Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Ystervarkvel.
Ystervarkvel. [boodskap #48210] Di, 14 Augustus 2001 19:46 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
en skraap.
As dit goed skoon is, word die vel in stukke gesny en 'n dag in pekelwater
gelaat.
Kook die vel die volgende dag in vars water tot dit sag is.
Haal uit en laat droog word.
Braai op 'n rooster.
Bedien met bottersous of skuifies (sic) suurlemoen.
Annette
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48236 is 'n antwoord op boodskap #48210] Wo, 15 Augustus 2001 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moet waar wees - dit is 'n Namakwalandse lekkerny.
Annette

--

Danielle skryf in boodskap news:um0knt45245k98lphdv5s37094c0aqde3o@4ax.com...
> On Tue, 14 Aug 2001 21:46:09 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
>> en skraap.
>
> Annette, sê asseblief vir my dis nie waar nie! Dit kannie waar wees
> dat mense rerig ystervark velle eet nie. Ek moes nou gaan slaap, maar
> ek dink nie dis nou meer moontlik nie! :-(
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48255 is 'n antwoord op boodskap #48236] Wo, 15 Augustus 2001 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die plaasmense by my broer op die plaas eet ook nog ystervark. Onthou dat
'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het net
hard geword om as beskerming en kamoeflering te dien. Die dier is ook 'n
plantvreter, verkieslik bolle.
Ek moes verlede week 120 ystervarkpenne skoonmaak (was in warm water en
seep) want dit moes op die tafels by die onthaal in die servette opgerol
wees.
Wil iemand dalk 'n boek by my koop: "Die vader van die bruid se handleiding:
Wat om te doen en wat om nie te doen nie om jou dogter se troue 'n sukses te
maak en jou sinne te behou."

Sal moet vooruit betaal, want ek skryf nie onnodig nie. Het dit nie meer
nodig nie, net een dogter afgegee...

Thys oppie Bos

"Annette" skryf in boodskap news:9ld1l8$8pm63$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Moet waar wees - dit is 'n Namakwalandse lekkerny.
> Annette
>
>
> --
>
> Danielle wrote in message
> news:um0knt45245k98lphdv5s37094c0aqde3o@4ax.com...
>> On Tue, 14 Aug 2001 21:46:09 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
>>> en skraap.
>>
>> Annette, sê asseblief vir my dis nie waar nie! Dit kannie waar wees
>> dat mense rerig ystervark velle eet nie. Ek moes nou gaan slaap, maar
>> ek dink nie dis nou meer moontlik nie! :-(
>>
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48285 is 'n antwoord op boodskap #48255] Wo, 15 Augustus 2001 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Amper soos om muis te eet...
______________________________________________________
"Thys de Wet"

> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het
net
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48286 is 'n antwoord op boodskap #48255] Wo, 15 Augustus 2001 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Verduidelik, asb. (Of moet ek daarvoor jou boek koop?)
__________________________________________________________
"Thys de Wet"

> Ek moes verlede week 120 ystervarkpenne skoonmaak (was in warm water en
> seep) want dit moes op die tafels by die onthaal in die servette opgerol
> wees.
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48288 is 'n antwoord op boodskap #48255] Wo, 15 Augustus 2001 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Man, die probleem is mos dat elkeen anders wil wees... :-) Geen middeweg
nie...
____________________________________________________________ __
"Thys de Wet"

> Wil iemand dalk 'n boek by my koop: "Die vader van die bruid se handleiding:
> Wat om te doen en wat om nie te doen nie om jou dogter se troue 'n sukses te
> maak en jou sinne te behou."
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48306 is 'n antwoord op boodskap #48285] Wo, 15 Augustus 2001 17:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Of rot, of selfs hampster:)))
Annette

--
GroetnisMax skryf in boodskap news:9ldu7c$25$3@azure.nl.gxn.net...
> Amper soos om muis te eet...
> ______________________________________________________
> "Thys de Wet"
>
>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het
> net
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48315 is 'n antwoord op boodskap #48255] Wo, 15 Augustus 2001 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ons het ook altyd op die plaas gaan ystervark jag saam met een van die
werkers en sy honde. Dit was daar in die geweste van Calvinia, tussen
Calvinia en Middelpos. Hulle sien dit byna as 'n delikatessen

Het self die een aand 'n stuk van die rugvel geeet en nogal heel interesant
gesmaak.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9ld9ca$111r$1@news.adamastor.ac.za...
> Die plaasmense by my broer op die plaas eet ook nog ystervark. Onthou dat
> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het net
> hard geword om as beskerming en kamoeflering te dien. Die dier is ook 'n
> plantvreter, verkieslik bolle.
> Ek moes verlede week 120 ystervarkpenne skoonmaak (was in warm water en
> seep) want dit moes op die tafels by die onthaal in die servette opgerol
> wees.
> Wil iemand dalk 'n boek by my koop: "Die vader van die bruid se handleiding:
> Wat om te doen en wat om nie te doen nie om jou dogter se troue 'n sukses te
> maak en jou sinne te behou."
>
> Sal moet vooruit betaal, want ek skryf nie onnodig nie. Het dit nie meer
> nodig nie, net een dogter afgegee...
>
> Thys oppie Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9ld1l8$8pm63$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Moet waar wees - dit is 'n Namakwalandse lekkerny.
>> Annette
>>
>>
>> --
>>
>> Danielle wrote in message
>> news:um0knt45245k98lphdv5s37094c0aqde3o@4ax.com...
>>> On Tue, 14 Aug 2001 21:46:09 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
>>>> en skraap.
>>>
>>> Annette, sê asseblief vir my dis nie waar nie! Dit kannie waar wees
>>> dat mense rerig ystervark velle eet nie. Ek moes nou gaan slaap, maar
>>> ek dink nie dis nou meer moontlik nie! :-(
>>>
>>
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48316 is 'n antwoord op boodskap #48285] Wo, 15 Augustus 2001 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liezl  is tans af-lyn  Liezl
Boodskappe: 27
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Junior Lid
"Max" skryf in boodskap news:...
> Amper soos om muis te eet...
> ______________________________________________________
> "Thys de Wet"
>
>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het
> net

Het elke gas net een pen gekry? Met 2 tot 4 van hulle (penne nie gaste
nie) kan 'n mens darem lang hare baie mooi in 'n franse rol (is dit
wat 'n mens dit noem in Afrikaans) op jou kop maak staan. Ek en my
sussie doen dit nou al amper 'n jaar van tyd tot tyd.
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48323 is 'n antwoord op boodskap #48316] Do, 16 Augustus 2001 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nou met my trippie R70 betaal vir twee ystervarkpenne (Bic) wat ek
as souveniers
gekoop het vir my twee assistente. Boereverneuk sou ek sê, maar met
mooi silver entstukkies, en mens kan nie die refills insit nie, as die pen
opgeskryf is, dan is dit neusie verbij.

Pop

Liezl skryf in boodskap news:1b25448e.0108151246.1fa740d5@posting.google.com...
> "Max" skryf in boodskap news:...
>> Amper soos om muis te eet...
>> ______________________________________________________
>> "Thys de Wet"
>>
>>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het
>> net
>
> Het elke gas net een pen gekry? Met 2 tot 4 van hulle (penne nie gaste
> nie) kan 'n mens darem lang hare baie mooi in 'n franse rol (is dit
> wat 'n mens dit noem in Afrikaans) op jou kop maak staan. Ek en my
> sussie doen dit nou al amper 'n jaar van tyd tot tyd.
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48338 is 'n antwoord op boodskap #48323] Do, 16 Augustus 2001 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink ek gaan vir my 'n ystervarkie of twee aanskaf:)
Die penne klink na 'n winsgewende besigheid:))
Annette

--
.atl.mindspring.net...
> Ek het nou met my trippie R70 betaal vir twee ystervarkpenne (Bic) wat ek
> as souveniers
> gekoop het vir my twee assistente. Boereverneuk sou ek sê, maar met
> mooi silver entstukkies, en mens kan nie die refills insit nie, as die pen
> opgeskryf is, dan is dit neusie verbij.
>
> Pop
>
>
>
> Liezl wrote in message
> news:1b25448e.0108151246.1fa740d5@posting.google.com...
>> "Max" skryf in boodskap news:...
>>> Amper soos om muis te eet...
>>> ______________________________________________________
>>> "Thys de Wet"
>>>
>>>> 'n ystervark nie 'n vark is nie, maar meer 'n knaagdier. Sy hare het net
>>
>> Het elke gas net een pen gekry? Met 2 tot 4 van hulle (penne nie gaste
>> nie) kan 'n mens darem lang hare baie mooi in 'n franse rol (is dit
>> wat 'n mens dit noem in Afrikaans) op jou kop maak staan. Ek en my
>> sussie doen dit nou al amper 'n jaar van tyd tot tyd.
>
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48339 is 'n antwoord op boodskap #48288] Do, 16 Augustus 2001 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roelof  is tans af-lyn  Roelof
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Het julle geweet dat ystervarke is een van die eenigste soogdiere buiten
dolfyne wat amper op 'n daaglikse basis sex het. Hulle lewe in groepe van 'n
mannetjie en twee tot vyf wyfies. Slegs die domineerende wyfie sal dragtig
raak met twee tot vier kleintjies na 'n draagtyd perk van 3 maande. Meestal
in die lente na die eerste reëns. Ek het al gesien waar hulle 'n tonnel
netwerk in 'n termietorium deel met hayenas.

Roelof
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48345 is 'n antwoord op boodskap #48316] Do, 16 Augustus 2001 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en almal wou weet waar kan hulle daarvan kry...

Thys
"Liezl" wrote in message n
> Het elke gas net een pen gekry? Met 2 tot 4 van hulle (penne nie gaste
> nie) kan 'n mens darem lang hare baie mooi in 'n franse rol (is dit
> wat 'n mens dit noem in Afrikaans) op jou kop maak staan. Ek en my
> sussie doen dit nou al amper 'n jaar van tyd tot tyd.
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48346 is 'n antwoord op boodskap #48286] Do, 16 Augustus 2001 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die penne was net so "af die plaas af": Vuil en vol ystervark stink.
Ek moes elkeen in warm water en seep was, en dan met 'n skuurspons
skoonmaak.
Ek vra toe vir my huisdiere of ons nou die penne gaan gebruik as
tandestokkies.
"Nee man" seg vrou. "Dis vir mooi"
Elke servet is opgerol en met 'n raffia (wit en groen) strikke vasgebind en
dan is die ystervarkpen deur die knoopm van die strik gesteek. Net vir die
mooi. Ek moes eers al die skrep punte afknip sodat daar tog nou nie iemand
homself verwond met 'n ystervarkpen nie.

Thys oppie Bos vas ge-ystervarkpen
"Max" skryf in boodskap news:9ldu7d$25$4@azure.nl.gxn.net...
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48350 is 'n antwoord op boodskap #48339] Do, 16 Augustus 2001 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mense ook... Een vrou is al vir my te veel!!!
_________________________________________________

"Roelof" skryf in boodskap news:3b7b6f5a.0@news1.mweb.co.za...
> Het julle geweet dat ystervarke is een van die eenigste soogdiere buiten
> dolfyne wat amper op 'n daaglikse basis sex het. Hulle lewe in groepe van 'n
> mannetjie en twee tot vyf wyfies. Slegs die domineerende wyfie sal dragtig
> raak met twee tot vier kleintjies na 'n draagtyd perk van 3 maande. Meestal
> in die lente na die eerste reëns. Ek het al gesien waar hulle 'n tonnel
> netwerk in 'n termietorium deel met hayenas.
>
> Roelof
>
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48363 is 'n antwoord op boodskap #48350] Do, 16 Augustus 2001 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Mense ook... Een vrou is al vir my te veel!!!
>

Maar, my liewe Max, veelwywery sal eintlik
jou probleem oplos. Dan is die een vrou se
impak effens verwater.
Die moeilikheid kom wanneer hulle 'n
vakbond stig.

Tant Hessie, wat net soos Christina Landman
vra, wat is verkeerd met veelwywery en
veelmannery.
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48387 is 'n antwoord op boodskap #48346] Do, 16 Augustus 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En hoeveel dames het met die penne in die hare uitgeloop?
Dit is wonderlik om nog 'n pa te sien wat so baie moeite doen net vir die
mooi. Het vroulief 'n streep Martha Stewart weg Thys?:))
Annette

--
ac.za> skryf in boodskap news:9lfst3$1nq8$1@news.adamastor.ac.za...
> Die penne was net so "af die plaas af": Vuil en vol ystervark stink.
> Ek moes elkeen in warm water en seep was, en dan met 'n skuurspons
> skoonmaak.
> Ek vra toe vir my huisdiere of ons nou die penne gaan gebruik as
> tandestokkies.
> "Nee man" seg vrou. "Dis vir mooi"
> Elke servet is opgerol en met 'n raffia (wit en groen) strikke vasgebind en
> dan is die ystervarkpen deur die knoopm van die strik gesteek. Net vir die
> mooi. Ek moes eers al die skrep punte afknip sodat daar tog nou nie iemand
> homself verwond met 'n ystervarkpen nie.
>
> Thys oppie Bos vas ge-ystervarkpen
> "Max" skryf in boodskap news:9ldu7d$25$4@azure.nl.gxn.net...
>
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48389 is 'n antwoord op boodskap #48339] Do, 16 Augustus 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie interessant Roelof - nou weet ek my ystervarkboerdery kan vinnig
groei:))
Annette

--

Roelof skryf in boodskap news:3b7b6f5a.0@news1.mweb.co.za...
> Het julle geweet dat ystervarke is een van die eenigste soogdiere buiten
> dolfyne wat amper op 'n daaglikse basis sex het. Hulle lewe in groepe van 'n
> mannetjie en twee tot vyf wyfies. Slegs die domineerende wyfie sal dragtig
> raak met twee tot vier kleintjies na 'n draagtyd perk van 3 maande. Meestal
> in die lente na die eerste reëns. Ek het al gesien waar hulle 'n tonnel
> netwerk in 'n termietorium deel met hayenas.
>
> Roelof
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48398 is 'n antwoord op boodskap #48338] Do, 16 Augustus 2001 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n Mannetjie en vier of vyf wyfies... :-)
____________________________________________________________ ___
"Annette"
> Ek dink ek gaan vir my 'n ystervarkie of twee aanskaf:)
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48399 is 'n antwoord op boodskap #48288] Do, 16 Augustus 2001 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Pluk sy alweer die mat onder my voete uit!
___________________________________________________________


> Maar, my liewe Max, veelwywery sal eintlik
> jou probleem oplos. Dan is die een vrou se
> impak effens verwater.
> Die moeilikheid kom wanneer hulle 'n
> vakbond stig.
>
> Tant Hessie, wat net soos Christina Landman
> vra, wat is verkeerd met veelwywery en
> veelmannery.
>
Re: Ystervarkvel. [boodskap #48410 is 'n antwoord op boodskap #48398] Do, 16 Augustus 2001 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is 'n vredeliewende mens - een mannetjie per wyfie:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:9lgobl$ng2$7@azure.nl.gxn.net...
> 'n Mannetjie en vier of vyf wyfies... :-)
> ____________________________________________________________ ___
> "Annette"
>> Ek dink ek gaan vir my 'n ystervarkie of twee aanskaf:)
>
Re: Ystervarkvel vir 120 gaste. [boodskap #48420 is 'n antwoord op boodskap #48288] Do, 16 Augustus 2001 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Tant Hessie, wat net soos Christina Landman
> vra, wat is verkeerd met veelwywery en
> veelmannery.

Dit is nou Christina wat self ongetroud is ...
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48446 is 'n antwoord op boodskap #48387] Vr, 17 Augustus 2001 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die penne het almal nuwe "tuistes" gekry. Daar was niks om op te ruim
agterna nie.

My grootse stoeigeveg is nou met tegnologie om die digitale fotos op 'n
webwerf te kry.

As my rekenaar se netwerkkaart nie werk nie, dan is die ander ou se CDROM
"oppi koffi"... ens...

Hopelik na die naweek sal die fotos gereed wees..

Ek is seker maar stupid of iets. Wie/wat is Martha Stewart? Ons vorige
buurvrou was Ta' Martha Cilliers. Maar sy's maar 'n gifgeitjie 1000!

Thys (sonder ystervarkpenne in sy hare(wat hy nie baie van het nie)) oppie
Bos

"Annette" skryf in boodskap news:9lgoc4$9c4cf$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> En hoeveel dames het met die penne in die hare uitgeloop?
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48484 is 'n antwoord op boodskap #48446] Vr, 17 Augustus 2001 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Martha Stewart is daardie Amerikaanse dame wat gedurig besig is om mooi
versierseltjies te maak vir in en om die huis, op die tafels, in die borde,
op die kaste, pleinweg oral
Allerhande strikkies, en krulletjies, en valletjies, en stokkies, en
blommetjies.
Bllllleeeeerrrrrrccchhhhh!!!!( ek het die woord uit my Mad komieks
geleer:)) )

Sy was so 'n dinamiese tuisteskepper dat haar arme man moed opgegee het en
maar die pad gevat het.

Sy voel dit is haar plig om die wêreld se vrouens weer met geteasde hare,met
'n voorskoot en haai polvaais aan, terug in die huis te kry waar hulle
hoort:(((((

Annette

--

Thys de Wet skryf in boodskap news:9lilao$2hnp$1@news.adamastor.ac.za...
> Die penne het almal nuwe "tuistes" gekry. Daar was niks om op te ruim
> agterna nie.
>
> My grootse stoeigeveg is nou met tegnologie om die digitale fotos op 'n
> webwerf te kry.
>
> As my rekenaar se netwerkkaart nie werk nie, dan is die ander ou se CDROM
> "oppi koffi"... ens...
>
> Hopelik na die naweek sal die fotos gereed wees..
>
> Ek is seker maar stupid of iets. Wie/wat is Martha Stewart? Ons vorige
> buurvrou was Ta' Martha Cilliers. Maar sy's maar 'n gifgeitjie 1000!
>
> Thys (sonder ystervarkpenne in sy hare(wat hy nie baie van het nie)) oppie
> Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9lgoc4$9c4cf$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> En hoeveel dames het met die penne in die hare uitgeloop?
>
Re: Ystervarkvel. Met die perfekte servet daarnaast! [boodskap #48510 is 'n antwoord op boodskap #48484] Vr, 17 Augustus 2001 19:23 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Sy voel dit is haar plig om die wêreld se vrouens weer met geteasde hare,met
> 'n voorskoot en haai polvaais aan, terug in die huis te kry waar hulle
> hoort:(((((
>

Ek twyfel. Sy is 'n biljoenêr besigheidsvrou en
haar stocks trade op die NY Stock Exchange.

Tant Hessie wat sê: fieterjasietjies het ook 'n plek.
Vorige onderwerp: Rook, eet en drinklesse!
Volgende onderwerp: Bobotie resep sal volg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:37:28 MGT 2024