Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: tennisraket
tennisraket [boodskap #145808] Wo, 10 Julie 2024 07:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tennisraket.
'n Tennisraket.
tennisraket
Afbreking: ten•nis•ra•ket
Samestelling: tennis + raket


Selfstandige naamwoord: tennisraket
Meervoud: tennisrakette
Verkleinwoord: tennisraketjie
Meervoud van verkleining: tennisraketjie

Betekenis:
• 'n Spaan met snare waarmee die bal in tennis geslaan word.

Gebruik:
• My tennisraket moet hersnaar word.

Vertaling:
Engels: tennis racket
Nederlands: tennisracket

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: proeflees
proeflees [boodskap #145807] Wo, 10 Julie 2024 07:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
proeflees
Afbreking: proef•lees
Samestelling: proef + lees


Werkwoord: proeflees
Verlede tyd: het geproeflees

Betekenis:
• Om 'n geskrewe teks vir foute in spelling, grammatika, sintaksis en leestekens na te gaan.

Gebruik:
• Die berig is duidelik nie geproeflees nie!

Sinoniem:
• kontroleer
• korrigeer
• nagaan
• ontfout
• redigeer

Afgelei:
• proefleesaanwysings
• proefleeswerk

Verwant:
• proefleser

Vertaling:
Engels: to proofread
Nederlands: proeflezen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: teenargument
teenargument [boodskap #145806] Wo, 10 Julie 2024 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenargument
Afbreking: teen•ar•gu•ment
Samestelling: teen + argument


Selfstandige naamwoord: teenargument
Meervoud: teenargumente

Betekenis:
• 'n Argument teen iets wat die ander kant van die saak stel en 'n vroeër argument weerlê.

Gebruik:
• Hulle kon nie aan 'n enkele teenargument dink nie. [Matteus 12:12]

Sinoniem:
• beswaar
• objeksie
• teenbetoog
• verweer
• weerlegging

Vertaling:
Engels: counter argument
Nederlands: tegenargument

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: openingseremonie
openingseremonie [boodskap #145805] Di, 09 Julie 2024 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
openingseremonie
Afbreking: o•pe•ning•se•re•mo•nie
Samestelling: opening + seremonie


Selfstandige naamwoord: openingseremonie
Meervoud: openingseremonies

Betekenis:
• 'n Plegtigheid waartydens 'n geleentheid geopen word.

Gebruik:
• Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele aangesteek.

Antoniem:
• afsluitingseremonie
• sluitingseremonie

Vertaling:
Engels: opening ceremony
Nederlands: openingsceremonie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorskadu
oorskadu [boodskap #145804] Di, 09 Julie 2024 19:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorskadu
Afbreking: oor•ska•du
Samestelling: oor + skadu


Werkwoord: oorskadu
Verlede tyd: het oorskadu

Betekenis:
• Om 'n skaduwee oor iets te werp.
• Om iets te bedek en veilig te hou.
• Om te domineer en ander dinge na die agtergrond te skuif.

Gebruik:
• 'n Groot boom oorskadu die agterplaas.
• Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. [Lukas 1:35]
• Die optog is deur geweld oorskadu.

Sinoniem:
• bedek
• beskadu
• domineer
• oorheers
• oortref
• troef
• uitstof
• verbysteek
• verdonker
• verduister

Afgelei:
• oorskaduwing

Vertaling:
Engels: to cast a shadow; to cover; to overshadow, outshine, eclipse
Nederlands: overschaduwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toedeel
toedeel [boodskap #145803] Ma, 08 Julie 2024 16:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toedeel
Afbreking: toe•deel
Samestelling: toe + deel


Werkwoord: deel toe, toedeel
Verlede tyd: het toegedeel

Betekenis:
• Om 'n deel van iets aan iemand te gee.

Gebruik:
• Laat elkeen leef in ooreenstemming met wat die Here aan hom toegedeel het. [1 Korintiërs 7:17]

Sinoniem:
• allokeer
• bewillig
• toebedeel
• toeken
• toewys
• uitdeel
• uitmeet
• verdeel

Afgelei:
• toedeelbaar
• toedeling

Vertaling:
Engels: to mete out, apportion, allot
Nederlands: toedelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: astronomies
astronomies [boodskap #145802] Ma, 08 Julie 2024 11:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
astronomies
Afbreking: as•tro•no•mies
Samestelling: astronomie + -s


Byvoeglike naamwoord: astronomies
Attributief: astronomiese

Betekenis:
• Wat die sterrekunde betref.
• (figuurlik) Wat buitensporig groot is.

Gebruik:
• Die sterrewag beskik oor 'n teleskoop en ander instrumente waarmee astronomiese waarnemings gemaak word.
• Kospryse het astronomies gestyg.

Sinoniem:
• sterrekundig
• buitensporig
• enorm
• groot
• geweldig
• ontsaglik
• reusagtig
• tamaai

Afkorting:
• astron.

Vertaling:
Engels: astronomic, astronomical
Nederlands: astronomisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bontstaan
bontstaan [boodskap #145801] Ma, 08 Julie 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bontstaan
Afbreking: bont•staan
Samestelling: bont + staan


Werkwoord: staan bont, bontstaan
Verlede tyd: het bontgestaan

Betekenis:
• Om besig te wees; alle kragte inspan om iets gedoen te kry.

Gebruik:
• Die brandbestryders staan bont om die vlamme te blus.
• Die vrouens het bontgestaan om die kos betyds reg te hê.

Sinoniem:
• bontspring
• rondspring
• rondspook

Afgelei:
• bontstanery

Vertaling:
Engels: to work hard, stir one's stumps, jump about
Nederlands: hard werken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dokumenteer
dokumenteer [boodskap #145800] Ma, 08 Julie 2024 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dokumenteer
Afbreking: do•ku•men•teer
Samestelling: dokument + -eer


Werkwoord: dokumenteer
Verlede tyd: het gedokumenteer

Betekenis:
• Om in 'n dokument te beskryf; dokumentasie op te stel.

Gebruik:
• Sy het haar reis in detail gedokumenteer.

Sinoniem:
• boekstaaf
• neerskryf
• opteken
• vaslê

Vertaling:
Engels: to document
Nederlands: documenteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: herhalend
herhalend [boodskap #145799] Ma, 08 Julie 2024 10:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herhalend
Afbreking: her•ha•lend
Samestelling: herhaal + -end


Byvoeglike naamwoord: herhalend
Vergrotende trap: herhalender
Oortreffende trap: herhalendste
Attributief: herhalende
Partitief: herhalends

Betekenis:
• Wat oor en oor herhaal.

Gebruik:
• Die bedrag word maandeliks met 'n herhalende betaling vereffen.

Sinoniem:
• frekwentatief
• iteratief
• repetend
• periodies
• periodiek
• pleonasties
• seisoenaal
• toutologies

Vertaling:
Engels: repeating, recurring
Nederlands: herhalend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van herhaal.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

 Onderwerp: omvat
omvat [boodskap #145798] Ma, 08 Julie 2024 10:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omvat
Afbreking: om•vat
Samestelling: om + vat


Werkwoord: omvat
Verlede tyd: het omvat

Betekenis:
• Om iets te hou of in te sluit.

Gebruik:
• Noord-Amerika omvat Meksiko, die VSA, Kanada en Alaska.

Sinoniem:
• behels
• beslaan
• bevat
• inhou
• insluit
• omhul
• omring
• omsluit
• omvang

Afgelei:
• omvattend

Vertaling:
Engels: to include, envelop, encompass
Nederlands: omvatten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: logistiek
logistiek [boodskap #145797] Ma, 08 Julie 2024 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
logistiek
Afbreking: lo•gi•stiek


Selfstandige naamwoord: logistiek
Meervoud:

Betekenis:
• Die lewering van dit wat benodig word om 'n taak effektief uit te voer.

Gebruik:
Logistiek omvat al die aksies wat nodig is om die regte goedere op die regte tyd op die regte plek te lewer.

Afkorting:
• log.

Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek


Byvoeglike naamwoord: logistiek
Attributief: logistieke

Betekenis:
• Wat die effektiewe lewering van goedere betref.

Gebruik:
• Dit was 'n logistieke nagmerrie om al die soldate betyds van uniforms en wapens te voorsien.

Sinoniem:
• logisties

Vertaling:
Engels: logistics
Nederlands: logistiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: versoeker
versoeker [boodskap #145796] Ma, 08 Julie 2024 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versoeker
Afbreking: ver•soe•ker
Samestelling: versoek + -er


Selfstandige naamwoord: versoeker
Meervoud: versoekers

Betekenis:
• Iemand wat vir iets vra. Persoon wat iets versoek.

Gebruik:
• Indien verdere redes benodig word, kan die versoeker 'n aparte aansoek daarvoor rig.

Sinoniem:
• aansoeker
• aanvraer
• applikant
• eiser
• sollisitant
• vraer

Vertaling:
Engels: requestor, petitioner, applicant
Nederlands: verzoeker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bateregister
bateregister [boodskap #145795] Ma, 08 Julie 2024 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bateregister
Afbreking: ba•te•re•gis•ter
Samestelling: bate + register


Selfstandige naamwoord: bateregister
Meervoud: bateregisters
Verkleinwoord: bateregistertjie
Meervoud van verkleining: bateregistertjies

Betekenis:
• 'n Register van bates (besittings en ander dinge wat waarde verteenwoordig).

Gebruik:
• Die maatskappy se bateregister word op 'n deurlopende basis op datum gehou.

Vertaling:
Engels: asset register
Nederlands: activaregister, vermogensregister

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: regulatories
regulatories [boodskap #145794] Ma, 08 Julie 2024 07:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regulatories
Afbreking: re•gu•la•to•ries


Byvoeglike naamwoord: regulatories
Attributief: regulatoriese

Betekenis:
• Wat die toepassing van regulasies betref.

Gebruik:
• Daar moet aan alle wetlike en regulatoriese vereistes voldoen word.

Vertaling:
Engels: regulatory
Nederlands: regelgevend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: prosedureel
prosedureel [boodskap #145793] Ma, 08 Julie 2024 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prosedureel
Afbreking: pro•se•du•reel
Samestelling: prosedure + -eel


Byvoeglike naamwoord: prosedureel
Attributief: prosedurele

Betekenis:
• Wat die toepassing van 'n prosedure betref.

Gebruik:
• Die beswaarskrif ontbloot talle prosedurele ongerymdhede.

Vertaling:
Engels: procedural
Nederlands: procedureel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verkryging
verkryging [boodskap #145792] Ma, 08 Julie 2024 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkryging
Afbreking: ver•kry•ging
Samestelling: verkry(g) + -ing


Selfstandige naamwoord: verkryging
Meervoud: verkryginge, verkrygings

Betekenis:
• Die proses waardeur iets (soos goedere en dienste) bekom word.

Gebruik:
• Direkte verkryging omseil tussengangers soos verspreiders en agente om direk by die vervaardigers te koop.

Sinoniem:
• aankoping
• aanskaffing
• aanwinning
• verwerwing

Hiponiem:
• betekenisverkryging
• inligtingsverkryging

Afgelei:
• verkrygingsraad

Vertaling:
Engels: acquisition, procurement, sourcing
Nederlands: verkrijging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [ «    1  2  3]


Tyd nou: So Jul 21 19:52:24 MGT 2024