Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: meditasie
meditasie [boodskap #146409] So, 08 September 2024 10:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meditasie
Afbreking: me•di•ta•sie
Samestelling: mediteer + -asie


Selfstandige naamwoord: meditasie
Meervoud: meditasies

Betekenis:
• 'n Poging (of oefening) om stil en rustig te raak en diep oor dinge na te dink.

Gebruik:
• Naas introspeksie het meditasie ook mediese voordele wat met ander ontspanningstegnieke vergelykbaar is.

Sinoniem:
• bepeinsing
• dromery
• gemymer
• introspeksie
• meditering
• nadenke
• oordenking
• peinsing
• refleksie
• voorbidding

Hiponiem:
• premeditasie

Afgelei:
• meditasiegeleentheid
• meditasiekursus
• meditasie-oefening
• meditasievoorskrif

Vertaling:
Engels: meditation
Nederlands: meditatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mediteer
mediteer [boodskap #146408] So, 08 September 2024 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mediteer
Afbreking: me•di•teer
Samestelling: mediteer


Werkwoord: mediteer
Verlede tyd: het gemediteer

Betekenis:
• Om stil en rustig te raak en diep oor dinge na te dink.

Gebruik:
• Dit is vir haar belangrik om daagliks te mediteer en meditasie-oefeninge te doen.

Sinoniem:
• bepeins
• nadink
• reflekteer
• oordink
• oorpeins
• peins

Afgelei:
• premediteer

Verwant:
• meditasie

Vertaling:
Engels: to meditate
Nederlands: mediteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aldag
aldag [boodskap #146407] So, 08 September 2024 10:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aldag
Afbreking: al•dag
Samestelling: al + dag


Bywoord: aldag

Betekenis:
• Wat gereeld (elke dag) gebeur.

Gebruik:
• Die kind wil aldag en heeldag net speel.
• So iets gebeur nie aldag nie!

Spreekwoord:
• Dis aldag skietdag, maar nie aldag raakdag nie. ['n Mens tref nie altyd die kol nie.]

Wisselvorm:
• aldae

Sinoniem:
• altyd
• altoos
• deurentyd
• heeldag
• heeltyd
• herhaaldelik
• telkens

Vertaling:
Engels: every day
Nederlands: elke dag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: remissie
remissie [boodskap #146406] So, 08 September 2024 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
remissie
Afbreking: re•mis•sie


Selfstandige naamwoord: remissie
Meervoud: remissies

Betekenis:
• Die tydelike vermindering of verdwyning van 'n siekte.

Gebruik:
• Sy is met borskanker gediagnoseer en is tans in remissie.

Vertaling:
Engels: remission
Nederlands: remissie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: platslaan
platslaan [boodskap #146405] So, 08 September 2024 09:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
platslaan
Afbreking: plat•slaan
Samestelling: plat + slaan


Werkwoord: slaan plat, platslaan
Verlede tyd: het platgeslaan

Betekenis:
• Om te slaan tot iets plat is.

Gebruik:
• Hy slaan die opvoustoel plat.
• Die bokser het sy opponent platgeslaan.

Sinoniem:
• afbreek
• afslaan
• neerslaan
• neervel
• platdruk
• platmaak
• platstoot

Vertaling:
Engels: to knock down, flatten
Nederlands: platmaken, neerslaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: noupassend
noupassend [boodskap #146404] So, 08 September 2024 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noupassend
Afbreking: nou•pas•send
Samestelling: nou + pas + -end


Byvoeglike naamwoord: noupassend
Attributief: noupassende

Betekenis:
• Wat nou pas.

Gebruik:
• Iemand met so 'n dik pens moenie noupassende klere dra nie.

Sinoniem:
• knap
• nousluitend
• styfgespan

Vertaling:
Engels: close-fitting, tight-fitting, snug
Nederlands: nauwsluitend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: komediant
komediant [boodskap #146403] So, 08 September 2024 09:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komediant
Afbreking: ko•me•di•ant
Samestelling: komedie + -ant


Selfstandige naamwoord: komediant
Meervoud: komediante
Verkleinwoord: komediantjie
Meervoud van verkleining: komediantjies

Betekenis:
• Iemand wat ander vermaak met humoristiese voorstellings of vertellings.

Gebruik:
• Die mense skater van die lag vir die skreeusnaakse komediant.

Sinoniem:
• grapmaker
• hanswors
• harlekyn
• humoris
• nar
• pretmaker
• uilspieël

Vertaling:
Engels: comedian
Nederlands: komediant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanstoot
aanstoot [boodskap #146402] So, 08 September 2024 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanstoot
Afbreking: aan•stoot
Samestelling: aan + stoot


Selfstandige naamwoord: aanstoot
Meervoud: aanstote

Betekenis:
• Die handeling om teen iets te stamp of te stoot, meestal figuurlik, om iemand te beledig.

Gebruik:
• Die Kruger-telegram het groot aanstoot in Engeland gegee en tot verswakte betrekkinge met Duitsland gelei.

Spreekwoord:
• Dit gee aanstoot. [Dit veroorsaak ergernis.]
• Ek neem aanstoot. [Ek voel beledig.]

Sinoniem:
• agitasie
• belediging
• belastering

Afgelei:
• aanstootgewend
• aanstootlik

Vertaling:
Engels: offence
Nederlands: aanstoot


Werkwoord: stoot aan, aanstoot
Verlede tyd: het aangestoot

Betekenis:
• Om deur te stoot iets verder te laat beweeg.
• Om iets vinniger te doen; haastig word.

Gebruik:
• Hy stoot die winkeltrollie verder aan.
• Ons moet aanstoot, anders gaan ons laat wees.

Sinoniem:
• aandu
• aanstryk
• haas
• opskud
• verhaas

Vertaling:
Engels: to push forward; to move quicker
Nederlands: aanstoten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: katvoet
katvoet [boodskap #146401] So, 08 September 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katvoet
Afbreking: kat•voet
Samestelling: kat + voet


Bywoord: katvoet

Betekenis:
• Wat saggies en geruisloos beweeg (soos wat 'n kat loop).
• Wat bang en versigtig is.

Gebruik:
• Hy sluip katvoet uit die huis uit.
• Die kinders was maar katvoet vir die kwaai juffrou.

Sinoniem:
• geluidloos
• saggies
• soetjies
• stilletjies
• suutjies
• bang
• behoedsaam
• ligvoet
• omsigtig
• skrikkerig
• versigtig

Vertaling:
Engels: softly, noiseless; afraid, cautious
Nederlands: zacht, geruisloos; bang, voorzichtig


Selfstandige naamwoord: katvoet
Meervoud: katvoete
Verkleinwoord: katvoetjie
Meervoud van verkleining: katvoetjies

Betekenis:
• Die poot van 'n kat, of die spoor wat dit laat.

Gebruik:
• Hy sien katvoetjies in die sand.

Sinoniem:
• katpoot
• katspoor

Vertaling:
Engels: cat's foot
Nederlands: kattenvoet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sprokiesmooi
sprokiesmooi [boodskap #146400] Sa, 07 September 2024 06:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sprokiesmooi
Afbreking: spro•kies•mooi
Samestelling: sprokie + -s- + mooi


Byvoeglike naamwoord: sprokiesmooi
Attributief: sprokiesmooi, sprokiesmooie

Betekenis:
• Intensiewe vorm van mooi. So mooi soos 'n sprokie.

Gebruik:
• In die somer is die vallei sprokiesmooi.

Sinoniem:
• feetjiemooi
• popmooi
• poskaartmooi
• prentjiemooi
• skilderagtig
• sprokiesmooi
• wondermooi

Vertaling:
Engels: very pretty, fairytale beautiful
Nederlands: sprookjesachtig mooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vakterminologie
vakterminologie [boodskap #146399] Vr, 06 September 2024 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vakterminologie
Afbreking: vak•ter•mi•no•lo•gie
Samestelling: vak + terminologie


Selfstandige naamwoord: vakterminologie
Meervoud: vakterminologieë

Betekenis:
• Die woorde en uitdrukkings wat binne 'n bepaald vakgebied gebruik word.

Gebruik:
• Studente wat nie die basiese vakterminologie baasraak nie sal ook nie die eksamen deurkom nie.

Sinoniem:
• beroepstaal
• jargon
• vaktaal

Afgelei:
• vakterminologies

Vertaling:
Engels: jargon, technical terminology
Nederlands: vakterminologie, vakjargon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mededinger
mededinger [boodskap #146398] Vr, 06 September 2024 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mededinger
Afbreking: me•de•din•ger
Samestelling: meeding + -er


Selfstandige naamwoord: mededinger
Meervoud: mededingers
Verkleinwoord: mededingertjie
Meervoud van verkleining: mededingertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat teen ander kompeteer; probeer om iets beter as ander te doen.

Gebruik:
• Die voertuig is 'n klas bo sy mededingers.

Sinoniem:
• kompeteerder
• konkurrent
• nemesis
• opponent
• teenparty
• teëstander
• wedyweraar

Vertaling:
Engels: competitor, rival
Nederlands: mededinger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitstoot
uitstoot [boodskap #146397] Vr, 06 September 2024 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitstoot
Afbreking: uit•stoot
Samestelling: uit + stoot


Werkwoord: stoot uit, uitstoot
Verlede tyd: het uitgestoot

Betekenis:
• Om na die buitekant te stoot.

Gebruik:
Stoot die asblik uit asseblief.
• Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en het soos die wilde diere geword. [Daniël 5:21]

Spreekwoord:
• Jou bors uitstoot. [Trots wees.]

Sinoniem:
• uitboender
• uitdwing
• uitforseer
• verdryf

Antoniem:
• intrek

Vertaling:
Engels: to push out, thrust out, expel
Nederlands: uitstoten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: miskraam
miskraam [boodskap #146396] Vr, 06 September 2024 17:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
miskraam
Afbreking: mis•kraam
Samestelling: mis + kraam


Selfstandige naamwoord: miskraam
Meervoud: miskrame

Betekenis:
• Wanneer die vrug doodgaan, of 'n baba te vroeg kom voordat dit lewensvatbaar is.

Gebruik:
• Een uit vyf swangerskappe eindig in 'n miskraam.

Sinoniem:
• misgeboorte
• stilgeboorte
• swangerskapverlies

Vertaling:
Engels: miscarriage
Latyn: abortus
Nederlands: miskraam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stilgeboorte
stilgeboorte [boodskap #146395] Vr, 06 September 2024 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stilgeboorte
Afbreking: stil•ge•boor•te
Samestelling: stil + geboorte


Selfstandige naamwoord: stilgeboorte
Meervoud: stilgeboortes

Betekenis:
• Geboorte aan 'n nie-lewende baba.

Gebruik:
• Die baba leef ná die vrou se hospitaallêer aangedui het dat sy 'n stilgeboorte sou gee.

Sinoniem:
• miskraam

Vertaling:
Engels: still birth
Nederlands: doodgeboorte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tugstap
tugstap [boodskap #146394] Vr, 06 September 2024 15:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tugstap
Afbreking: tug•stap
Samestelling: tug + stap


Selfstandige naamwoord: tugstap
Meervoud: tugstappe

Betekenis:
• 'n Dissiplinêre aksie/ stap.

Gebruik:
• Die beamptes is voor die reg aangekla en sal ook intern aan tugstappe onderwerp word.

Vertaling:
Engels: disciplinary step
Nederlands: disciplinaire stap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: heterdaad
heterdaad [boodskap #146393] Vr, 06 September 2024 15:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heterdaad
Afbreking: he•ter•daad
Samestelling: heter + daad


Bywoord: heterdaad

Betekenis:
• Wat besig is om 'n verkeerde ding te doen.

Gebruik:
• Hy het die inbreker op heterdaad betrap.

Sinoniem:
• blatant
• flagrant
• ooglopend
• onverbloemd

Vertaling:
Engels: in the act, redhanded
Nederlands: heterdaad

Nota:
• Kan ook los (as twee woorde) beskryf word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onding
onding [boodskap #146392] Vr, 06 September 2024 14:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onding
Afbreking: on•ding
Samestelling: on- + ding


Selfstandige naamwoord: onding
Meervoud: ondinge
Verkleinwoord: ondingetjie
Meervoud van verkleining: ondingetjies

Betekenis:
• Iets wat sleg, verkeerd of van min waarde is.

Gebruik:
• Hoogmoed is 'n onding wat met wortel en tak uitgeroei moet te word.

Sinoniem:
• absurditeit
• gekheid
• nietigheid
• nutteloosheid
• slegtigheid

Antoniem:
• ding

Vertaling:
Engels: a stupid or detestable thing, absurdity, monstrosity
Nederlands: onding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: padreël
padreël [boodskap #146391] Do, 05 September 2024 19:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
padreël
Afbreking: pad•re•ël
Samestelling: pad + reël


Selfstandige naamwoord: padreël
Meervoud: padreëls
Verkleinwoord: padreëltjie
Meervoud van verkleining: padreëltjies

Betekenis:
• Een van die reëls wat padgebruikers moet gehoorsaam.

Gebruik:
• Wanneer jy die padreëls oortree kan jy 'n boete kry of selfs jou bestuurslisensie verloor.

Sinoniem:
• verkeersreël

Vertaling:
Engels: road rule, traffic rule
Nederlands: verkeersregel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gebruikersnaam
gebruikersnaam [boodskap #146389] Do, 05 September 2024 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebruikersnaam
Afbreking: ge•brui•kers•naam
Samestelling: gebruiker + -s- + naam


Selfstandige naamwoord: gebruikersnaam
Meervoud: gebruikersname
Verkleinwoord: gebruikersnaampie
Meervoud van verkleining: gebruikersnaampies

Betekenis:
• 'n Woord of frase waarmee 'n persoon op 'n rekenaarstelsel geïdentifiseer word.

Gebruik:
• Sleutel jou gebruikersnaam en wagwoord in.

Wisselvorm:
• gebruikernaam

Vertaling:
Engels: user name, login name, user ID
Nederlands: gebruikersnaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: insleutel
insleutel [boodskap #146388] Do, 05 September 2024 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insleutel
Afbreking: in•sleu•tel
Samestelling: in + sleutel


Werkwoord: sleutel in, insleutel
Verlede tyd: het ingesleutel

Betekenis:
• Om op 'n sleutelbord in te voer.

Gebruik:
Sleutel jou gebruikersnaam en wagwoord in.

Sinoniem:
• intik
• invoer

Afgelei:
• insleuteling

Vertaling:
Engels: to key in, type in, enter
Nederlands: intoetsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wegvee
wegvee [boodskap #146387] Do, 05 September 2024 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegvee
Afbreking: weg•vee
Samestelling: weg + vee


Werkwoord: vee weg, wegvee
Verlede tyd: het weggevee

Betekenis:
• Om deur te vee te verwyder.

Gebruik:
• Ek sal alles wegvee van die aarde af. [Sefanja 1:2]

Sinoniem:
• uitvee
• verwyder
• wegborsel
• wegruim
• wegstoot

Vertaling:
Engels: to sweep away
Nederlands: wegvegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: individualisties
individualisties [boodskap #146386] Do, 05 September 2024 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
individualisties
Afbreking: in•di•vi•du•a•lis•ties
Samestelling: individualis + -ties


Byvoeglike naamwoord: individualisties
Vergrotende trap: individualistieser
Oortreffende trap: individualistiesste
Attributief: individualistiese

Betekenis:
• Gekenmerk deur individualisme. Onafhanklik van ander.

Gebruik:
• Die hedendaagse kultuur is individualisties.

Wisselvorm:
• indiwidualisties

Sinoniem:
• eiehandig
• eiesinnig

Vertaling:
Engels: individualistic
Nederlands: individualistisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanhitser
aanhitser [boodskap #146385] Do, 05 September 2024 18:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20210
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanhitser
Afbreking: aan•hit•ser
Samestelling: aanhits + -er


Selfstandige naamwoord: aanhitser
Meervoud: aanhitsers
Verkleinwoord: aanhitsertjie
Meervoud van verkleining: aanhitsertjies

Betekenis:
• Iemand wat ander tot geweld aanhits.

Gebruik:
• Die vermeende aanhitsers is gearresteer nadat onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het.

Sinoniem:
• agitator
• demagoog
• ophitser
• oproermaker
• opruier
• opstoker
• opsweper

Vertaling:
Engels: inciter
Nederlands: aanhitser

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [ «    1  2  3]


Tyd nou: Do Sep 19 15:41:49 MGT 2024