Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Botterneute?
Botterneute? [boodskap #58177] Wo, 06 Maart 2002 10:14 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
oor. Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
sleg vir R10 nie.

Hier is nou 'n goeie resep:

1 groot botterneut
250 g maer spek (bacon), gesnipper
200 ml dik room
2 uie, redelik fyn
Gerasperde kaas
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die pampoen gewoonweg gaar en "mash" dit
Braai die ui en spek saam in olie tot die ui effens bruinerig is
Meng nou alles behalwe die kaas in 'n platterige oondbak
Strooi die kaas bo-oor en bak in 'n oond (180 C) tot alles deurwarm is
en die kaas gesmelt is

Net iets oor die room: Hier by ons verkoop iemand baie goeie kwaliteit
room - na net omtrent 'n dag in die yskas is dit so dik dat mens dit
uit die houer moet skep. Die groot melkerye se room is meer vloeibaar.
As jy sulke room gebruik, verdik die mengsel met ongegeurde, droë
krummels anders gaan jy pampoensop maak. Die mengsel moet redelik styf
wees

(Ek sit 'n goeie skeut knoffel ook by, iets wat ek by omtrent ALLES
sit.)

Drom

(I'm mad about mustard,
even on custard - Ogden Nash)
Re: Botterneute? [boodskap #58180 is 'n antwoord op boodskap #58177] Wo, 06 Maart 2002 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom, dis die Engelse wat dink pampoene is neute:))
Hulle is verkeerd.
Dit is 'n botterskorsie.

En ek stem saam - mens moet botter in enige skorsie sit;)))

Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203060214.45dc3daf@posting.google.com...
> Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
> Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
> oor. Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
> vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
> sleg vir R10 nie.
>
> Hier is nou 'n goeie resep:
>
> 1 groot botterneut
> 250 g maer spek (bacon), gesnipper
> 200 ml dik room
> 2 uie, redelik fyn
> Gerasperde kaas
> Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
>
> Kook die pampoen gewoonweg gaar en "mash" dit
> Braai die ui en spek saam in olie tot die ui effens bruinerig is
> Meng nou alles behalwe die kaas in 'n platterige oondbak
> Strooi die kaas bo-oor en bak in 'n oond (180 C) tot alles deurwarm is
> en die kaas gesmelt is
>
> Net iets oor die room: Hier by ons verkoop iemand baie goeie kwaliteit
> room - na net omtrent 'n dag in die yskas is dit so dik dat mens dit
> uit die houer moet skep. Die groot melkerye se room is meer vloeibaar.
> As jy sulke room gebruik, verdik die mengsel met ongegeurde, dro�
> krummels anders gaan jy pampoensop maak. Die mengsel moet redelik styf
> wees
>
> (Ek sit 'n goeie skeut knoffel ook by, iets wat ek by omtrent ALLES
> sit.)
>
> Drom
>
> (I'm mad about mustard,
> even on custard - Ogden Nash)
Re: Botterneute? [boodskap #58224 is 'n antwoord op boodskap #58177] Do, 07 Maart 2002 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Mar 2002 02:14:51 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
> Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
> oor.

Ek stem saam dat botterneut klink heel mooi. :-)

> Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
> vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
> sleg vir R10 nie.

Ai aarde maar dis goedkoop. Jou resep klink ook heerlik - maar room
*en* spek *en* kaas?? - YIKES!! Wie wil jy dood hê? :-))

Ons het hier 'n tipe pampoen, en ek wonder of julle dit ken? Dit word
"spaghetti squash" genoem want as jy dit gaarmaak en met 'n vurk die
vlees uitskep dan is dit kompleet soos stringe spaghetti. Dis
vreeslik lekker, en die resep wat gewoonlik op die pampoentjie
vasgeplak is, lyk nogal baie soos joune - behalwe vir die bacon. Maar
ook room en kaas en al daai heerlike verbode lekkernye!
Re: Botterneute? [boodskap #58225 is 'n antwoord op boodskap #58180] Do, 07 Maart 2002 00:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Mar 2002 13:58:19 +0200, "Annette" wrote:

> Drom, dis die Engelse wat dink pampoene is neute:))
> Hulle is verkeerd.
> Dit is 'n botterskorsie.

Is daar 'n verskil tussen 'n pampoen en 'n skorsie?
Re: Botterneute? [boodskap #58227 is 'n antwoord op boodskap #58225] Do, 07 Maart 2002 03:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, basies is hulle van dieselfde familie.
Maar ek weet van mense wat skorsies eet, maar weier om pampoen te eet.
En buitendien - dit klink half verspot as mens praat van skorsies op die
sinkplaatdak:)
Annette
--

Streepmuis skryf in boodskap news:2fdd8u4lo5jakie9imp00d4rrduufjch83@4ax.com...
> On Wed, 6 Mar 2002 13:58:19 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Drom, dis die Engelse wat dink pampoene is neute:))
>> Hulle is verkeerd.
>> Dit is 'n botterskorsie.
>
> Is daar 'n verskil tussen 'n pampoen en 'n skorsie?
>
Re: Botterneute? [boodskap #58228 is 'n antwoord op boodskap #58227] Do, 07 Maart 2002 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Maar ek weet van mense wat skorsies eet, maar weier om pampoen te eet.

Sover dit my aangaan, is pampoen uit en
skorsies in. Ek het 'n langdurige geveg
met my ma gehad in my kinderdae omdat ek
nie pampoen wou eet nie. (Ek het basies
net nie van iets soets in my bord kos
gehou nie, en het die droë ertjies wat
soetgemaak is, net so gehaat. Was ook nie
te beindruk deur sousboontjies nie.)Ek
eet nou nog nie pampoen nie. Gelukkig
word dit nie baie in Noord-Amerika op die
tafel gesit as 'n groente nie.
Skorsies word wel in alle soorte hier
ge-eet. En ek hou van hulle.

Gloudina
Re: Botterneute? [boodskap #58229 is 'n antwoord op boodskap #58228] Do, 07 Maart 2002 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maar Gloudina, mens kry tog nie skorsiesop nie, maar wel pampoensop - wat
baie lekker is.

Buitendien kan mens die boerpampoen sout eet - dit hoef nie noodwendig soet
te wees nie.

As jy nie van soet kos hou nie, beteken dit dat jy ook nie poering eet nie,
en dus eintlik 'n stout dogtertjie is?:)))

Annette

> Annette wrote:
>
>
>> Maar ek weet van mense wat skorsies eet, maar weier om pampoen te eet.
>
> Sover dit my aangaan, is pampoen uit en
> skorsies in. Ek het 'n langdurige geveg
> met my ma gehad in my kinderdae omdat ek
> nie pampoen wou eet nie. (Ek het basies
> net nie van iets soets in my bord kos
> gehou nie, en het die droë ertjies wat
> soetgemaak is, net so gehaat. Was ook nie
> te beindruk deur sousboontjies nie.)Ek
> eet nou nog nie pampoen nie. Gelukkig
> word dit nie baie in Noord-Amerika op die
> tafel gesit as 'n groente nie.
> Skorsies word wel in alle soorte hier
> ge-eet. En ek hou van hulle.
>
> Gloudina
>
Re: Botterneute? [boodskap #58234 is 'n antwoord op boodskap #58227] Do, 07 Maart 2002 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Mar 2002 05:36:22 +0200, "Annette" wrote:

> En buitendien - dit klink half verspot as mens praat van skorsies op die
> sinkplaatdak:)

Ja, en hoe sou "ek skrik nie vir koue skorsies nie" dan klink?
Of skorsiekop i.p.v pampoenkop, ens. :-)
Re: Botterneute? [boodskap #58238 is 'n antwoord op boodskap #58229] Do, 07 Maart 2002 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:a66unl$c8rmb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Maar Gloudina, mens kry tog nie skorsiesop nie, maar wel pampoensop - wat
> baie lekker is.
>
> Buitendien kan mens die boerpampoen sout eet - dit hoef nie noodwendig soet
> te wees nie.

Ek het dit al gemaak op dieselfde wyse as die "botterneute" (sout en botter)
Ek dink egter mens se hare gaan dan nie meer kan krul nie. ;)) Ek het altyd
as kind gewonder waarom my ma dan wou hê my hare moes krul! Ek was tevrede
met my hare, nou wat was haar probleem of dit krul of nie! ;))

>
> As jy nie van soet kos hou nie, beteken dit dat jy ook nie poering eet nie,
> en dus eintlik 'n stout dogtertjie is?:)))

Retoriese vraag Annette! ;)) (op die watter tipe stout sal ons nou nie
ingaan nie!)

>
> Annette
>
>> Annette wrote:
>>
>>
>>> Maar ek weet van mense wat skorsies eet, maar weier om pampoen te eet.
>>
>> Sover dit my aangaan, is pampoen uit en
>> skorsies in. Ek het 'n langdurige geveg
>> met my ma gehad in my kinderdae omdat ek
>> nie pampoen wou eet nie. (Ek het basies
>> net nie van iets soets in my bord kos
>> gehou nie, en het die droë ertjies wat
>> soetgemaak is, net so gehaat. Was ook nie
>> te beindruk deur sousboontjies nie.)Ek
>> eet nou nog nie pampoen nie. Gelukkig
>> word dit nie baie in Noord-Amerika op die
>> tafel gesit as 'n groente nie.
>> Skorsies word wel in alle soorte hier
>> ge-eet. En ek hou van hulle.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Botterneute? [boodskap #58239 is 'n antwoord op boodskap #58177] Do, 07 Maart 2002 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die butternut is ook lekker as jy hom goed vol gate met 'n vurk steek,
in aluminium foelie toedraai en dan naby die hitte op die rooster sit
sodra jy die braai vuur aansteek. Dan kry die vrouens die groente
waaroor hulle altyd kla ook by die braaivleis.

Drom wrote:
>
> Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
> Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
> oor. Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
> vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
> sleg vir R10 nie.
>
> Hier is nou 'n goeie resep:
>
> 1 groot botterneut
> 250 g maer spek (bacon), gesnipper
> 200 ml dik room
> 2 uie, redelik fyn
> Gerasperde kaas
> Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
>
> Kook die pampoen gewoonweg gaar en "mash" dit
> Braai die ui en spek saam in olie tot die ui effens bruinerig is
> Meng nou alles behalwe die kaas in 'n platterige oondbak
> Strooi die kaas bo-oor en bak in 'n oond (180 C) tot alles deurwarm is
> en die kaas gesmelt is
>
> Net iets oor die room: Hier by ons verkoop iemand baie goeie kwaliteit
> room - na net omtrent 'n dag in die yskas is dit so dik dat mens dit
> uit die houer moet skep. Die groot melkerye se room is meer vloeibaar.
> As jy sulke room gebruik, verdik die mengsel met ongegeurde, droë
> krummels anders gaan jy pampoensop maak. Die mengsel moet redelik styf
> wees
>
> (Ek sit 'n goeie skeut knoffel ook by, iets wat ek by omtrent ALLES
> sit.)
>
> Drom
>
> (I'm mad about mustard,
> even on custard - Ogden Nash)
Re: Botterneute? [boodskap #58240 is 'n antwoord op boodskap #58224] Do, 07 Maart 2002 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Streepmuis wrote in message
>
> Ai aarde maar dis goedkoop. Jou resep klink ook heerlik - maar room
> *en* spek *en* kaas?? - YIKES!! Wie wil jy dood hê? :-))

Mens mag maar so nou en dan bietjie "indulge" :-)

> Ons het hier 'n tipe pampoen, en ek wonder of julle dit ken? Dit word
> "spaghetti squash" genoem

Dis 'n onbekende ding hier rond, dink ek. Ek het eenkeer een by iemand
gekry en stem saam dat dit, sover dit pampoene en skorsies betref,
nogal een van die beteres (is daar so 'n woord?) is.
Re: Botterneute? [boodskap #58241 is 'n antwoord op boodskap #58234] Do, 07 Maart 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dan praat ons nie eers van om die koppe in die skorsies te kry met halloween
nie;)))
Haai - nogal 'n goeie gedagte - sny die masker uit 'n skorsie, en vertel 'n
koppesneller het die pampeon bygekom::))))

Annette

.com> skryf in boodskap news:nj4e8u0ntqc9et8ap0vc5pmn4ju1fio4dg@4ax.com...
> On Thu, 7 Mar 2002 05:36:22 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> En buitendien - dit klink half verspot as mens praat van skorsies op die
>> sinkplaatdak:)
>
> Ja, en hoe sou "ek skrik nie vir koue skorsies nie" dan klink?
> Of skorsiekop i.p.v pampoenkop, ens. :-)
>
Re: Botterneute? [boodskap #58242 is 'n antwoord op boodskap #58229] Do, 07 Maart 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Maar Gloudina, mens kry tog nie skorsiesop nie, maar wel pampoensop - wat
> baie lekker is.
>
> Buitendien kan mens die boerpampoen sout eet - dit hoef nie noodwendig soet
> te wees nie.

Ek het 'n soet tand. Eet alles wat soet is.
Net nie in my bord kos nie.
Hier in Noord-Amerika is pumpkin pies natuurlik
'n tradisie, veral met Thanksgiving. Ek hou van
dié wat jy in die winkel koop, maar sodra ek ene
moet eet wat iemand "from scratch" ( wat is die
Afrikaans?) gemaak het, ril ek vir daardie rou
pampoensmaak.
Nodeloos om te sê, ek het geen krulhare vandag
nie, net soos my ma vir my verduidelik het. Ek is
ook jammer dat ek dit nie kan eet nie, want dis seker
vol beta-carotene.
Wat ek wel mal oor is, is "gem squash." (Wat is die
Afrikaans daarvoor nou weer?) Dis, sover ek kan onthou,
een van die stapel-groentes in SA ('n helfte uitgehol
met ander groentes in die middel.) En mens het dit altyd
as eerste kos vir babetjies gegee. Hulle het dit egter
glad nie hier in Kanada nie. Eenkeer lank gelede het
ek van die pakkies saad uit SA saamgebring na een vakansie
'n vir iemand gegee om in sy tuin te plant. Eendag bring
hy toe vir my (ons het saam in 'n hospitaal gewerk)
'n hele sakkie vol van hulle (hy het hulle nie groen genoeg
afgepluk nie, maar hulle was tog lekker.) Hy het ook 'n
sak vol vir 'n ander SA dokter, wat in die hospitaal gewerk
het, gebring. Toe ek nou na 'n week of so vir hom vra
wanneer bring hy nog vir ons, toe sê hy nee, hy het die res
vir sy diere gevoer, want die skorsies is te "bland." Ek
het amper die stuipe gekry.

Gloudina
Koppesnellers [boodskap #58261 is 'n antwoord op boodskap #58241] Do, 07 Maart 2002 23:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Mar 2002 13:33:30 +0200, "Annette" wrote:

> Dan praat ons nie eers van om die koppe in die skorsies te kry met halloween
> nie;)))

Ja nee - dit gaan sukkel! :-))

> Haai - nogal 'n goeie gedagte - sny die masker uit 'n skorsie, en vertel 'n
> koppesneller het die pampeon bygekom::))))

Hehehehe...ai toggie Annette. Jou kop loop ook darem soms snaakse
draaie. :-)) Maar nou sal jy eers moet verduidelik waddehel (kopiereg
Wouter) jy bedoel met "koppesneller", want my woordeboek het nie daai
woord in nie.
In die konteks wat jy dit noem wil dit half klink na iets soos die
tsantsa ritueel van die Jivaro's?
Re: Botterneute? [boodskap #58271 is 'n antwoord op boodskap #58239] Vr, 08 Maart 2002 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf in boodskap news:3C873469.DD8EE020@lous.zzn.com...
> Die butternut is ook lekker as jy hom goed vol gate met 'n vurk steek,
> in aluminium foelie toedraai en dan naby die hitte op die rooster sit
> sodra jy die braai vuur aansteek. Dan kry die vrouens die groente
> waaroor hulle altyd kla ook by die braaivleis.

Gaan dit defnitief probeer. Ons het dit al met mielies en aartappels
gedoen.
Re: Koppesnellers [boodskap #58274 is 'n antwoord op boodskap #58261] Vr, 08 Maart 2002 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Haai - nogal 'n goeie gedagte - sny die masker uit 'n skorsie, en vertel 'n
> koppesneller het die pampeon bygekom::))))

Streepmuis
Hehehehe...ai toggie Annette. Jou kop loop ook darem soms snaakse
draaie. :-)) Maar nou sal jy eers moet verduidelik waddehel (kopiereg
Wouter) jy bedoel met "koppesneller", want my woordeboek het nie daai
woord in nie.

Wouter
Annette het 'n gas uit Kanada, hulle gaan vanaand saam met ons
Nuweland toe om na die enigste SA span te gaan kyk wat nog
lyk of hulle wil rugby speel. Viva Stormers!

Ek sal probeer verduidelik.
'n Koppesneller is 'n headhunter, in albei betekenisse van die woord.
Letterlik, iemand wat jou kop afsny en figuurlik, iemand wat mense
werf vir senior poste.
Re: Koppesnellers [boodskap #58279 is 'n antwoord op boodskap #58274] Vr, 08 Maart 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> 'n Koppesneller is 'n headhunter
> Letterlik, iemand wat jou kop afsny en figuurlik, iemand wat mense
> werf vir senior poste.

Is die modus operandi van die headhunter/
koppesneller nie dat hulle hulle klein
giftige pyltjies deur 'n hol ding blaas
nie? Vandaar die woord "sneller."
Ek hou vreeslik van die idee dat jy 'n
headhunter as 'n persoon wat mense soek
vir poste ook 'n koppesneller noem.

Gloudina
Re: Koppesnellers [boodskap #58284 is 'n antwoord op boodskap #58274] Vr, 08 Maart 2002 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Mar 2002 14:56:41 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Annette het 'n gas uit Kanada, hulle gaan vanaand saam met ons
> Nuweland toe om na die enigste SA span te gaan kyk wat nog
> lyk of hulle wil rugby speel. Viva Stormers!

Dit klink heerlik! Hoop julle kan hom malverlief maak op SA en haar
mense - behoort nie te moeilik te wees nie. :-)

> Wouter:
> Ek sal probeer verduidelik.
> 'n Koppesneller is 'n headhunter, in albei betekenisse van die woord.
> Letterlik, iemand wat jou kop afsny en figuurlik, iemand wat mense
> werf vir senior poste.

Ooooooo - sien ek het gedink ek verstaan verkeerd. Nou sien ek dat ek
wel 'n pampoen was. Ek dog sy bedoel iemand wat koppe krimp, want ons
het gepraat van kein en groot pampoene. Ek raak oud...:-(
Koppesneller is so 'n mooi woord. Ek gaan dit probeer onthou! :-)
(Maar net vir my eie nuuskrigheid, wat noem mens iemand wat koppe
krimp, soos wat dit Jivaro's doen?)
Re: Koppesnellers [boodskap #58305 is 'n antwoord op boodskap #58274] Sa, 09 Maart 2002 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Stormers het alweer gisteraand per ongeluk gewen:)))
Dankie aan Walter vir sy moeite om ons by die losie ingesmokkel te kry. -
Die Kanadees sê hy besef nou hulle doen die Mexican Wave hopeloos
verkeerd:))

'n Koppesneller is een van daardie snare wat mense se koppe afsny ( hopelik
nadat hulle doodgemaak is) en dan snaakse goed met die koppe doen, sodat die
koppe naderhand so groot soos 'n lemoen is, maar alles verder lyk nog
normaal - behalwe vir die stukke tou wat by die neus en mond uithang:)

Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c88b522.0@news1.mweb.co.za...
>> Haai - nogal 'n goeie gedagte - sny die masker uit 'n skorsie, en vertel 'n
>> koppesneller het die pampeon bygekom::))))
>
> Streepmuis
> Hehehehe...ai toggie Annette. Jou kop loop ook darem soms snaakse
> draaie. :-)) Maar nou sal jy eers moet verduidelik waddehel (kopiereg
> Wouter) jy bedoel met "koppesneller", want my woordeboek het nie daai
> woord in nie.
>
> Wouter
> Annette het 'n gas uit Kanada, hulle gaan vanaand saam met ons
> Nuweland toe om na die enigste SA span te gaan kyk wat nog
> lyk of hulle wil rugby speel. Viva Stormers!
>
> Ek sal probeer verduidelik.
> 'n Koppesneller is 'n headhunter, in albei betekenisse van die woord.
> Letterlik, iemand wat jou kop afsny en figuurlik, iemand wat mense
> werf vir senior poste.
>
Re: Koppesnellers [boodskap #58308 is 'n antwoord op boodskap #58284] Sa, 09 Maart 2002 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is reg Danielle - ek het gepraat van koppe krimpers- so as jy geweet het,
vir wat vra jy dan?:)))
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:0iph8uob99ufoftt4pua9e8f1aoh5jdi6j@4ax.com...
> On Fri, 8 Mar 2002 14:56:41 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter
>> Annette het 'n gas uit Kanada, hulle gaan vanaand saam met ons
>> Nuweland toe om na die enigste SA span te gaan kyk wat nog
>> lyk of hulle wil rugby speel. Viva Stormers!
>
> Dit klink heerlik! Hoop julle kan hom malverlief maak op SA en haar
> mense - behoort nie te moeilik te wees nie. :-)
>
>> Wouter:
>> Ek sal probeer verduidelik.
>> 'n Koppesneller is 'n headhunter, in albei betekenisse van die woord.
>> Letterlik, iemand wat jou kop afsny en figuurlik, iemand wat mense
>> werf vir senior poste.
>
> Ooooooo - sien ek het gedink ek verstaan verkeerd. Nou sien ek dat ek
> wel 'n pampoen was. Ek dog sy bedoel iemand wat koppe krimp, want ons
> het gepraat van kein en groot pampoene. Ek raak oud...:-(
> Koppesneller is so 'n mooi woord. Ek gaan dit probeer onthou! :-)
> (Maar net vir my eie nuuskrigheid, wat noem mens iemand wat koppe
> krimp, soos wat dit Jivaro's doen?)
>
Re: Koppesnellers [boodskap #58329 is 'n antwoord op boodskap #58308] Sa, 09 Maart 2002 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Mar 2002 08:39:10 +0200, "Annette" wrote:

> Jy is reg Danielle - ek het gepraat van koppe krimpers- so as jy geweet het,
> vir wat vra jy dan?:)))

Want want want WANT....dit was 'n vreemde woord vir my, en ek kon
eenvoudig nie koppeSNELLER bring by koppe KRIMPERS nie. Jy moet
verstaan dat ek NOOIT Afrikaans om my hoor nie, en dus lees ek elke
woord letterlik soos ek dit sien (en probeer om die betekenis van nuwe
woorde uitmaak in die konteks van die sin). Jammer hoor.
Oor losies, koppesnellers, meksikane en kanadese [boodskap #58330 is 'n antwoord op boodskap #58305] Sa, 09 Maart 2002 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Mar 2002 08:31:52 +0200, "Annette" wrote:

> Die Stormers het alweer gisteraand per ongeluk gewen:)))

Ek het gister so gelag vir die ironie - Kaatjie het gister 'n skakel
gepos na die Burger (Dankie Kaatjie!), en toe ek gou gaan loer sien ek
die hoofopskrif met 'n foto daarby van "Bollie" wat blykbaar die
Stormers se ster speler is - maar arme Bollie sit mistroostig en
kaalvoet op die sypaadjie, want sy motor en stewels was gesteel. Toe
hoop ek maar dat iemand vir Bollie nuwe stewels sal koop en betyds by
die paviljoen sal kry sodat hy die Stormers kan help wen.
Dus is ek bly om te verneem dat alles darem goed afgeloop het.

> Dankie aan Walter vir sy moeite om ons by die losie ingesmokkel te kry. -

Ek weet nie wie Walter is nie, maar hy klink na 'n oulike vark.

> Die Kanadees sê hy besef nou hulle doen die Mexican Wave hopeloos
> verkeerd:))

Hoop nie jy het hom gespot met hulle rugby span nie. Ek dink die
Kanadese het nogal 'n gutsy spannetjie. Weet nie wat hulle naam is
nie - seker die Maple leaves. :-)

> 'n Koppesneller is een van daardie snare wat mense se koppe afsny ( hopelik
> nadat hulle doodgemaak is) en dan snaakse goed met die koppe doen, sodat die
> koppe naderhand so groot soos 'n lemoen is, maar alles verder lyk nog
> normaal - behalwe vir die stukke tou wat by die neus en mond uithang:)

Is daar ook Afrikaanse tribes wat sulke gebruike het/gehad het?
(Skies, maar ek lag nogal vir die geveg oor die woord "afrikaans")
:-)))
Oor Bolla en bollie [boodskap #58336 is 'n antwoord op boodskap #58330] Sa, 09 Maart 2002 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis"
Ek het gister so gelag vir die ironie - Kaatjie het gister 'n skakel
gepos na die Burger (Dankie Kaatjie!), en toe ek gou gaan loer sien ek
die hoofopskrif met 'n foto daarby van "Bollie" wat blykbaar die
Stormers se ster speler is - maar arme Bollie sit mistroostig en
kaalvoet op die sypaadjie, want sy motor en stewels was gesteel..

Wouter
Hy is Johannes Conradie, ook bekend as Bolla. Dis Bolla, hoor. Bolla.
Bollie is iets heel anders, amper soos wat jy met sy naam aangejaag het. :-)

Streepmuis
Ek weet nie wie Walter is nie, maar hy klink na 'n oulike vark.

Wouter
Klink so, ja. Danielle klink weer na 'n muis wat oulik streep :-)
Re: Oor Bolla en bollie [boodskap #58337 is 'n antwoord op boodskap #58336] Sa, 09 Maart 2002 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Mar 2002 20:37:32 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Hy is Johannes Conradie, ook bekend as Bolla. Dis Bolla, hoor. Bolla.
> Bollie is iets heel anders, amper soos wat jy met sy naam aangejaag het. :-)

Yikes Grooooot skies!
Maar moes Bolla toe kaalvoet speel gisteraand?
:-))

> Wouter
> Klink so, ja. Danielle klink weer na 'n muis wat oulik streep :-)

LOL! Jy soek alweer!
:-))
Re: Koppesnellers [boodskap #58349 is 'n antwoord op boodskap #58329] Sa, 09 Maart 2002 23:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir wat is jy nou weer jammer?
Ek het mos 'n smaailie vraag gevra?
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:c6bk8uksuuar8tdnsa81n37a2rhg90gvpu@4ax.com...
> On Sat, 9 Mar 2002 08:39:10 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jy is reg Danielle - ek het gepraat van koppe krimpers- so as jy geweet het,
>> vir wat vra jy dan?:)))
>
> Want want want WANT....dit was 'n vreemde woord vir my, en ek kon
> eenvoudig nie koppeSNELLER bring by koppe KRIMPERS nie. Jy moet
> verstaan dat ek NOOIT Afrikaans om my hoor nie, en dus lees ek elke
> woord letterlik soos ek dit sien (en probeer om die betekenis van nuwe
> woorde uitmaak in die konteks van die sin). Jammer hoor.
>
Re: Oor Bolla en bollie [boodskap #58353 is 'n antwoord op boodskap #58336] So, 10 Maart 2002 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bollie is daardie oulike blou haas in Die Huisgenoot.
Het nog nooit 'n kar gehad nie.:))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c8a55ff.0@news1.mweb.co.za...
> "Streepmuis"
> Ek het gister so gelag vir die ironie - Kaatjie het gister 'n skakel
> gepos na die Burger (Dankie Kaatjie!), en toe ek gou gaan loer sien ek
> die hoofopskrif met 'n foto daarby van "Bollie" wat blykbaar die
> Stormers se ster speler is - maar arme Bollie sit mistroostig en
> kaalvoet op die sypaadjie, want sy motor en stewels was gesteel..
>
> Wouter
> Hy is Johannes Conradie, ook bekend as Bolla. Dis Bolla, hoor. Bolla.
> Bollie is iets heel anders, amper soos wat jy met sy naam aangejaag het. :-)
>
> Streepmuis
> Ek weet nie wie Walter is nie, maar hy klink na 'n oulike vark.
>
> Wouter
> Klink so, ja. Danielle klink weer na 'n muis wat oulik streep :-)
>
Re: Oor Bolla en bollie [boodskap #58354 is 'n antwoord op boodskap #58337] So, 10 Maart 2002 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bolla het baie goed gespeel. Was as't ware die spil waarom die span gedraai
het.
Nee, hy het steweltjies gedra:))
Het seker 'n lening geneem teen sy wedstrydgeld :))
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:mrlk8usq4nvs2iofqf20r7ejkralh1h0t7@4ax.com...
> On Sat, 9 Mar 2002 20:37:32 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter
>> Hy is Johannes Conradie, ook bekend as Bolla. Dis Bolla, hoor. Bolla.
>> Bollie is iets heel anders, amper soos wat jy met sy naam aangejaag het.
:-)
>
> Yikes Grooooot skies!
> Maar moes Bolla toe kaalvoet speel gisteraand?
> :-))
>
>> Wouter
>> Klink so, ja. Danielle klink weer na 'n muis wat oulik streep :-)
>
> LOL! Jy soek alweer!
> :-))
>
Re: Oor Bolla en bollie [boodskap #58363 is 'n antwoord op boodskap #58353] So, 10 Maart 2002 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Mar 2002 02:09:53 +0200, "Annette" wrote:

> Bollie is daardie oulike blou haas in Die Huisgenoot.
> Het nog nooit 'n kar gehad nie.:))
> Annette
>

Julle is mos nou besig om regte bollie te praat hier :-)
Re: Oor Bolla en bollie [boodskap #58405 is 'n antwoord op boodskap #58337] So, 10 Maart 2002 19:13 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Hy is Johannes Conradie, ook bekend as Bolla. Dis Bolla, hoor. Bolla.
> Bollie is iets heel anders, amper soos wat jy met sy naam aangejaag het.
:-)

Strependemuis:
Yikes Grooooot skies!
Maar moes Bolla toe kaalvoet speel gisteraand? :-))

Wouter
Nee, hy het stewels aangehad. Die ouens word deesdae goed betaal,
hoor. Maar ek reken dit moes ongemaklik gewees het om met
splinternuwe stewels te speel, gelukkig het dit hom klaarblyklik nie
gepla nie - hy het 'n baie goeie wedstryd gehad.
Vorige onderwerp: Droëwors
Volgende onderwerp: chillie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:30:16 MGT 2024