Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Terug oppie Bos...
Terug oppie Bos... [boodskap #51297] Wo, 10 Oktober 2001 08:12 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek's weer terug oppie Bos op my pos na 'n trippie in die binneland in.
Was by die fontein der bloemen in die staat va Vry-heid. En daar na die
stad van Pretoria besoek om enkele familiebande te loop versterk.

Terug rapport oor die WAT fees op Stellenbosch:

WAT 'n fees. Lekker met die woord en die klem wat Dirk van Schalkwyk en sy
span leksikograwe wou gee was juis die verskillende tongvalle en spreelwyses
van Afrikaans.

Ons het grepe van Afrikaans gehad uit die Sandveld, Swartland, Boland,
Boesmanland, Noord-Namakwaland en Suid-Namakwaland, Rehoboth, "Cape Flats"
Afrikaanse gedigte deur die digter self voorgelees, en Randal (sonder sy
rooirok wat dans) het vir ons Hans du Plessis se Griekwa "Onse Vader"
gesing. Wat hy self getoonset het. Hy is beslis nie my gunsteling
Afrikaanse sanger nie.
En daa' was 'n lekke stemming oorrie Kaapse Klopse soe lekka gesing het
(spin maar in jou stoel Gloudina)

Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
of so probeer praat en skryf?
Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.

Thys terug oppie Bos
Re: Terug oppie Bos... [boodskap #51308 is 'n antwoord op boodskap #51297] Wo, 10 Oktober 2001 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ah Thys!!! Net betyds om ons koor se konsert Vrydagaand in die Endler by te
bring;))
Dra 'n Alice Band met van daardie blink antennae en balletjies op sodat ek
jou kan herken en vir jou kan waai:)))
Annette

Happiness is a state of Mind.

Thys de Wet skryf in boodskap news:9q0vst$2lfl$1@news.adamastor.ac.za...
> Ja, ek's weer terug oppie Bos op my pos na 'n trippie in die binneland in.
> Was by die fontein der bloemen in die staat va Vry-heid. En daar na die
> stad van Pretoria besoek om enkele familiebande te loop versterk.
>
> Terug rapport oor die WAT fees op Stellenbosch:
>
> WAT 'n fees. Lekker met die woord en die klem wat Dirk van Schalkwyk en sy
> span leksikograwe wou gee was juis die verskillende tongvalle en spreelwyses
> van Afrikaans.
>
> Ons het grepe van Afrikaans gehad uit die Sandveld, Swartland, Boland,
> Boesmanland, Noord-Namakwaland en Suid-Namakwaland, Rehoboth, "Cape Flats"
> Afrikaanse gedigte deur die digter self voorgelees, en Randal (sonder sy
> rooirok wat dans) het vir ons Hans du Plessis se Griekwa "Onse Vader"
> gesing. Wat hy self getoonset het. Hy is beslis nie my gunsteling
> Afrikaanse sanger nie.
> En daa' was 'n lekke stemming oorrie Kaapse Klopse soe lekka gesing het
> (spin maar in jou stoel Gloudina)
>
> Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
> vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
> as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
> of so probeer praat en skryf?
> Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.
>
> Thys terug oppie Bos
>
Re: Terug oppie Bos... [boodskap #51326 is 'n antwoord op boodskap #51297] Wo, 10 Oktober 2001 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
> vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
> as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
> of so probeer praat en skryf?
> Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.
>

Het jy vir hulle verduidelik dat Gloudina dink dis
neerbuigend as in "Afrikaner" grappies elke hoer
in die hawe met 'n "Kaapse" tongval praat, en elke
plaashulp nog so lekker "baas" vir die meester van
die plaas sê. Dit, my liewe Thys, is die vraag wat
jy vir hulle moes gevra het. Ek dink jy het nie
daardie vraag gevra nie, Thys. So ons is terug by
square one.

Gloudina
Re: Terug oppie Bos... [boodskap #51419 is 'n antwoord op boodskap #51297] Do, 11 Oktober 2001 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aag hel tog Gloudina wat sit en nonsens dink in kanada (met 'n kleinletter)!

Kom tog by in die lewe. DIS SOOS DIT IS en of jy dit wil politiseer, of wat
ookal, dit sal nie die saak vernader nie. Dit is soos die mense hier praat.
En daarmee moet jy daar in die vreemde jou berus. Sela en wat nog als....
Nou ja wragtig. Wat wil jy nog bereik?
Of dalk moes jy verlede Vrydag in Bloem gewees het met jou kappie en jou wa.
Perd toom saal en mond-proviand vir agt dae.

Thys
skryf in boodskap news:3BC43907.9D666218@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
> vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
> as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
> of so probeer praat en skryf?
> Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.
>

Het jy vir hulle verduidelik dat Gloudina dink dis
neerbuigend as in "Afrikaner" grappies elke hoer
in die hawe met 'n "Kaapse" tongval praat, en elke
plaashulp nog so lekker "baas" vir die meester van
die plaas sê. Dit, my liewe Thys, is die vraag wat
jy vir hulle moes gevra het. Ek dink jy het nie
daardie vraag gevra nie, Thys. So ons is terug by
square one.

Gloudina
Re: Terug oppie Bos... [boodskap #51440 is 'n antwoord op boodskap #51297] Do, 11 Oktober 2001 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Aag hel tog Gloudina
>
> Kom tog by in die lewe. DIS SOOS DIT IS en of jy dit wil politiseer, of wat
> ookal, dit sal nie die saak vernader nie.

Nee wat, ou Thysie. Gloudina sal nie rus totdat dit blykdat in die Bolandse
Kaukasiese grappies nie elke hoer
in die hawe praat soos die "Kaapse Kleurlinge" praat nie.
Gloudina sal nie rus totdat nie elke ou grappie van 'n
plaashulp die woord "baas" in het nie. Gloudina is op 'n
veldtog waarvan jy die effek van die eerste salvo's al
gevoel het. Gloudina gebruik die kuberpen soos 'n swaard.
Gloudina het jou al "beweeg" om 'n vraag daar op 'n taalfees
aan van jou mede-landgenote te vra. (Dit was egter die
verkeerde vraag. Ek wag nog op die antwoord op die
regte vraag.)

Gloudina
Re: Terug oppie Bos... [boodskap #51442 is 'n antwoord op boodskap #51297] Do, 11 Oktober 2001 11:57 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal maar moet wag tot die volgende een... Oor 25 jaar...
Thys wat ook wag oppie Bos
skryf in boodskap news:3BC58814.3D8F6430@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Aag hel tog Gloudina
>>
>> Kom tog by in die lewe. DIS SOOS DIT IS en of jy dit wil politiseer, of wat
>> ookal, dit sal nie die saak vernader nie.
>
> Nee wat, ou Thysie. Gloudina sal nie rus totdat dit blykdat in die Bolandse
> Kaukasiese grappies nie elke hoer
> in die hawe praat soos die "Kaapse Kleurlinge" praat nie.
> Gloudina sal nie rus totdat nie elke ou grappie van 'n
> plaashulp die woord "baas" in het nie. Gloudina is op 'n
> veldtog waarvan jy die effek van die eerste salvo's al
> gevoel het. Gloudina gebruik die kuberpen soos 'n swaard.
> Gloudina het jou al "beweeg" om 'n vraag daar op 'n taalfees
> aan van jou mede-landgenote te vra. (Dit was egter die
> verkeerde vraag. Ek wag nog op die antwoord op die
> regte vraag.)
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: All is fair in love and war.
Volgende onderwerp: Davie, wat is jou...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 14:48:58 MGT 2024