Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaneelsouskluitjies
Kaneelsouskluitjies [boodskap #49618] Do, 06 September 2001 12:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
2k melk
3 eiers, geskei
4 e hoogvol mielieblom ( maizena)
1 k suiker
2-3 t fyn kaneel
6 e botter
1/2 t sout.

Maak vla van die melk, mielieblom en geklitste eiergele.
Die mielieblom moet goed deurgekook wees voordat dit by die eiergele gevoeg
word.
Plaas terug om warmplaat om goed dik te word
Verwyder van stoof en voeg die styfgeklopte eierwitte by
Skep nou kluitjies met 'n desertlepel wat elke keer in warm water gedoop
word
Rangskik dit netjies in rye in 'n vuurvaste oondskottel.
Sny klein stukkies botter en sit in elke hoekie tussen die kluitjies
Strooi die suiker en kaneel bo-oor, bedek met foelie.
Plaas in oond tot bedien word,
Annette
Re: Kaneelsouskluitjies [boodskap #49728 is 'n antwoord op boodskap #49618] Vr, 07 September 2001 11:08 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Vriendin van my ma het altyd souskluitjies gemaak. Hulle het so 'n paar
huise van ons af gebly. Ons kinders het heeldag oor en weer gekuier, tydig
en ontydig. As jy nou gelukkig was, het sy die Sondag souskluitjies gemaak
en het ons kinders dan lekker gesmul. (My ma weer bekend vir haar
pannekoek)

Ek het eers 20 jaar later uitgevind dat die souskluitjies eintlik verkeerd
gemaak was, want dit moet lig soos koek van binne wees! Die slag wat ek dit
maak, lig ek die deksel op die verkeerde tyd af sodat dit kan toeslaan.
Lekkerrrr kluitjies!

Annette skryf in boodskap news:9n7pkf$5pk70$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> 2k melk
> 3 eiers, geskei
> 4 e hoogvol mielieblom ( maizena)
> 1 k suiker
> 2-3 t fyn kaneel
> 6 e botter
> 1/2 t sout.
>
> Maak vla van die melk, mielieblom en geklitste eiergele.
> Die mielieblom moet goed deurgekook wees voordat dit by die eiergele gevoeg
> word.
> Plaas terug om warmplaat om goed dik te word
> Verwyder van stoof en voeg die styfgeklopte eierwitte by
> Skep nou kluitjies met 'n desertlepel wat elke keer in warm water gedoop
> word
> Rangskik dit netjies in rye in 'n vuurvaste oondskottel.
> Sny klein stukkies botter en sit in elke hoekie tussen die kluitjies
> Strooi die suiker en kaneel bo-oor, bedek met foelie.
> Plaas in oond tot bedien word,
> Annette
>
Vorige onderwerp: Vir Sakkie: Karringmelkpoering
Volgende onderwerp: Gaap...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 12:52:20 MGT 2024