Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Brood resep
Brood resep [boodskap #54267] Ma, 03 Desember 2001 14:12 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Van tyd tot tyd hou ek nogal daarvan om potbrood te maak in 'n ronde
platboom ysterpot wat ek baie jare gelede gekoop het vir wat toe 'n stewige
R7 was! Die resep wat ek altyd gebruik het, kom van 'n Snowflake
broodmeelpak af. Dié het ek uitgeknip en sorgvuldig oor die jare bewaar,
maar nou het dit weggeraak, en ek kon dit nêrens kry toe ek die naweek weer
wou potbrood maak nie. Uiteindelik moes ek tevrede wees met bevrore deeg uit
die supermark se yskas, maar dis eintlik maar niks anders as wind nie, al
staan daar ook "enriched white bread" op. Terloops, dis nog altyd vir my
ironies dat meel superfyn gesif word om al die vesel en lekkerte daaruit te
haal, dan spierwit gebleik word, maar voor dit op die winkelrak kom moet dit
eers ge-"enrich" word. Dan smaak dit nog steeds na wind.

Nou my vraag: ek soek na die resep wat destyds op die Snowflake pak was. Of
'n ander lekker resep, as iemand een het om te deel. Op die suurdeegpakkies
het ook soms broodreseppe verskyn wat ook goed gewerk het.

Kan iemand dalk help?

Baie dankie!

Henry
Re: Brood resep [boodskap #54278 is 'n antwoord op boodskap #54267] Di, 04 Desember 2001 03:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doringrosie  is tans af-lyn  Doringrosie
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
> Nou my vraag: ek soek na die resep wat destyds op die Snowflake pak was. Of
> 'n ander lekker resep, as iemand een het om te deel. Op die suurdeegpakkies
> het ook soms broodreseppe verskyn wat ook goed gewerk het.
>
> Kan iemand dalk help?
>
> Baie dankie!
>
> Henry

DR: Witpotbrood:

800g koekmeelblom (6kop)
15 ml suiker (1e)
1 pakkie (10g) kitsdroëgis
10ml sout (2t)
50 g botter of margarien (4 e)
500 ml sterk lou water (2 Kop)

Sif die koekmeelblom, suiker, kitsdroëgis en sout saam. Maak die
botter of margarien sag en frummel dit by die meelmengsel in. Voeg die
water by en meng dit tot n deeg. Knie die deeg totdat dit glad en
hanteerbaar is. (ek gebruik sommer my Kenwood)
Plaas dit in n groot gesmeerde mengbak. Draai die deeg om sodat die
gesmeerde onderkant bo is. Bedek die bak. Laat die deeg op n warm
plek rys tot dubbel in volume.
Smeer n gietysterpot met n volume van 4 liter en 'n deursnee van 25cm
aan die borand. Smeer ook die pot se deksel aan die binnekant.
Verhit die oond tot 180 grade C.
Knie die deeg af. Verdeel dit in kwarte en fatsoeneer elke kwart in n
bol. Plaas die bolle in die pot en sit die deksel op. Laat dit rys
totdat die pot drie kwart vol is.
Plaas die pot met deksel op, in die oond en bak die brood ongeveer n
uur lank tot goudbruin en gaar.
Keer dit op n draadrak uit. Bedek dit met n brooddoek en laat afkoel.

****
Ken jy die variasie:? Ek neem 'n liter room en meng n koppie
bruinsuiker daarin. En net voor ek die brood in die oond insteek,
gooi ek die roommengsel oor die brooddeeg! Mens eet dan jou vingers
behoorlik af!

Op dieselfde metode as hier bo is hier n Volkoringpotbrood vir jou:

1,275 kg volkoringmeel ( 10k)
30 ml sagte bruinsuiker (2e)
15ml sout (1e)
1 pakkie (10 g) kitsdroëgis
1 liter sterk lou water (4k)
30 ml sonneblomolie (2 e)

Lekker bak!
Re: Brood resep [boodskap #54316 is 'n antwoord op boodskap #54278] Di, 04 Desember 2001 14:50 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie - dit lyk presies na die resep wat ek soek. Ek waardeer jou
moeite. Die variasie met die room klink fantasties en ek sal dit probeer.
Die volkoringresep het ek baie gebruik. Al probleem is dat ons hier op die
Ooskus nie volkoringmeel kan koop nie. Daar is wel "whole wheat" in die
winkels, maar al verskil met die gewone wit meel is dat dit bruin is. Verder
netso verfyn as die wit meel. Desember hoop ek om in SA te gaan kuier; dan
bring ek weer 'n voorraad Nutty Wheat saam..

Dankie weer eens.

Henry

"Doringrosie" skryf in boodskap news:1696cc0d.0112031958.3a521c9b@posting.google.com...
>>
>> Nou my vraag: ek soek na die resep wat destyds op die Snowflake pak was. Of
>> 'n ander lekker resep, as iemand een het om te deel. Op die suurdeegpakkies
>> het ook soms broodreseppe verskyn wat ook goed gewerk het.
>>
>> Kan iemand dalk help?
>>
>> Baie dankie!
>>
>> Henry
>
>
> DR: Witpotbrood:
>
> 800g koekmeelblom (6kop)
> 15 ml suiker (1e)
> 1 pakkie (10g) kitsdroëgis
> 10ml sout (2t)
> 50 g botter of margarien (4 e)
> 500 ml sterk lou water (2 Kop)
>
> Sif die koekmeelblom, suiker, kitsdroëgis en sout saam. Maak die
> botter of margarien sag en frummel dit by die meelmengsel in. Voeg die
> water by en meng dit tot n deeg. Knie die deeg totdat dit glad en
> hanteerbaar is. (ek gebruik sommer my Kenwood)
> Plaas dit in n groot gesmeerde mengbak. Draai die deeg om sodat die
> gesmeerde onderkant bo is. Bedek die bak. Laat die deeg op n warm
> plek rys tot dubbel in volume.
> Smeer n gietysterpot met n volume van 4 liter en 'n deursnee van 25cm
> aan die borand. Smeer ook die pot se deksel aan die binnekant.
> Verhit die oond tot 180 grade C.
> Knie die deeg af. Verdeel dit in kwarte en fatsoeneer elke kwart in n
> bol. Plaas die bolle in die pot en sit die deksel op. Laat dit rys
> totdat die pot drie kwart vol is.
> Plaas die pot met deksel op, in die oond en bak die brood ongeveer n
> uur lank tot goudbruin en gaar.
> Keer dit op n draadrak uit. Bedek dit met n brooddoek en laat afkoel.
>
> ****
> Ken jy die variasie:? Ek neem 'n liter room en meng n koppie
> bruinsuiker daarin. En net voor ek die brood in die oond insteek,
> gooi ek die roommengsel oor die brooddeeg! Mens eet dan jou vingers
> behoorlik af!
>
> Op dieselfde metode as hier bo is hier n Volkoringpotbrood vir jou:
>
> 1,275 kg volkoringmeel ( 10k)
> 30 ml sagte bruinsuiker (2e)
> 15ml sout (1e)
> 1 pakkie (10 g) kitsdroëgis
> 1 liter sterk lou water (4k)
> 30 ml sonneblomolie (2 e)
>
> Lekker bak!
Vorige onderwerp: Hoenderlewersous.
Volgende onderwerp: stampmielies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 15:12:05 MGT 2024