Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: uitgrawe
uitgrawe [boodskap #145704] Wo, 26 Junie 2024 15:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgrawe
Afbreking: uit•gra•we
Samestelling: uit + grawe


Werkwoord: grawe uit, uitgrawe
Verlede tyd: het uitgegrawe

Betekenis:
• Om deur te grawe 'n gat te grou of iets uit die grond te haal.
• (figuurlik) Om met moeite te bekom.

Gebruik:
• Hy grawe die wortels uit.
• Sy het 'n ou foto uit die argiewe uitgegrawe.

Wisselvorm:
• uitgraaf

Sinoniem:
• ontwortel
• opdiep
• opgrawe
• uitdelf
• uitdolwe
• uitkrap
• uitskoffel
• uitspit
• uithol
• verdiep

Vertaling:
Engels: to dig out, dig up, unearth, deepen
Nederlands: uitgraven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitpluk
uitpluk [boodskap #145703] Wo, 26 Junie 2024 14:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitpluk
Afbreking: uit•pluk
Samestelling: uit + pluk


Werkwoord: pluk uit, uitpluk
Verlede tyd: het uitgepluk

Betekenis:
• Om iets met 'n ruk of pluk uit te trek.
• Om vinnig te voorskyn te bring.

Gebruik:
• Sy het al die bossies uitgepluk.
• Die skurk pluk 'n mes uit en druk dit teen die vrou se keel.

Sinoniem:
• uitruk
• uittrek

Vertaling:
Engels: to pull out, rip out, whip out
Nederlands: uittrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: puntenerig
puntenerig [boodskap #145702] Wo, 26 Junie 2024 11:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
puntenerig
Afbreking: pun•te•ne•rig


Byvoeglike naamwoord: puntenerig
Vergrotende trap: punteneriger
Oortreffende trap: puntenerigste
Attributief: puntenerige
Partitief: puntenerigs

Betekenis:
• Wat alles presies reg wil hê en moeilik is om tevrede te stel.

Gebruik:
• Sy is puntenerig wat kos betref.
• Hy is 'n puntenerige man vir wie alles altyd reg en op sy plek moet wees.

Wisselvorm:
• punteneurig

Sinoniem:
• kieskeurig
• krities
• oornoukeurig
• pedanties
• perfeksionisties
• uitsoekerig
• vitterig
• voorskriftelik

Afgelei:
• puntenerigheid

Vertaling:
Engels: puntenerig
Nederlands: punteneurig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hergeboorte
hergeboorte [boodskap #145701] Wo, 26 Junie 2024 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hergeboorte
Afbreking: her•ge•boor•te
Samestelling: her- + geboorte


Selfstandige naamwoord: hergeboorte
Meervoud: hergeboortes

Betekenis:
• Die handeling van weer gebore word.
• (figuurlik) 'n Hernuwing of herlewing.

Gebruik:
• In die Egiptiese mitologie is Chepri die god van hergeboorte en die oggendson.
• Lente bring nuwe lewe en simboliseer die hergeboorte van hoop.

Sinoniem:
• bekering
• herlewing
• hernuwing
• opbloei
• oplewing
• reïnkarnasie
• renaissance
• wedergeboorte

Vertaling:
Engels: rebirth, rebirthing
Nederlands: hergeboorte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: argitektuur
argitektuur [boodskap #145700] Wo, 26 Junie 2024 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
argitektuur
Afbreking: ar•gi•tek•tuur
Samestelling: argitek + -tuur


Selfstandige naamwoord: argitektuur
Meervoud: argitekture

Betekenis:
• Die styl waarvolgens 'n gebou gebou word.
• Die kuns en wetenskap agter die ontwerp en bou van geboue.

Gebruik:
• Die tempel word as een van die meesterstukke van antieke argitektuur beskou.
• Hy wil universiteit toe gaan om argitektuur te studeer.

Sinoniem:
• boukuns
• boustyl
• konstruksie
• morfologie
• ontwerp

Hiponiem:
• binneargitektuur
• gewelargitektuur
• huisargitektuur
• landskapargitektuur
• rekenaarargitektuur
• tuinargitektuur
• volksargitektuur
• woonhuisargitektuur

Afkorting:
• argit.

Vertaling:
Engels: architecture
Nederlands: architectuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kroning
kroning [boodskap #145699] Wo, 26 Junie 2024 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kroning
Afbreking: kro•ning
Samestelling: kroon + -ing


Selfstandige naamwoord: kroning
Meervoud: kroninge, kronings

Betekenis:
• Die handeling van kroon; seremonie waartydens 'n kroon op die kop van 'n heerser geplaas word.

Gebruik:
• Die kroning van Napoleon I as Keiser van Frankryk het in 1804 in die Notre-Dame-katedraal in Parys plaasgevind.

Sinoniem:
• ampsaanvaarding
• bekroning
• inhuldiging
• troonbestyging

Afgelei:
• kroningdag
• kroningeed
• kroningfees
• kroningplegtigheid
• kroningsdae
• kroningsdag
• kroningseed
• kroningsplegtighede
• kroningsplegtigheid

Vertaling:
Engels: coronation
Nederlands: kroning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terras
terras [boodskap #145698] Wo, 26 Junie 2024 08:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Terrasse teen die hang van 'n berg.
Terrasse teen die hang van 'n berg.
terras
Afbreking: ter•ras


Selfstandige naamwoord: terras
Meervoud: terrasse
Verkleinwoord: terras
Meervoud van verkleining: terras

Betekenis:
• 'n Plat, horisontale terrein (dikwels opgevul) wat deur hoër of laer landskap omring word.

Gebruik:
• Die huis is op 'n terras teen die rand van die heuwel gebou.

Sinoniem:
• dek
• platform
• stoep
• trap
• verhewendheid

Hiponiem:
• rivierterras
• strandterras

Afgelei:
• terrasbedding
• terrasdak
• terrasgewys
• terrashuis
• terrasland
• terrasvlak
• terrasvormig

Vertaling:
Engels: terrace
Nederlands: terras

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bewindsjaar
bewindsjaar [boodskap #145697] Wo, 26 Junie 2024 08:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewindsjaar
Afbreking: be•winds•jaar
Samestelling: bewind + -s- + jaar


Selfstandige naamwoord: bewindsjaar
Meervoud: bewindsjare

Betekenis:
• Een van die jare waartydens 'n heerser aan bewind is.

Gebruik:
• Die tempel is tussen koning Hatsjepsoet se 7de en 20ste bewindsjaar gebou.

Sinoniem:
• regeringsjaar

Vertaling:
Engels: reign year
Nederlands: regeringsjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: byvoeging
byvoeging [boodskap #145696] Wo, 26 Junie 2024 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byvoeging
Afbreking: by•voe•ging
Samestelling: byvoeg + -ing


Selfstandige naamwoord: byvoeging
Meervoud: byvoeginge, byvoegings
Verkleinwoord: byvoeginkie
Meervoud van verkleining: byvoeginkies

Betekenis:
• Die handeling van byvoeg (om by 'n groter geheel te sit).
• Die resultaat van byvoeg.

Gebruik:
• Die biblioteek sal met die byvoeging van honderde boeke uitgebrei word.
• Hierdie boek is 'n welkome byvoeging by my versameling.

Sinoniem:
• aanvulling
• addisie
• toevoeging
• uitbreiding
• verhoging
• bymiddel
• byvoegsel
• supplement
• toevoegsel

Antoniem:
• wegneming

Hiponiem:
• kwikbyvoeging

Vertaling:
Engels: addition, additive
Nederlands: bijvoeging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: fortifiseer
fortifiseer [boodskap #145695] Wo, 26 Junie 2024 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fortifiseer
Afbreking: for•ti•fi•seer
Samestelling: fort + -ifiseer


Werkwoord: fortifiseer
Verlede tyd: het gefortifiseer

Betekenis:
• Om iets sterker en stewiger te maak (soos 'n fort).
• Om die konsentrasie alkohol deur die byvoeging van brandewyn of spiritus te verhoog.

Gebruik:
• Die weermag wil die hawe fortifiseer en dit in 'n vlootbasis omskep.
• Die wyn word gefortifiseer voordat dit gebottel word.

Sinoniem:
• beveilig
• omskans
• verhard
• verskans
• versterk
• verstewig

Verwant:
• fortifikasie
• fortifisering

Vertaling:
Engels: to fortify
Nederlands: fortificeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verstewig
verstewig [boodskap #145694] Wo, 26 Junie 2024 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstewig
Afbreking: ver•ste•wig
Samestelling: ver- + stewig


Werkwoord: verstewig
Verlede tyd: het verstewig

Betekenis:
• Om sterker en stewiger te word.

Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig, maar intussen weer begin terugsak.

Sinoniem:
• fortifiseer
• stabiliseer
• konsolideer
• versterk

Antoniem:
• verswak

Afgelei:
• verstewiging

Vertaling:
Engels: to strengthen, reinforce, consolidate, solidify
Nederlands: verstevigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugsak
terugsak [boodskap #145693] Wo, 26 Junie 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugsak
Afbreking: te•rug•sak
Samestelling: terug + sak


Werkwoord: sak terug, terugsak
Verlede tyd: het teruggesak

Betekenis:
• Om weer laer te beweeg.

Gebruik:
• Die Rand het ná die aankondiging verstewig, maar het intussen weer terugsak.

Sinoniem:
• agteruitgaan
• daal
• slink
• teruggly
• terugtrek
• terugval
• uitsak

Afgelei:
• terugsakking

Vertaling:
Engels: to pull back, slip back, sink back
Nederlands: terugzakken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verwoord
verwoord [boodskap #145692] Di, 25 Junie 2024 13:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwoord
Afbreking: ver•woord
Samestelling: ver- + woord


Werkwoord: verwoord
Verlede tyd: het verwoord

Betekenis:
• Om in woorde om te sit.

Gebruik:
• Hy sukkel om sy emosies te verwoord.

Sinoniem:
• artikuleer
• bewoord
• formuleer
• noem
• omskryf
• praat
• sê
• uitdruk
• verduidelik

Afgelei:
• verwoordbaar
• verwoording

Vertaling:
Engels: to express in words, articulate, formulate
Nederlands: verwoorden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitdruk
uitdruk [boodskap #145691] Di, 25 Junie 2024 13:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitdruk
Afbreking: uit•druk
Samestelling: uit + druk


Werkwoord: druk uit, uitdruk
Verlede tyd: het uitgedruk

Betekenis:
• Om na die buitekant te druk.
• Om 'n gevoel of gedagte in taal te verwoord.

Gebruik:
• Hy druk die puisie uit. Kan jy die kwitansie vir my uitdruk?
• Daar is niks in die hemel of op die aarde wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie.

Sinoniem:
• uitforseer
• uitknyp
• uitpers
• uitstoot
• uitwring
• artikuleer
• bewoord
• kommunikeer
• verwoord
• vertel

Antoniem:
• indruk

Afgelei:
• uitdrukke
• uitdrukking
• uitdruklik

Vertaling:
Engels: to squeeze out; to express, utter
Nederlands: uitdrukken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Jordanië
Jordanië [boodskap #145690] Di, 25 Junie 2024 13:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Jordanië.
Kaart van Jordanië.
Jordanië se vlag.
Jordanië se vlag.
Jordanië
Afbreking: Jor•da•ni•ë


Pleknaam: Jordanië

Betekenis:
• Land in die Midde-Ooste, amptelik die Hasjemitiese Koninkryk Jordanië.

Gebruik:
Jordanië is na die Jordaanrivier vernoem, wat die land se westelike grens met Israel en Palestina vorm.

Afgelei:
• Jordaniër
• Jordanies

Vertaling:
Engels: Jordan
Nederlands: Jordanië

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Koeweit
Koeweit [boodskap #145689] Di, 25 Junie 2024 12:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Koeweit.
Kaart van Koeweit.
Koeweit se vlag.
Koeweit se vlag.
Koeweit
Afbreking: Koe•weit


Pleknaam: Koeweit

Betekenis:
• Land in die Midde-Ooste, amptelik die Staat Koeweit.
• Die gelyknamige hoofstad van dié land, Koeweitstad.

Gebruik:
Koeweit is 'n klein olieryke monargie op die Arabiese skiereiland aan die kus van die Persiese Golf.

Verwant:
• Koeweiti
• Koeweits

Vertaling:
Engels: Kuwait
Nederlands: Koeweit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Irak
Irak [boodskap #145688] Di, 25 Junie 2024 12:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Irak.
'n Kaart van Irak.
Irak se vlag.
Irak se vlag.
Irak
Afbreking: I•rak


Pleknaam: Irak

Betekenis:
• 'n Land in die Midde-Ooste wat grotendeels om die stroomgebied van die Eufraat- en Tigrisriviere lê, amptelik die Republiek Irak.

Gebruik:
Irak grens aan Turkye, Iran, Koeweit, Saoedi-Arabië, Sirië en Jordanië.

Afgelei:
• Irakiër
• Irakkees
• Iraks

Vertaling:
Engels: Iraq
Nederlands: Irak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oneer
oneer [boodskap #145687] Di, 25 Junie 2024 12:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oneer
Afbreking: on•eer
Samestelling: on- + eer


Selfstandige naamwoord: oneer
Meervoud:

Betekenis:
• Toestand waar mense hulle respek vir jou verloor en waarvoor jy jou behoort te skaam.

Gebruik:
• Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. [2 Korintiërs 6:8]

Sinoniem:
• diskrediet
• miskenning
• skaamte
• skandaal
• skande
• smet

Antoniem:
• eer

Afgelei:
• oneerbaar
• oneerbiedig
• oneerlik
• oneersugtig
• oneervol

Vertaling:
Engels: dishonour, disgrace, shame
Nederlands: oneer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toetsing
toetsing [boodskap #145686] Di, 25 Junie 2024 11:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toetsing
Afbreking: toet•sing
Samestelling: toets + -ing


Selfstandige naamwoord: toetsing
Meervoud: toetsinge, toetsings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van toets (om te ondersoek en te ontleed).

Gebruik:
• Die toesing van kosmetiese middels op diere is oneties.

Hiponiem:
• hertoetsing
• kabeltoetsing
• lastoetsing
• personeeltoetsing
• verrassingstoets

Afgelei:
• toetsingsreg
• toetsingsvermoë
• toetsingsverbod

Vertaling:
Engels: testing
Nederlands: toetsing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hondsdolheid
hondsdolheid [boodskap #145685] Di, 25 Junie 2024 11:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hond met hondsdolheid.
'n Hond met hondsdolheid.
hondsdolheid
Afbreking: honds•dol•heid
Samestelling: hond + -s- + dolheid


Selfstandige naamwoord: hondsdolheid
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Virussiekte wat inflammasie van die brein veroorsaak en deur die byt van 'n besmette dier na mense oorgedra kan word.

Gebruik:
Hondsdolheid is uiters gevaarlik en kan tot die dood lei as dit nie behandel word nie.

Sinoniem:
• raserny
• hidrofobie
• rabies

Vertaling:
Engels: rabies, hydrophobia
Nederlands: hondsdolheid, rabiës

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: prerogatief
prerogatief [boodskap #145684] Di, 25 Junie 2024 09:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prerogatief
Afbreking: pre•ro•ga•tief


Selfstandige naamwoord: prerogatief
Meervoud: prerogatiewe

Betekenis:
• 'n Voorreg wat iemand op die basis van sy funksie, hoedanigheid of status toekom.

Gebruik:
• Dit is die president se grondwetlike prerogatief om te besluit oor wie in die kabinet mag doen.

Sinoniem:
• alleenreg
• beskikkingsreg
• bevoegdheid
• voorreg

Vertaling:
Engels: prerogative
Nederlands: prerogatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: konsensus
konsensus [boodskap #145683] Di, 25 Junie 2024 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsensus
Afbreking: kon•sen•sus


Selfstandige naamwoord: konsensus
Meervoud:

Betekenis:
• Ooreenstemming tussen mense of groepe. Toestand waar almal dieselfde menings, opvattings en sienings deel.

Gebruik:
• Die partye het konsensus bereik van 'n regering van nasionale eenheid die beste pad vorentoe sal wees.

Sinoniem:
• akkoord
• eendrag
• eenparigheid
• eenstemmigheid
• ooreenkoms
• ooreenstemming
• saamhorigheid
• solidariteit
• vergelyk

Afgelei:
• konsensusbeleid
• konsensuspolitiek

Vertaling:
Engels: consensus
Nederlands: consensus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skakeling
skakeling [boodskap #145682] Ma, 24 Junie 2024 10:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skakeling
Afbreking: ska•ke•ling
Samestelling: skakel + -ing


Selfstandige naamwoord: skakeling
Meervoud: skakelinge, skakelings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skakel (om kontak te maak of verbinding te bewerkstellig).

Gebruik:
• Buitelandse Sake behartig die diplomatieke skakeling met ander lande.

Sinoniem:
• aaneensluiting
• kontak
• konneksie
• koppeling
• verbinding

Afgelei:
• aaneenskakeling
• afskakeling
• driehoekskakeling
• eindskakeling
• gelykskakeling
• inskakeling
• mediaskakeling
• neweskakeling
• omskakeling
• oorskakeling
• parallelskakeling
• serieskakeling
• teenskakeling
• uitskakeling
• wisselskakeling

Vertaling:
Engels: connection, switching, linking, liaison
Nederlands: schakeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: minibustaxi
minibustaxi [boodskap #145681] Ma, 24 Junie 2024 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Minibustaxi.
'n Minibustaxi.
minibustaxi
Afbreking: mi•ni•bus•ta•xi
Samestelling: minibus + taxi


Selfstandige naamwoord: minibustaxi
Meervoud: minibustaxi's
Verkleinwoord: minibustaxi'tjie
Meervoud van verkleining: minibustaxi'tjies

Betekenis:
• 'n Klein bussie wat as 'n taxi dien om mense teen betaling te vervoer.

Gebruik:
• Tien mense is in die ongeluk tussen 'n minibustaxi en 'n bus dood.

Vertaling:
Engels: minibus taxi
Nederlands: minibustaxi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bo-arm
bo-arm [boodskap #145680] Ma, 24 Junie 2024 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bo-arm
Afbreking: bo•arm
Samestelling: bo + arm


Selfstandige naamwoord: bo-arm
Meervoud: bo-arms
Verkleinwoord: bo-armpie
Meervoud van verkleining: bo-armpies

Betekenis:
• Die boonste gedeelte van die arm, tussen die skouer en die elmboog.

Gebruik:
• 'n Mens moet gereeld oefen om sulke mooi, ferm bo-arms te bou.

Sinoniem:
• opperarm

Antoniem:
• onderarm

Wisselvorm:
• boarm

Afgelei:
• bo-armbeen
• bo-armspier

Verwant:
• humerus

Vertaling:
Engels: upper arm
Nederlands: bovenarm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: trofies
trofies [boodskap #145679] Ma, 24 Junie 2024 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trofies
Afbreking: tro•fies


Byvoeglike naamwoord: trofies
Attributief: trofiese

Betekenis:
• Wat met die voeding van organismes verband hou (letterlik die dik word van die selle, weefsel, ens).

Gebruik:
• Daar verskeie trofiese vlakke in 'n voedselketting, o.a. die produseerders (pante), primêre verbruikers (herbivore), sekondêre verbruikers (karnivore) en ontbinders.

Antoniem:
• atrofies

Hiponiem:
• distrofies
• hipertrofies
• hipotrofies
• mikotrofies
• outotrofies

Vertaling:
Engels: trophic
Nederlands: trofisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mikotrofies
mikotrofies [boodskap #145678] Ma, 24 Junie 2024 06:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mikotrofies
Afbreking: mi•ko•tro•fies
Samestelling: miko- + trofies


Byvoeglike naamwoord: mikotrofies
Attributief: mikotrofiese

Betekenis:
• Betreffende plante wat in simbiose met swamme in die grond (die mikorisa) leef.

Gebruik:
• 'n Mens kan aan die plant se wortels sien dat hy mikotrofies is.

Afgelei:
• holomikotrofies

Vertaling:
Engels: mycotrophic
Nederlands: mycotroof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: swam
swam [boodskap #145677] So, 23 Junie 2024 19:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swam
Afbreking: swam


Selfstandige naamwoord: swam
Meervoud: swamme

Betekenis:
• 'n Groep organismes, amper plantaardige maar sonder chlorofil, wat sampioene, gis en muf insluit.

Gebruik:
Swamme speel 'n belangrike rol in die afbreek van organiese materiaal en kan ernstige siektes in mense en diere veroorsaak.

Sinoniem:
• fungus
• skimmel

Hiponiem:
• boomswam
• ergotswam
• geweiswam
• heuningdouswam
• houtswam
• huisswam
• knolswam
• skimmelswam
• stekelswam
• stinkswam
• straalswam
• stuifswam
• vuurswam

Afgelei:
• swamagtig
• swamdodend
• swamdoder
• swammig
• swaminfeksie
• swamkenner
• swamkunde
• swamsiekte
• swamspoor
• swamsuur
• swamwerend

Vertaling:
Engels: fungus
Nederlands: zwam, schimmel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: simbioties
simbioties [boodskap #145676] So, 23 Junie 2024 18:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
simbioties
Afbreking: sim•bi•o•ties
Samestelling: simbiose + -ties


Byvoeglike naamwoord: simbioties
Attributief: simbiotiese

Betekenis:
• (biologie) Betreffende organismes van verskillende spesies wat saam leef, waaruit ten minste een spesie voordeel trek.
• (figuurlik) Betreffende 'n wedersyds voordelige verhouding.

Gebruik:
• Bioloë onderskei tussen drie simbiotiese verwantskappe, naamlik mutualisme, kommensalisme en parasitisme.
• Die verhouding tussen 'n handelsmerk en 'n produk is simbioties.

Sinoniem:
• saamlewend
• samewerkend

Vertaling:
Engels: symbiotic
Nederlands: symbiotisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: holomikotrofies
holomikotrofies [boodskap #145675] So, 23 Junie 2024 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
holomikotrofies
Afbreking: ho•lo•mi•ko•tro•fies
Samestelling: holo- (heeltemal) + mikotrofies


Byvoeglike naamwoord: holomikotrofies
Attributief: holomikotrofiese

Betekenis:
• Betreffende plante wat vir hul totale voeding van 'n simbiotiese verhouding met swamme in die grond afhanklik is.

Gebruik:
• Die plant is meerjarige en holomikotrofies.

Vertaling:
Engels: holomycotrophic
Nederlands: holomycotroof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toeswaai
toeswaai [boodskap #145674] So, 23 Junie 2024 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toeswaai
Afbreking: toe•swaai
Samestelling: toe + swaai


Werkwoord: swaai toe, toeswaai
Verlede tyd: het toegeswaai

Betekenis:
• Om in 'n swaaiende beweging toe te gaan.

Gebruik:
• As jy so aangaan sal die tronkdeure sal nog eendag agter jou toeswaai.

Sinoniem:
• toegaan
• toemaak
• toeklap
• toeslaan

Antoniem:
• oopswaai

Afgelei:
• toeswaaiing

Vertaling:
Engels: to swing shut
Nederlands: dichtklappen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oopswaai
oopswaai [boodskap #145673] So, 23 Junie 2024 11:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oopswaai
Afbreking: oop•swaai
Samestelling: oop + swaai


Werkwoord: swaai oop, oopswaai
Verlede tyd: het oopgeswaai

Betekenis:
• Om in 'n swaaiende beweging oop te gaan.

Gebruik:
• Dit was 'n emosionele oomblik toe die deure oopswaai en die bruid instap.

Sinoniem:
• oopgaan
• oopmaak

Antoniem:
• toeswaai

Vertaling:
Engels: to swing open
Nederlands: openzwaaien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: danksegging
danksegging [boodskap #145672] So, 23 Junie 2024 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
danksegging
Afbreking: dank•seg•ging
Samestelling: dank + segging


Selfstandige naamwoord: danksegging
Meervoud: danksegginge, dankseggings
Verkleinwoord: danksegginkie
Meervoud van verkleining: danksegginkies

Betekenis:
• 'n Uiting van dank. Die handeling van dankie sê.

Gebruik:
• Laat gebede opstyg en danksegging altyd in die huis van die Here gehoor word.

Sinoniem:
• bedanking
• dankbetuiging
• eucharistie

Afgelei:
• dankseggingsdiens
• dankseggingsete
• dankseggingsfees

Vertaling:
Engels: thanksgiving
Nederlands: dankzegging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gewaarwording
gewaarwording [boodskap #145671] So, 23 Junie 2024 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewaarwording
Afbreking: ge•waar•wor•ding
Samestelling: gewaar + word + -ing


Selfstandige naamwoord: gewaarwording
Meervoud: gewaarwordinge, gewaarwordings

Betekenis:
• Iets waarvan 'n mens bewus word deur dit aan te voel of waar te neem.

Gebruik:
• Hy beleef 'n middeljarekrisis met die gewaarwording dat sy lewe halfpad verby is.
• Om so alleen deur 'n donker oerwoud te loop is vol vreemde gewaarwordinge.

Sinoniem:
• aandoening
• besef
• bewustheid
• bewuswording
• gevoel
• indruk
• sensasie

Hiponiem:
• geluidgewaarwording
• klankgewaarwording
• kleurgewaarwording
• pyngewaarwording
• smaakgewaarwording

Verwant:
• gewaarwordingsduur
• gewaarwordingsvermoë
• gewaarwordingswiel

Vertaling:
Engels: sensation, perception, experience, feeling
Nederlands: gewaarwording

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: motiveringspreker
motiveringspreker [boodskap #145670] So, 23 Junie 2024 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
motiveringspreker
Afbreking: mo•ti•ve•ring•spre•ker
Samestelling: motivering + spreker


Selfstandige naamwoord: motiveringspreker
Meervoud: motiveringsprekers

Betekenis:
• Iemand wat toesprake hou om mense te motiveer, op te beur en aan te moedig.

Gebruik:
• Die maatskappy het 'n motiveringspreker vir hulle spanbou bespreek.

Wisselvorm:
• motiveringsspreker

Verwant:
• motiveringpraatjie

Vertaling:
Engels: motivational speaker
Nederlands: motiverende spreker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lewensfase
lewensfase [boodskap #145669] So, 23 Junie 2024 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensfase
Afbreking: le•wens•fa•se
Samestelling: lewe + -ns- + fase


Selfstandige naamwoord: lewensfase
Meervoud: lewensfases

Betekenis:
• 'n Erkenbare fase (periode/ tydperk) in die lewe van 'n mens of dier.

Gebruik:
• Ongeag jou ouderdom of lewensfase kan jy steeds op 'n ontdekkingsreis wees.

Sinoniem:
• lewenstadium

Verwant:
• lewensiklus

Vertaling:
Engels: life phase, life stage
Nederlands: levensfase

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: televisieprogram
televisieprogram [boodskap #145668] So, 23 Junie 2024 08:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisieprogram
Afbreking: te•le•vi•sie•pro•gram
Samestelling: televisie + program


Selfstandige naamwoord: televisieprogram
Meervoud: televisieprogramme

Betekenis:
• 'n Program wat op televisie gebeeldsend word.

Gebruik:
• Watter televisieprogramme kyk jy graag?

Sinoniem:
• TV-program
• televisieuitsending

Verwant:
• televisiereeks

Vertaling:
Engels: television programme, TV show
Nederlands: televisieprogramma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: geselsprogram
geselsprogram [boodskap #145667] So, 23 Junie 2024 08:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geselsprogram
Afbreking: ge•sels•pro•gram
Samestelling: gesels + program


Selfstandige naamwoord: geselsprogram
Meervoud: geselsprogramme

Betekenis:
• 'n Program op radio of TV waarin die aanbieder met mense gesels en onderhoude voer.

Gebruik:
• Sy droom daarvan om eendag haar eie geselsprogram te hê.

Vertaling:
Engels: talk show
Nederlands: praatprogramma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stilsit
stilsit [boodskap #145666] So, 23 Junie 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stilsit
Afbreking: stil•sit
Samestelling: stil + sit


Werkwoord: sit stil, stilsit
Verlede tyd: het stilgesit

Betekenis:
• Om rustig te sit en nie te woel of te kriewel nie.
• (figuurlik) Om te rus of niks te doen nie.

Gebruik:
• Hy het rooimiere in sy broek en kan nie stilsit in die klas nie.
• Het julle ook stilgesit en toegekyk hoe daar op julle taal en kultuur getrap word?

Vertaling:
Engels: to sit still; to be inactive
Nederlands: stilzitten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kabelkar
kabelkar [boodskap #145665] So, 23 Junie 2024 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kabelkar.
'n Kabelkar.
kabelkar
Afbreking: ka•bel•kar
Samestelling: kabel + kar


Selfstandige naamwoord: kabelkar
Meervoud: kabelkarre
Verkleinwoord: kabelkarretjie
Meervoud van verkleining: kabelkarretjies

Betekenis:
• 'n Voertuig wat met 'n kabel getrek word (deur die lug of op die grond).

Gebruik:
• Ons het in 'n kabelkarretjie teen Tafelberg opgery.

Verwant:
• sweefspoor

Vertaling:
Engels: cable car
Nederlands: kabelbaan cabine

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Vr Jul 05 16:40:07 MGT 2024