Forum: Woordeboek
Onderwerp: verstewig
verstewig [boodskap #145694 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstewig
Afbreking: ver•ste•wig
Samestelling: ver- + stewig
Werkwoord: verstewig
Verlede tyd: het verstewig
Betekenis:
• Om sterker en stewiger te word.
Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig , maar het intussen weer begin terugsak.
Sinoniem:
• fortifiseer
• stabiliseer
• konsolideer
• versterk
Antoniem:
• verswak
Afgelei:
• verstewiging
Vertaling:
Engels: to strengthen, reinforce, consolidate, solidify
Nederlands: verstevigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: terugsak
terugsak [boodskap #145693 ]
Wo, 26 Junie 2024 07:57
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugsak
Afbreking: te•rug•sak
Samestelling: terug + sak
Werkwoord: sak terug , terugsak
Verlede tyd: het teruggesak
Betekenis:
• Om weer laer te beweeg.
Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig, maar het intussen weer begin terugsak .
Sinoniem:
• agteruitgaan
• daal
• slink
• teruggly
• terugtrek
• terugval
• uitsak
Afgelei:
• terugsakking
Vertaling:
Engels: to pull back, slip back, sink back
Nederlands: terugzakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verwoord
verwoord [boodskap #145692 ]
Di, 25 Junie 2024 13:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwoord
Afbreking: ver•woord
Samestelling: ver- + woord
Werkwoord: verwoord
Verlede tyd: het verwoord
Betekenis:
• Om in woorde om te sit.
Gebruik:
• Hy sukkel om sy emosies te verwoord .
Sinoniem:
• artikuleer
• bewoord
• formuleer
• noem
• omskryf
• praat
• sê
• uitdruk
• verduidelik
Afgelei:
• verwoordbaar
• verwoording
Vertaling:
Engels: to express in words, articulate, formulate
Nederlands: verwoorden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitdruk
uitdruk [boodskap #145691 ]
Di, 25 Junie 2024 13:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitdruk
Afbreking: uit•druk
Samestelling: uit + druk
Werkwoord: druk uit , uitdruk
Verlede tyd: het uitgedruk
Betekenis:
• Om na die buitekant te druk.
• Om 'n gevoel of gedagte in taal te verwoord.
Gebruik:
• Hy druk die puisie uit . Kan jy die kwitansie vir my uitdruk ?
• Daar is niks in die hemel of op die aarde wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie.
Sinoniem:
• uitforseer
• uitknyp
• uitpers
• uitstoot
• uitwring
• artikuleer
• bewoord
• kommunikeer
• verwoord
• vertel
Antoniem:
• indruk
Afgelei:
• uitdrukke
• uitdrukking
• uitdruklik
Vertaling:
Engels: to squeeze out; to express, utter
Nederlands: uitdrukken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 13:27]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: Jordanië
Jordanië [boodskap #145690 ]
Di, 25 Junie 2024 13:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Jordanië.
Jordanië se vlag.
Jordanië
Afbreking: Jor•da•ni•ë
Pleknaam: Jordanië
Betekenis:
• Land in die Midde-Ooste, amptelik die Hasjemitiese Koninkryk Jordanië.
Gebruik:
• Jordanië is na die Jordaanrivier vernoem, wat die land se westelike grens met Israel en Palestina vorm.
Afgelei:
• Jordaniër
• Jordanies
Vertaling:
Engels: Jordan
Nederlands: Jordanië
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 26 Junie 2024 07:17]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: Koeweit
Koeweit [boodskap #145689 ]
Di, 25 Junie 2024 12:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Koeweit.
Koeweit se vlag.
Koeweit
Afbreking: Koe•weit
Pleknaam: Koeweit
Betekenis:
• Land in die Midde-Ooste, amptelik die Staat Koeweit.
• Die gelyknamige hoofstad van dié land, Koeweitstad.
Gebruik:
• Koeweit is 'n klein olieryke monargie op die Arabiese skiereiland aan die kus van die Persiese Golf.
Verwant:
• Koeweiti
• Koeweits
Vertaling:
Engels: Kuwait
Nederlands: Koeweit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 12:53]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: Irak
Irak [boodskap #145688 ]
Di, 25 Junie 2024 12:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Irak.
Irak se vlag.
Irak
Afbreking: I•rak
Pleknaam: Irak
Betekenis:
• 'n Land in die Midde-Ooste wat grotendeels om die stroomgebied van die Eufraat- en Tigrisriviere lê, amptelik die Republiek Irak.
Gebruik:
• Irak grens aan Turkye, Iran, Koeweit, Saoedi-Arabië, Sirië en Jordanië.
Afgelei:
• Irakiër
• Irakkees
• Iraks
Vertaling:
Engels: Iraq
Nederlands: Irak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 12:41]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: oneer
oneer [boodskap #145687 ]
Di, 25 Junie 2024 12:27
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oneer
Afbreking: on•eer
Samestelling: on- + eer
Selfstandige naamwoord: oneer
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand waar mense hulle respek vir jou verloor en waarvoor jy jou behoort te skaam.
Gebruik:
• Ons ontvang eer en oneer , ons word beledig en geprys. [2 Korintiërs 6:8]
Sinoniem:
• diskrediet
• miskenning
• skaamte
• skandaal
• skande
• smet
Antoniem:
• eer
Afgelei:
• oneerbaar
• oneerbiedig
• oneerlik
• oneersugtig
• oneervol
Vertaling:
Engels: dishonour, disgrace, shame
Nederlands: oneer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 26 Junie 2024 07:15]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: toetsing
toetsing [boodskap #145686 ]
Di, 25 Junie 2024 11:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toetsing
Afbreking: toet•sing
Samestelling: toets + -ing
Selfstandige naamwoord: toetsing
Meervoud: toetsinge , toetsings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van toets (om te ondersoek en te ontleed).
Gebruik:
• Die toesing van kosmetiese middels op diere is oneties.
Hiponiem:
• hertoetsing
• kabeltoetsing
• lastoetsing
• personeeltoetsing
• verrassingstoets
Afgelei:
• toetsingsreg
• toetsingsvermoë
• toetsingsverbod
Vertaling:
Engels: testing
Nederlands: toetsing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 12:06]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: hondsdolheid
hondsdolheid [boodskap #145685 ]
Di, 25 Junie 2024 11:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hond met hondsdolheid.
hondsdolheid
Afbreking: honds•dol•heid
Samestelling: hond + -s- + dolheid
Selfstandige naamwoord: hondsdolheid
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Virussiekte wat inflammasie van die brein veroorsaak en deur die byt van 'n besmette dier na mense oorgedra kan word.
Gebruik:
• Hondsdolheid is uiters gevaarlik en kan tot die dood lei as dit nie behandel word nie.
Sinoniem:
• raserny
• hidrofobie
• rabies
Vertaling:
Engels: rabies, hydrophobia
Nederlands: hondsdolheid, rabiës
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: prerogatief
prerogatief [boodskap #145684 ]
Di, 25 Junie 2024 09:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prerogatief
Afbreking: pre•ro•ga•tief
Selfstandige naamwoord: prerogatief
Meervoud: prerogatiewe
Betekenis:
• 'n Voorreg wat iemand op die basis van sy funksie, hoedanigheid of status toekom.
Gebruik:
• Dit is die president se grondwetlike prerogatief om te besluit oor wie in die kabinet mag doen.
Sinoniem:
• alleenreg
• beskikkingsreg
• bevoegdheid
• voorreg
Vertaling:
Engels: prerogative
Nederlands: prerogatief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 09:23]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: konsensus
konsensus [boodskap #145683 ]
Di, 25 Junie 2024 09:09
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsensus
Afbreking: kon•sen•sus
Selfstandige naamwoord: konsensus
Meervoud: –
Betekenis:
• Ooreenstemming tussen mense of groepe. Toestand waar almal dieselfde menings, opvattings en sienings deel.
Gebruik:
• Die partye het konsensus bereik van 'n regering van nasionale eenheid die beste pad vorentoe sal wees.
Sinoniem:
• akkoord
• eendrag
• eenparigheid
• eenstemmigheid
• ooreenkoms
• ooreenstemming
• saamhorigheid
• solidariteit
• vergelyk
Afgelei:
• konsensusbeleid
• konsensuspolitiek
Vertaling:
Engels: consensus
Nederlands: consensus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo, 26 Junie 2024 07:29]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: skakeling
skakeling [boodskap #145682 ]
Ma, 24 Junie 2024 10:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skakeling
Afbreking: ska•ke•ling
Samestelling: skakel + -ing
Selfstandige naamwoord: skakeling
Meervoud: skakelinge , skakelings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skakel (om kontak te maak of verbinding te bewerkstellig).
Gebruik:
• Buitelandse Sake behartig die diplomatieke skakeling met ander lande.
Sinoniem:
• aaneensluiting
• kontak
• konneksie
• koppeling
• verbinding
Afgelei:
• aaneenskakeling
• afskakeling
• driehoekskakeling
• eindskakeling
• gelykskakeling
• inskakeling
• mediaskakeling
• neweskakeling
• omskakeling
• oorskakeling
• parallelskakeling
• serieskakeling
• teenskakeling
• uitskakeling
• wisselskakeling
Vertaling:
Engels: connection, switching, linking, liaison
Nederlands: schakeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: minibustaxi
minibustaxi [boodskap #145681 ]
Ma, 24 Junie 2024 08:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Minibustaxi.
minibustaxi
Afbreking: mi•ni•bus•ta•xi
Samestelling: minibus + taxi
Selfstandige naamwoord: minibustaxi
Meervoud: minibustaxi's
Verkleinwoord: minibustaxi'tjie
Meervoud van verkleining: minibustaxi'tjies
Betekenis:
• 'n Klein bussie wat as 'n taxi dien om mense teen betaling te vervoer.
Gebruik:
• Tien mense is in die ongeluk tussen 'n minibustaxi en 'n bus dood.
Vertaling:
Engels: minibus taxi
Nederlands: minibustaxi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bo-arm
bo-arm [boodskap #145680 ]
Ma, 24 Junie 2024 08:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bo-arm
Afbreking: bo•arm
Samestelling: bo + arm
Selfstandige naamwoord: bo-arm
Meervoud: bo-arms
Verkleinwoord: bo-armpie
Meervoud van verkleining: bo-armpies
Betekenis:
• Die boonste gedeelte van die arm, tussen die skouer en die elmboog.
Gebruik:
• 'n Mens moet gereeld oefen om sulke mooi, ferm bo-arms te bou.
Sinoniem:
• opperarm
Antoniem:
• onderarm
Wisselvorm:
• boarm
Afgelei:
• bo-armbeen
• bo-armspier
Verwant:
• humerus
Vertaling:
Engels: upper arm
Nederlands: bovenarm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: trofies
trofies [boodskap #145679 ]
Ma, 24 Junie 2024 06:55
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trofies
Afbreking: tro•fies
Byvoeglike naamwoord: trofies
Attributief: trofiese
Betekenis:
• Wat met die voeding van organismes verband hou (letterlik die dik word van die selle, weefsel, ens).
Gebruik:
• Daar verskeie trofiese vlakke in 'n voedselketting, o.a. die produseerders (pante), primêre verbruikers (herbivore), sekondêre verbruikers (karnivore) en ontbinders.
Antoniem:
• atrofies
Hiponiem:
• distrofies
• hipertrofies
• hipotrofies
• mikotrofies
• outotrofies
Vertaling:
Engels: trophic
Nederlands: trofisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 25 Junie 2024 07:44]
Rapporteer boodskap aan 'n moderator
Onderwerp: mikotrofies
mikotrofies [boodskap #145678 ]
Ma, 24 Junie 2024 06:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mikotrofies
Afbreking: mi•ko•tro•fies
Samestelling: miko- + trofies
Byvoeglike naamwoord: mikotrofies
Attributief: mikotrofiese
Betekenis:
• Betreffende plante wat in simbiose met swamme in die grond (die mikorisa) leef.
Gebruik:
• 'n Mens kan aan die plant se wortels sien dat hy mikotrofies is.
Afgelei:
• holomikotrofies
Vertaling:
Engels: mycotrophic
Nederlands: mycotroof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: swam
swam [boodskap #145677 ]
So, 23 Junie 2024 19:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swam
Afbreking: swam
Selfstandige naamwoord: swam
Meervoud: swamme
Betekenis:
• 'n Groep organismes, amper plantaardige maar sonder chlorofil, wat sampioene, gis en muf insluit.
Gebruik:
• Swamme speel 'n belangrike rol in die afbreek van organiese materiaal en kan ernstige siektes in mense en diere veroorsaak.
Sinoniem:
• fungus
• skimmel
Hiponiem:
• boomswam
• ergotswam
• geweiswam
• heuningdouswam
• houtswam
• huisswam
• knolswam
• skimmelswam
• stekelswam
• stinkswam
• straalswam
• stuifswam
• vuurswam
Afgelei:
• swamagtig
• swamdodend
• swamdoder
• swammig
• swaminfeksie
• swamkenner
• swamkunde
• swamsiekte
• swamspoor
• swamsuur
• swamwerend
Vertaling:
Engels: fungus
Nederlands: zwam, schimmel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: simbioties
simbioties [boodskap #145676 ]
So, 23 Junie 2024 18:39
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
simbioties
Afbreking: sim•bi•o•ties
Samestelling: simbiose + -ties
Byvoeglike naamwoord: simbioties
Attributief: simbiotiese
Betekenis:
• (biologie ) Betreffende organismes van verskillende spesies wat saam leef, waaruit ten minste een spesie voordeel trek.
• (figuurlik ) Betreffende 'n wedersyds voordelige verhouding.
Gebruik:
• Bioloë onderskei tussen drie simbiotiese verwantskappe, naamlik mutualisme, kommensalisme en parasitisme.
• Die verhouding tussen 'n handelsmerk en 'n produk is simbioties .
Sinoniem:
• saamlewend
• samewerkend
Vertaling:
Engels: symbiotic
Nederlands: symbiotisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: holomikotrofies
holomikotrofies [boodskap #145675 ]
So, 23 Junie 2024 17:53
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
holomikotrofies
Afbreking: ho•lo•mi•ko•tro•fies
Samestelling: holo- (heeltemal) + mikotrofies
Byvoeglike naamwoord: holomikotrofies
Attributief: holomikotrofiese
Betekenis:
• Betreffende plante wat vir hul totale voeding van 'n simbiotiese verhouding met swamme in die grond afhanklik is.
Gebruik:
• Die plant is meerjarige en holomikotrofies .
Vertaling:
Engels: holomycotrophic
Nederlands: holomycotroof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toeswaai
toeswaai [boodskap #145674 ]
So, 23 Junie 2024 11:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeswaai
Afbreking: toe•swaai
Samestelling: toe + swaai
Werkwoord: swaai toe , toeswaai
Verlede tyd: het toegeswaai
Betekenis:
• Om in 'n swaaiende beweging toe te gaan.
Gebruik:
• As jy so aangaan sal die tronkdeure sal nog eendag agter jou toeswaai .
Sinoniem:
• toegaan
• toemaak
• toeklap
• toeslaan
Antoniem:
• oopswaai
Afgelei:
• toeswaaiing
Vertaling:
Engels: to swing shut
Nederlands: dichtklappen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: oopswaai
oopswaai [boodskap #145673 ]
So, 23 Junie 2024 11:09
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oopswaai
Afbreking: oop•swaai
Samestelling: oop + swaai
Werkwoord: swaai oop , oopswaai
Verlede tyd: het oopgeswaai
Betekenis:
• Om in 'n swaaiende beweging oop te gaan.
Gebruik:
• Dit was 'n emosionele oomblik toe die deure oopswaai en die bruid instap.
Sinoniem:
• oopgaan
• oopmaak
Antoniem:
• toeswaai
Vertaling:
Engels: to swing open
Nederlands: openzwaaien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: danksegging
danksegging [boodskap #145672 ]
So, 23 Junie 2024 10:00
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
danksegging
Afbreking: dank•seg•ging
Samestelling: dank + segging
Selfstandige naamwoord: danksegging
Meervoud: danksegginge , dankseggings
Verkleinwoord: danksegginkie
Meervoud van verkleining: danksegginkies
Betekenis:
• 'n Uiting van dank. Die handeling van dankie sê.
Gebruik:
• Laat gebede opstyg en danksegging altyd in die huis van die Here gehoor word.
Sinoniem:
• bedanking
• dankbetuiging
• eucharistie
Afgelei:
• dankseggingsdiens
• dankseggingsete
• dankseggingsfees
Vertaling:
Engels: thanksgiving
Nederlands: dankzegging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gewaarwording
gewaarwording [boodskap #145671 ]
So, 23 Junie 2024 09:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewaarwording
Afbreking: ge•waar•wor•ding
Samestelling: gewaar + word + -ing
Selfstandige naamwoord: gewaarwording
Meervoud: gewaarwordinge , gewaarwordings
Betekenis:
• Iets waarvan 'n mens bewus word deur dit aan te voel of waar te neem.
Gebruik:
• Hy beleef 'n middeljarekrisis met die gewaarwording dat sy lewe halfpad verby is.
• Om so alleen deur 'n donker oerwoud te loop is vol vreemde gewaarwordinge .
Sinoniem:
• aandoening
• besef
• bewustheid
• bewuswording
• gevoel
• indruk
• sensasie
Hiponiem:
• geluidgewaarwording
• klankgewaarwording
• kleurgewaarwording
• pyngewaarwording
• smaakgewaarwording
Verwant:
• gewaarwordingsduur
• gewaarwordingsvermoë
• gewaarwordingswiel
Vertaling:
Engels: sensation, perception, experience, feeling
Nederlands: gewaarwording
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: motiveringspreker
motiveringspreker [boodskap #145670 ]
So, 23 Junie 2024 09:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
motiveringspreker
Afbreking: mo•ti•ve•ring•spre•ker
Samestelling: motivering + spreker
Selfstandige naamwoord: motiveringspreker
Meervoud: motiveringsprekers
Betekenis:
• Iemand wat toesprake hou om mense te motiveer, op te beur en aan te moedig.
Gebruik:
• Die maatskappy het 'n motiveringspreker vir hulle spanbou bespreek.
Wisselvorm:
• motiveringsspreker
Verwant:
• motiveringpraatjie
Vertaling:
Engels: motivational speaker
Nederlands: motiverende spreker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: lewensfase
lewensfase [boodskap #145669 ]
So, 23 Junie 2024 08:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensfase
Afbreking: le•wens•fa•se
Samestelling: lewe + -ns- + fase
Selfstandige naamwoord: lewensfase
Meervoud: lewensfases
Betekenis:
• 'n Erkenbare fase (periode/ tydperk) in die lewe van 'n mens of dier.
Gebruik:
• Ongeag jou ouderdom of lewensfase kan jy steeds op 'n ontdekkingsreis wees.
Sinoniem:
• lewenstadium
Verwant:
• lewensiklus
Vertaling:
Engels: life phase, life stage
Nederlands: levensfase
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: televisieprogram
televisieprogram [boodskap #145668 ]
So, 23 Junie 2024 08:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisieprogram
Afbreking: te•le•vi•sie•pro•gram
Samestelling: televisie + program
Selfstandige naamwoord: televisieprogram
Meervoud: televisieprogramme
Betekenis:
• 'n Program wat op televisie gebeeldsend word.
Gebruik:
• Watter televisieprogramme kyk jy graag?
Sinoniem:
• TV-program
• televisieuitsending
Verwant:
• televisiereeks
Vertaling:
Engels: television programme, TV show
Nederlands: televisieprogramma
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: geselsprogram
geselsprogram [boodskap #145667 ]
So, 23 Junie 2024 08:27
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geselsprogram
Afbreking: ge•sels•pro•gram
Samestelling: gesels + program
Selfstandige naamwoord: geselsprogram
Meervoud: geselsprogramme
Betekenis:
• 'n Program op radio of TV waarin die aanbieder met mense gesels en onderhoude voer.
Gebruik:
• Sy droom daarvan om eendag haar eie geselsprogram te hê.
Vertaling:
Engels: talk show
Nederlands: praatprogramma
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stilsit
stilsit [boodskap #145666 ]
So, 23 Junie 2024 08:19
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stilsit
Afbreking: stil•sit
Samestelling: stil + sit
Werkwoord: sit stil , stilsit
Verlede tyd: het stilgesit
Betekenis:
• Om rustig te sit en nie te woel of te kriewel nie.
• (figuurlik ) Om te rus of niks te doen nie.
Gebruik:
• Hy het rooimiere in sy broek en kan nie stilsit in die klas nie.
• Het julle ook stilgesit en toegekyk hoe daar op julle taal en kultuur getrap word?
Vertaling:
Engels: to sit still; to be inactive
Nederlands: stilzitten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kabelkar
kabelkar [boodskap #145665 ]
So, 23 Junie 2024 07:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kabelkar.
kabelkar
Afbreking: ka•bel•kar
Samestelling: kabel + kar
Selfstandige naamwoord: kabelkar
Meervoud: kabelkarre
Verkleinwoord: kabelkarretjie
Meervoud van verkleining: kabelkarretjies
Betekenis:
• 'n Voertuig wat met 'n kabel getrek word (deur die lug of op die grond).
Gebruik:
• Ons het in 'n kabelkarretjie teen Tafelberg opgery.
Verwant:
• sweefspoor
Vertaling:
Engels: cable car
Nederlands: kabelbaan cabine
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: windas
Onderwerp: folterbank
folterbank [boodskap #145663 ]
So, 23 Junie 2024 07:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n olterbank.
folterbank
Afbreking: fol•ter•bank
Samestelling: folter + bank
Selfstandige naamwoord: folterbank
Meervoud: folterbanke
Verkleinwoord: folterbankie
Meervoud van verkleining: folterbankies
Betekenis:
• 'n Bank waarop iemand gefolter word deur hulle ledemate met 'n windas uit te rek.
Gebruik:
• Die gevangene is op 'n folterbank gepynig totdat hy 'n bekentenis gemaak het.
Sinoniem:
• martelbank
• pynbank
Verwant:
• folterkamer
• folterpaal
Vertaling:
Engels: rack
Nederlands: folterbank, pijnbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toekomsvisie
toekomsvisie [boodskap #145662 ]
Sa, 22 Junie 2024 20:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toekomsvisie
Afbreking: toe•koms•vi•sie
Samestelling: toekoms + visie
Selfstandige naamwoord: toekomsvisie
Meervoud: toekomsvisies
Betekenis:
• Die manier waarop 'n mens na die toekoms kyk, of 'n plan vir 'n beter toekoms waarna gestreef word.
Gebruik:
• Sy toekomsvisie is om deurentyd te vernuwe en sy besigheid meer volhoubaar en winsgewend te bestuur.
Sinoniem:
• toekomsperspektief
• toekomsplan
• toekomsverwagting
Vertaling:
Engels: future vision
Nederlands: toekomstvisie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: treurigheid
treurigheid [boodskap #145661 ]
Sa, 22 Junie 2024 19:43
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
treurigheid
Afbreking: treu•rig•heid
Samestelling: treurig + -heid
Selfstandige naamwoord: treurigheid
Meervoud: treurighede
Betekenis:
• Die toestand van treurig en hartseer wees.
• Die toestand van swak en ellendig wees.
Gebruik:
• Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander. [Klaagliedere 5:15]
• Wat se treurigheid is dit? Die regering se treurigheid kos die land miljarde.
Spreekwoord:
• O treurigheid op note. [Uitroep om teleurstelling aan te dui.]
Sinoniem:
• droefgeestigheid
• melancholie
• sielesmart
• verdriet
• weemoed
• triestigheid
Vertaling:
Engels: sorrowfulness, pitifulness, mournfulness
Nederlands: treurigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: nuutmaak
nuutmaak [boodskap #145660 ]
Sa, 22 Junie 2024 19:15
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nuutmaak
Afbreking: nuut•maak
Samestelling: nuut + maak
Werkwoord: maak nuut , nuutmaak
Verlede tyd: het nuutgemaak
Betekenis:
• Om weer nuut te maak.
Gebruik:
• Laat God julle van binne af nuutmaak .
Sinoniem:
• hernuwe
• vernuwe
Vertaling:
Engels: to make new, renew
Nederlands: nieuw maken, vernieuwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: poens
poens [boodskap #145659 ]
Sa, 22 Junie 2024 18:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
poens
Afbreking: poens
Byvoeglike naamwoord: poens
Attributief: poens
Betekenis:
• Kaal, sonder horings of hare (of met baie kort hare).
Gebruik:
• Die seun se kop is poens geskeer.
Sinoniem:
• kaal
Afgelei:
• poenskop
Vertaling:
Engels: polled, bald
Nederlands: haarloos, kaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vanouds
vanouds [boodskap #145658 ]
Sa, 22 Junie 2024 18:35
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vanouds
Afbreking: van•ouds
Samestelling: van + oud + -s
Bywoord: vanouds
Betekenis:
• Vanaf 'n lang tyd gelede; tradisioneel gesproke.
Gebruik:
• Die Nederlanders vanouds was hoofsaaklik 'n volk van kooplui en transporteurs.
Vertaling:
Engels: of old, since long ago
Nederlands: vanouds
Nota:
• Bywoord van tyd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: losskakel
losskakel [boodskap #145657 ]
Sa, 22 Junie 2024 17:56
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
losskakel
Afbreking: los•ska•kel
Samestelling: los + skakel
Selfstandige naamwoord: losskakel
Meervoud: losskakels
Verkleinwoord: losskakeltjie
Meervoud van verkleining: losskakeltjies
Betekenis:
• Die nommer 10 rugbyspeler was tussen die skrumskakel en die senter speel.
Gebruik:
• Die losskakel se betroubare skopvoet het die wedstryd beklink.
Hiponiem:
• agterspeler
Vertaling:
Engels: fly-half, stand-off half
Nederlands: losskakel
Werkwoord: skakel los , losskakel
Verlede tyd: het losgeskakel
Betekenis:
• Om uit skakeling los te maak.
Gebruik:
• Maak seker dat jou sleepwa nie wegloop as jy dit losskakel nie.
Sinoniem:
• diskonnekteer
• loskoppel
• losmaak
• ontkoppel
• ontskakel
Afgelei:
• losskakeling
Vertaling:
Engels: to disconnect
Nederlands: losschakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: opklim
opklim [boodskap #145656 ]
Sa, 22 Junie 2024 17:32
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opklim
Afbreking: op•klim
Samestelling: op + klim
Werkwoord: klim op , opklim
Verlede tyd: het opgeklim
Betekenis:
• Om na 'n hoër punt te klim.
Gebruik:
• Hy klim teen die berg op .
• Sy het teen die leer opgeklim .
Spreekwoord:
• Teen die muur opklim . [In die moeilikheid wees.]
Sinoniem:
• beklim
• bestyg
• opgaan
• opklouter
• uitklim
Antoniem:
• afklim
Afgelei:
• opklimming
Vertaling:
Engels: to climb up, ascend
Nederlands: opklimmen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: blitsig
blitsig [boodskap #145655 ]
Sa, 22 Junie 2024 17:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19424Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blitsig
Afbreking: blit•sig
Samestelling: blits + -ig
Byvoeglike naamwoord: blitsig
Vergrotende trap: blitsiger
Oortreffende trap: blitsigste
Attributief: blitsige
Partitief: blitsigs
Betekenis:
• Baie vinnig; so vinnig soos 'n blits.
Gebruik:
• Toe hulle die leeu sien het hulle blitsig in 'n boom ingeklim.
Sinoniem:
• blitssnel
• blitsvinnig
• gougou
• haastig
• inderhaas
• plotseling
• rats
• skielik
• spoedig
• vinnig
• vlugvoetig
Vertaling:
Engels: quickly, in a flash
Nederlands: in een flits
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.