Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nog nuus 23/2
Nog nuus 23/2 [boodskap #57774] Sa, 23 Februarie 2002 06:28 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas Savimbi is dood.
Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
Annette
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57788 is 'n antwoord op boodskap #57774] So, 24 Februarie 2002 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
hom ook waar geword?

HK.

"Annette" skryf in boodskap news:a57cm8$587a2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jonas Savimbi is dood.
> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
> Annette
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57792 is 'n antwoord op boodskap #57788] So, 24 Februarie 2002 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sal vandag in die koerant seker sien - het die nuus gisteraand gemis -
maar blykbaar is hy gedood in 'n gevegtery - die soort waarmee hy die
afgelope 28 jaar besig was.
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:LQZd8.1496$25.5295@newsfeeds.bigpond.com...
> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
> hom ook waar geword?
>
> HK.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a57cm8$587a2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jonas Savimbi is dood.
>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
>> Annette
>>
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57794 is 'n antwoord op boodskap #57788] So, 24 Februarie 2002 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou net die Argus klaar gelees - voor op in die oor gedeelte 'n klein foto
wat definitief soos Savimbi lyk - hy is blykbaar dood - 15 koeëls het hom
getref - waarvan twee in die kop is, en een in die nek.
Sy groep het glo die afgelope week probeer om die vyand af te skud, en hy
het geglo hy het hulle weereens ontduik toe hy by 'n rivier uitgespan het -
blykbaar naby Jamba - ek is nie seker nie.

Nadat ek die artikel gelees het - miskien eensydig omdat dit geskryf is deur
'n joernalis wat eens 'n Savimbi ondersteuner was, maar later 'n kritikus -
wil ek Savimbi en ET in dieselfde kategorie plaas - nou nie wat
intelligensie en retoriek betref nie - maar beide het geglo hulle lei hulle
volk na vryheid - en albei was so vasgevang in sy eie vryheidstrewe, dat
hulle heeltemal die groter prentjie en die veranderings wat plaasgevind het
kon raaksien.
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:LQZd8.1496$25.5295@newsfeeds.bigpond.com...
> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
> hom ook waar geword?
>
> HK.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a57cm8$587a2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jonas Savimbi is dood.
>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
>> Annette
>>
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57804 is 'n antwoord op boodskap #57774] So, 24 Februarie 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 24 Feb 2002 19:11:31 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Ek hoop dat julle onthou dat die SA Weermag
> aan dieselfde kant as Jonas Savimbi geveg
> het. Stort julle nou nie eers een traantjie
> vir julle vorige geallieerde nie?
>
> Die Ruiter in die Dag
>

Jy klink somtyds vir my na 'n ruiter in die nag.
Die tyd wat SA aan sy kant geveg het maak
dit ook jou geallieerde.
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57805 is 'n antwoord op boodskap #57788] So, 24 Februarie 2002 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
> hom ook waar geword?

> "Annette" >
>> Jonas Savimbi is dood.
>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.

Ek hoop dat julle onthou dat die SA Weermag
aan dieselfde kant as Jonas Savimbi geveg
het. Stort julle nou nie eers een traantjie
vir julle vorige geallieerde nie?

Die Ruiter in die Dag
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57835 is 'n antwoord op boodskap #57805] Ma, 25 Februarie 2002 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy bedoel nou daai duur oorlog wat ons in Suidwes en Angola (tevergeefs)
geveg het ? Neewat. Ek het nie 'n keuse gehad nie, ek was 'n dienspligtige.

HK

skryf in boodskap news:3C793BB9.1000307@rogers.com...
>
> Hantamkind wrote:
>
>> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
>> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
>> hom ook waar geword?
>
>
>> "Annette" >
>>> Jonas Savimbi is dood.
>>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
>
>
> Ek hoop dat julle onthou dat die SA Weermag
> aan dieselfde kant as Jonas Savimbi geveg
> het. Stort julle nou nie eers een traantjie
> vir julle vorige geallieerde nie?
>
> Die Ruiter in die Dag
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57838 is 'n antwoord op boodskap #57805] Ma, 25 Februarie 2002 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Hantamkind wrote:
>
>> Annette, dis nou nuus. Hoe is hy dood? Was dit agv natuurlike oorsake of
>> het die spreekwoord "if you live by the sword you will die by the sword" vir
>> hom ook waar geword?
>
>> "Annette" >
>>> Jonas Savimbi is dood.
>>> Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
>
> Ek hoop dat julle onthou dat die SA Weermag
> aan dieselfde kant as Jonas Savimbi geveg
> het. Stort julle nou nie eers een traantjie
> vir julle vorige geallieerde nie?
>
> Die Ruiter in die Dag

Ek onthou duidelik hoe hartseer jy was toe Mao en Chroestjef dood is.
Sjym.
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57842 is 'n antwoord op boodskap #57838] Ma, 25 Februarie 2002 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Stort julle nou nie eers een traantjie
>> vir julle vorige geallieerde nie?

>> Die Ruiter in die Dag

> Ek onthou duidelik hoe hartseer jy was toe Mao en Chroestjef dood is.
> Sjym.

So hier kom ou Lou weer so oop en toe
oop en toe aan om almal met wie hy nie
saamstem nie as "kommies" te beskryf.
Dis die enigste manier waarop hy kan
cope.
Lou, dis tyd dat jy besef dat die
"christen-nasionale" sisteem van denke
waarin jy grootgeword het en waaruit ek
moes ontsnap, baie nader aan die sisteem
van die Kommunisme was as ander lande wat
nie onder die dwingelandy was van mind control
en spioenering en gedwonge verskuiwing van
groot dele van die bevolking, soos hulle
in die USSR gedoen het nie en soos jou
geliefde Nattes gedoen het nie.
Sê my weer, ou Lou, hoekom het julle
teen die "kommies" geveg daar op die grens?
Sê my weer, Lou, hoekom het julle vir Jonas
Savimbi gaan help? Sê my weer, Lou, wie het
daardie oorlog gewen?

Gloudina
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57889 is 'n antwoord op boodskap #57842] Di, 26 Februarie 2002 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Stort julle nou nie eers een traantjie
>>> vir julle vorige geallieerde nie?
>
>>> Die Ruiter in die Dag
>
>> Ek onthou duidelik hoe hartseer jy was toe Mao en Chroestjef dood is.
>> Sjym.
>
> So hier kom ou Lou weer so oop en toe
> oop en toe aan om almal met wie hy nie
> saamstem nie as "kommies" te beskryf.
> Dis die enigste manier waarop hy kan
> cope.

Hook, line and Sinker - sjees Gloudina kan jy nie die aas herken as jy
dit sien nie?

Ek het maar net jou en jou mede vryheidsvegters se maatjies se dood
betreur en hier kry jy skuim om die mond, rook uit
die ore en stoom uit die neusgate :) Wiet het nou eintlik van kommies
gepraat - ek verwys maar net na mense wat miljoene mense vermoor het om
hulle ideologiese standpunte - soos Savimbi - te probeer afdwing.

> Lou, dis tyd dat jy besef dat die
> "christen-nasionale" sisteem van denke
> waarin jy grootgeword het en waaruit ek
> moes ontsnap, baie nader aan die sisteem
> van die Kommunisme was as ander lande wat
> nie onder die dwingelandy was van mind control
> en spioenering en gedwonge verskuiwing van
> groot dele van die bevolking, soos hulle
> in die USSR gedoen het nie en soos jou
> geliefde Nattes gedoen het nie.

Ne!? Nou wat sê jy in die bostaande - want jy het een "nie" te veel of
te min. Verduidelik asb. weer as die bloeddruk bietjie gedaal het, want
die Afrikaans wat jy probeer praat maak nie sin nie, en ek sou jou tog
nie wou misverstaan nie?! (Sien die meervoudige gebruik van die woord
nie in die bostaande sin.)

> Sê my weer, ou Lou, hoekom het julle
> teen die "kommies" geveg daar op die grens?
> Sê my weer, Lou, hoekom het julle vir Jonas
> Savimbi gaan help? Sê my weer, Lou, wie het
> daardie oorlog gewen?
>

En vertel jy my weer die verhaal van hoe iemand NNNPD die land finaal
verlaat het omdat 17 jarige korporaaltjies afrikaanse bevele in Soweto
gebruik het? En hoe hulle toe sommer ook net daar besluit het om op te
hou afrikaans praat en hulle kinders net engels leer praat het? Dit
terwyl hulle sulke "groot" kampvegters vir afrikaans is?

Ten slotte - as jy in die bogaande tirade jou by die 'wenners'' van die
bogenoemde geveg skaar dan is Mao en Chroestjof mos jou maatjies? Of wat
praat ek alles? Of gaan jy meer terug na Lenin en Marx se dae? Of Attila
die Hun?
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #57961 is 'n antwoord op boodskap #57889] Wo, 27 Februarie 2002 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Wiet het nou eintlik van kommies
> gepraat - ek verwys maar net na mense wat miljoene mense vermoor het om
> hulle ideologiese standpunte - soos Savimbi - te probeer afdwing.

En ek herinner jou weer aan die feit
dat die Suid-Afrikaanse Weermag en
Lugmag aan die kant van die einste
Jonas Savimbi geveg het. En dat julle
almal, Broederbonders en UNITA et al,
lakeie was van die Amerikaners se
ideologiese standpunte gedurende die
koue oorlog.

Gloudina
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58034 is 'n antwoord op boodskap #57961] Vr, 01 Maart 2002 11:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Die Lugmag is deel van die weermag, jy hoef dit nie apart te lys nie.

Die weermag bestaan uit die Lugmag, die Vloot en die Infanterie. Die Suid
Afrikaanse regering van die dag se sentimente het inderdaad met Jonas
Savimbi gelê. Ek was deel van daai weermag en het die hoogste agting vir
Savimbi gehad, want hy het gehelp om my gat veilig te hou in 'n oorlog waar
ek nie deel van wou wees nie. En ek was nie lus om DB toe te gaan vir twee
jaar nie so ek het gaan help om die kak uit SWAPO te skiet.

Ek stort nie 'n traan oor Savimbi nie, want dit was sy keuse om met 'n
geweer in sy hande te leef. Maar nou kruisig jy mense soos ek, wat geen
keuse gehad het nie - wat sy landswet nagekom het deur diensplig te gaan
doen en dus "die Amerikaanse Ideologiese standpunte" te gaan uitleef namens
die regering. Jy skiet nou die man wat die boodskap bring. Dis nie regverdig
nie.

HK

skryf in boodskap news:3C7CE44C.7040201@rogers.com...
>
> En ek herinner jou weer aan die feit
> dat die Suid-Afrikaanse Weermag en
> Lugmag aan die kant van die einste
> Jonas Savimbi geveg het. En dat julle
> almal, Broederbonders en UNITA et al,
> lakeie was van die Amerikaners se
> ideologiese standpunte gedurende die
> koue oorlog.
>
> Gloudina
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58039 is 'n antwoord op boodskap #58034] Vr, 01 Maart 2002 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Ek stort nie 'n traan oor Savimbi nie, want dit was sy keuse om met 'n
> geweer in sy hande te leef. Maar nou kruisig jy mense soos ek, wat geen
> keuse gehad het nie - wat sy landswet nagekom het deur diensplig te gaan
> doen en dus "die Amerikaanse Ideologiese standpunte" te gaan uitleef namens
> die regering. Jy skiet nou die man wat die boodskap bring. Dis nie regverdig
> nie.

Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
word nie.
En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
teen die "kommies," het duisende en duisende
Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
bevele gehoorsaam?

Gloudina
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58040 is 'n antwoord op boodskap #58034] Vr, 01 Maart 2002 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Somtyds verstom jou gebrek aan logika my.

Al wat ek aan jou uitgewys het was dat die anderkant in die koue oorlog
aan jou maatjies se kant geveg het - dis nou die Russe, Chinese en jou
persoonlike gunstelinge - die Kubane. Want jou maters en die Kubane was
op hulle kant maar net weer die lakeie van die Russies ideologiese
standpunt.

Dit is nogal moeilik om met modder te gooi en self nie vuil te word nie,
ne?

> skryf in boodskap news:3C7CE44C.7040201@rogers.com...
>>
>> En ek herinner jou weer aan die feit
>> dat die Suid-Afrikaanse Weermag en
>> Lugmag aan die kant van die einste
>> Jonas Savimbi geveg het. En dat julle
>> almal, Broederbonders en UNITA et al,
>> lakeie was van die Amerikaners se
>> ideologiese standpunte gedurende die
>> koue oorlog.
>>
>> Gloudina
>>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58043 is 'n antwoord op boodskap #58039] Vr, 01 Maart 2002 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C7F75A7.6040705@rogers.com...
>
> Hantamkind wrote:
>
>
>> Ek stort nie 'n traan oor Savimbi nie, want dit was sy keuse om met 'n
>> geweer in sy hande te leef. Maar nou kruisig jy mense soos ek, wat geen
>> keuse gehad het nie - wat sy landswet nagekom het deur diensplig te gaan
>> doen en dus "die Amerikaanse Ideologiese standpunte" te gaan uitleef namens
>> die regering. Jy skiet nou die man wat die boodskap bring. Dis nie regverdig
>> nie.
>
> Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
> aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
> die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
> en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
> dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
> word nie.
> En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
> wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
> teen die "kommies," het duisende en duisende
> Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
> veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
> Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
> As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
> ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
> die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
> bevele gehoorsaam?
>
> Gloudina
>

Ek het nou net 'n lang baie sarkastiese antwoord geskryf en toe maar besluit
dat dit nie die moeite werd is nie. Ek het die maar weer uitgevee.

Ek sal Tannie maar antwoord soos volg. Die opmerking dat mense nie moet
toegelaat word om te vergeet van die apartheidsvarke nie, is soos om 'n
buurman te hê wie se hond op jou gras bly skyt het. Nadat die jy die
buurman 'n goeie oorveeg gee, raak hy van die hond ontslae. Vir die res van
jou lewe gee jy jou buurman 'n oorveeg elke keer as jy hom sien net om seker
te maak dat hy nie vergeet dat honde maklik op ander mense se gras skyt nie.
Of dit nou dieselfde buurman is of nie. Dit is hierdie tipe van mentaliteit
wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige rekonsiliasie moontlik is
nie.
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58044 is 'n antwoord op boodskap #58043] Vr, 01 Maart 2002 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

Dit is hierdie tipe van mentaliteit
> wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige rekonsiliasie moontlik is
> nie.

Rekonsiliasie van watter kant? Ek wed
as jy die woord "rekonsiliasie" gebruik,
is dit maar net 'n snelskrif vir "nou
moet die donders maar vir ons vergewe
vir alles wat in die verlede gebeur het,
en boonop moet hulle dan presies doen
wat ons wil hê." Nee, ou Sakkie, dit
werk nie so nie. Solank die Afrikaner nie
ONTHOU wat daar aan die hande van hulle
volksgroep op die bodem van SA in die
nabye verlede gebeur het en hulle daarvolgens
gedra nie, solank sal daar NIE rekonsiliasie
van die anderkant af kom nie. Alex Boraine
sê nou die aand hier in 'n toespraak in
Ottawa dat die een ding waar hy van Tutu
verskil het, was dat Tutu te vreeslik aangedring
het op "rekonsiliasie" ten alle koste. Hy
vertel toe die storie van 'n swart vrou wat
familielede verloor het in wrede moorde. Hy
vertel dat sy opgestaan het en gesê het: "Die
Kommissie kan nie vir my dwing om te vergewe
nie. Die ANC sal my nie kan dwing om te vergewe
nie. Ek sal vergewe as ek reg daarvoor is."

Gloudina
Rekonsiliasie [boodskap #58048 is 'n antwoord op boodskap #58044] Vr, 01 Maart 2002 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie:
Die opmerking dat mense nie moet toegelaat word om te vergeet van
die apartheidsvarke nie, is soos om 'n buurman te hê wie se hond op
jou gras bly skyt het. Nadat die jy die buurman 'n goeie oorveeg gee,
raak hy van die hond ontslae. Vir die res van jou lewe gee jy jou
buurman 'n oorveeg elke keer as jy hom sien net om seker te maak
dat hy nie vergeet dat honde maklik op ander mense se gras skyt nie.
Of dit nou dieselfde buurman is of nie. Dit is hierdie tipe van
mentaliteit wat maklik kan veroorsaak dat daar nooit enige
rekonsiliasie moontlik is nie.

Gloudina
Rekonsiliasie van watter kant? Ek wed
as jy die woord "rekonsiliasie" gebruik,
is dit maar net 'n snelskrif vir "nou
moet die donders maar vir ons vergewe
vir alles wat in die verlede gebeur het,
en boonop moet hulle dan presies doen
wat ons wil hê." Nee, ou Sakkie, dit
werk nie so nie. Solank die Afrikaner nie
ONTHOU wat daar aan die hande van hulle
volksgroep op die bodem van SA in die
nabye verlede gebeur het en hulle daarvolgens
gedra nie, solank sal daar NIE rekonsiliasie
van die anderkant af kom nie.

Wouter
Rekonsiliasie moet van twee kante af kom, anders kan jy per
definisie niks rekonsilieer nie. Een kant kan toegee, vergewe,
vergeet, onthou, gatkruip, boedel oorgee en nog 'n paar ander
dinge ook, maar nie rekonsilieer nie.

Maar dis nie die punt nie. Rekonsiliasie is moontlik en het al in
'n groot mate plaasgevind. Maar nog nie genoeg nie. Ja, dis
krities belangrik om nie die verlede te vergeet nie, maar
oorbeklemtoning daarvan is destruktief, soos Sakkie se
oordrewe voorbeeld goed illustreer. ('n Mens moet soms
oordryf om 'n punt te illustreer.)

Ek het al my kant gebring met rekonsiliasie en versoening. En
ek weet en ervaar dat daar baie meer "goodwill" by wit en swart
is as wat die meeste mense besef. Daar is 'n besef van die
noodsaaklikheid van en 'n werklike behoefte aan rekonsiliasie.
Daarvan is ek oortuig.

Maar soos Sakkie en 'n paar ander is ek ook gatvol om suiwer
op die basis van my wit vel geoordeel te word, as 'n rassis
beskou te word en dat regstelling van my verwag word vir die
sondes van mense wat ek nie geken het nie. Dis kontra-produktief,
dit demotiveer my om energie aan te wend vir rekonsiliasie.

Soos ek al gesê het, het ek net veragting vir mense wat meer
geleenthede in die verlede sien as in die toekoms. Ek ervaar
dat daar nog hopeloos te veel van hulle is. Hulle beduiwel
rekonsiliasie net soveel as arrogante en verregse blankes.

Gloudina
Hy vertel toe die storie van 'n swart vrou wat
familielede verloor het in wrede moorde. Hy
vertel dat sy opgestaan het en gesê het: "Die
Kommissie kan nie vir my dwing om te vergewe
nie. Die ANC sal my nie kan dwing om te vergewe
nie. Ek sal vergewe as ek reg daarvoor is."

Wouter
My omstandighede is anders, maar ek voel ook so. Ek het 'n
behoefte om te rekonsilieer, maar niemand gaan my dwing nie,
ek sal dit doen wanneer en omdat ek glo dat dit reg is.
Hierdie gevoel aan beide kante plaas baie druk en
verantwoordelikheid op ons politieke leiers, veral dié in die
regering. As hulle nie die klimaat kan skep vir rekonsiliasie nie,
gaan dit nie gebeur nie. En na Mandela het daar te min gebeur.

Suid Afrika is die verloorder. Sonder rekonsiliasie gaan
ekonomiese groei ook nie behoorlik op dreef kom nie.
Dus meer werkloosheid, meer armoede, meer mense wat nie
wil rekonsilieer nie. Dis 'n spiraal.

Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
bly krap agtergelaat word.
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58054 is 'n antwoord op boodskap #58039] Sa, 02 Maart 2002 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, dit moet verskriklik swaar wees om hierdie ton bagasie uit die
verlede met jou saam te sleep, elke dag wat jy leef. "Neem wat goed is uit
die verlede en bou die toekoms daarop" (Wie het dit nou weer gese -
Langenhoven?) Maar dis 'n bekende feit ... dis makliker om te haat, negatief
te wees en te veroordeel, as om al die ander dinge te doen wat in oposisie
is hiermee.

Die verset was wel daar teen die oorlog in Suid Wes. Jy hou die Amerikaanse
voorbeeld voor. Maar hoeveel Amerikaanse seuns moes sterf of vermink word
deur 'n sinnelose oorlog voor die regering geswik het onder die druk? Die SA
regering het ook uiteindelik gevou onder die druk. Die uiteinde was dat
Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, die SA kommunistiese party
wetting verklaar is en die regering van die dag uit die kussings gelig is.
Want die volk het oorweldigend "ja" gestem. En Suid Afrika sit nou met die
wrange vrugte wat dit gebaar het. (neem maar die waarde van die Rand, vir
een)

Kan jy jou vir een oomblik indink dat ek ooit vir my pa sou se dat ek nie
army toe wil gaan nie? Daardie stoere boer (wat tot en met vandag weier om
Engels te praat) sou my kop van my lyf afgeklap het. Dit is hoekom ek en my
makkers bevele van "aparthiedsvarke" soos my pa moes gehoorsaam. Dis
duidelik dat jy bitter min weet van wat in die gemiddelde wit huishouding
aangegaan het in daardie tydperk.

HK

skryf in boodskap news:3C7F75A7.6040705@rogers.com...

> Dis alles goed en klaar, Hantamkind. Maar
> aan die einde van die dag moet mens eenvoudig
> die geskiedenis van die apartheidsvarke onthou,
> en dié wat hulle passief gehoorsaam het, sodat
> dieselfde foute nie oor en oor begaan moet
> word nie.
> En onthou, daar wás 'n uitweg. In die oorlog
> wat die Amerikaners in Vietnam probeer veg het
> teen die "kommies," het duisende en duisende
> Amerikaanse seuns net eenvoudig geweier om te gaan
> veg vir 'n oorlog waarin hulle nie geglo het nie.
> Kanada is nou nog vol van daardie draft dodgers.
> As Amerikaanse seuns hulle eie regering kon
> ongehoorsaam wees, hoekom moes jy en jou makkers
> die apartheidsvarke, die lakeie van die VSA, se
> bevele gehoorsaam?
>
> Gloudina
>
Re: Nog nuus 23/2 [boodskap #58059 is 'n antwoord op boodskap #58054] Sa, 02 Maart 2002 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Mar 2002 18:20:55 +0800, "Hantamkind"
wrote:

> Gloudina, dit moet verskriklik swaar wees om hierdie ton bagasie uit die
> verlede met jou saam te sleep, elke dag wat jy leef. "Neem wat goed is uit
> die verlede en bou die toekoms daarop"
>
> HK
>

'n Groot waarheid die wat Hantamkind hier van vertel Gloudina.
Volg sy raad en vergewe jouself. Om aan te hou met 'n gewetensprobleem
maak geen logika nie. Vergewe jouself en neem wat goed is uit die
verlede en bou die toekoms daarop. Skielik sal die vrag op jou skouers
weg wees.

DD
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58082 is 'n antwoord op boodskap #58048] So, 03 Maart 2002 02:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
> bly krap agtergelaat word.

'n Sekere hoeveelheid van "in die verlede
krap is NOODSAAKLIK om die perspektief te
behou. Daar is teveel wit mense in SA wat
ander omtrent wil DWING om te "vergewe en
vergeet." En daar is ander mense, soos ek,
wat gedetermineer is dat hierdie skandelike
verlede voor die oë van my medebloedgenote
sal bly vir solank dit nodig is.
Ek lees gister weer in die Beeld iets
wat my opnuut omgekrap het oor die apartheids-
varke. Op Riemvasmaak in die Noord-Kaap was
daar 'n groep Namas wat op 'n stuk grond gebly
het, lank bearbei deur die Katolieke Kerk.
(Baie van hierdie mense is afgejaag van die
eilande wat die witmense oorgevat het aan die
begin van die twintigste eeu.) Hulle het
vreedsaam op Riemvasmaak gebly. Ek kan nou
nog hoor hoe my pa van hulle met die grootste
respek gepraat het.
Nou lees ek in die Beeld dat hulle in die
sewentigerjare van Riemvasmaak verwyder is
omdat die destydse regering dit as 'n wit
gebied wil verklaar. Hulle is na die noorde-
kant van die Oranje-rivier verskuif, ver van
hulle grond en die graftes van hulle voorvaders.
Nou het die huidige regering die mense wat wil,
gehelp deur HOP fondse om weer terug te verskuif.

Gloudina
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58087 is 'n antwoord op boodskap #58048] So, 03 Maart 2002 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Wouter
> My omstandighede is anders, maar ek voel ook so. Ek het 'n
> behoefte om te rekonsilieer, maar niemand gaan my dwing nie,
> ek sal dit doen wanneer en omdat ek glo dat dit reg is.
> Hierdie gevoel aan beide kante plaas baie druk en
> verantwoordelikheid op ons politieke leiers, veral dié in die
> regering. As hulle nie die klimaat kan skep vir rekonsiliasie nie,
> gaan dit nie gebeur nie. En na Mandela het daar te min gebeur.

Annette -
Stem saam met jou Walter en ook met Sakkie.
Ons is net basies moeg om te hoor wat ons wanneer moet doen, terwyl die
politici wat dit verkondig self nie die daad by die woord voeg nie.

Kan enigiemand hier vir my vertel wat het geword van die groot
versoeningsaksie - met gepaardgaande eise vir geldelike bydraes van veral
die wit bevolking - wat met soveel bohaai verlede jaar deur ANC politiekes
aangekondig is, geword het?

Ek het ook die optog gesien van die ongelukkiges van die mense van distrik
6 - wat ook nou taamlik moerig is vir die ANC wat met soveel fanfare die
rehabilitasie van distrik 6 aangekondig het - en daar het nou nog - na twee
jaar- absoluut niks gebeur nie.

Ek weet nie wat met hulle aangaan nie - hulle kan mos nou geduldig wag sodat
eers Zimbabwe, Die Kongo, Burundi, Israel en Palestina en die vigskwessie
wat die bestaan nie se probleme eers opgelos moet word:)))

>
> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
> bly krap agtergelaat word.

My sentiment ook - 100%.
Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58103 is 'n antwoord op boodskap #58087] So, 03 Maart 2002 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

>> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
>> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
>> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
>> bly krap agtergelaat word.

>
> My sentiment ook - 100%.
> Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.

Ja, dis so lekker as mens 'n wit
velletjie het en jy kan nou so op
die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
Annette, het jy ook so op die
kantlyn gesit en kibbitz vyftien
jaar gelede. En omdat jy toe nog
gestem het (vir 'n uitsluitlike
wit Parlement), het die politici
wat jy daar ingestem het, toe iets
gedoen aan die grootste menseregte-
klad van die laaste deel van die
twintigste eeu?

Die Ruiter in die Dag
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58106 is 'n antwoord op boodskap #58103] So, 03 Maart 2002 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 03 Mar 2002 13:29:45 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ja, dis so lekker as mens 'n wit
> velletjie het en jy kan nou so op
> die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
> Annette, het jy ook so op die
> kantlyn gesit en kibbitz vyftien
> jaar gelede.

> Die Verdomde
> Ruiter in Kanada

Onthou jy Gloudina, die kleurling Gert Rykheer
van wie ek jou vertel het? Volgens Gert is
daar nie 'n kans dat jy kan wit wees nie. Dit
maak jou 3% meer verstaanbaar.
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58108 is 'n antwoord op boodskap #58103] So, 03 Maart 2002 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, helaas, ek moet nou hier erken dat ek nie 'n baie goeie stemmer is
nie.
Nog nooit het enige party wat ek voor gestem het 'n verkiesing gewen, of
self die leidende opposisie party geword het nie.
Ek het dit nog altyd net so gesien - stem vir die party ( of soos toentertyd
die kandidaat) wat die minste kans het om die paal te haal, want dan het ek
ten minste nie op my gewete dat ek 'n politikus in die parlement geplaas het
nie.
Danksy jou nosey vraag Gloudina, weet die hele wêreld dit nou - en ek dink
nie dit is 'n feit wat ek graag rugbaar wou maak nie:))

'n Kandidaat/party wat eintlik geen stemme moes kry nie , het nou wel 'n
stem gekry - dit moes hul selfvertroue vreeslik geboost het - en vir wat
sal ek nie 'n potensiele verloorder laat goed voel nie?:)))

Annette

> Annette wrote:
>
>
>>> Maar ek is nie negatief oor die toekoms nie. Want daar is 'n
>>> stille meerderheid wat wil rekonsilieer en vorentoe beweeg.
>>> Een of ander tyd sal die politici en ander wat in die verlede
>>> bly krap agtergelaat word.
>
>>
>> My sentiment ook - 100%.
>> Ons hoop maar net hoe gouer, hoe beter.
>
>
>
> Ja, dis so lekker as mens 'n wit
> velletjie het en jy kan nou so op
> die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
> Annette, het jy ook so op die
> kantlyn gesit en kibbitz vyftien
> jaar gelede. En omdat jy toe nog
> gestem het (vir 'n uitsluitlike
> wit Parlement), het die politici
> wat jy daar ingestem het, toe iets
> gedoen aan die grootste menseregte-
> klad van die laaste deel van die
> twintigste eeu?
>
> Die Ruiter in die Dag
>
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58112 is 'n antwoord op boodskap #58106] So, 03 Maart 2002 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:t8a48u8s6etlbogks20pq60fr77jpduhq8@4ax.com...
> On Sun, 03 Mar 2002 13:29:45 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>
>> Ja, dis so lekker as mens 'n wit
>> velletjie het en jy kan nou so op
>> die kantlyn sit en kibbitz. Sê my,
>> Annette, het jy ook so op die
>> kantlyn gesit en kibbitz vyftien
>> jaar gelede.
>
>> Die Verdomde
>> Ruiter in Kanada
>
>
> Onthou jy Gloudina, die kleurling Gert Rykheer
> van wie ek jou vertel het? Volgens Gert is
> daar nie 'n kans dat jy kan wit wees nie. Dit
> maak jou 3% meer verstaanbaar.
>

Gert is verkeerd DD. Gloudina, of Dina soos haar oud kollegas haar ken, is
wit.
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58115 is 'n antwoord op boodskap #58106] So, 03 Maart 2002 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

>> Die Verdomde
>> Ruiter in Kanada

> Onthou jy Gloudina, die kleurling Gert Rykheer
> van wie ek jou vertel het? Volgens Gert is
> daar nie 'n kans dat jy kan wit wees nie. Dit
> maak jou 3% meer verstaanbaar.

Jy is darem 'n intense snip, Davie
Davis. Blykbaar kan jy nie verstaan
dat ek nie omgee of ek pienk met
bruin kolletjies of geel of swart
is nie.

Tant Hessie M8
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58116 is 'n antwoord op boodskap #58112] So, 03 Maart 2002 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 17:36:39 +0200, "Sakkie" wrote:

>
> Gert is verkeerd DD. Gloudina, of Dina soos haar oud kollegas haar ken, is
> wit.
>

ôk mar net annie buitekant Sakkie :-)

DD
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58119 is 'n antwoord op boodskap #58082] So, 03 Maart 2002 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
'n Sekere hoeveelheid van "in die verlede
krap is NOODSAAKLIK om die perspektief te
behou.

Wouter
Absoluut, ek stem saam. En baie blankes is oorgevoeilig
daarvoor. Maar dit moet ook nie onsensitief of met eiegewin
in gedagte gedoen word nie. Daar is baie "common ground"
uit die verlede te leer en ons moet dit gebruik.

Gloudina
Daar is teveel wit mense in SA wat
ander omtrent wil DWING om te "vergewe en
vergeet."

Wouter
Dalk voel sommiges so en sommiges artikuleer dut ook.
Maar blankes het nie mag om ander te dwing nie, wat
jy hier sê is totaal onrealisties.

En daar is ander mense, soos ek,
wat gedetermineer is dat hierdie skandelike
verlede voor die oë van my medebloedgenote
sal bly vir solank dit nodig is.
Ek lees gister weer in die Beeld iets
wat my opnuut omgekrap het oor die apartheids-
varke. Op Riemvasmaak in die Noord-Kaap was
daar 'n groep Namas wat op 'n stuk grond gebly
het, lank bearbei deur die Katolieke Kerk.
(Baie van hierdie mense is afgejaag van die
eilande wat die witmense oorgevat het aan die
begin van die twintigste eeu.) Hulle het
vreedsaam op Riemvasmaak gebly. Ek kan nou
nog hoor hoe my pa van hulle met die grootste
respek gepraat het.
Nou lees ek in die Beeld dat hulle in die
sewentigerjare van Riemvasmaak verwyder is
omdat die destydse regering dit as 'n wit
gebied wil verklaar. Hulle is na die noorde-
kant van die Oranje-rivier verskuif, ver van
hulle grond en die graftes van hulle voorvaders.
Nou het die huidige regering die mense wat wil,
gehelp deur HOP fondse om weer terug te verskuif.

Gloudina
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58122 is 'n antwoord op boodskap #58112] So, 03 Maart 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Davie
> Onthou jy Gloudina, die kleurling Gert Rykheer
> van wie ek jou vertel het? Volgens Gert is
> daar nie 'n kans dat jy kan wit wees nie.

Sakkie
Gert is verkeerd DD. Gloudina, of Dina soos haar
oud kollegas haar ken, is wit.

Wouter
Daar is nie Rykheer-kleurlinge nie, Sakkie
Gert bestaan net in Davie se verbeelding, nes 'n ander
kleurling wie se van hy nie kon spel nie.
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58123 is 'n antwoord op boodskap #58122] So, 03 Maart 2002 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 23:47:25 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter
> Daar is nie Rykheer-kleurlinge nie, Sakkie
> Gert bestaan net in Davie se verbeelding, nes 'n ander
> kleurling wie se van hy nie kon spel nie.
>
>

Werk jy nagskof Wouter, of het Gloudina werklik jou
gewete aan die gang?
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58124 is 'n antwoord op boodskap #58123] So, 03 Maart 2002 23:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Daar is nie Rykheer-kleurlinge nie, Sakkie
> Gert bestaan net in Davie se verbeelding, nes 'n ander
> kleurling wie se van hy nie kon spel nie.

Davie
Werk jy nagskof Wouter, of het Gloudina werklik jou
gewete aan die gang?

Wouter
Dankie vir die bevestiging dat dit 'n versinsel was, Davie
Re: Rekonsiliasie [boodskap #58126 is 'n antwoord op boodskap #58112] Ma, 04 Maart 2002 02:24 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Gert is verkeerd DD. Gloudina, of Dina soos haar oud kollegas haar ken, is
> wit.

Het jy nou werklik in aanraking gekom
met mense wat my nog geken het op Adams
Mission, of trek jy my maar net ons been?
Indien jy wel met mense daar gepraat het
oor my, wie was hulle?

Gloudina
Vorige onderwerp: Nuus - 3/3
Volgende onderwerp: Nuus 19/3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:06:50 MGT 2024