Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » D.J.Opperman: Kitaarspeler & Oud-digter
D.J.Opperman: Kitaarspeler & Oud-digter [boodskap #5515] Ma, 29 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Opperman:

KITAARSPELER

Die klank verklik my vreugde en verdriet,
ek vra wat elke ding my snare bied;
sal alles doen en selfs verraai
net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.


OUD-DIGTER

Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reel
wat springend ritsel om die oog en oor.

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reen lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

Doller... dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
die gemsbok en reenvoel... opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5809] Re: Wie wou vir Koos koos? -Reply
Volgende onderwerp: Afrikaans scheldwoord 'MOER' ???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:24:32 MGT 2024