek
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #58984 is 'n antwoord op boodskap #58927] Wo, 20 Maart 2002 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On 19 Mar 2002 17:25:34 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Davie, wat praat jy nou! My konsumpsie van knoffel en swartpeper is
> meer as die van my 3 liter Kombi se petrolkonsumpsie. Hier is vir jou
> 'n reseppie, wat ek sterk aanbeveel, veral hierdie tyd van die jaar
> wanneer die eiervrugte bietjie oud en draderig word.
>

Drom, ek het gehoop om vanaand te kan terug rapporteer oor jou resep
maar die hoof van die kombuis het anders besluit. Baie dankie vir die
resep hoor en ek sal baie binnekort - hopelik voor Annette:-) jou kan
komplimenteer daarvoor. :-)

Ek het ook reeds aan iemand anders jou sesep beloof.
Re: Annette resep asb! [boodskap #58991 is 'n antwoord op boodskap #58957] Wo, 20 Maart 2002 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 20 Mar 2002 13:48:27 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

> Die kalorie-waarde van eiervrug is
> merkwaardig laag. ( 'n Halwe koppie
> rou eiervrug is elf kalorieë, gekook
> net dertien kalorieë.)
>
> Ek het 'n resep vir "Eggplant Parmesan" uit ons Kanadese
> Moosewood Cookbook, wat nie vereis dat die eiervrug met
> olie voorberei word nie (ongelukkig iets wat met meeste
> eiervrugte gebeur.) Maar wie wil nou resepte van Tant
> Hessie hê.

Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê is dit die ou.
En dankie vir die kalorie uitleg. Dit sal gedruk en in die resepboek
gebêre word. Ek het so 'n idee gehad dat dit dieet waarde behoort te
hê. 'n Ander waarheid is egter dat ons dit in diep olie braai.
Moet nie suinig wees met daardie resep uit die Moosewood Cookbook
nie asseblief...
Re: Annette resep asb! [boodskap #58998 is 'n antwoord op boodskap #58991] Wo, 20 Maart 2002 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 20 Mar 2002 20:07:12 +0200, Davie Davis wrote:

> Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê ...
Moes natuurlik resep lees. Ek skryf baie vinning en lees gewoonlik nie
weer nie want ek weet dat ek nie foute maak nie:-)
Re: Annette resep asb! [boodskap #59007 is 'n antwoord op boodskap #58966] Wo, 20 Maart 2002 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
~~~~~~~
WOW!
hmmm ..... yummie .... daai een het ek noggie getraai nie
en om te dink dat ek alle moontlikhede en kombinasies probeer
het. Ja'k ...... ek gee nie om om van iemand te leer ouer as ek
nie :-)
Re: Annette resep asb! [boodskap #59011 is 'n antwoord op boodskap #58998] Do, 21 Maart 2002 04:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

>> Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê ...

> Moes natuurlik resep lees.

Ag, ek is so teleurgestel. Ek
het gedink jy wou my sesp hê.
Ek was nogal so opgewonde dat
jy my sesp wou hê.

Tant Hessie wat gereeld thewe thakke thout opeet.
Re: Annette resep asb! [boodskap #59016 is 'n antwoord op boodskap #58991] Do, 21 Maart 2002 04:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Wat van die kaloriewaarde van die kaas?:))
Eerlik nou - hoe smaak die ding net so - plein opgekook in water met niks by
nie?
Ek maak selfs my rattatouille ( sp?) sonder eiervrug - dan smaak dit baie
beter:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:mljh9ugenpsupdsokakjrbpmipuu6lklut@4ax.com...
> On Wed, 20 Mar 2002 13:48:27 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>
>> Die kalorie-waarde van eiervrug is
>> merkwaardig laag. ( 'n Halwe koppie
>> rou eiervrug is elf kalorieë, gekook
>> net dertien kalorieë.)
>>
>> Ek het 'n resep vir "Eggplant Parmesan" uit ons Kanadese
>> Moosewood Cookbook, wat nie vereis dat die eiervrug met
>> olie voorberei word nie (ongelukkig iets wat met meeste
>> eiervrugte gebeur.) Maar wie wil nou resepte van Tant
>> Hessie hê.
>
> Tant Hessie, as daar een ou is wat jou sesp wil hê is dit die ou.
> En dankie vir die kalorie uitleg. Dit sal gedruk en in die resepboek
> gebêre word. Ek het so 'n idee gehad dat dit dieet waarde behoort te
> hê. 'n Ander waarheid is egter dat ons dit in diep olie braai.
> Moet nie suinig wees met daardie resep uit die Moosewood Cookbook
> nie asseblief...
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #59070 is 'n antwoord op boodskap #59007] Do, 21 Maart 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Mar 2002 23:29:29 +0200, "Tobie" wrote:

> "Annette"
>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.

toe Annette en ek vriende geword het, het ek waardering vir haar smaak
gehad. Na aanleiding van wat hierbo staan is haar smaak nou in trurat.
Re: Annette resep asb! [boodskap #59074 is 'n antwoord op boodskap #59070] Do, 21 Maart 2002 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens spot nie met mense wat verkoue het en daarom geen smaak het nie;)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:01ek9ucch5og682kd36m9ikajhok8fiirc@4ax.com...
> On Wed, 20 Mar 2002 23:29:29 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> "Annette"
>>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
>
> toe Annette en ek vriende geword het, het ek waardering vir haar smaak
> gehad. Na aanleiding van wat hierbo staan is haar smaak nou in trurat.
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #59086 is 'n antwoord op boodskap #58966] Vr, 22 Maart 2002 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Magtag Annette, is jy pregnant om vir sulke twak lus te word!!!

"Annette" skryf in boodskap news:a7a7si$jh1l3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
> Dis baaaaaaie lekker.
> Annette
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #59094 is 'n antwoord op boodskap #59086] Vr, 22 Maart 2002 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Sakkie - pregnante vroue het vreeslike erger luste:))
My besondere lus in daardie tyd was brood, dik met Marmite gesmeer - en
skywe vars koejawel bo-op:)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c9ac3f5$0$226@hades.is.co.za...
> Magtag Annette, is jy pregnant om vir sulke twak lus te word!!!
>
> "Annette" wrote in message
> news:a7a7si$jh1l3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
>> Dis baaaaaaie lekker.
>> Annette
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #59099 is 'n antwoord op boodskap #59094] Vr, 22 Maart 2002 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek was baie gelukkig met altwee my kinders. Behalwe vir een geleentheid het
my vrou nooit lus geword vir snaakse goed nie.

Die een wat wel gebeur het het opgemaak vir al die ander. Sy het 'n
belusting gekry vir poeierfyn stof. Daardie soort wat 'n mens op party
grondpaaie kry. Die van julle wat vroeër jare se wieldoppe onthou, die
binnekant van daardie wieldoppe het gewoontlik so 'n fyn stof ingehad. Nou
moet ek darem ook bysê, tot vandag toe dink my vrou dat daardie stowwerige
reuk van reën op 'n baie warm grondpad is die lekkerste reuk op aarde.

"Annette" skryf in boodskap news:a7ejer$jomqu$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Sakkie - pregnante vroue het vreeslike erger luste:))
> My besondere lus in daardie tyd was brood, dik met Marmite gesmeer - en
> skywe vars koejawel bo-op:)))
> Annette
>
>
> Sakkie wrote in message
news:3c9ac3f5$0$226@hades.is.co.za...
>> Magtag Annette, is jy pregnant om vir sulke twak lus te word!!!
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a7a7si$jh1l3$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Wil julle 'n lekker resep vir 'n toebroodjie hê?
>>> Grondboontjiebotter en fyn gerasperde wortel.
>>> Dis baaaaaaie lekker.
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Annette resep asb! [boodskap #59125 is 'n antwoord op boodskap #59094] Vr, 22 Maart 2002 18:42 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
> My besondere lus in daardie tyd was brood, dik met Marmite gesmeer - en
> skywe vars koejawel bo-op:)))
> Annette
~~
daai een ook noggie getraai nie, Annette, ek dink jy moet dadelik
'n boek in druk bring, ek sal my bydraes ook dan aanstuur,
karamba!!! sal die een môre oggend probeer
~~~~~~~
Vorige onderwerp: Wat eet jy - Nie?
Volgende onderwerp: Eet en Geniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 00:14:56 MGT 2024