Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep: Wortel & Beet Brood.(koek?)
Resep: Wortel & Beet Brood.(koek?) [boodskap #49992] Wo, 12 September 2001 06:43
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1 k suiker
3 eiers, geskei
2 k meelblom
2 t bakpoeier
1/2 t koeksoda
2 t karamel geursel
1 k kookolie
1 k fyn rou gerasperde wortel
1 k grof rou gerasperde beet
1 t fyn kaneel

Meng suiker en olie, en voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke
geel wat bygevoeg word.
Voeg wortel, beet en droë bestandele by.
Voeg geursel by.
Meng goed.
Klop eierwitte tot styf en vou in
Gooi in uitgevoerde gesmeerde pan en bak 1 uur by 350F
Annette
Vorige onderwerp: Slaphakskeentjies
Volgende onderwerp: Teekoekresep.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 03:05:08 MGT 2024