Forum: Woordeboek
Onderwerp: uittrede
uittrede [boodskap #145921 ]
Wo, 24 Julie 2024 19:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uittrede
Afbreking: uit•tre•de
Samestelling: uittree + -de
Selfstandige naamwoord: uittrede
Meervoud: uittredes
Verkleinwoord: uittrede
Meervoud van verkleining: uittrede
Betekenis:
• Die handeling van uittree.
Gebruik:
• Die politikus het sy uittrede aangekondig.
Sinoniem:
• aftrede
• bedanking
• pensioen
• uittreding
• vertrek
Vertaling:
Engels: retirement, resignation, withdrawal
Nederlands: uittrede
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: rasgebaseer
rasgebaseer [boodskap #145920 ]
Wo, 24 Julie 2024 19:19
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rasgebaseer
Afbreking: ras•ge•ba•seer
Samestelling: ras + gebaseer
Byvoeglike naamwoord: rasgebaseer
Attributief: rasgebaseerde
Betekenis:
• Wat op ras gebaseer is (en dus rassisties van aard is).
Gebruik:
• Die tender is nie toegestaan nie omdat die maatskappy nie aan al die rasgebaseerde kriteria voldoen het nie.
Sinoniem:
• rasgegrond
• rasgefundeerd
Vertaling:
Engels: racially based
Nederlands: rasgegrond, rasgefundeerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: regstappe
regstappe [boodskap #145919 ]
Wo, 24 Julie 2024 19:06
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regstappe
Afbreking: reg•stap•pe
Samestelling: reg + stap + -e
Selfstandige naamwoord: regstap
Meervoud: regstappe
Betekenis:
• Geregtelike optrede; om iemand hof toe te sleep.
Gebruik:
• Die huurder wat nie betaal nie is met regstappe gedreig.
Sinoniem:
• regsaksie
• regshandeling
• regsprosedure
Vertaling:
Engels: legal proceedings
Nederlands: legale processen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sonskynweer
sonskynweer [boodskap #145918 ]
Wo, 24 Julie 2024 18:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sonskynweer
Afbreking: son•skyn•weer
Samestelling: sonskyn + weer
Selfstandige naamwoord: sonskynweer
Meervoud: –
Betekenis:
• Sonnige weer.
Gebruik:
• Ons het die afgelope paar dae heerlike sonskynweer gehad.
Sinoniem:
• mooiweer
• sonweer
Vertaling:
Engels: sunny weather
Nederlands: zonnige weer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hedonisme
hedonisme [boodskap #145917 ]
Wo, 24 Julie 2024 18:01
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hedonisme
Afbreking: he•do•nis•me
Selfstandige naamwoord: hedonisme
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Filosofiese leer en lewensbeskouing wat geluk en genot as die hoogste doel daarstel.
Gebruik:
• Hedonisme is veral prominent in welvarende gemeenskappe.
Sinoniem:
• genotsug
• plesiersug
• selfsug
Verwant:
• hedonis
• hedonisme
Vertaling:
Engels: hedonism
Nederlands: hedonisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: eendeweer
eendeweer [boodskap #145916 ]
Wo, 24 Julie 2024 17:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eendeweer
Afbreking: een•de•weer
Samestelling: eende + weer
Selfstandige naamwoord: eendeweer
Meervoud: –
Betekenis:
• Mistroostige, nat en reënerige weer.
Gebruik:
• Ten spyte van die eendeweer het ons die uitstappie terdeë geniet.
Sinoniem:
• reënweer
Antoniem:
• mooiweer
• sonskynweer
Vertaling:
Engels: duck weather
Nederlands: eendenweer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: weervoorspelling
weervoorspelling [boodskap #145915 ]
Wo, 24 Julie 2024 17:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weervoorspelling
Afbreking: weer•voor•spel•ling
Samestelling: weer + voorspelling
Selfstandige naamwoord: weervoorspelling
Meervoud: weervoorspellings
Betekenis:
• Die weer wat in die komende dae verwag word.
Gebruik:
• Volgens die weervoorspelling gaan dit môre bloedig warm wees.
Sinoniem:
• weerberig
Afgelei:
• weervoorspellingskantoor
Verwant
• weervoorspeller
Vertaling:
Engels: weather forecast, weather report
Nederlands: weervoorspelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Israelies
Israelies [boodskap #145913 ]
Wo, 24 Julie 2024 11:45
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Israelies
Afbreking: Is•rae•lies
Samestelling: Israel + -ies
Byvoeglike naamwoord: Israelies
Attributief: Israeliese
Betekenis:
• Van of met betrekking tot die moderne land Israel.
Gebruik:
• Die Amerikaanse presedent het met die Israeliese premier by die Withuis vergader.
Sinoniem:
• Israels
Verwant:
• Israelities
Vertaling:
Engels: Israeli
Nederlands: Israëlisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wapenstilstand
wapenstilstand [boodskap #145912 ]
Wo, 24 Julie 2024 11:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wapenstilstand
Afbreking: wa•pen•stil•stand
Samestelling: wapen + stilstand
Selfstandige naamwoord: wapenstilstand
Meervoud: wapenstilstande
Verkleinwoord: wapenstilstandjie
Meervoud van verkleining: wapenstilstandjies
Betekenis:
• Ooreenkoms om tydelik met gevegte en vyandelikhede te stop.
Gebruik:
• Die wapenstilstand is afgekondig om die dooie en gewonde soldate van die slagveld te verwyder.
Sinoniem:
• skietstilstand
Vertaling:
Engels: ceasefire
Nederlands: wapenstilstand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toegewing
toegewing [boodskap #145911 ]
Wo, 24 Julie 2024 10:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toegewing
Afbreking: toe•ge•wing
Samestelling: toegee + -ing
Selfstandige naamwoord: toegewing
Meervoud: toegewinge , toegewings
Verkleinwoord: toegewinkie
Meervoud van verkleining: toegewinkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van toegee.
Gebruik:
• Daar sal geen toegewing gemaak word vir diegene wat die reëls oortree.
Sinoniem:
• kompromis
• konsessie
• prysgewing
• tegemoetkoming
• toelating
• toestemming
• toleransie
• vergunning
Vertaling:
Engels: concession, allowance
Nederlands: toegeving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skending
skending [boodskap #145910 ]
Wo, 24 Julie 2024 10:15
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skending
Afbreking: sken•ding
Samestelling: skend + -ing
Selfstandige naamwoord: skending
Meervoud: skendings
Betekenis:
• Die handeling van beskadig of ontsier.
• Die handeling van onteer, nie nakom of in ag neem nie.
Gebruik:
• Die skending van grafte is 'n ernstige misdaad.
• Dit is 'n gruwelike skending van my menseregte.
Sinoniem:
• aantasting
• beskadiging
• molestering
• ontsiering
• verkragting
• inbreukmaking
• oortreding
• verbreking
Hiponiem:
• eedskending
• gebiedskending
• grafskending
• kopieregskending
• sabbatskending
• vroueskending
Vertaling:
Engels: violation
Nederlands: schending
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: banklening
banklening [boodskap #145909 ]
Wo, 24 Julie 2024 10:04
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
banklening
Afbreking: bank•le•ning
Samestelling: bank + lening
Selfstandige naamwoord: banklening
Meervoud: banklenings
Betekenis:
• 'n Geldelike lening van 'n bank wat in paaiemente terugbetaal moet word.
Gebruik:
• Die koop is onderhewig aan die goedkeuring van 'n banklening .
Sinoniem:
• bankvoorskot
Vertaling:
Engels: bank loan
Nederlands: banklening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: mentor
mentor [boodskap #145908 ]
Wo, 24 Julie 2024 09:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mentor
Afbreking: men•tor
Selfstandige naamwoord: mentor
Meervoud: mentors
Verkleinwoord: mentortjie
Meervoud van verkleining: mentortjies
Betekenis:
• 'n Ervare en vertroude raadgewer of leidsman. Iemand wat 'n minder ervare persoon adviseer en begelei.
Gebruik:
• 'n Ware mentor is nie net vrygewig met sy raad nie, maar is ook nederig om te besef dat hyself nog kan leer.
Sinoniem:
• adviseur
• begeleier
• berader
• ghoeroe
• gids
• instrukteur
• leermeester
• leidsman
• leraar
• onderwyser
• raadgewer
• raadsman
• voorligter
Afgelei:
• mentorskap
Vertaling:
Engels: mentor, counsellor
Nederlands: mentor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: heroorweeg
heroorweeg [boodskap #145907 ]
Wo, 24 Julie 2024 09:12
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heroorweeg
Afbreking: her•oor•weeg
Samestelling: her- + oorweeg
Werkwoord: heroorweeg
Verlede tyd: het heroorweeg
Betekenis:
• Om weer te oorweeg; opnuut bekyk.
Gebruik:
• Die departement is op die ongrondwetlikheid van hulle besluit gewys en gevra om dit te heroorweeg .
Sinoniem:
• herbesin
• herwaardeer
• terugdink
• terugkyk
Afgelei:
• heroorweging
Vertaling:
Engels: to reconsider
Nederlands: heroverwegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 24 Julie 2024 13:43] deur moderator
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: oordrag
oordrag [boodskap #145906 ]
Wo, 24 Julie 2024 08:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oordrag
Afbreking: oor•drag
Selfstandige naamwoord: oordrag
Meervoud: oordragte
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van oordra (om aan iets of iemand anders te gee of oor te dra).
Gebruik:
• Wanneer kan jy oordrag neem?
• 'n Sertifikaat van oordrag van eienaarskap is aan die koper uitgereik.
Sinoniem:
• oorbrenging
• oordraging
• oorlewering
• oorplasing
• verskuiwing
Hiponiem:
• data-oordrag
• elektronoordrag
• energieoordrag
• gedagte-oordrag
• geldoordrag
• geluidoordrag
• hitteoordrag
• kennisoordrag
• kultuuroordrag
• magsoordrag
• soewereiniteitsoordrag
• teenoordrag
• warmteoordrag
Afgelei:
• oordragakte
• oordragbrief
• oordraging
• oordragkoste
• oordragsakte
• oordragsbrief
• oordragskoste
• oordragtelik
Afkorting:
• oordr.
Vertaling:
Engels: transfer, conveyance
Nederlands: overdracht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: koelhouer
koelhouer [boodskap #145905 ]
Wo, 24 Julie 2024 08:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koelhouer
Afbreking: koel•houer
Samestelling: koel + houer
Selfstandige naamwoord: koelhouer
Meervoud: koelhouers
Verkleinwoord: koelhouertjie
Meervoud van verkleining: koelhouertjies
Betekenis:
• 'n Houer (meestal draagbaar) waarin bederfbare produkte koel gehou word.
Gebruik:
• Pak jou koelhouer , ons gaan piekniek hou.
Sinoniem:
• koelboks
• koelsak
• ysboks
Vertaling:
Engels: cool box, ice box
Nederlands: koelhouer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bagasieruim
bagasieruim [boodskap #145904 ]
Wo, 24 Julie 2024 08:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bagasieruim
Afbreking: ba•ga•sie•ruim
Samestelling: bagasie + ruim
Selfstandige naamwoord: bagasieruim
Meervoud: bagasieruime
Betekenis:
• Ruimte in 'n voertuig waar bagasie gebêre word.
Gebruik:
• Die tasse word in die vliegtuig se bagasieruim gelaai.
Sinoniem:
• laairuimte
Verwant:
• bagasiebak
• kattebak
Vertaling:
Engels: luggage compartment
Nederlands: bagageruim
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sekuriteitswag
sekuriteitswag [boodskap #145903 ]
Wo, 24 Julie 2024 08:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sekuriteitswag
Afbreking: se•ku•ri•teits•wag
Samestelling: sekuriteit + -s- + wag
Selfstandige naamwoord: sekuriteitswag
Meervoud: sekuriteitswagte
Betekenis:
• 'n Wag wat na die veiligheid van mense, geboue, ens. omsien.
Gebruik:
• Die winkel se sekuriteitswag het op die rowers losgebrand, waarna hulle weggehardloop het.
Sinoniem:
• bewaker
• sekuriteitsman
• veiligheidswag
Vertaling:
Engels: security guard
Nederlands: veiligheidsagent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 24 Julie 2024 19:44]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: terugpraat
terugpraat [boodskap #145902 ]
Wo, 24 Julie 2024 07:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugpraat
Afbreking: terug•praat
Samestelling: terug + praat
Werkwoord: praat terug , terugpraat
Verlede tyd: het teruggepraat
Betekenis:
• Om te praat as daar met jou gepraat word, dikwels net om die laaste woord in te kry.
Gebruik:
• Moenie terugpraat as jou ma met jou praat nie.
Sinoniem:
• antwoord
• stry
• teenpraat
Vertaling:
Engels: to talk back
Nederlands: terugpraten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 24 Julie 2024 13:41] deur moderator
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: drein
drein [boodskap #145901 ]
Di, 23 Julie 2024 19:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drein
Afbreking: drein
Selfstandige naamwoord: drein
Meervoud: dreine , dreins
Verkleinwoord: dreintjie
Meervoud van verkleining: dreintjies
Betekenis:
• 'n Pyp of sloot om afvalwater weg te lei.
Gebruik:
• Die drein is al weer verstop.
Sinoniem:
• riool
• stormwatersloot
• uitloop
Hiponiem:
• stormwaterdrein
Afgelei:
• dreingat
• dreinpyp
Verwant:
• dreineer
• dreinering
Vertaling:
Engels: drain
Nederlands: drein
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 24 Julie 2024 13:33] deur moderator
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: babaseun
babaseun [boodskap #145900 ]
Di, 23 Julie 2024 19:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
babaseun
Afbreking: ba•ba•seun
Samestelling: baba + seun
Selfstandige naamwoord: babaseun
Meervoud: babaseuns
Verkleinwoord: babaseuntjie
Meervoud van verkleining: babaseuntjies
Betekenis:
• 'n Manlike baba.
Gebruik:
• Die egpaar het 'n babaseun ryker geword.
Antoniem:
• babadogter
Vertaling:
Engels: baby boy
Nederlands: kleine jongen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: drukking
drukking [boodskap #145899 ]
Di, 23 Julie 2024 19:05
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drukking
Afbreking: druk•king
Samestelling: druk + -ing
Selfstandige naamwoord: drukking
Meervoud: drukkings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van druk uitoefen.
Gebruik:
• Die temperatuur in die kern van die aarde is sowat 6 000 °C en die drukking is ontsaglik hoog.
Sinoniem:
• beklemming
• drukspanning
• kompressie
• persing
• stuwing
Afgelei:
• afdrukking
• neerdrukking
• onderdrukking
• saamdrukking
• samedrukking
• uitdrukking
• verdrukking
Vertaling:
Engels: pressure, weight
Nederlands: drukking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: waterkringloop
waterkringloop [boodskap #145898 ]
Ma, 22 Julie 2024 17:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die waterkringloop.
waterkringloop
Afbreking: wa•ter•kring•loop
Samestelling: water + kringloop
Selfstandige naamwoord: waterkringloop
Meervoud: waterkringlope
Betekenis:
• Die voortdurende sirkulasie van water op, oor en onder die oppervlak van die Aarde.
Gebruik:
• Die waterkringloop beskryf die verdamping, kondensasie, neerslag en terugvloei van water na die see, damme, ens.
Sinoniem:
• H2O-siklus
• hidrologiese siklus
• watersiklus
Vertaling:
Engels: water cycle, hydrologic cycle
Nederlands: waterkringloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skematies
skematies [boodskap #145897 ]
Ma, 22 Julie 2024 17:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skematies
Afbreking: ske•ma•ties
Samestelling: skema + -ties
Byvoeglike naamwoord: skematies
Attributief: skematiese
Betekenis:
• Wat oorsigtelik (in breë trekke) voorgestel is, dikwels met 'n figuur of skets.
Gebruik:
• Figuur 1 gee 'n skematiese voorstelling van die waterkringloop.
Sinoniem:
• diagrammaties
• oorsigtelik
• sketsmatig
• vereenvoudig
Afgelei:
• skematiseer
Vertaling:
Engels: schematic
Nederlands: schematisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bybetekenis
bybetekenis [boodskap #145896 ]
Ma, 22 Julie 2024 16:05
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bybetekenis
Afbreking: by•be•te•ke•nis
Samestelling: by + betekenis
Selfstandige naamwoord: bybetekenis
Meervoud: bybetekenisse
Betekenis:
• 'n Tweede of minder belangrike betekenis; aanvullende bedoeling.
• Die konnotasie of gevoelswaarde van 'n woord of frase (dikwels 'n figuurlike betekenis).
Gebruik:
• Propaganda is dikwels vol uitdrukkings met 'n positiewe bybetekenis (soos "nuwe wêreldorde") om mense van 'n saak te oortuig.
• Die bybetekenis van "Hy is in die wolke " is dat hy baie bly en opgewonde is.
Vertaling:
Engels: secondary meaning; subsense
Nederlands: bijbetekenis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 24 Julie 2024 13:33] deur moderator
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: reukweerder
reukweerder [boodskap #145895 ]
Ma, 22 Julie 2024 15:19
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reukweerder
Afbreking: reuk•weer•der
Samestelling: reuk + weer + -der
Selfstandige naamwoord: reukweerder
Meervoud: reukweerders
Betekenis:
• 'n Middel wat slegte reuke wegsteek.
Gebruik:
• 'n Mens kan koeksoda as 'n reukweerder in jou ys- en vrieskas gebruik.
Sinoniem:
• reukverdrywer
• reukwater
• reukweermiddel
• stankbestrydingsmiddel
• stankverdrywer
• stankweermiddel
Verwant:
• deodorant
• lugverfrisser
• onderarmsproei
• parfuum
• sweetweerder
Vertaling:
Engels: odor repellent, deodorizer
Nederlands: reukwerk, deodorant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: wanbegrip
wanbegrip [boodskap #145894 ]
Ma, 22 Julie 2024 15:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wanbegrip
Afbreking: wan•be•grip
Samestelling: wan- + begrip
Selfstandige naamwoord: wanbegrip
Meervoud: wanbegrippe
Betekenis:
• 'n Verkeerde of dwase begrip.
Gebruik:
• Dat alkohol mense meer sosiaal en uitgesproke maak, is 'n totale wanbegrip .
Sinoniem:
• dwaalbegrip
• illusie
• misrekening
• mistasting
• misverstand
• onjuistheid
• vergissing
• waan
• wanopvatting
Vertaling:
Engels: misconception, false notion, mistaken idea
Nederlands: wanbegrip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitsmyter
uitsmyter [boodskap #145893 ]
Ma, 22 Julie 2024 14:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitsmyter
Afbreking: uit•smy•ter
Samestelling: uit + smyt + -er
Selfstandige naamwoord: uitsmyter
Meervoud: uitsmyters
Verkleinwoord: uitsmytertjie
Meervoud van verkleining: uitsmytertjies
Betekenis:
• 'n Deurwag (portier) by 'n geleentheid.
• 'n Gereg van eier, ham en kaas.
• Die laaste item of musiekstuk by 'n konsert.
Gebruik:
• Die nagklub se uitsmyter het die moeilikheidmaker uitgesmyt.
• Die restaurant maak 'n goeie uitsmyter .
• Die gehoor is met 'n vrolike uitsmyter huis toe gestuur word.
Sinoniem:
• deurwag
• bullebak
• oppasser
• sekuriteitswag
• uitgooier
Vertaling:
Engels: bouncer, doorman, muscleman; finale, end, conclusion
Nederlands: uitsmijter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: studiegids
studiegids [boodskap #145892 ]
Ma, 22 Julie 2024 14:12
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
studiegids
Afbreking: stu•die•gids
Samestelling: studie + gids
Selfstandige naamwoord: studiegids
Meervoud: studiegidse
Betekenis:
• 'n Boek (of ander hulpmiddel) met aantekeninge en kernkonsepte vir mense wat 'n bepaalde vak, kursus of onderwerp probeer baasraak.
Gebruik:
• Hierdie studiegids bevat stap-vir-stap verduidelikings van wiskundige konsepte vir Gr.7-leerders.
Vertaling:
Engels: study guide
Nederlands: studiegids
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: reservis
reservis [boodskap #145891 ]
Ma, 22 Julie 2024 13:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reservis
Afbreking: re•ser•vis
Selfstandige naamwoord: reservis
Meervoud: reserviste
Betekenis:
• 'n Lid van 'n reserwemag wat hulp verleen en in tye van nood opgeroep kan word.
Gebruik:
• Duisende reserviste het hand opgesteek om die polisie te help om misdaad te beveg.
Sinoniem:
• hulpkrag
• reserwe-offisier
Hiponiem:
• polisiereservis
• vlootreservis
• weermagreservis
Afgelei:
• reservistegetalle
• reservisteprogram
Vertaling:
Engels: reservist
Nederlands: reservist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: inskakel
inskakel [boodskap #145890 ]
Ma, 22 Julie 2024 11:55
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inskakel
Afbreking: in•ska•kel
Samestelling: in + skakel
Werkwoord: skakel in , inskakel
Verlede tyd: het ingeskakel
Betekenis:
• Om 'n deel van iets te word (soos 'n skakel wat in 'n ketting ingevoeg word).
• Om iets deur skakeling in werking te stel.
Gebruik:
• Hulle het by ons gemeente ingeskakel .
• Hy skakel die motor in rat in .
Sinoniem:
• aanknip
• aansluit
• inkoppel
• insteek
• invoeg
• opneem
• konnekteer
• koppel
• vasgryp
Antoniem:
• uitskakel
Afgelei:
• inskakelaar
• inskakeling
• inskakelhefboom
• inskakelpunt
• inskakelrelê
• inskakelspoed
• inskakeltoestel
• inskakelveer
Vertaling:
Engels: to join in, engage; to enable, switch on, turn on
Nederlands: inschakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: agterweë
agterweë [boodskap #145889 ]
Ma, 22 Julie 2024 07:13
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agterweë
Afbreking: ag•ter•we•ë
Samestelling: agter + weë
Bywoord: agterweë
Betekenis:
• Wat agter gelaat is; nie gebeur of gedoen word nie.
Gebruik:
• Die infrastruktuur is vervalle omdat noodsaaklike onderhoud agterweë gebly het.
Sinoniem:
• agter
• agterstallig
• vergete
Vertaling:
Engels: omitted, left out, not done
Nederlands: achterwege
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: aantas
aantas [boodskap #145888 ]
So, 21 Julie 2024 10:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aantas
Afbreking: aan•tas
Samestelling: aan + tas
Werkwoord: tas aan , aantas
Verlede tyd: het aangetas
Betekenis:
• Om aan iets te vat, meestal figuurlik, om 'n nadelige of skadelike uitwerking te hê.
Gebruik:
• 'n Verkoue tas meestal die neus, keel en longe aan .
• Die beroerte het sy spraak aangetas .
Sinoniem:
• aanraak
• betas
• bevoel
• raak
• aanval
• affekteer
• beïnvloed
• benadeel
• infekteer
• skaad
• veroorsaak
Afgelei:
• aantasbaar
• aantastend
• aantasting
Vertaling:
Engels: to touch; to affect, attack
Nederlands: aantasten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lewenstaak
lewenstaak [boodskap #145887 ]
So, 21 Julie 2024 10:10
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewenstaak
Afbreking: le•wens•taak
Samestelling: lewe(n) + -s- + taak
Selfstandige naamwoord: lewenstaak
Meervoud: lewenstake
Verkleinwoord: lewenstakie
Meervoud van verkleining: lewenstakies
Betekenis:
• 'n Taak waaraan iemand sy lewe wy.
Gebruik:
• Hy het dit sy lewenstaak gemaak om die geskiedenis van die Boereoorlog na te vors en te boekstaaf.
Sinoniem:
• lewenswerk
• roeping
Vertaling:
Engels: life-work
Nederlands: levenstaak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roeping
roeping [boodskap #145886 ]
So, 21 Julie 2024 10:01
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roeping
Afbreking: roe•ping
Samestelling: roep + -ing
Selfstandige naamwoord: roeping
Meervoud: roepinge , roepings
Verkleinwoord: roepinkie
Meervoud van verkleining: roepinkies
Betekenis:
• 'n Taak waarvoor iemand geroepe (verplig) voel.
• Die handeling of resultaat van roep.
Gebruik:
• Wanneer jou werk nie jou roeping is nie, lei jy 'n onvervulde lewe.
Sinoniem:
• lewenstaak
• missie
• sending
Hiponiem:
• aanroeping
• afroeping
• beroeping
• byeenroeping
• herroeping
• inroeping
• oproeping
• saamroeping
• sameroeping
• uitroeping
• terugroeping
• volksroeping
Vertaling:
Engels: calling, vocation
Nederlands: roeping
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toneelspeel
toneelspeel [boodskap #145885 ]
So, 21 Julie 2024 09:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toneelspeel
Afbreking: to•neel•speel
Samestelling: toneel + speel
Werkwoord: speel toneel , toneelspeel
Verlede tyd: het toneelgespeel
Betekenis:
• Om 'n rol te speel in 'n toneelspel (verhoog, rolprent, TV-sepie, ens.)
• Om voor te gee.
Gebruik:
• Hy het op agt begin toneelspeel en later 'n graad in drama verwerf.
• Sy kon toneelspeel en het haar ouers om haar pinkie gedraai.
Sinoniem:
• dramatiseer
• naboots
• uitbeeld
Afgelei:
• toneelspeler
• toneelspeelster
Vertaling:
Engels: to act, put on an act
Nederlands: toneelspelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: sêding
sêding [boodskap #145884 ]
So, 21 Julie 2024 09:12
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sêding
Afbreking: sê•ding
Samestelling: sê + ding
Selfstandige naamwoord: sêding
Meervoud: sêdinge , sêgoed
Verkleinwoord: sêdingetjie
Meervoud van verkleining: sêdingetjies
Betekenis:
• Iets wat iemand sê.
Gebruik:
• Haar geliefde sêding was: "Dit laat jou dink, nè! "
Sinoniem:
• gesegde
• epigram
• idioom
• kwinkslag
• uitdrukking
• woordspeling
Vertaling:
Engels: saying, wisecrack
Nederlands: gezegde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gedagtegang
gedagtegang [boodskap #145883 ]
So, 21 Julie 2024 09:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedagtegang
Afbreking: ge•dag•te•gang
Samestelling: gedagte + gang
Selfstandige naamwoord: gedagtegang
Meervoud: gedagtegange
Betekenis:
• 'n Reeks van samehangende gedagtes.
Gebruik:
• Ek sukkel om sy gedagtegang te volg.
Sinoniem:
• beredenering
• denkpatroon
• denkwyse
• gedagteloop
• redenasie
Vertaling:
Engels: reasoning, train of thought, line of reasoning, way of thinking
Nederlands: gedachtegang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opregtheid
opregtheid [boodskap #145882 ]
So, 21 Julie 2024 08:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opregtheid
Afbreking: op•regt•heid
Samestelling: opreg(t) + -heid
Selfstandige naamwoord: opregtheid
Meervoud: opregthede
Betekenis:
• Die toestand of mate van eerlik en opreg wees.
Gebruik:
• As predikant het hy sy werk met ywer en opregtheid gedoen.
Sinoniem:
• eerbaarheid
• eerlikheid
• egtheid
• geloofwaardigheid
• integriteit
• onkreukbaarheid
• openhartigheid
• openlikheid
• outentisiteit
• regskapenheid
• rondborstigheid
• sedelikheid
• trou
• waarheid
Antoniem:
• onopregtheid
Vertaling:
Engels: candidness
Nederlands: oprechtheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: terugkyk
terugkyk [boodskap #145881 ]
So, 21 Julie 2024 08:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19650Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugkyk
Afbreking: te•rug•kyk
Samestelling: terug + kyk
Werkwoord: kyk terug , terugkyk
Verlede tyd: het teruggekyk
Betekenis:
• Om vir iemand te kyk wat vir jou kyk.
• Om agtertoe te kyk.
• (figuurlik ) Om oor gebeure te reflekteer en te besin.
Gebruik:
• Sy kyk vir my en ek kyk terug .
• 'n Atleet verloor tyd as hy terugkyk om te sien waar die ander atlete is.
• Ek het teruggekyk na my lewe en besef dinge sal moet verander!
Sinoniem:
• omkyk
• agtertoekyk
• herinner
• herleef
• heroorweeg
• herroep
• hersien
• reflekteer
• terugblik
• terugdink
• terugflits
Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugkijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.