Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus - 3/3
Nuus - 3/3 [boodskap #58093] So, 03 Maart 2002 11:46
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Rudolf Straueli is aangewys as die nuwe springbok rugby afrigter.
Sy verklaring is dat hy slegs spelers wat fiks en op spelpeil is sal kies -
ongeag wat hulle in die verlede al vermag het - is miskien voorbrand dat
darlinkie Bobby wat nou Bob is sy plek as speler en kaptein gaan verloor.

Gister ( Saterdag) was daar by Stellenbosch die tweede Afrikaanse Woordfees.

Verlede jaar met die inry was daar nogal verkeersprobleme van verdwalende
feesgangers - hierdie jaar kon ek nou nie eintlik 'n besiger Saterdagoggend
in Stellenbosch opmerk as gewoonlik nie.

Ek wonder net of die organisasie nie bietjie swak was nie - ons het 'n
halfuur later as wat geadverteer was opgetree ( tot spyt van 'n paar
mense) - daar was verskeie notas - komper-gedruk op wit wat aankondig dat
sekere programme later op 'n ander plek aangebied gaan word, en die een wat
vir my bietjie verkeerd was - of miskien het ek verkeerd gelees - in die
Neelsie - vanaf 11vm tot 5nm - sou verskeie skrywers gratis met die publiek
praat en vrae beantwoord, terwyl op 'n ander poster staan - Saterdag:
Neelsie: vanaf 2nm - WoordRock. - wat alternatiewe Afrikaanse musiek kon
wees.

Annette
Vorige onderwerp: Nuus 26/2
Volgende onderwerp: Nog nuus 23/2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:01:25 MGT 2024