Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: vergeefs
vergeefs [boodskap #146428] Wo, 11 September 2024 14:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergeefs
Afbreking: ver•geefs
Samestelling: vergeef + -s


Byvoeglike naamwoord: vergeefs
Attributief: vergeefse

Betekenis:
• Wat op niks uitloop nie. Sonder die gewenste resultaat.

Gebruik:
• Die veearts het vergeefs probeer om die hondjie te red.

Sinoniem:
• futiel
• hopeloos
• nutteloos
• onsuksesvol
• tevergeefs
• verlaas
• vrugteloos

Afgelei:
• vergeefsheid

Vertaling:
Engels: in vain, futile, fruitless
Nederlands: vergeefs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dieremishandeling
dieremishandeling [boodskap #146427] Wo, 11 September 2024 14:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dieremishandeling
Afbreking: die•re•mis•han•de•ling
Samestelling: diere + mishandeling


Selfstandige naamwoord: dieremishandeling
Meervoud:

Betekenis:
• Wreedheid teenoor diere.

Gebruik:
• Die man wat die hond op barbaarse wyse doodgemaak het is van dieremishandeling aangekla.

Vertaling:
Engels: animal abuse
Nederlands: dierenmishandeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ontstel
ontstel [boodskap #146426] Wo, 11 September 2024 14:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontstel
Afbreking: ont•stel
Samestelling: ont- + stel


Werkwoord: ontstel
Verlede tyd: het ontstel

Betekenis:
• Om iemand te skok; van stryk bring.

Gebruik:
• Die afskuwelike nuus het haar ontstel.
• Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Sinoniem:
• omkrap
• onthuts
• oorweldig
• skok
• verbluf
• verbyster
• verontrus
• verskrik
• verwar

Afgelei:
• ontsteld
• ontstellend

Vertaling:
Engels: to appal, startle, upset, disturb, alarm
Nederlands: ontstellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: woordelik
woordelik [boodskap #146425] Wo, 11 September 2024 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woordelik
Afbreking: woor•de•lik
Samestelling: woord + -elik


Byvoeglike naamwoord: woordelik, woordeliks
Attributief: woordelike, woordelikse

Betekenis:
• Woord vir woord.
• Mondelings en nie skriftelik nie.
• Wat 'n woord betref (slegs in samestellings).

Gebruik:
• Gebruik jou eie woorde en moenie woordeliks uit die leesstuk aanhaal nie.
• Ons het 'n woordelike ooreenkoms bereik.

Sinoniem:
• letterlik
• tekstueel
• verbatim
• woordgetrou
• mondelings
• oraal
• verbaal

Afgelei:
• bywoordelik
• spreekwoordelik
• voegwoordelik
• werkwoordelik

Vertaling:
Engels: word for word, verbatim; verbal
Nederlands: woordelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kwoteer
kwoteer [boodskap #146424] Wo, 11 September 2024 06:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwoteer
Afbreking: kwo•teer


Werkwoord: kwoteer
Verlede tyd: het gekwoteer

Betekenis:
• Om 'n prys vir 'n produk of diens te gee.
• Om van 'n bestaande teks af aan te haal.

Gebruik:
• Hoeveel sal u my vir die werk kwoteer?
• Gebruik jou eie woorde en moenie woordeliks uit die leesstuk kwoteer nie.

Sinoniem:
• prys
• aanhaal
• siteer

Afgelei:
• kwotasie
• kwotering

Vertaling:
Engels: to quote
Nederlands: quoteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kwotasie
kwotasie [boodskap #146423] Di, 10 September 2024 14:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwotasie
Afbreking: kwo•ta•sie
Samestelling: kwoteer + -tasie


Selfstandige naamwoord: kwotasie
Meervoud: kwotasies
Verkleinwoord: kwotasietjie
Meervoud van verkleining: kwotasietjies

Betekenis:
• Die prys van 'n produk of diens.
• 'n Aanhaling uit 'n teks.

Gebruik:
• Moenie die eerste en beste kwotasie aanvaar nie.
• Die traktaatjie is vol kwotasies uit die Bybel uit.

Sinoniem:
• prysopgawe
• tender
• aanhaling
• sitaat

Vertaling:
Engels: quote; quotation
Nederlands: quotatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voorsteller
voorsteller [boodskap #146422] Ma, 09 September 2024 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorsteller
Afbreking: voor•stel•ler
Samestelling: voorstel + -er


Selfstandige naamwoord: voorsteller
Meervoud: voorstellers

Betekenis:
• Persoon wat 'n voorstel maak, of wat iemand voorstel.

Gebruik:
• 'n Nominasie moet deur 'n voorsteller en twee sekondante onderteken word.

Vertaling:
Engels: proposer, nominator; introducer
Nederlands: voorsteller

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mosie
mosie [boodskap #146421] Ma, 09 September 2024 19:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mosie
Afbreking: mo•sie


Selfstandige naamwoord: mosie
Meervoud: mosies
Verkleinwoord: mosietjie
Meervoud van verkleining: mosietjies

Betekenis:
• 'n Voorstel op 'n vergadering.

Gebruik:
• Die mosie is eenparig aanvaar.
• Talle mosies van wantroue is al teen die voorsitter ingedien.

Sinoniem:
• proposisie
• voorstel

Hiponiem:
• ordemosie

Vertaling:
Engels: motion
Nederlands: motie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kankervry
kankervry [boodskap #146420] Ma, 09 September 2024 19:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankervry
Afbreking: kan•ker•vry
Samestelling: kanker + vry


Byvoeglike naamwoord: kankervry
Attributief: kankervrye

Betekenis:
• Sonder kanker.

Gebruik:
• Die onkoloog het die pasiënt kankervry verklaar.

Vertaling:
Engels: cancer free
Nederlands: kankervrij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: genesing
genesing [boodskap #146419] Ma, 09 September 2024 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genesing
Afbreking: ge•ne•sing
Samestelling: genees + -ing


Selfstandige naamwoord: genesing
Meervoud: genesinge, genesinge

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van genees. Die proses om te heel en gesond te word.

Gebruik:
• Indien die siekte vroeg gediagnoseer word, is genesing moontlik, maar in die laaste stadium is genesing onwaarskynlik.

Spreekwoord:
• Voorkoming is beter as genesing. [Dit is beter om iets te verhoed as om die gevolge daarvan te dra.]

Sinoniem:
• aansterking
• gesondmaking
• gesondwording
• heling
• herstelproses

Hiponiem:
• geloofsgenesing
• natuurgenesing

Afgelei:
• genesingsaksie
• genesingsgang
• genesingsproses
• genesingswerk
• genesingswyse

Vertaling:
Engels: healing, recovery, cure
Nederlands: genezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aksiomaties
aksiomaties [boodskap #146418] Ma, 09 September 2024 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aksiomaties
Afbreking: ak•si•o•ma•ties
Samestelling: aksioma + -ties


Byvoeglike naamwoord: aksiomaties
Attributief: aksiomatiese

Betekenis:
• Soos 'n aksioma ('n grondbeginsel of aanname wat as waar aanvaar word).
• Wat op 'n aksioma of aksiomas berus.

Gebruik:
• In 'n regstaat is dit tog aksiomaties dat die reg nagekom moet word.
• Die Grieke het wiskunde tot 'n aksiomatiese wetenskap ontwikkel.

Sinoniem:
• fundamenteel
• onbestrybaar
• onbetwisbaar
• onbetwyfelbaar
• onloënbaar
• onteenseglik
• vanselfsprekend

Vertaling:
Engels: axiomatic, axiomatical
Nederlands: axiomatisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: handperd
handperd [boodskap #146417] So, 08 September 2024 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruiter met 'n handperd.
'n Ruiter met 'n handperd.
handperd
Afbreking: hand•perd
Samestelling: hand + perd


Selfstandige naamwoord: handperd
Meervoud: handperde
Verkleinwoord: handperdjie
Meervoud van verkleining: handperdjies

Betekenis:
• 'n Ekstra perd wat deur 'n ruiter met die hand gelei word, soms figuurlik, iemand wat reg is om gebruik te word.

Gebruik:
• Regeringsoldate het Christiaan Beyers se ryperd gewond en sy handperd doodgeskiet.

Spreekwoord:
• Hy word as 'n handperd gehou. [Iemand hou vir gebruik wanneer nodig.]

Antoniem:
• ryperd
• saalperd

Vertaling:
Engels: led-horse
Nederlands: handpaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toelaag
toelaag [boodskap #146416] So, 08 September 2024 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toelaag
Afbreking: toe•laag


Selfstandige naamwoord: toelaag, toelae
Meervoud: toelae, toelaes
Verkleinwoord: toelagie
Meervoud van verkleining: toelagies

Betekenis:
• Ekstra geld wat vir 'n bepaalde doel toegeken word.

Gebruik:
• As deel van my pakket kry ek 'n toelaag vir 'n selfoon.

Sinoniem:
• besoldiging
• subsidie
• toedeling
• vergoeding

Hiponiem:
• huistoelaag
• kindertoelaag
• onthaaltoelaag
• reistoelaag
• staatstoelaag
• uitwoontoelaag

Vertaling:
Engels: grant, allowance, subsidy
Nederlands: toelage

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skaf
skaf [boodskap #146415] So, 08 September 2024 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skaf
Afbreking: skaf


Werkwoord: skaf
Verlede tyd: het geskaf

Betekenis:
• (verouderd) Om beskikbaar te maak.

Gebruik:
• Ons eet wat die pot skaf.

Sinoniem:
• gee
• opdien
• verskaf
• verstrek
• voorsien
• voorsit

Afgelei:
• aanskaf
• afskaf
• verskaf

Vertaling:
Engels: to give, provide, furnish, serve up
Nederlands: schaffen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: postuum
postuum [boodskap #146414] So, 08 September 2024 17:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
postuum
Afbreking: pos•tuum


Byvoeglike naamwoord: postuum
Attributief: postume

Betekenis:
• Ná iemand se dood.

Gebruik:
• Die werk is postuum gepubliseer.

Sinoniem:
• nadoods

Vertaling:
Engels: posthumous, after death
Latyn: postumus
Nederlands: postuum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: maagkanker
maagkanker [boodskap #146413] So, 08 September 2024 12:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maagkanker
Afbreking: maag•kan•ker
Samestelling: maag + kanker


Selfstandige naamwoord: maagkanker
Meervoud: maagkankers

Betekenis:
• Kanker van die maag.

Gebruik:
• Miems de Bruin is op 14 April 2010 in die ouderdom van 87 jaar aan maagkanker oorlede.

Vertaling:
Engels: stomach cancer
Nederlands: maagkanker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: televisierol
televisierol [boodskap #146412] So, 08 September 2024 11:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisierol
Afbreking: te•le•vi•sie•rol
Samestelling: televisie + rol


Selfstandige naamwoord: televisierol
Meervoud: televisierolle
Verkleinwoord: televisierolletjie
Meervoud van verkleining: televisierolletjies

Betekenis:
• 'n Rol op televisie.

Gebruik:
• Miems de Bruin se laaste televisierol was dié van die moeilike tannie Ans Rademan in 7de Laan.

Sinoniem:
• TV-rol

Vertaling:
Engels: television role
Nederlands: televisierol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skeut
skeut [boodskap #146411] So, 08 September 2024 11:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skeut
Afbreking: skeut


Selfstandige naamwoord: skeut
Meervoud: skeute
Verkleinwoord: skeutjie
Meervoud van verkleining: skeutjies

Betekenis:
• 'n Geskatte hoeveelheid wat met een beweging gegooi of geskink word.
• (plantkunde) 'n Nuwe groeisel of uitspruitsel aan 'n plant.

Gebruik:
• Sy gooi 'n skeut sjokoladesous oor haar roomys.
• Die ou boom stoot nuwe skeute.

Sinoniem:
• glasie
• sopie
• loot
• spriet
• uitloper
• uitspruitsel

Hiponiem:
• grasskeut
• onderskeut
• skimpskeut
• wortelskeut

Afgelei:
• skeutig

Vertaling:
Engels: dash; shoot
Nederlands: scheut

Nota:
• Moenie "skeut" met "skeet" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toedoen
toedoen [boodskap #146410] So, 08 September 2024 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toedoen
Afbreking: toe•doen
Samestelling: toe + doen


Selfstandige naamwoord: toedoen
Meervoud:

Betekenis:
• Iets wat gedoen is wat iets ander veroorsaak het.

Gebruik:
• Hy het deur sy eie toedoen in die gemors beland.

Sinoniem:
• aksies
• bemiddeling
• bemoeienis
• bemoeiing
• bystand
• handelinge
• hulp
• ingryping
• inmenging
• hand
• medewerking
• steun
• tussenkoms

Vertaling:
Engels: actions, activity
Nederlands: toedoen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: meditasie
meditasie [boodskap #146409] So, 08 September 2024 10:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meditasie
Afbreking: me•di•ta•sie
Samestelling: mediteer + -asie


Selfstandige naamwoord: meditasie
Meervoud: meditasies

Betekenis:
• 'n Poging (of oefening) om stil en rustig te raak en diep oor dinge na te dink.

Gebruik:
• Naas introspeksie het meditasie ook mediese voordele wat met ander ontspanningstegnieke vergelykbaar is.

Sinoniem:
• bepeinsing
• dromery
• gemymer
• introspeksie
• meditering
• nadenke
• oordenking
• peinsing
• refleksie
• voorbidding

Hiponiem:
• premeditasie

Afgelei:
• meditasiegeleentheid
• meditasiekursus
• meditasie-oefening
• meditasievoorskrif

Vertaling:
Engels: meditation
Nederlands: meditatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mediteer
mediteer [boodskap #146408] So, 08 September 2024 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mediteer
Afbreking: me•di•teer
Samestelling: mediteer


Werkwoord: mediteer
Verlede tyd: het gemediteer

Betekenis:
• Om stil en rustig te raak en diep oor dinge na te dink.

Gebruik:
• Dit is vir haar belangrik om daagliks te mediteer en meditasie-oefeninge te doen.

Sinoniem:
• bepeins
• nadink
• reflekteer
• oordink
• oorpeins
• peins

Afgelei:
• premediteer

Verwant:
• meditasie

Vertaling:
Engels: to meditate
Nederlands: mediteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aldag
aldag [boodskap #146407] So, 08 September 2024 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aldag
Afbreking: al•dag
Samestelling: al + dag


Bywoord: aldag

Betekenis:
• Wat gereeld (elke dag) gebeur.

Gebruik:
• Die kind wil aldag en heeldag net speel.
• So iets gebeur nie aldag nie!

Spreekwoord:
• Dis aldag skietdag, maar nie aldag raakdag nie. ['n Mens tref nie altyd die kol nie.]

Wisselvorm:
• aldae

Sinoniem:
• altyd
• altoos
• deurentyd
• heeldag
• heeltyd
• herhaaldelik
• telkens

Vertaling:
Engels: every day
Nederlands: elke dag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: remissie
remissie [boodskap #146406] So, 08 September 2024 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
remissie
Afbreking: re•mis•sie


Selfstandige naamwoord: remissie
Meervoud: remissies

Betekenis:
• Die tydelike vermindering of verdwyning van 'n siekte.

Gebruik:
• Sy is met borskanker gediagnoseer en is tans in remissie.

Vertaling:
Engels: remission
Nederlands: remissie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: platslaan
platslaan [boodskap #146405] So, 08 September 2024 09:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
platslaan
Afbreking: plat•slaan
Samestelling: plat + slaan


Werkwoord: slaan plat, platslaan
Verlede tyd: het platgeslaan

Betekenis:
• Om te slaan tot iets plat is.

Gebruik:
• Hy slaan die opvoustoel plat.
• Die bokser het sy opponent platgeslaan.

Sinoniem:
• afbreek
• afslaan
• neerslaan
• neervel
• platdruk
• platmaak
• platstoot

Vertaling:
Engels: to knock down, flatten
Nederlands: platmaken, neerslaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: noupassend
noupassend [boodskap #146404] So, 08 September 2024 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noupassend
Afbreking: nou•pas•send
Samestelling: nou + pas + -end


Byvoeglike naamwoord: noupassend
Attributief: noupassende

Betekenis:
• Wat nou pas.

Gebruik:
• Iemand met so 'n dik pens moenie noupassende klere dra nie.

Sinoniem:
• knap
• nousluitend
• styfgespan

Vertaling:
Engels: close-fitting, tight-fitting, snug
Nederlands: nauwsluitend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: komediant
komediant [boodskap #146403] So, 08 September 2024 09:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komediant
Afbreking: ko•me•di•ant
Samestelling: komedie + -ant


Selfstandige naamwoord: komediant
Meervoud: komediante
Verkleinwoord: komediantjie
Meervoud van verkleining: komediantjies

Betekenis:
• Iemand wat ander vermaak met humoristiese voorstellings of vertellings.

Gebruik:
• Die mense skater van die lag vir die skreeusnaakse komediant.

Sinoniem:
• grapmaker
• hanswors
• harlekyn
• humoris
• nar
• pretmaker
• uilspieël

Vertaling:
Engels: comedian
Nederlands: komediant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanstoot
aanstoot [boodskap #146402] So, 08 September 2024 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanstoot
Afbreking: aan•stoot
Samestelling: aan + stoot


Selfstandige naamwoord: aanstoot
Meervoud: aanstote

Betekenis:
• Die handeling om teen iets te stamp of te stoot, meestal figuurlik, om iemand te beledig.

Gebruik:
• Die Kruger-telegram het groot aanstoot in Engeland gegee en tot verswakte betrekkinge met Duitsland gelei.

Spreekwoord:
• Dit gee aanstoot. [Dit veroorsaak ergernis.]
• Ek neem aanstoot. [Ek voel beledig.]

Sinoniem:
• agitasie
• belediging
• belastering

Afgelei:
• aanstootgewend
• aanstootlik

Vertaling:
Engels: offence
Nederlands: aanstoot


Werkwoord: stoot aan, aanstoot
Verlede tyd: het aangestoot

Betekenis:
• Om deur te stoot iets verder te laat beweeg.
• Om iets vinniger te doen; haastig word.

Gebruik:
• Hy stoot die winkeltrollie verder aan.
• Ons moet aanstoot, anders gaan ons laat wees.

Sinoniem:
• aandu
• aanstryk
• haas
• opskud
• verhaas

Vertaling:
Engels: to push forward; to move quicker
Nederlands: aanstoten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: katvoet
katvoet [boodskap #146401] So, 08 September 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katvoet
Afbreking: kat•voet
Samestelling: kat + voet


Bywoord: katvoet

Betekenis:
• Wat saggies en geruisloos beweeg (soos wat 'n kat loop).
• Wat bang en versigtig is.

Gebruik:
• Hy sluip katvoet uit die huis uit.
• Die kinders was maar katvoet vir die kwaai juffrou.

Sinoniem:
• geluidloos
• saggies
• soetjies
• stilletjies
• suutjies
• bang
• behoedsaam
• ligvoet
• omsigtig
• skrikkerig
• versigtig

Vertaling:
Engels: softly, noiseless; afraid, cautious
Nederlands: zacht, geruisloos; bang, voorzichtig


Selfstandige naamwoord: katvoet
Meervoud: katvoete
Verkleinwoord: katvoetjie
Meervoud van verkleining: katvoetjies

Betekenis:
• Die poot van 'n kat, of die spoor wat dit laat.

Gebruik:
• Hy sien katvoetjies in die sand.

Sinoniem:
• katpoot
• katspoor

Vertaling:
Engels: cat's foot
Nederlands: kattenvoet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [ «    1  2  3]


Tyd nou: Sa Sep 21 21:35:21 MGT 2024