Forum: Woordeboek
Onderwerp: herwinbaar
herwinbaar [boodskap #145723 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herwinbaar
Afbreking: her•win•baar
Samestelling: herwin + -baar
Byvoeglike naamwoord: herwinbaar
Attributief: herwinbare
Betekenis:
• Wat herwin (van voor af hergebruik) kan word.
Gebruik:
• Glas is herwinbaar en kan herwin word sonder om die waarde, suiwerheid of helderheid daarvan te verloor.
Vertaling:
Engels: recyclable
Nederlands: recyclebaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: raklewe
raklewe [boodskap #145722 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raklewe
Afbreking: rak•lewe
Samestelling: rak + lewe
Selfstandige naamwoord: raklewe
Meervoud: raklewens
Betekenis:
• Die tydsduur wat 'n produk gestoor kan word voordat dit verkoop of gebruik moet word.
Gebruik:
• Melk word gepasteuriseer om die raklewe daarvan te verleng.
Sinoniem:
• lewensduur
• rakleeftyd
Vertaling:
Engels: shelf life
Nederlands: houdbaarheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gesondheidsvoordeel
gesondheidsvoordeel [boodskap #145721 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesondheidsvoordeel
Afbreking: ge•sond•heids•voor•deel
Samestelling: gesondheid + -s- + voordeel
Selfstandige naamwoord: gesondheidsvoordeel
Meervoud: gesondheidsvoordele
Betekenis:
• Iets wat voordelig vir 'n mens se gesondheid is.
Gebruik:
• Knoffel het talle gesondheidsvoordele en kan die immuunstelsel bevorder, verkoues voorkom, spysvertering aanhelp en die bloedsuiker balanseer.
Vertaling:
Engels: health benefit
Nederlands: gezondheidsvoordeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïenvry
kafeïenvry [boodskap #145720 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïenvry
Afbreking: ka•fe•ïen•vry
Samestelling: kafeïen + vry
Byvoeglike naamwoord: kafeïenvry
Attributief: kafeïenvrye
Betekenis:
• Wat geen kafeïen bevat nie.
Gebruik:
• Die gesondheidsdrankie is suiker- en kafeïenvry .
Wisselvorm:
• kafeïnevry
Antoniem:
• kafeïenryk
Vertaling:
Engels: caffeine free
Nederlands: cafeïnevrij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïen
kafeïen [boodskap #145719 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïen
Afbreking: ka•fe•ïen
Selfstandige naamwoord: kafeïen , kafeïne
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Stimulant, chemiese alkaloïed en bestanddeel van koffie.
Gebruik:
• 'n Oordosis kafeïen kan naarheid, braking, diarree, maagseer en hoofpyne veroorsaak.
Afgelei:
• kafeïen-onttrekking
• kafeïenbensoaat
• kafeïengehalte
• kafeïenryk
• kafeïensuur
• kafeïenvergiftiging
• kafeïenvry
Vertaling:
Engels: caffein
Nederlands: cafeïne, coffeïne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: indringerspesie
indringerspesie [boodskap #145718 ]
Vr, 28 Junie 2024 08:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
indringerspesie
Afbreking: in•drin•ger•spe•sie
Samestelling: indringer + spesie
Selfstandige naamwoord: indringerspesie
Meervoud: indringerspesies
Betekenis:
• 'n Uitheemse spesie wat 'n gebied waar dit nie vantevore voorgekom het nie binnegedring het.
Gebruik:
• Kakiebos is 'n indringerspesie in Suid-Afrika wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog saam met voer uit Argentinië hier aangeland het.
Antoniem:
• inheemse spesie
Hiponiem:
• indringerdier
• indringerplant
Vertaling:
Engels: invasive specie
Nederlands: invasieve soort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: soetheid
soetheid [boodskap #145717 ]
Vr, 28 Junie 2024 07:52
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soetheid
Afbreking: soet•heid
Samestelling: soet + -heid
Selfstandige naamwoord: soetheid
Meervoud: soethede
Betekenis:
• Die toestand of mate van soet wees.
Gebruik:
• Die stadige roosterproses bring die natuurlike soetheid en unieke geure van die koffiebone na vore.
Sinoniem:
• soetheidsgraad
Vertaling:
Engels: sweetness
Nederlands: zoetheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: strafdoel
strafdoel [boodskap #145716 ]
Do, 27 Junie 2024 19:21
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strafdoel
Afbreking: straf•doel
Samestelling: straf + doel
Selfstandige naamwoord: strafdoel
Meervoud: strafdoele
Betekenis:
• (rugby ) 'n Strafskop, of die punte wat na 'n suksesvolle strafskop toegeken is.
Gebruik:
• Die besoekers het eerste bloed getrek toe hulle losskakel 'n strafdoel deur die pale geklits het.
Vertaling:
Engels: penalty goal
Nederlands: strafschopdoelpunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Uruguay
Onderwerp: Georgië
Onderwerp: Chili
Onderwerp: Fidji
Onderwerp: haker
haker [boodskap #145711 ]
Do, 27 Junie 2024 17:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
haker
Afbreking: ha•ker
Samestelling: haak + -er
Selfstandige naamwoord: haker
Meervoud: hakers
Verkleinwoord: hakertjie
Meervoud van verkleining: hakertjies
Betekenis:
• (rugby ) Die middelste speler in die skrum; die no. 2 spelerposisie.
• Iets wat êrens haak.
Gebruik:
• Die haker haak die bak in die skrum met sy voet en gooi die bal in die lynstaan in.
Hiponiem:
• ophaker
• voorhaker
Afgelei:
• hakerig
• hakery
Vertaling:
Engels: hooker
Nederlands: haker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontwykend
ontwykend [boodskap #145710 ]
Do, 27 Junie 2024 17:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontwykend
Afbreking: ont•wy•kend
Samestelling: ontwyk + -end
Byvoeglike naamwoord: ontwykend
Vergrotende trap: ontwykender
Oortreffende trap: ontwykendste
Attributief: ontwykende
Partitief: ontwykends
Betekenis:
• Wat probeer om iets te ontwyk; ten alle koste te vermy.
Gebruik:
• Ek probeer agterkom wat aangaan, maar kry net ontwykende antwoorde.
Sinoniem:
• elusief
• geheimsinnig
• gereserveer
• indirek
• misleidend
• onhelder
• ontduikend
• vaag
• vermydend
Vertaling:
Engels: evasive
Nederlands: ontwijkend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van ontwyk.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roemryk
roemryk [boodskap #145709 ]
Do, 27 Junie 2024 15:45
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roemryk
Afbreking: roem•ryk
Samestelling: roem + ryk
Byvoeglike naamwoord: roemryk
Vergrotende trap: roemryker
Oortreffende trap: roemrykste
Attributief: roemryke
Partitief: roemryks
Betekenis:
• Wat vol eer en glorie is.
Gebruik:
• Van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel. [Psalms 79:13]
Sinoniem:
• befaamd
• beroemd
• deurlugtig
• eervol
• glansryk
• glorieryk
• onvergeetlik
• roemrugtig
• roemvol
• skitterend
• vermaard
Antoniem:
• roemloos
Afgelei:
• roemrykheid
Vertaling:
Engels: splendid, glorious, illustrious, magnificent
Nederlands: roemrijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skopper
skopper [boodskap #145708 ]
Do, 27 Junie 2024 15:37
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skopper
Afbreking: skop•per
Samestelling: skop + -er
Selfstandige naamwoord: skopper
Meervoud: skoppers
Verkleinwoord: skoppertjie
Meervoud van verkleining: skoppertjies
Betekenis:
• Iemand wat skop.
Gebruik:
• Elke rugbyspan het 'n goeie skopper nodig.
Hiponiem:
• baasskopper
• doelskopper
• skepskopper
• stelskopper
• uitskopper
Vertaling:
Engels: kicker
Nederlands: schopper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stormram
stormram [boodskap #145707 ]
Do, 27 Junie 2024 15:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stormram word gebruik om deur 'n kasteel se poorte te breek.
stormram
Afbreking: storm•ram
Samestelling: storm + ram
Selfstandige naamwoord: stormram
Meervoud: stormramme
Verkleinwoord: stormrammetjie
Meervoud van verkleining: stormrammetjies
Betekenis:
• 'n Swaar werktuig om deure, mure en hekke oop te slaan.
• (figuurlik ) Iets waarmee 'n mens kan deurbreek; 'n deurslag kan maak.
Gebruik:
• Die polisie het die huis omsingel en die deur met 'n stormram oopgestamp.
• Die span se stormram , Renaldo Bothma, het agt drieë in 17 toetse gedruk.
Sinoniem:
• muurbreker
• rammei
• stamper
• stormbalk
Vertaling:
Engels: battering ram
Nederlands: stormram
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: soja
soja [boodskap #145706 ]
Wo, 26 Junie 2024 19:26
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende sojabone.
soja
Afbreking: so•ja
Selfstandige naamwoord: soja
Meervoud: –
Betekenis:
• Die peulgewas Glycine max , of die eetbare boontjies wat dit lewer.
Gebruik:
• Soja is 'n belangrike bron van proteïen vir plaasdiere, wat dierlike proteïen vir menslike gebruik lewer.
Afgelei:
• sojaboon
• sojameel
• sojamelk
• sojaolie
• sojaplant
• sojasous
Vertaling:
Engels: soy
Nederlands: soja
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: laatontbyt
laatontbyt [boodskap #145705 ]
Wo, 26 Junie 2024 17:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laatontbyt
Afbreking: laat•ont•byt
Samestelling: laat + ontbyt
Selfstandige naamwoord: laatontbyt
Meervoud: laatontbyte
Verkleinwoord: laatontbytjie
Meervoud van verkleining: laatontbytjies
Betekenis:
• 'n Ontbyt wat laat in die oggend (tussen 10:00 en middagete) bedien word.
Gebruik:
• Ons gaan Sondag 'n laatontbyt op die stoep eet.
Sinoniem:
• laatoggendmaaltyd
• noenbyt
• noenontbyt
Verwant:
• noenmaal
Vertaling:
Engels: brunch
Nederlands: brunch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitgrawe
uitgrawe [boodskap #145704 ]
Wo, 26 Junie 2024 15:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgrawe
Afbreking: uit•gra•we
Samestelling: uit + grawe
Werkwoord: grawe uit , uitgrawe
Verlede tyd: het uitgegrawe
Betekenis:
• Om deur te grawe 'n gat te grou of iets uit die grond te haal.
• (figuurlik ) Om met moeite te bekom.
Gebruik:
• Hy grawe die wortels uit .
• Sy het 'n ou foto uit die argiewe uitgegrawe .
Wisselvorm:
• uitgraaf
Sinoniem:
• ontwortel
• opdiep
• opgrawe
• uitdelf
• uitdolwe
• uitkrap
• uitskoffel
• uitspit
• uithol
• verdiep
Vertaling:
Engels: to dig out, dig up, unearth, deepen
Nederlands: uitgraven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitpluk
uitpluk [boodskap #145703 ]
Wo, 26 Junie 2024 14:40
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitpluk
Afbreking: uit•pluk
Samestelling: uit + pluk
Werkwoord: pluk uit , uitpluk
Verlede tyd: het uitgepluk
Betekenis:
• Om iets met 'n ruk of pluk uit te trek.
• Om vinnig te voorskyn te bring.
Gebruik:
• Sy het al die bossies uitgepluk .
• Die skurk pluk 'n mes uit en druk dit teen die vrou se keel.
Sinoniem:
• uitruk
• uittrek
Vertaling:
Engels: to pull out, rip out, whip out
Nederlands: uittrekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: puntenerig
puntenerig [boodskap #145702 ]
Wo, 26 Junie 2024 11:52
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
puntenerig
Afbreking: pun•te•ne•rig
Byvoeglike naamwoord: puntenerig
Vergrotende trap: punteneriger
Oortreffende trap: puntenerigste
Attributief: puntenerige
Partitief: puntenerigs
Betekenis:
• Wat alles presies reg wil hê en moeilik is om tevrede te stel.
Gebruik:
• Sy is puntenerig wat kos betref.
• Hy is 'n puntenerige man vir wie alles altyd reg en op sy plek moet wees.
Wisselvorm:
• punteneurig
Sinoniem:
• kieskeurig
• krities
• oornoukeurig
• pedanties
• perfeksionisties
• uitsoekerig
• vitterig
• voorskriftelik
Afgelei:
• puntenerigheid
Vertaling:
Engels: puntenerig
Nederlands: punteneurig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hergeboorte
hergeboorte [boodskap #145701 ]
Wo, 26 Junie 2024 10:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hergeboorte
Afbreking: her•ge•boor•te
Samestelling: her- + geboorte
Selfstandige naamwoord: hergeboorte
Meervoud: hergeboortes
Betekenis:
• Die handeling van weer gebore word.
• (figuurlik ) 'n Hernuwing of herlewing.
Gebruik:
• In die Egiptiese mitologie is Chepri die god van hergeboorte en die oggendson.
• Lente bring nuwe lewe en simboliseer die hergeboorte van hoop.
Sinoniem:
• bekering
• herlewing
• hernuwing
• opbloei
• oplewing
• reïnkarnasie
• renaissance
• wedergeboorte
Vertaling:
Engels: rebirth, rebirthing
Nederlands: hergeboorte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: argitektuur
argitektuur [boodskap #145700 ]
Wo, 26 Junie 2024 09:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
argitektuur
Afbreking: ar•gi•tek•tuur
Samestelling: argitek + -tuur
Selfstandige naamwoord: argitektuur
Meervoud: argitekture
Betekenis:
• Die styl waarvolgens 'n gebou gebou word.
• Die kuns en wetenskap agter die ontwerp en bou van geboue.
Gebruik:
• Die tempel word as een van die meesterstukke van antieke argitektuur beskou.
• Hy wil universiteit toe gaan om argitektuur te studeer.
Sinoniem:
• boukuns
• boustyl
• konstruksie
• morfologie
• ontwerp
Hiponiem:
• binneargitektuur
• gewelargitektuur
• huisargitektuur
• landskapargitektuur
• rekenaarargitektuur
• tuinargitektuur
• volksargitektuur
• woonhuisargitektuur
Afkorting:
• argit.
Vertaling:
Engels: architecture
Nederlands: architectuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kroning
kroning [boodskap #145699 ]
Wo, 26 Junie 2024 09:18
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kroning
Afbreking: kro•ning
Samestelling: kroon + -ing
Selfstandige naamwoord: kroning
Meervoud: kroninge , kronings
Betekenis:
• Die handeling van kroon; seremonie waartydens 'n kroon op die kop van 'n heerser geplaas word.
Gebruik:
• Die kroning van Napoleon I as Keiser van Frankryk het in 1804 in die Notre-Dame-katedraal in Parys plaasgevind.
Sinoniem:
• ampsaanvaarding
• bekroning
• inhuldiging
• troonbestyging
Afgelei:
• kroningdag
• kroningeed
• kroningfees
• kroningplegtigheid
• kroningsdae
• kroningsdag
• kroningseed
• kroningsplegtighede
• kroningsplegtigheid
Vertaling:
Engels: coronation
Nederlands: kroning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: terras
terras [boodskap #145698 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:55
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Terrasse teen die hang van 'n berg.
terras
Afbreking: ter•ras
Selfstandige naamwoord: terras
Meervoud: terrasse
Verkleinwoord: terras
Meervoud van verkleining: terras
Betekenis:
• 'n Plat, horisontale terrein (dikwels opgevul) wat deur hoër of laer landskap omring word.
Gebruik:
• Die huis is op 'n terras teen die rand van die heuwel gebou.
Sinoniem:
• dek
• platform
• stoep
• trap
• verhewendheid
Hiponiem:
• rivierterras
• strandterras
Afgelei:
• terrasbedding
• terrasdak
• terrasgewys
• terrashuis
• terrasland
• terrasvlak
• terrasvormig
Vertaling:
Engels: terrace
Nederlands: terras
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: bewindsjaar
bewindsjaar [boodskap #145697 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:38
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewindsjaar
Afbreking: be•winds•jaar
Samestelling: bewind + -s- + jaar
Selfstandige naamwoord: bewindsjaar
Meervoud: bewindsjare
Betekenis:
• Een van die jare waartydens 'n heerser aan bewind is.
Gebruik:
• Die tempel is tussen koning Hatsjepsoet se 7de en 20ste bewindsjaar gebou.
Sinoniem:
• regeringsjaar
Vertaling:
Engels: reign year
Nederlands: regeringsjaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: byvoeging
byvoeging [boodskap #145696 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byvoeging
Afbreking: by•voe•ging
Samestelling: byvoeg + -ing
Selfstandige naamwoord: byvoeging
Meervoud: byvoeginge , byvoegings
Verkleinwoord: byvoeginkie
Meervoud van verkleining: byvoeginkies
Betekenis:
• Die handeling van byvoeg (om by 'n groter geheel te sit).
• Die resultaat van byvoeg.
Gebruik:
• Die biblioteek sal met die byvoeging van honderde boeke uitgebrei word.
• Hierdie boek is 'n welkome byvoeging by my versameling.
Sinoniem:
• aanvulling
• addisie
• toevoeging
• uitbreiding
• verhoging
• bymiddel
• byvoegsel
• supplement
• toevoegsel
Antoniem:
• wegneming
Hiponiem:
• kwikbyvoeging
Vertaling:
Engels: addition, additive
Nederlands: bijvoeging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: fortifiseer
fortifiseer [boodskap #145695 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fortifiseer
Afbreking: for•ti•fi•seer
Samestelling: fort + -ifiseer
Werkwoord: fortifiseer
Verlede tyd: het gefortifiseer
Betekenis:
• Om iets sterker en stewiger te maak (soos 'n fort).
• Om die konsentrasie alkohol deur die byvoeging van brandewyn of spiritus te verhoog.
Gebruik:
• Die weermag wil die hawe fortifiseer en dit in 'n vlootbasis omskep.
• Die wyn word gefortifiseer voordat dit gebottel word.
Sinoniem:
• beveilig
• omskans
• verhard
• verskans
• versterk
• verstewig
Verwant:
• fortifikasie
• fortifisering
Vertaling:
Engels: to fortify
Nederlands: fortificeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verstewig
verstewig [boodskap #145694 ]
Wo, 26 Junie 2024 08:03
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstewig
Afbreking: ver•ste•wig
Samestelling: ver- + stewig
Werkwoord: verstewig
Verlede tyd: het verstewig
Betekenis:
• Om sterker en stewiger te word.
Gebruik:
• Die Rand het na die aankondiging verstewig , maar intussen weer begin terugsak.
Sinoniem:
• fortifiseer
• stabiliseer
• konsolideer
• versterk
Antoniem:
• verswak
Afgelei:
• verstewiging
Vertaling:
Engels: to strengthen, reinforce, consolidate, solidify
Nederlands: verstevigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: terugsak
terugsak [boodskap #145693 ]
Wo, 26 Junie 2024 07:57
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugsak
Afbreking: te•rug•sak
Samestelling: terug + sak
Werkwoord: sak terug , terugsak
Verlede tyd: het teruggesak
Betekenis:
• Om weer laer te beweeg.
Gebruik:
• Die Rand het ná die aankondiging verstewig, maar het intussen weer terugsak .
Sinoniem:
• agteruitgaan
• daal
• slink
• teruggly
• terugtrek
• terugval
• uitsak
Afgelei:
• terugsakking
Vertaling:
Engels: to pull back, slip back, sink back
Nederlands: terugzakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verwoord
verwoord [boodskap #145692 ]
Di, 25 Junie 2024 13:29
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwoord
Afbreking: ver•woord
Samestelling: ver- + woord
Werkwoord: verwoord
Verlede tyd: het verwoord
Betekenis:
• Om in woorde om te sit.
Gebruik:
• Hy sukkel om sy emosies te verwoord .
Sinoniem:
• artikuleer
• bewoord
• formuleer
• noem
• omskryf
• praat
• sê
• uitdruk
• verduidelik
Afgelei:
• verwoordbaar
• verwoording
Vertaling:
Engels: to express in words, articulate, formulate
Nederlands: verwoorden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitdruk
uitdruk [boodskap #145691 ]
Di, 25 Junie 2024 13:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitdruk
Afbreking: uit•druk
Samestelling: uit + druk
Werkwoord: druk uit , uitdruk
Verlede tyd: het uitgedruk
Betekenis:
• Om na die buitekant te druk.
• Om 'n gevoel of gedagte in taal te verwoord.
Gebruik:
• Hy druk die puisie uit . Kan jy die kwitansie vir my uitdruk ?
• Daar is niks in die hemel of op die aarde wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie.
Sinoniem:
• uitforseer
• uitknyp
• uitpers
• uitstoot
• uitwring
• artikuleer
• bewoord
• kommunikeer
• verwoord
• vertel
Antoniem:
• indruk
Afgelei:
• uitdrukke
• uitdrukking
• uitdruklik
Vertaling:
Engels: to squeeze out; to express, utter
Nederlands: uitdrukken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Jordanië
Onderwerp: Koeweit
Onderwerp: Irak
Onderwerp: oneer
oneer [boodskap #145687 ]
Di, 25 Junie 2024 12:27
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oneer
Afbreking: on•eer
Samestelling: on- + eer
Selfstandige naamwoord: oneer
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand waar mense hulle respek vir jou verloor en waarvoor jy jou behoort te skaam.
Gebruik:
• Ons ontvang eer en oneer , ons word beledig en geprys. [2 Korintiërs 6:8]
Sinoniem:
• diskrediet
• miskenning
• skaamte
• skandaal
• skande
• smet
Antoniem:
• eer
Afgelei:
• oneerbaar
• oneerbiedig
• oneerlik
• oneersugtig
• oneervol
Vertaling:
Engels: dishonour, disgrace, shame
Nederlands: oneer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: toetsing
toetsing [boodskap #145686 ]
Di, 25 Junie 2024 11:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toetsing
Afbreking: toet•sing
Samestelling: toets + -ing
Selfstandige naamwoord: toetsing
Meervoud: toetsinge , toetsings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van toets (om te ondersoek en te ontleed).
Gebruik:
• Die toesing van kosmetiese middels op diere is oneties.
Hiponiem:
• hertoetsing
• kabeltoetsing
• lastoetsing
• personeeltoetsing
• verrassingstoets
Afgelei:
• toetsingsreg
• toetsingsvermoë
• toetsingsverbod
Vertaling:
Engels: testing
Nederlands: toetsing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hondsdolheid
hondsdolheid [boodskap #145685 ]
Di, 25 Junie 2024 11:31
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hond met hondsdolheid.
hondsdolheid
Afbreking: honds•dol•heid
Samestelling: hond + -s- + dolheid
Selfstandige naamwoord: hondsdolheid
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Virussiekte wat inflammasie van die brein veroorsaak en deur die byt van 'n besmette dier na mense oorgedra kan word.
Gebruik:
• Hondsdolheid is uiters gevaarlik en kan tot die dood lei as dit nie behandel word nie.
Sinoniem:
• raserny
• hidrofobie
• rabies
Vertaling:
Engels: rabies, hydrophobia
Nederlands: hondsdolheid, rabiës
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: prerogatief
prerogatief [boodskap #145684 ]
Di, 25 Junie 2024 09:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19533Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prerogatief
Afbreking: pre•ro•ga•tief
Selfstandige naamwoord: prerogatief
Meervoud: prerogatiewe
Betekenis:
• 'n Voorreg wat iemand op die basis van sy funksie, hoedanigheid of status toekom.
Gebruik:
• Dit is die president se grondwetlike prerogatief om te besluit oor wie in die kabinet mag doen.
Sinoniem:
• alleenreg
• beskikkingsreg
• bevoegdheid
• voorreg
Vertaling:
Engels: prerogative
Nederlands: prerogatief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.