Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Healdtown
Healdtown [boodskap #53479] Vr, 16 November 2001 07:47 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Jy het gevra of ek al op Healdtown was. Ja, baie jare gelede. Kort na
ons aankoms in die Oos Kaap het ons nogal graag die omgewing verken.
Hier is baie mooi plekke (klowe en valleie) wat mens nie van die
grootpaaie af kan sien nie. Na 1976 kon mens nie en deesdae is die
paaie te sleg.

As mens nou van Fort Beaufort na Healdtown toe ry is daar links op die
eerste bult Cape College (onderwysers) en net so katspoegie verder,
Thubalethu, 'n kosskool vir swart leerlinge. Die College is 'n
sprekende voorbeeld van 'n situasie wat mens seker net in die NRSA kan
kry. Volgens 'n departementele besluit neem hulle die afgelope twee
jaar nie meer studente in nie, maar die hele kontingent personeel is
nog daar, van Rektor tot skoonmakers. En hulle word betaal! Daar is
ook nie meer elektrisiteit of werkende telefone nie weens onbetaalde
rekeninge. Wat snaaks is, is dat die personeel baie getrou, elke
weeksoggend om half 8, werk toe gaan. Dan maak hulle maar glo koffie
(op gas!), sit so bietjie rond en gaan dan maar weer huistoe. En dan
is daar ook nog die geboue en toerusting wat miljoene werd moet wees.

Drom
Re: Healdtown [boodskap #53563 is 'n antwoord op boodskap #53479] Sa, 17 November 2001 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Gloudina,
>
> Jy het gevra of ek al op Healdtown was. Ja, baie jare gelede. Kort na
> ons aankoms in die Oos Kaap het ons nogal graag die omgewing verken.
> Hier is baie mooi plekke (klowe en valleie) wat mens nie van die
> grootpaaie af kan sien nie. Na 1976 kon mens nie en deesdae is die
> paaie te sleg.
>

Ja, dis 'n mooi deel van die wêreld daar. Ek het so
daarvan gehou om, veral in die herfs, die heuwels
agter Healdtown uit te klim. In die laatherfs of
selfs vroegwinter is daar groot boom-aalwyne nog
oranje en rooi rondom jou, en as jy hoog genoeg
is, kan jy uitkyk oor die heuwels na die noordooste
en wit sneeu sien op die berge in die verte.
En dan is daar die geur van lemoenbloeisels in
die Katrivier-vallei gedurende die lente.
As jy 150 km van die naaste flieks af bly,
is daardie flieks in Grahamstad?

Gloudina
Re: Healdtown [boodskap #53574 is 'n antwoord op boodskap #53479] So, 18 November 2001 04:32 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Drom wrote:
>
>> Gloudina,
>
> Ja, dis 'n mooi deel van die w?eld daar. Ek het so
> daarvan gehou om, veral in die herfs, die heuwels
> agter Healdtown uit te klim. In die laatherfs of
> selfs vroegwinter is daar groot boom-aalwyne nog
> oranje en rooi rondom jou, en as jy hoog genoeg
> is, kan jy uitkyk oor die heuwels na die noordooste
> en wit sneeu sien op die berge in die verte.
> En dan is daar die geur van lemoenbloeisels in
> die Katrivier-vallei gedurende die lente.
> As jy 150 km van die naaste flieks af bly,
> is daardie flieks in Grahamstad?
>
> Gloudina

Dit is juis nou baie mooi hier. Ons het goeie lentereen gehad en alles
wat kan blom doen dit met oorgawe; jakarandas, seringbome,
bougainvilleas, lemoenbome, aalwyne ens ens ens...tot die turksvye, en
die piet-my-vroue (vrouens?) skree hulle jisse af. Gister was dit net
bietjie warm, sou skat so in die middel 30s.

Flieke? Nee, nie Grahamstown nie, daar's net een daar en dis 'n
vlooines. Die naaste ordentlike flieks aan ons is in Oos Londen.

Drom
Vorige onderwerp: Kunsvragie
Volgende onderwerp: 'n Snaakse ding....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:11:49 MGT 2024