Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: aurora
aurora [boodskap #145220] Sa, 11 Mei 2024 09:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aurora.
'n Aurora.
aurora
Afbreking: au•ro•ra


Selfstandige naamwoord: aurora
Meervoud: auroras

Betekenis:
• Kleurvolle ligstrale (wit, geel, rooi of groen) wat veral in die pole waargeneem word.

Gebruik:
• 'n Aurora is 'n ligboog wat veroorsaak word deur gelaaide deeltjies wat die aarde se atmosfeer binnedring en gasse in die atmosfeer ioniseer.

Wisselvorm:
• ourora

Sinoniem:
• ligkrans
• noorderlig
• poollig
• rooidag
• suiderlig

Afgelei:
• aurorageel

Vertaling:
Engels: aurora
Nederlands: aurora, poollicht

Nota:
• Aurora (met 'n hoofletter) is die Romeinse godin van die daeraad.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bourommel
bourommel [boodskap #145219] Sa, 11 Mei 2024 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bourommel
Afbreking: bou•rom•mel
Samestelling: bou + rommel


Selfstandige naamwoord: bourommel
Meervoud:

Betekenis:
• Die rommel/gemors wat oorbly as 'n mens klaar gebou het.

Gebruik:
• Die kontrakteur moet die terrein skoonmaak en die bourommel wegry.

Sinoniem:
• bouafval

Vertaling:
Engels: building rubble, construction debris
Nederlands: bouwafval, bouwresten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Katalaans
Katalaans [boodskap #145218] Sa, 11 Mei 2024 08:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Katalaans
Afbreking: Ka•ta•laans
Samestelling: Katalaan + -s
Uitspraak: /kɑtɑˈlɑːns/, /kɑtɑˈlɑ̃ːs/, /kɑtəˈlɑːns/, /kɑtəˈlɑ̃ːs/


Byvoeglike naamwoord: Katalaans
Attributief: Katalaanse

Betekenis:
• Wat op Katalonië of die Katalaanse mense betrekking het.

Gebruik:
• Sy meisie is Katalaans.

Sinoniem:
• Katalonies

Vertaling:
Engels: Catalan
Nederlands: Catalaans


Selfstandige naamwoord: Katalaans
Meervoud:

Betekenis:
• Die taal van Katalonië. 'n Romaanse taal wat deur meer as 10 miljoen mense in Spanje gepraat word.

Gebruik:
• Ek kan nie Katalaans praat nie.

Sinoniem:
• Katalonies

Verwant:
• Katalaan
• Katalonië

Vertaling:
Engels: Catalan
Nederlands: Catalaans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bloemistewinkel
bloemistewinkel [boodskap #145217] Sa, 11 Mei 2024 08:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloemistewinkel
Afbreking: bloe•mis•te•win•kel
Samestelling: bloemiste + winkel


Selfstandige naamwoord: bloemistewinkel
Meervoud: bloemistewinkels
Verkleinwoord: bloemistewinkeltjie
Meervoud van verkleining: bloemistewinkeltjies

Betekenis:
• 'n Winkel wat blomme verkoop.

Gebruik:
• Sy het 'n ruiker van die bloemistewinkel bestel.

Sinoniem:
• blommewinkel

Vertaling:
Engels: florist shop, flower shop
Nederlands: bloemenwinkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: a.asb.
a.asb. [boodskap #145216] Sa, 11 Mei 2024 07:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
a.asb.
Afbreking: a.asb.


Afkorting: a.asb.

Betekenis:
• Afkorting vir antwoord asseblief.

Gebruik:
• U is uitgenooi na die partytjie. A.asb. voor Maandag.

Wisselvorm:
• a.a.u.b. (verouderd)
• A.A.U.B. (verouderd)

Vertaling:
Engels: RSVP, please reply
Frans: RSVP, répondez s’il vous plaît
Nederlands: antwoord alstublieft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: spesifiseer
spesifiseer [boodskap #145215] Vr, 10 Mei 2024 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spesifiseer
Afbreking: spe•si•fi•seer


Werkwoord: spesifiseer
Verlede tyd: het gespesifiseer

Betekenis:
• Om nader aan te dui; in besonderhede omskryf.

Gebruik:
• As jy nie beesvleis spesifiseer nie, kan jy dalk perdevleis kry.

Sinoniem:
• benoem
• bepaal
• definieer
• detailleer
• kwalifiseer
• omskryf
• stipuleer
• uiteensit
• uitspel
• vereis
• vermeld
• voorskryf

Afgelei:
• spesifikasies
• spesifisering

Vertaling:
Engels: to specify, particularise, itemise
Nederlands: specificeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: str.
str. [boodskap #145214] Vr, 10 Mei 2024 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
str.
Afbreking: str.


Afkorting: str.

Betekenis:
• Afkorting vir straat.

Gebruik:
• Ons woon te Daniel Str. 17.

Afgelei:
• s.str. (seestraat)

Vertaling:
Engels: street
Nederlands: straat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: min.
min. [boodskap #145213] Vr, 10 Mei 2024 17:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
min.
Afbreking: min.


Afkorting: min.

Betekenis:
• Afkorting vir minuut of minute (ook m.)
• Afkorting vir minister.
• Afkorting vir minimum (teenoor maks.)

Gebruik:
• Dit sal net 30 min. van u tyd neem.
• Die dokument is deur min. Adriaan Vlok onderteken.
• Die ster het 'n min. massa van 4,3 aardmassas.

Afgelei:
• adj.min. (adjunkminister)

Vertaling:
Engels: min.
Nederlands: min.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 11 Mei 2024 09:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: antw.
antw. [boodskap #145212] Vr, 10 Mei 2024 15:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
antw.
Afbreking: antw.


Afkorting: antw.

Betekenis:
• Afkorting vir antwoord.

Gebruik:
Antw. vrae 1 tot 10.

Verwant:
• a.asb. (antwoord asseblief)

Vertaling:
Engels: answer
Nederlands: antwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Gr.
Gr. [boodskap #145211] Vr, 10 Mei 2024 15:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gr.
Afbreking: Gr.


Afkorting: Gr.

Betekenis:
• Afkorting vir Griekeland, Grieks of Griekse.

Gebruik:
• "Penta" is Gr. vir 5.
• Biotoop is afgelei van die Gr. woord bios, "lewe" en topos, "plek".

Vertaling:
Engels: Gr.
Nederlands: Gr.

Nota:
• Moenie "Gr." verwar met "gr.", die afkorting vir graad, groot of grootte nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gr.
gr. [boodskap #145209] Vr, 10 Mei 2024 15:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gr.
Afbreking: gr.


Afkorting: gr.

Betekenis:
• Afkorting vir graad, groot of grootte.

Gebruik:
• Ek is volgende jaar in gr. 12.

Vertaling:
Engels: grade; big; size
Nederlands: graad; groot; grootte

Nota:
• Moenie "gr." verwar met "Gr.", die afkorting vir Griekeland, Grieks of Griekse nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: betroubaarheid
betroubaarheid [boodskap #145208] Vr, 10 Mei 2024 15:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betroubaarheid
Afbreking: be•trou•baar•heid
Samestelling: betroubaar + -heid


Selfstandige naamwoord: betroubaarheid
Meervoud: betroubaarhede

Betekenis:
• Die mate waarin iets of iemand betroubaar is (geglo/vertrou kan word).

Gebruik:
• Toyota is bekend vir sy betroubaarheid, goeie afwerking en uitstekende padgedrag.

Sinoniem:
• eerbaarheid
• geloofwaardigheid
• onfeilbaarheid
• opregtheid
• reputasie

Antoniem:
• leuenagtigheid
• onbetroubaarheid

Vertaling:
Engels: reliability, trustworthiness
Nederlands: betrouwbaarheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: weerskante
weerskante [boodskap #145207] Vr, 10 Mei 2024 12:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weerskante
Afbreking: weers•kan•te
Samestelling: weer + -s- + kante


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: weerskante

Betekenis:
• Albei kante/ sye.

Gebruik:
• Die trok is aan weerskante gestamp.

Sinoniem:
• alkant
• weersye

Vertaling:
Engels: both sides
Nederlands: weerskanten


Bywoord: weerskant, weerskante

Betekenis:
• Aan beide kante/ sye.

Gebruik:
• My boetie en sussie staan weerskante van my.

Vertaling:
Engels: on both sides
Nederlands: weerskanten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toereteller
toereteller [boodskap #145206] Vr, 10 Mei 2024 12:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Motorfiets se toereteller.
'n Motorfiets se toereteller.
toereteller
Afbreking: toe•re•tel•ler
Samestelling: toere + teller


Selfstandige naamwoord: toereteller
Meervoud: toeretellers

Betekenis:
• Instrument wat die aantal omwentelings om 'n as aandui.

Gebruik:
• Sy druk die motor se toereteller tot in die rooi.

Sinoniem:
• omwentelingmeter
• omwentelingteller
• snelheidsmeter
• tagometer

Vertaling:
Engels: tachometer, revolution counter
Nederlands: toerenteller

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: saamstaan
saamstaan [boodskap #145205] Vr, 10 Mei 2024 11:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamstaan
Afbreking: saam•staan
Samestelling: saam + staan


Werkwoord: staan saam, saamstaan
Verlede tyd: het saamgestaan

Betekenis:
• Om mekaar te ondersteun en nie verdeeld te wees nie.

Gebruik:
• Ons staan skouer aan skouer saam teen die oormag.
• Die wat nie saamgestaan het nie is uitgedelg.

Sinoniem:
• bymekaarstaan
• meewerk
• saamwerk
• verenig

Vertaling:
Engels: to stand together, act in concert
Nederlands: samen staan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: redaksioneel
redaksioneel [boodskap #145204] Vr, 10 Mei 2024 11:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
redaksioneel
Afbreking: re•dak•sio•neel
Samestelling: redaksie + -eel


Byvoeglike naamwoord: redaksioneel
Attributief: redaksionele

Betekenis:
• Van of deur die redaksie.

Gebruik:
• Alle bydraes word redaksioneel nagegaan voordat dit gepubliseer word.

Vertaling:
Engels: redactional
Nederlands: redactioneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

 Onderwerp: aftel
aftel [boodskap #145203] Vr, 10 Mei 2024 11:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aftel
Afbreking: af•tel
Samestelling: af + tel


Werkwoord: tel af, aftel
Verlede tyd: het afgetel

Betekenis:
• Om in dalende nommers te tel.
• Om van 'n hoë plek na 'n laer plek te verplaas.

Gebruik:
• Kom ons tel saam af na die vuurpyl se lansering: 10, 9, 8...
• Hy het die boek van die boonste na die onderste rak afgetel.

Sinoniem:
• aftrek
• afhaal
• aflig

Antoniem:
• optel

Afgelei:
• aftelbaar
• aftelling
• aftelrympie

Vertaling:
Engels: to count down, subtract; to lift down
Nederlands: aftellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: liriek
liriek [boodskap #145202] Do, 09 Mei 2024 17:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liriek
Afbreking: li•riek


Selfstandige naamwoord: liriek
Meervoud: lirieke

Betekenis:
• (versamelnaam) Tekste, meestal gedigte, wat sterk emosies en gevoelens verwoord.
• (meervoud) Die teks van 'n lied wat geskryf is om gesing te word.

Gebruik:
• Naas haar romans het sy ook kortverhale, essays, reisverhale en liriek geskryf.
• Die liedjie het pragtige lirieke.

Sinoniem:
• gevoelsdigkuns
• gevoelspoësie

Afgelei:
• liriekskrywer

Verwant:
• liries
• lirikus
• lirisme

Vertaling:
Engels: lyric
Nederlands: lyriek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Meimaand
Meimaand [boodskap #145201] Do, 09 Mei 2024 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meimaand
Afbreking: Mei•maand
Samestelling: Mei + maand


Selfstandige naamwoord: Meimaand
Meervoud: Meimaande

Betekenis:
• Die vyfde maand van die kalenderjaar; die maand ná Aprilmaand, maar vóór Juniemaand.

Gebruik:
• Dis Meimaand en 'n mens kan voel die winter in op pad.

Sinoniem:
• Mei

Vertaling:
Engels: month of May
Nederlands: de maand mei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: portier
portier [boodskap #145200] Do, 09 Mei 2024 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
portier
Afbreking: por•tier


Selfstandige naamwoord: portier
Meervoud: portiere, portiers
Verkleinwoord: portiertjie
Meervoud van verkleining: portiertjies

Betekenis:
• Iemand wat by die deur van 'n gebou wag hou en gaste help.
• (medies) Die pilorus, opening van die maag na die ingewande.

Gebruik:
• Die portier hou die hoteldeur vir die besoekers oop.
• Die portier is 'n kringspier wat verslap om die voegsel na die derm deur te laat.

Sinoniem:
• bagasiedraer
• deurwag
• deurwagter
• hekwag
• hotelbediende
• poortwagter
• maagslot
• maaguitgang

Hiponiem:
• hotelportier
• nagportier

Afgelei:
• portierklep
• portierklier

Vertaling:
Engels: porter, doorkeeper; pylorus
Nederlands: portier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongasvry
ongasvry [boodskap #145199] Do, 09 Mei 2024 14:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongasvry
Afbreking: on•gas•vry
Samestelling: on- + gasvry


Byvoeglike naamwoord: ongasvry
Attributief: ongasvrye

Betekenis:
• Wat nie gasvry (vriendelik teenoor gaste) is nie.

Gebruik:
• Die portier se ongasvrye gedrag het hom in die sop laat beland.

Sinoniem:
• onaangenaam
• onherbergsaam
• onvriendelik

Antoniem:
• gasvry

Afgelei:
• ongasvryheid

Vertaling:
Engels: unwelcoming, inhospitable
Nederlands: ongastvrij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onherbergsaam
onherbergsaam [boodskap #145198] Do, 09 Mei 2024 14:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onherbergsaam
Afbreking: on•her•berg•saam
Samestelling: on- + herbergsaam


Byvoeglike naamwoord: onherbergsaam
Vergrotende trap: onherbergsamer
Oortreffende trap: onherbergsaamste
Attributief: onherbergsame
Partitief: onherbergsaams

Betekenis:
• Wat so onaangenaam en ongasvry is dat 'n mens nie daar sal wil bly nie.

Gebruik:
• Net geharde plante en diere kan in dié onherbergsame woestyn oorleef.

Sinoniem:
• afgeleë
• dor
• onbegaanbaar
• onbewoonde
• ongasvry
• ongenaakbaar
• onhoudbaar
• rof
• verlate
• woes

Afgelei:
• onherbergsaamheid

Vertaling:
Engels: inhospitable
Nederlands: onherbergzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hulde
hulde [boodskap #145197] Do, 09 Mei 2024 13:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hulde
Afbreking: hul•de


Selfstandige naamwoord: hulde
Meervoud:

Betekenis:
• Die bewys van eer of waardering.

Gebruik:
• Die monument bring hulde aan die gestorwe soldate.

Sinoniem:
• eer
• eerbetoon
• lof
• prys

Afgelei:
• huldebetoon
• huldebetuiging
• huldebewys
• huldeblyk

Vertaling:
Engels: homage, tribute, honour
Nederlands: hulde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pryswenner
pryswenner [boodskap #145196] Do, 09 Mei 2024 12:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pryswenner
Afbreking: prys•wen•ner
Samestelling: prys + wenner


Selfstandige naamwoord: pryswenner
Meervoud: pryswenners
Verkleinwoord: pryswennertjie
Meervoud van verkleining: pryswennertjies

Betekenis:
• Iemand wat 'n prys wen.

Gebruik:
• Die pryswenner sal 'n koopbewys ter waarde van R100 ontvang.

Wisselvorm:
• pryswinner

Hiponiem:
• eerstepryswenner
• Nobelpryswenner

Vertaling:
Engels: prize winner
Nederlands: prijswinnaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skoolkoerant
skoolkoerant [boodskap #145195] Do, 09 Mei 2024 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoolkoerant
Afbreking: skool•koe•rant
Samestelling: skool + koerant


Selfstandige naamwoord: skoolkoerant
Meervoud: skoolkoerante
Verkleinwoord: skoolkoerantjie
Meervoud van verkleining: skoolkoerantjies

Betekenis:
• 'n Koerant wat deur 'n skool uitgegee word.

Gebruik:
• 'n Berig is in die skoolkoerant gepubliseer om die nuwe onderwyser aan die ouers en leerders voor te stel.

Sinoniem:
• skoolblad

Vertaling:
Engels: school newspaper
Nederlands: schoolkrant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: landstaal
landstaal [boodskap #145194] Do, 09 Mei 2024 10:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
landstaal
Afbreking: lands•taal
Samestelling: land + -s- + taal


Selfstandige naamwoord: landstaal
Meervoud: landstale

Betekenis:
• Die taal van 'n land (amptelik of as 'n volkstaal).

Gebruik:
• Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as 'n amptelike landstaal erken.

Vertaling:
Engels: national language
Nederlands: landstaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vereer
vereer [boodskap #145193] Do, 09 Mei 2024 10:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vereer
Afbreking: ver•eer
Samestelling: ver- + eer


Werkwoord: vereer
Verlede tyd: het vereer

Betekenis:
• Om eer en respek te betoon.

Gebruik:
• Die wetenskaplike is met 'n Nobelprys vir sy baanbrekerswerk in Chemie vereer.

Sinoniem:
• eerbiedig
• hoogag
• huldig
• komplimenteer
• loof
• ophemel
• prys
• respekteer
• verheerlik

Afgelei:
• vereerder
• verering

Vertaling:
Engels: to honour, idolize, grace, reverence, worship
Nederlands: vereren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hernoem
hernoem [boodskap #145192] Wo, 08 Mei 2024 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hernoem
Afbreking: her•noem
Samestelling: her- + noem


Werkwoord: hernoem
Verlede tyd: het hernoem

Betekenis:
• Om 'n ander naam te gee.

Gebruik:
• In 2018 is Swaziland amptelik na Eswatini hernoem.

Sinoniem:
• herdoop
• vernoem

Afgelei:
• hernoemde
• hernoeming

Vertaling:
Engels: to rename
Nederlands: hernoemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Uganda
Uganda [boodskap #145191] Wo, 08 Mei 2024 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Uganda.
Kaart van Uganda.
Uganda se vlag.
Uganda se vlag.
Uganda
Afbreking: U•gan•da


Pleknaam: Uganda

Betekenis:
• 'n Land in Afrika aan weerskante van die ewenaar, amptelik die Republiek Uganda.

Gebruik:
Uganda word deur Kenia, Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Tanzanië begrens.

Wisselvorm:
• Oeganda (verouderd)

Afgelei:
• Ugandees
• Ugandese

Vertaling:
Engels: Uganda
Nederlands: Oeganda

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervolgens
vervolgens [boodskap #145190] Wo, 08 Mei 2024 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervolgens
Afbreking: ver•vol•gens


Bywoord: vervolgens

Betekenis:
• In tyd ná dit wat genoem is.

Gebruik:
• Hy het onder luide applous op die verhoog geklim en vervolgens 'n begeesterde toespraak gelewer.

Sinoniem:
• daarna
• hierop
• later
• verder
• voorts

Vertaling:
Engels: subsequently, thereupon, further, then
Nederlands: vervolgens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: roteer
roteer [boodskap #145189] Wo, 08 Mei 2024 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roteer
Afbreking: ro•teer


Werkwoord: roteer
Verlede tyd: het geroteer
Teenwoordige deelwoord: roterend, roterende
Verlede deelwoord: geroteerde

Betekenis:
• Wat om 'n as in die rondte draai.

Gebruik:
• Die aarde roteer elke vier-en-twintig uur om sy as.

Sinoniem:
• draai
• omloop
• swaai
• tol
• tuimel
• wentel

Afgelei:
• rotasie
• roteerder
• roteerrigting

Vertaling:
Engels: to rotate
Nederlands: roteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: samehangend
samehangend [boodskap #145188] Wo, 08 Mei 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
samehangend
Afbreking: sa•me•han•gend
Samestelling: samehang + -end


Byvoeglike naamwoord: samehangend
Vergrotende trap: samehangender
Oortreffende trap: samehangendste
Attributief: samehangende
Partitief: samehangends

Betekenis:
• Met 'n logiese uitleg en samehang wat 'n geheel vorm.

Gebruik:
• Maak seker dat die inligting objektief, logies en samehangend uiteengesit is.

Sinoniem:
• aaneengeslote
• koherent
• konsekwent
• logies
• rasioneel
• verklaarbaar
• verstaanbaar

Antoniem:
• onsamehangend

Hiponiem:
• sinsamehangend

Afgelei:
• samehangendheid

Vertaling:
Engels: coherent, locally, connected
Nederlands: samenhangend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Westerling
Westerling [boodskap #145187] Wo, 08 Mei 2024 14:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Westerling
Afbreking: Wes•ter•ling
Samestelling: Wes(t) + -er- + -ling


Selfstandige naamwoord: Westerling
Meervoud: Westerlinge

Betekenis:
• 'n Persoon van die tradisioneel Westerse Wêreld (in besonder, Wes-Europa en Noord-Amerika).

Gebruik:
• 'n Suid-Afrikaner, Stan Schmidt, was die eerste Westerling wat 'n goue medalje tydens 'n Japanse karatetoernooi gewen het.

Antoniem:
• Oosterling

Vertaling:
Engels: Westerner
Nederlands: westerling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: futuristies
futuristies [boodskap #145186] Wo, 08 Mei 2024 13:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
futuristies
Afbreking: fu•tu•ris•ties


Byvoeglike naamwoord: futuristies
Vergrotende trap: futuristieser
Oortreffende trap: futuristiesste
Attributief: futuristiese

Betekenis:
• Wat baie modern en gevorderd is; asof dit uit die toekoms kom.

Gebruik:
• Die gebou is 'n futuristiese argitektoniese meesterstuk.

Sinoniem:
• gevorderd
• innoverend
• modern
• revolusionêr
• ultramodern
• visioenêr

Antoniem:
• antiek
• oudtyds

Vertaling:
Engels: futuristic
Nederlands: futuristisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: traumatiseer
traumatiseer [boodskap #145185] Wo, 08 Mei 2024 13:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
traumatiseer
Afbreking: trau•ma•ti•seer
Samestelling: trauma + -iseer


Werkwoord: traumatiseer
Verlede tyd: het getraumatiseer
Verlede deelwoord: getraumatiseerd

Betekenis:
• Om trauma te veroorsaak; geestelik te verwond.

Gebruik:
• Sosiale media kan 'n mens erg traumatiseer.

Wisselvorm:
• troumatiseer

Vertaling:
Engels: to traumatise
Nederlands: traumatiseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitgangshek
uitgangshek [boodskap #145184] Wo, 08 Mei 2024 12:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgangshek
Afbreking: uit•gangs•hek
Samestelling: uitgang + -s- + hek


Selfstandige naamwoord: uitgangshek
Meervoud: uitgangshekke
Verkleinwoord: uitgangshekkie
Meervoud van verkleining: uitgangshekkies

Betekenis:
• 'n Hek waarby 'n mens uitgaan ('n plek verlaat).

Gebruik:
• Die park se ingangshek sluit om 16:00 en die uitgangshek sluit om 18:00.

Sinoniem:
• uitgangspoort

Antoniem:
• ingangshek

Vertaling:
Engels: exit gate
Nederlands: uitgangspoort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ingangshek
ingangshek [boodskap #145183] Wo, 08 Mei 2024 12:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ingangshek
Afbreking: in•gangs•hek
Samestelling: ingang + -s- + hek


Selfstandige naamwoord: ingangshek
Meervoud: ingangshekke
Verkleinwoord: ingangshekkie
Meervoud van verkleining: ingangshekkies

Betekenis:
• 'n Hek waarby 'n mens ingaan ('n plek betree).

Gebruik:
• Die wildreservaat se ingangshek sluit om 15:00 en die uitgangshek sluit om 17:00.

Sinoniem:
• ingangspoort
• toegangshek
• toegangspoort

Antoniem:
• uitgangshek

Vertaling:
Engels: entrance gate
Nederlands: toegangspoort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: luisterboek
luisterboek [boodskap #145182] Wo, 08 Mei 2024 12:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
luisterboek
Afbreking: lui•ster•boek
Samestelling: luister + boek


Selfstandige naamwoord: luisterboek
Meervoud: luisterboeke
Verkleinwoord: luisterboekie
Meervoud van verkleining: luisterboekies

Betekenis:
• 'n Boek waarvan die teks opgeneem is sodat 'n mens daarna kan luister.

Gebruik:
• 'n Luisterboek is 'n goeie geskenk vir iemand wat blind is, of net nie van lees hou nie.

Sinoniem:
• oudioboek

Vertaling:
Engels: talking book, audio book
Nederlands: luisterboek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: boomstam
boomstam [boodskap #145181] Ma, 06 Mei 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boomstam.
'n Boomstam.
boomstam
Afbreking: boom•stam
Samestelling: boom + stam


Selfstandige naamwoord: boomstam
Meervoud: boomstamme
Verkleinwoord: boomstammetjie
Meervoud van verkleining: boomstammetjies

Betekenis:
• Die regop deel van 'n boom tussen die wortels en die takke wat met bas bedek is.

Gebruik:
• 'n Boom se ouderdom kan bepaal word deur die jaarringe in 'n deursnit van 'n boomstam te tel.

Vertaling:
Engels: tree trunk
Nederlands: boomstam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitholling
uitholling [boodskap #145180] Ma, 06 Mei 2024 18:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18954
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitholling
Afbreking: uit•hol•ling
Samestelling: uithol + -ing


Selfstandige naamwoord: uitholling
Meervoud: uithollinge, uithollings
Verkleinwoord: uithollinkie
Meervoud van verkleining: uithollinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van uithol; om die binneste weg te neem, of iets waarvan die binneste weggeneem is.
• (figuurlik) Eienskappe verwyder sodat net die uiterlike oorbly.

Gebruik:
• Neushoringvoëls maak uithollings in boomstamme waarin die wyfie haar eiers lê.
• Die uitholling van die demokrasie vind so stelselmatig plaas dat mense dit nie werklik agterkom nie.

Sinoniem:
• erodering
• inkerwing
• insnyding
• uitgrawing
• uitkalwing
• verdieping

Vertaling:
Engels: hollowing, excavation
Nederlands: uitholling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [1  2  3    »]


Tyd nou: Sa Mei 11 21:01:50 MGT 2024