Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5874] Fw: Re:DS: Re: RP
DS: [AFRIKAANS:5874] Fw: Re:DS: Re: RP [boodskap #5578] Wo, 31 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: hsch...@cis.co.za[SMTP:h...@cis.co.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 23:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5874] Fw: Re:DS: Re: RP

Koos (Ferdi) het Freek Eek geantwoord:

> Jy kan behoort aan die klub wat jy wil. Dis een ding.
> Jou klub praat dan egter net NAMENS SY LEDE. Dis 'n ander ding. Dis
> die ding waaroor ek praat.
> Die Rapportryers reik nie verklaring uit "namens al ons lede" nie,
> maar sê hulle praat namens "die Afrikaner".
> Ek het hulle nie my segsman gemaak nie.
> Hulle praat nie namens my nie.
> Hulle kan my uitnooi om saam met hulle te stem of nie, maar hulle kan
> nie namens my praat nie.
> Ek behoort nie aan hulle nie.

Reg genoeg. Die probleem is net dat hulle (en ook vele ander
splinterorganisasies) skynbaar hulle self die reg toe-eien om te besluit
wie en wat 'n Afrikaner nou eintlik is: kortliks is dit almal wat met hulle
saamstem! Hulle praat dus inderdaad nie namens jou (of my) nie omdat ons
nie Afrikaners is nie ;=)

Soos ek juis die naweek aan 'n bra regse vriend van my verduidelik: ek
kwalifiseer skynbaar nie om Afrikaner te wees nie omdat ek weier om te
aanvaar dat net mense met 'n wit vel Afrikaners kan wees -- of is dit dalk
in dio geval eerder *Boer* as Afrikaner?!

Groetnis
Hoepel
Vorige onderwerp: soek kritiese lesers
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5875] Re: DS: Re: Lojale verset
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:41:10 MGT 2024