Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 23/8
Nuus 23/8 [boodskap #57772] Sa, 23 Februarie 2002 05:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danie Gerber ( Springbok senter) het 'n nood hartoperasie ondergaan. Hy het
'n onreelmatige hartklop waargeneem tydens 'n afrigtingsoefening met die
Pumas.

Onse Prez gaan hierdie jaar nog skaarser wees in parlement as verlede jaar.
Volgens Bheki Khumalo sal die Prez ten minste 3 maal hierdie jaar Parlement
bywoon, en hy het al klaar 2 sittings bygewoon - toe hy die
Parlementsopening bygewoon het, en die dag van die debat ivm sy toespraak.
Blykbaar word dit verwag dat die President ten minste 4 maal per jaar in
Parlement verskyn om vrae te kan beantwoord.
Ek sal julle laat weet wanneer die derde en laaste verskyning hierdie jaar
met groot geskal aangekondig word.

Daar was alweer 'n voorval waar 'n swart korporaal in die weermag - wat
alreeds op pad was terug na SA weens sy ongedissiplineerde optrede - twee
blanke offisiere gekiet het. Die offisiere is terug in SA - ernstig gewond,
en die korporaal is dood toe ander weermaglede die offisiere te hulp gesnel
het.

Die Stormers het die Sharks gister in 'n super 12 wedstryd gewen - nie 'n
goeie teken vir die voorloper in die stryd vir nuwe springbokafrigter nie -
Rudolf Straueli kry dit nog steeds net reg dat sy span die eerste helfte
goed speel.
Miskien moet Rudolf aangestel word om die springbokke vir die eerste helfte
af te rig, en Gert Smal vir die tweede helfte. Ek begin wonder wat Gert die
spelers tydens rustyd injaag, want dit gebeur nou met reelmaat dat die WP en
( en nou Stormers) 'n ander span is in die tweede helfte.
Annette
Re: Nuus 23/8 [boodskap #57773 is 'n antwoord op boodskap #57772] Sa, 23 Februarie 2002 05:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Skuus - die datum moet 23/2 wees - die voorlopige belasting spook in my
kop:)))
Annette

in message news:a578m2$4pgoa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Danie Gerber ( Springbok senter) het 'n nood hartoperasie ondergaan. Hy het
> 'n onreelmatige hartklop waargeneem tydens 'n afrigtingsoefening met die
> Pumas.
>
> Onse Prez gaan hierdie jaar nog skaarser wees in parlement as verlede jaar.
> Volgens Bheki Khumalo sal die Prez ten minste 3 maal hierdie jaar Parlement
> bywoon, en hy het al klaar 2 sittings bygewoon - toe hy die
> Parlementsopening bygewoon het, en die dag van die debat ivm sy toespraak.
> Blykbaar word dit verwag dat die President ten minste 4 maal per jaar in
> Parlement verskyn om vrae te kan beantwoord.
> Ek sal julle laat weet wanneer die derde en laaste verskyning hierdie jaar
> met groot geskal aangekondig word.
>
> Daar was alweer 'n voorval waar 'n swart korporaal in die weermag - wat
> alreeds op pad was terug na SA weens sy ongedissiplineerde optrede - twee
> blanke offisiere gekiet het. Die offisiere is terug in SA - ernstig gewond,
> en die korporaal is dood toe ander weermaglede die offisiere te hulp gesnel
> het.
>
> Die Stormers het die Sharks gister in 'n super 12 wedstryd gewen - nie 'n
> goeie teken vir die voorloper in die stryd vir nuwe springbokafrigter nie -
> Rudolf Straueli kry dit nog steeds net reg dat sy span die eerste helfte
> goed speel.
> Miskien moet Rudolf aangestel word om die springbokke vir die eerste helfte
> af te rig, en Gert Smal vir die tweede helfte. Ek begin wonder wat Gert die
> spelers tydens rustyd injaag, want dit gebeur nou met reelmaat dat die WP en
> ( en nou Stormers) 'n ander span is in die tweede helfte.
> Annette
>
Vorige onderwerp: Nuus 7/2
Volgende onderwerp: Nog Nuus 26/2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:04:52 MGT 2024