Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus: 28/10
Nuus: 28/10 [boodskap #52454] So, 28 Oktober 2001 09:03
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
WP ( Westelike Provinsie) is weereens die Curriebeker kampioene. Ek dink
hulle het net gewen sodat Breyton Paulse sy flikflakke kon tentoonstel:)))

2 Bloemfonteinse tronkbewaarders ( vanne Scholtz & Tiedt) vir 4 jaar ( een
jaar opgeskort) tronk toe gestuur omdat hulle glo tronksleutels aan die
aangehoudenes vir R5000 per sleutel verkoop het.

Die NNP ( Newimproved National Party) staan so vas agter Pietertjie Marais
en sy padnaamdebakel), dat hulle nou uit die DA geloop het, en nou glo met
die ANC wil koaliseer. Niemand weet of dit ( die straatnaamgemors) in die
eerste plek 'n set was van Pietertjie saam met die ANC om dinge so te laat
uitwerk nie.

Annette
Rooiwyn & Pannekoek Liefhebber.
Vorige onderwerp: Nuus 16/10
Volgende onderwerp: Nuus 3/11
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:21:06 MGT 2024