Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 26/2
Nuus 26/2 [boodskap #57866] Di, 26 Februarie 2002 04:58 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tsvangerai gaan glo van hoogverraad aangekla word - so ons sal sien hoe
vinnig Mugabe hierdie sake gaan afhandel.

Rugbyspelersverhoor: Staatspatoloog het getuig dat die beserings aan die kop
veroorsaak kon word deur die spelers wat die vermoorde oor die heining wou
gooi.
Ek hoop daardie lotjie kry 'n swaar straf en sit lank.

Nog 'n politikus het as voorsitter van 'n parlementêre kommitee bedank agv
die optrede van die ANC in die wapenskandaalsaak.

Die stadsrade raak raadop met die diefstal van elektrisiteit in die
voorafbenadeelde gebiede.
Hoe hulle hierdie spesifieke optrede gaan uitroei is nogal 'n vraag, want
dit word nou al so lank gedoen, dit is al tradisie.

Annette
Re: Nuus 26/2 [boodskap #57925 is 'n antwoord op boodskap #57866] Wo, 27 Februarie 2002 06:11 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:

> Rugbyspelersverhoor: Staatspatoloog het getuig dat die beserings aan die kop
> veroorsaak kon word deur die spelers wat die vermoorde oor die heining wou
> gooi.
> Ek hoop daardie lotjie kry 'n swaar straf en sit lank.

Interresant dat sommige van die rugby lotjie al vry gespreek is. Net
soos met die 'verkragters' van die baba in Upington - skuldig bevind
deur die koerante en gevonnis deur die publiek. Dat sommige van hulle -
rugby spelers en sjebeen besoekers skuldig is glo ek wel maar somtyds is
ons te vinnig om iemand te kruisig op grond van wat die massa media ons
voer. Natuurlik help dit baie dat die rugby spelers wit is om die saak
verder publisiteit te gee. Vriend van my - nou ook verhuis na Amerika -
se suster en drie jarige seuntjie is koelbloedig met 'n loodpyp in hulle
motorhuis in Sandton doodgeslaan - dit het nie die nuus gemaak nie. Die
dronk wit idioot wat 'n swart man vermoor het deur hom agter sy bakkie
te sleep was maande lank hoofnuus?
Vorige onderwerp: Nog Nuus 26/2
Volgende onderwerp: Nuus - 3/3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:36:53 MGT 2024