Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: prosedureel
|
prosedureel [boodskap #145793] |
Ma, 08 Julie 2024 07:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prosedureel
Afbreking: pro•se•du•reel
Samestelling: prosedure + -eel
Byvoeglike naamwoord: prosedureel
Attributief: prosedurele
Betekenis:
• Wat die toepassing van 'n prosedure betref.
Gebruik:
• Die beswaarskrif ontbloot talle prosedurele ongerymdhede.
Vertaling:
Engels: procedural
Nederlands: procedureel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verkryging
|
verkryging [boodskap #145792] |
Ma, 08 Julie 2024 07:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkryging
Afbreking: ver•kry•ging
Samestelling: verkry(g) + -ing
Selfstandige naamwoord: verkryging
Meervoud: verkryginge, verkrygings
Betekenis:
• Die proses waardeur iets (soos goedere en dienste) bekom word.
Gebruik:
• Direkte verkryging omseil tussengangers soos verspreiders en agente om direk by die vervaardigers te koop.
Sinoniem:
• aankoping
• aanskaffing
• aanwinning
• verwerwing
Hiponiem:
• betekenisverkryging
• inligtingsverkryging
Afgelei:
• verkrygingsraad
Vertaling:
Engels: acquisition, procurement, sourcing
Nederlands: verkrijging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: middellyf
|
middellyf [boodskap #145791] |
So, 07 Julie 2024 18:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
middellyf
Afbreking: mid•del•lyf
Samestelling: middel + lyf
Selfstandige naamwoord: middellyf
Meervoud: middellywe
Verkleinwoord: middellyfie
Meervoud van verkleining: middellyfies
Betekenis:
• Die middelste deel van die lyf, tipies tussen die borskas en heupe.
Gebruik:
• Hoe raak 'n mens van die vetjies om die middellyf ontslae?
Vertaling:
Engels: waist
Nederlands: middel, taille
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: slip
|
slip [boodskap #145790] |
So, 07 Julie 2024 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slip
Afbreking: slip
Selfstandige naamwoord: slip
Meervoud: slippe
Verkleinwoord: slippie
Meervoud van verkleining: slippies
Betekenis:
• 'n Lang spleet of opening; insnyding in 'n kledingstuk.
• 'n Kleed wat ondertoe hang, o.a. die pant van 'n kledingstuk wat oor die middellyf afhang.
Gebruik:
• Sy dra 'n aandrok met 'n stylvolle slip aan die voorkant.
• Hy steek die slip van sy hemp in sy broek in.
Hiponiem:
• agterslip
• halsslip
• hempslip
• mouslip
• tabberdslip
Afgelei:
• slipbaadjie
• slipdraer
• slippedraer
• slipstrook
Vertaling:
Engels: slit; tail, flap
Nederlands: slip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: liggaamshouding
|
liggaamshouding [boodskap #145789] |
So, 07 Julie 2024 13:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
liggaamshouding
Afbreking: lig•gaams•hou•ding
Samestelling: liggaam + -s- + houding
Selfstandige naamwoord: liggaamshouding
Meervoud: liggaamshoudings
Betekenis:
• Die stand/ oriëntasie van die liggaam.
Gebruik:
• Jou liggaamshouding speel 'n rol in nie-verbale kommunikasie en kan jou emosionele toestand verraai.
Sinoniem:
• pose
• postuur
Vertaling:
Engels: pose, position of one's body
Nederlands: lichaamshouding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: lot
|
lot [boodskap #145788] |
So, 07 Julie 2024 12:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lot
Afbreking: lot
Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud: –
Betekenis:
• Die onontkombare verloop van gebeure.
Gebruik:
• Hy betreur sy lot.
Spreekwoord:
• Die lot is gewerp. [Daar is niks meer aan te doen nie.]
• Iemand aan sy lot oorlaat. [Jou nie aan iemand steur nie.]
Sinoniem:
• bestemming
• fortuin
• geluk
• toekoms
• toeval
• voorbeskikking
• voorland
Hiponiem:
• lewenslot
• noodlot
Afgelei:
• lotgenoot
• lotgeval
• lotsbedeling
• lotsbeskikker
• lotsbestemming
• lotsverbondenheid
• lotverwerking
• lotswisseling
• lotuur
Vertaling:
Engels: fate, destiny, lot
Nederlands: lot
Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud: lotte
Verkleinwoord: lotjie
Meervoud van verkleining: lotjies
Betekenis:
• 'n Klomp dinge bymekaar.
Gebruik:
• Hy wil die hele lot saam verkoop.
Sinoniem:
• kaboedel
• spul
• stel
Vertaling:
Engels: lot, allotment, batch
Nederlands: lot
Nota:
• Lot in die Bybel was Abram se broerskind.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: bekla
|
bekla [boodskap #145787] |
So, 07 Julie 2024 12:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bekla
Afbreking: be•kla
Samestelling: be- + kla
Werkwoord: bekla
Verlede tyd: het bekla
Betekenis:
• Om te kla oor dit wat jou ongelukkig maak.
Gebruik:
• Sy pak uit teenoor haar vriendin en bekla haar lot.
Wisselvorm:
• beklaag
• beklae
Sinoniem:
• bejammer
• betreur
• beween
• knies
• sanik
Afgelei:
• beklaagde
• beklaaglik
• beklaenswaardig
Vertaling:
Engels: to bemoan, lament
Nederlands: beklagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: uitpak
|
uitpak [boodskap #145786] |
So, 07 Julie 2024 11:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitpak
Afbreking: uit•pak
Samestelling: uit + pak
Werkwoord: pak uit, uitpak
Verlede tyd: het uitgepak
Betekenis:
• Om uit 'n pakplek of verpakking te haal.
• (figuurlik) Om emosies te uiter; iets te bekla; uitvaar.
Gebruik:
• Hy pak sy tas uit.
• Sy het teenoor my uitgepak.
Sinoniem:
• aflaai
• leegmaak
• ontpak
• uithaal
• uitlaai
Antoniem:
• inpak
• oppak
Vertaling:
Engels: to unpack, unload, unwrap; to unburden, express emotions
Nederlands: uitpakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: opkrul
|
opkrul [boodskap #145785] |
So, 07 Julie 2024 11:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opkrul
Afbreking: op•krul
Samestelling: op + krul
Werkwoord: krul op, opkrul
Verlede tyd: het opgekrul
Betekenis:
• Om in 'n kril/ spiraal boontoe te draai.
Gebruik:
• Dis so lekker dat dit jou tone laat opkrul.
Sinoniem:
• omkrul
• optrek
Vertaling:
Engels: to curl up, frizzle
Nederlands: opkrullen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|