Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: marteling
marteling [boodskap #145649] Sa, 22 Junie 2024 09:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
marteling
Afbreking: mar•te•ling
Samestelling: martel + -ing


Selfstandige naamwoord: marteling
Meervoud: martelinge, martelings
Verkleinwoord: martelinkie
Meervoud van verkleining: martelinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van martel; om opsetlik te pynig.
• (figuurlik) Iets wat baie pynlik is.

Gebruik:
• Die marteling van gevangenes is wyd veroordeel.
• Dit was 'n marteling om na die ellelange toespraak te luister.

Sinoniem:
• foltering
• geseling
• kastyding
• kwelling
• pyniging
• teistering

Hiponiem:
• geestesmarteling
• watermarteling

Vertaling:
Engels: torture
Nederlands: marteling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beslaglegging
beslaglegging [boodskap #145648] Sa, 22 Junie 2024 09:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beslaglegging
Afbreking: be•slag•leg•ging


Selfstandige naamwoord: beslaglegging
Meervoud: beslaglegginge, beslagleggings

Betekenis:
• Die handeling van in beslag lê. Proses waartydens iemand se eiendom van hom ontneem word.

Gebruik:
• Die regter het 'n bevel vir die beslaglegging van die besigheid se bates uitgereik.

Sinoniem:
• arres
• inbesitneming
• inbeslagname
• inbeslagneming
• konfiskasie
• nasionalisasie
• onteiening
• sekwestrasie
• verbeurdverklaring
• verbeuring

Hiponiem:
• grondbeslaglegging

Vertaling:
Engels: confiscation, repossession, attachment, seizure
Nederlands: beslaglegging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: knellend
knellend [boodskap #145647] Vr, 21 Junie 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knellend
Afbreking: knel•lend
Samestelling: knel + -end


Byvoeglike naamwoord: knellend
Vergrotende trap: knellender
Oortreffende trap: knellendste
Attributief: knellende
Partitief: knellends

Betekenis:
• Wat iets of iemand knel (styf omklem sodat 'n mens nie daarvan kan ontsnap nie).

Gebruik:
• Die honderde reëls en regulasies is uiters knellend.
• Die gebied ervaar 'n knellende droogte.

Sinoniem:
• beklemmend
• belemmerend
• benoud
• drukkend
• nypend
• versmorend
• verstikkend

Vertaling:
Engels: constrictive, pinching, oppressive
Nederlands: knellend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van knel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: marginaal
marginaal [boodskap #145646] Vr, 21 Junie 2024 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
marginaal
Afbreking: mar•gi•naal


Byvoeglike naamwoord: marginaal
Vergrotende trap: marginaler
Oortreffende trap: marginaalste
Attributief: marginale
Partitief: marginaals

Betekenis:
• Wat op die kantlyn betrekking het.
• Wat op die rand (die marge) is, of wat die rand betref.
• (figuurlik) In geringe mate, of van min belang.
• (bedryfsekonomie) Betreffende die veranderinge wat 'n eenheidsverhoging in die produksie of verbruik van 'n produk veroorsaak.

Gebruik:
• Die boek se marginale ruimte is te klein. Sy maak marginale aantekeninge in haar teksboek.
• Daar 'n toename in geweld teen marginale groepe.
• Die pryse sal volgende maand marginaal verhoog word.
Marginale inkomste is die ekstra inkomste wat met die verkoop van een meer eenheid van produksie verkry word.

Sinoniem:
• klein
• minimaal
• onbelangrik
• weglaatbaar

Afgelei:
• marginaliseer

Vertaling:
Engels: marginal
Nederlands: marginaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pensioenfonds
pensioenfonds [boodskap #145645] Vr, 21 Junie 2024 13:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pensioenfonds
Afbreking: pen•si•oen•fonds
Samestelling: pensioen + fonds


Selfstandige naamwoord: pensioenfonds
Meervoud: pensioenfondse
Verkleinwoord: pensioenfondsie
Meervoud van verkleining: pensioenfondsies

Betekenis:
• Fonds waartoe 'n werkgewer en/of werknemer bydra en waaruit iemand ná aftrede pensioen kan trek.

Gebruik:
• 'n Werker se bydrae tot sy pensioenfonds kan van belasting afgetrek word.

Sinoniem:
• aftreefonds

Vertaling:
Engels: pension fund, retirement fund
Nederlands: pensioenfonds, pensioneringsfonds

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: belastingjaar
belastingjaar [boodskap #145644] Vr, 21 Junie 2024 12:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belastingjaar
Afbreking: be•las•ting•jaar
Samestelling: belasting + jaar


Selfstandige naamwoord: belastingjaar
Meervoud: belastingjare

Betekenis:
• Die finansiële jaar waarvoor inkomste gerapporteer en belasting betaal word.

Gebruik:
• Die tradisionele belastingjaar vir individue en trusts is vanaf 1 Maart tot 28/29 Februarie in die volgende kalenderjaar.

Sinoniem:
• aanslagjaar

Vertaling:
Engels: tax year
Nederlands: belastingjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pensioen
pensioen [boodskap #145643] Vr, 21 Junie 2024 12:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pensioen
Afbreking: pen•si•oen


Selfstandige naamwoord: pensioen
Meervoud: pensioene
Verkleinwoord: pensioentjie
Meervoud van verkleining: pensioenetjies

Betekenis:
• Uitgestelde salaris vir wanneer iemand se normale inkomste wegval weens aftrede, ongeskiktheid, ens.

Gebruik:
• Hoeveel moet ek per maand spaar om genoeg pensioen vir my aftrede te hê?

Hiponiem:
• ouderdomspensioen
• staatspensioen
• weduweepensioen

Afgelei:
• pensioenbewys
• pensioenbydrae
• pensioendag
• pensioeneer
• pensioenering
• pensioenfonds
• pensioengeld
• pensioengeregtig
• pensioengewend
• pensioenleeftyd
• pensioenreëling
• pensioentrekkend
• pensioentrekker
• pensioenversekering
• pensioenwet

Verwant
• pensionaris

Vertaling:
Engels: pension
Nederlands: pensioen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waartoe
waartoe [boodskap #145642] Vr, 21 Junie 2024 11:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waartoe
Afbreking: waar•toe
Samestelling: waar + toe


Bywoord: waartoe

Betekenis:
• Tot wat.

Gebruik:
• Is dit die beste waartoe jy in staat is?

Vertaling:
Engels: whereto, to which
Nederlands: waartoe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aftreefonds
aftreefonds [boodskap #145641] Vr, 21 Junie 2024 11:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aftreefonds
Afbreking: af•tree•fonds
Samestelling: aftree + fonds


Selfstandige naamwoord: aftreefonds
Meervoud: aftreefondse

Betekenis:
• Fonds waartoe 'n werkgewer en/of werknemer bydra en waaruit iemand ná aftrede pensioen kan trek.

Gebruik:
• 'n Werker se bydrae tot sy aftreefonds kan van belasting afgetrek word.

Sinoniem:
• pensioenfonds

Vertaling:
Engels: pension fund, retirement fund
Nederlands: pensioenfonds, pensioneringsfonds

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verlinks
verlinks [boodskap #145639] Vr, 21 Junie 2024 09:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlinks
Afbreking: ver•links
Samestelling: ver + links


Byvoeglike naamwoord: verlinks
Attributief: verlinkse

Betekenis:
• Wat ver na die linkerkant van die politieke spektrum leun; ekstreem liberaal is.

Gebruik:
• Moenie jou teenstander as verlinks of verregs uitskel as jou beleid nie by die kiesers aanklank vind nie.

Wisselvorm:
• vêrlinks

Sinoniem:
• ultralinks

Antoniem:
• verregs

Vertaling:
Engels: far left
Nederlands: extreemlinks, ultralinks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verregs
verregs [boodskap #145638] Vr, 21 Junie 2024 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verregs
Afbreking: ver•regs
Samestelling: ver + regs


Byvoeglike naamwoord: verregs
Attributief: verregse

Betekenis:
• Wat ver na die regterkant van die politieke spektrum leun; ekstreem konserwatief of reaksionêr is.

Gebruik:
• Dit help nie om jou teenstander as verregs of verlinks uit te skel as jou beleid nie by die kiesers aanklank vind nie.

Wisselvorm:
• vêrregs

Sinoniem:
• ekstreemregs
• ultraregs

Antoniem:
• verlinks

Vertaling:
Engels: far right, ultraright
Nederlands: uiterst rechts, ultrarechts

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: benoeming
benoeming [boodskap #145637] Vr, 21 Junie 2024 09:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
benoeming
Afbreking: be•noe•ming
Samestelling: benoem + -ing


Selfstandige naamwoord: benoeming
Meervoud: benoeminge, benoemings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van benoem.

Gebruik:
• Sy benoeming as hoofregter is met gemengde gevoelens ontvang.
• Die benoemings vir vanjaar se Oscar-toekennings word binnekort bekend gemaak.

Sinoniem:
• aanstelling
• aanwysing
• benaming
• nominasie
• nominering
• naamgewing
• seleksie
• verkiesing

Hiponiem:
• herbenoeming
• kardinaalsbenoeming
• partybenoeming

Afgelei:
• benoemingsdag
• benoemingsliggaam
• benoemingslys
• benoemingsreg

Vertaling:
Engels: nomination, appointment, designation
Nederlands: benoeming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toppos
toppos [boodskap #145636] Vr, 21 Junie 2024 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toppos
Afbreking: top•pos
Samestelling: top + pos


Selfstandige naamwoord: toppos
Meervoud: topposte
Verkleinwoord: toppossie
Meervoud van verkleining: toppossies

Betekenis:
• 'n Hoë pos; posisie van aansien.

Gebruik:
• Nehemia het 'n toppos in die koning se paleis beklee.

Vertaling:
Engels: top position
Nederlands: toppositie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: instemming
instemming [boodskap #145635] Vr, 21 Junie 2024 08:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
instemming
Afbreking: in•stem•ming
Samestelling: instem + -ing


Selfstandige naamwoord: instemming
Meervoud: instemminge, instemmings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van instem.

Gebruik:
• Hy het die klas sonder die onderwyser se instemming verlaat.
• Die kitaar was so vals dat die instemming daarvan langer as verwag gevat het.

Sinoniem:
• bekragtiging
• bevestiging
• goedkeuring
• inwilliging
• konsessie
• toestemming
• stemming
• kalibrasie

Vertaling:
Engels: consent, agreement, approval; tuning
Nederlands: instemming; stemmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opdeel
opdeel [boodskap #145634] Vr, 21 Junie 2024 08:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opdeel
Afbreking: op•deel
Samestelling: op + deel


Werkwoord: deel op, opdeel
Verlede tyd: het opgedeel

Betekenis:
• Om 'n geheel (tot alles op is) in kleiner dele te verdeel.

Gebruik:
Deel die lekkers tussen ons op.
• Die aarde word in 24 tydsones van 15° elk opgedeel.

Sinoniem:
• opbreek
• segmenteer
• skei
• split
• verdeel

Vertaling:
Engels: to divvy up, subdivide
Nederlands: opdelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Korea
Korea [boodskap #145633] Vr, 21 Junie 2024 08:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Noord-Korea in groen en Suid-Korea in oranje.
Noord-Korea in groen en Suid-Korea in oranje.
Korea
Afbreking: Ko•re•a


Pleknaam: Korea

Betekenis:
• 'n Skiereiland in Oos-Asië.
• (histories) Voormalige land in Oos-Asië.

Gebruik:
Korea het in 1945 in Noord- en Suid-Korea opgebreek.

Hiponiem:
• Noord-Korea
• Suid-Korea

Verwant:
• Koreaan
• Koreaans

Vertaling:
Engels: Korea
Nederlands: Korea

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nasionalisties
nasionalisties [boodskap #145632] Vr, 21 Junie 2024 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nasionalisties
Afbreking: na•sio•na•lis•ties
Samestelling: nasionaal + -isties


Byvoeglike naamwoord: nasionalisties
Attributief: nasionalistiese

Betekenis:
• Wat van sterk nasionalisme (vaderlandsliefde) getuig.

Gebruik:
• Die rolprent is nasionalisties van aard.
• Die party hoop vir 'n nasionalistiese oplewing.

Sinoniem:
• vaderlandsliewend
• patrioties

Hiponiem:
• ultranasionalisties

Afgelei:
• nasionalistiesgesind

Verwant:
• nasionaal
• nasionalis
• nasionalisme

Vertaling:
Engels: nationalist, nationalistic
Nederlands: nationalistisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: volstrek
volstrek [boodskap #145631] Vr, 21 Junie 2024 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volstrek
Afbreking: vol•strek
Samestelling: vol + strek


Byvoeglike naamwoord: volstrek
Attributief: volstrekte

Betekenis:
• Geheel en al; in die geheel; ten ene male.

Gebruik:
• Die hond weier volstrek om in die kar te klim.
• Geen party kon 'n volstrekte meerderheid in die verkiesing bekom nie.

Sinoniem:
• absoluut
• definitief
• heeltemal
• onaantasbaar
• onaanvegbaar
• onbetwisbaar
• ongetwyfeld
• onvoorwaardelik
• stellig
• totaal
• volkome

Aflei:
• volstrektheid

Vertaling:
Engels: absolute, complete; absolutely, positively, completely
Nederlands: volstrekt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: middelweg
middelweg [boodskap #145630] Vr, 21 Junie 2024 07:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middelweg
Afbreking: mid•del•weg
Samestelling: middel + weg


Selfstandige naamwoord: middelweg
Meervoud: middelweë

Betekenis:
• Die posisie in die middel van twee uiterstes.

Gebruik:
• Elke siel sal gered word óf verlore gaan. Daar is geen middelweg nie.

Wisselvorm:
• middeweg

Sinoniem:
• kompromie
• skikking
• tussenweg

Vertaling:
Engels: middle ground, compromise
Nederlands: middenweg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Viëtnam
Viëtnam [boodskap #145629] Do, 20 Junie 2024 20:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaart van Viëtnam.
Kaart van Viëtnam.
Viëtnam se vlag.
Viëtnam se vlag.
Viëtnam
Afbreking: Vi•ët•nam


Pleknaam: Viëtnam

Betekenis:
• Land in Suidoos-Asië, begrens deur Sjina, Kambodja en Laos, amptelik die Sosialistiese Republiek Viëtnam.

Gebruik:
Viëtnam se hoofstad is Hanoi.

Afgelei:
• Viëtnamees

Vertaling:
Engels: Vietnam
Nederlands: Vietnam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Skots
Skots [boodskap #145628] Do, 20 Junie 2024 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skots
Afbreking: Skots
Samestelling: Skot + -s


Selfstandige naamwoord: Skots
Meervoud:

Betekenis:
• Die dialek van Engels wat in Skotland gepraat word.

Gebruik:
• Ek sukkel om te verstaan as hy Skots praat.

Vertaling:
Engels: Scots
Nederlands: Schots


Byvoeglike naamwoord: Skots
Attributief: Skotse

Betekenis:
• Betreffende Skotland of sy mense (die Skotte).

Gebruik:
• Sy praat met 'n swaar Skotse aksent.

Vertaling:
Engels: Scottish
Nederlands: Schots

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tersiêr
tersiêr [boodskap #145627] Do, 20 Junie 2024 19:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tersiêr
Afbreking: ter•si•êr


Byvoeglike naamwoord: tersiêr
Attributief: tersiêre

Betekenis:
• Wat derde in rang of volgorde kom.

Gebruik:
• Ná hoërskool kan leerders 'n tersiêre kwalifikasie aan 'n universiteit verwerf.

Verwant:
• primêr
• sekondêr

Vertaling:
Engels: tertiary
Nederlands: tertiair

Nota:
• Die Tersiêr (met 'n hoofletter) is die geologiese tydperk na die Kryt en voor die Kwaternêr.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rekenaarvaardigheid
rekenaarvaardigheid [boodskap #145626] Do, 20 Junie 2024 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rekenaarvaardigheid
Afbreking: re•ke•naar•vaar•dig•heid
Samestelling: rekenaar + vaardigheid


Selfstandige naamwoord: rekenaarvaardigheid
Meervoud: rekenaarvaardighede

Betekenis:
• Die vermoë om met 'n rekenaar te kan werk.

Gebruik:
• Kandidate moet oor uitstekende rekenaarvaardighede beskik.

Sinoniem:
• rekenaargeletterdheid

Vertaling:
Engels: computer skill
Nederlands: computervaardigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sluitingsdatum
sluitingsdatum [boodskap #145625] Do, 20 Junie 2024 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sluitingsdatum
Afbreking: slui•tings•da•tum
Samestelling: sluiting + -s- + datum


Selfstandige naamwoord: sluitingsdatum
Meervoud: sluitingsdatums

Betekenis:
• Die datum waarteen iets gedoen moet wees.

Gebruik:
• Geen inskrywings sal ná die sluitingsdatum aanvaar word nie.

Sinoniem:
• afsnydatum
• einddatum
• sluitingstyd
• sperdatum

Antoniem:
• openingsdatum

Vertaling:
Engels: closing date
Nederlands: sluitingsdatum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: byvoordeel
byvoordeel [boodskap #145624] Do, 20 Junie 2024 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byvoordeel
Afbreking: by•voor•deel
Samestelling: by + voordeel


Selfstandige naamwoord: byvoordeel
Meervoud: byvoordele

Betekenis:
• 'n Bykomende of sekondêre voordeel.

Gebruik:
• Die maatskappy betaal hulle werkers 'n mededingende salaris en bied aantreklike byvoordele.

Sinoniem:
• randvoordeel

Antoniem:
• hoofvoordeel

Vertaling:
Engels: fringe benefit, side benefit, perks
Nederlands: randvoordeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: werksgeleentheid
werksgeleentheid [boodskap #145623] Do, 20 Junie 2024 18:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werksgeleentheid
Afbreking: werks•ge•leent•heid
Samestelling: werk + -s- + geleentheid


Selfstandige naamwoord: werksgeleentheid
Meervoud: werksgeleenthede

Betekenis:
• 'n Vakante pos waarvoor iemand aansoek kan doen. 'n Geleentheid vir indiensneming.

Gebruik:
• Werkloosheid het in die derde kwartaal toegeneem en minder werksgeleenthede is in dieselfde tyd geskep.

Wisselvorm:
• werkgeleentheid

Sinoniem:
• vakature

Vertaling:
Engels: vacancy, job opening, work opportunity
Nederlands: vacature

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kraanwater
kraanwater [boodskap #145622] Wo, 19 Junie 2024 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kraanwater
Kraanwater
kraanwater
Afbreking: kraan•wa•ter
Samestelling: kraan + water


Selfstandige naamwoord: kraanwater
Meervoud:

Betekenis:
• Water wat uit 'n kraan getap word.

Gebruik:
• Is die plek se kraanwater skoon en drinkbaar?

Verwant:
• drinkwater

Vertaling:
Engels: tap water, running water
Nederlands: kraanwater

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: drinkbaar
drinkbaar [boodskap #145621] Wo, 19 Junie 2024 19:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drinkbaar
Afbreking: drink•baar
Samestelling: drink + -baar


Byvoeglike naamwoord: drinkbaar
Attributief: drinkbare
Partitief: drinkbaars

Betekenis:
• Wat gedrink kan word, sonder om daaraan te walg of daarvan siek te word.

Gebruik:
• Is die plek se kraanwater skoon en drinkbaar?

Antoniem:
• ondrinkbaar

Verwant:
• drinkwater
• eetbaar

Vertaling:
Engels: drinkable, potable
Nederlands: drinkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ondrinkbaar
ondrinkbaar [boodskap #145620] Wo, 19 Junie 2024 13:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ondrinkbaar
Afbreking: on•drink•baar
Samestelling: on- + drinkbaar


Byvoeglike naamwoord: ondrinkbaar
Attributief: ondrinkbare
Partitief: ondrinkbaars

Betekenis:
• Wat nie gedrink kan word nie.

Gebruik:
• Volgens 'n verslag is 46% van die land se water ondrinkbaar weens die hoë vlakke van bakterieë daarin.

Antoniem:
• drinkbaar

Vertaling:
Engels: undrinkable
Nederlands: ondrinkbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbenulligheid
onbenulligheid [boodskap #145619] Wo, 19 Junie 2024 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbenulligheid
Afbreking: on•be•nul•lig•heid
Samestelling: onbenullig + -heid


Selfstandige naamwoord: onbenulligheid
Meervoud: onbenullighede

Betekenis:
• Iets was onbenullig (van min belang) is.

Gebruik:
• Ek het nie nou tyd vir sulke onbenullighede nie.

Sinoniem:
• beuselagtigheid
• bysaak
• futiliteit
• kleinigheid
• lawwigheid
• nietigheid
• nulliteit
• onbeduidendheid
• onbelangrikheid

Vertaling:
Engels: bagatelle
Nederlands: onbenulligheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kleingeestig
kleingeestig [boodskap #145618] Wo, 19 Junie 2024 13:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleingeestig
Afbreking: klein•gees•tig
Samestelling: klein + gees + -tig


Byvoeglike naamwoord: kleingeestig
Vergrotende trap: kleingeestiger
Oortreffende trap: kleingeestigste
Attributief: kleingeestige

Betekenis:
• Wat nie ruim dink nie; beperk is in denke en opvattinge.

Gebruik:
• Ek is nie nou lus vir 'n kleingeestige getwis oor onbenullighede nie.

Sinoniem:
• bekrompe
• bevooroordeeld
• eng
• enggeestig
• kleinburgerlik
• kleinlik
• kleinsielig
• krenterig
• nousiende
• verkramp

Afgelei:
• kleingeestigheid

Vertaling:
Engels: narrow-minded, petty, prejudiced
Nederlands: kleingeestig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: waterpomp
waterpomp [boodskap #145617] Di, 18 Junie 2024 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterpomp
Afbreking: wa•ter•pomp
Samestelling: water + pomp


Selfstandige naamwoord: waterpomp
Meervoud: waterpompe
Verkleinwoord: waterpompie
Meervoud van verkleining: waterpompies

Betekenis:
• Toestel waarmee water verplaas of onder druk geplaas word.

Gebruik:
• Die swembad se waterpomp is stukkend.

Hiponiem:
• kouwaterpomp
• sirkulasiewaterpomp
• warmwaterpomp

Afgelei:
• waterpomprotor

Vertaling:
Engels: water pump
Nederlands: waterpomp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rojaal
rojaal [boodskap #145616] Di, 18 Junie 2024 20:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rojaal
Afbreking: ro•jaal


Byvoeglike naamwoord: rojaal
Vergrotende trap: rojaler
Oortreffende trap: rojaalste
Attributief: rojale
Partitief: rojaals

Betekenis:
• Wat kwistig of oordadig is.

Gebruik:
• Die werkers is rojaal beloon vir hulle harde werk.

Spreekwoord:
• Suinig met die pennies, rojaal met die ponde. [Spaarsaam met die klein dingetjies, maar kwistig met die grotes.]

Sinoniem:
• gul
• gulhartig
• kwistig
• luuks
• milddadig
• oorlopend
• oorvloedig
• ruimhartig
• verkwistend
• vrygewig
• weelderig

Afgelei:
• rojaalheid

Vertaling:
Engels: royal, generous, liberal, lavish
Nederlands: royaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: betwyfel
betwyfel [boodskap #145615] Di, 18 Junie 2024 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betwyfel
Afbreking: be•twy•fel
Samestelling: be- + twyfel


Werkwoord: betwyfel
Verlede tyd: het betwyfel

Betekenis:
• Om iets in twyfel te trek; dit te bevraagteken.

Gebruik:
• In sy poging om alles te betwyfel, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat hy alles kon betwyfel, behalwe die feit dat hy twyfel.

Sinoniem:
• bevraag
• betwis
• wantrou

Afgelei:
• betwyfelbaar
• betwyfelde
• betwyfeling

Vertaling:
Engels: to doubt, question
Nederlands: betwijfelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omnipotensie
omnipotensie [boodskap #145614] Di, 18 Junie 2024 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omnipotensie
Afbreking: om•ni•po•ten•sie
Samestelling: omni + potensie


Selfstandige naamwoord: omnipotensie
Meervoud: omnipotensies

Betekenis:
• Onbeperkte mag (wat tipies aan 'n alleenheerser of godheid toegeskryf word).

Gebruik:
• God se omnipotensie kan nie betwyfel word nie.
• Waar kom sommige mans se vermeende omnipotensie tussen die lakens vandaan?

Sinoniem:
• almag
• almoëndheid
• alvermoë

Verwant:
• omnipotent

Vertaling:
Engels: omnipotence
Nederlands: omnipotentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vergestalt
vergestalt [boodskap #145613] Di, 18 Junie 2024 13:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergestalt
Afbreking: ver•ge•stalt
Samestelling: vergestalt


Werkwoord: vergestalt
Verlede tyd: het vergestalt

Betekenis:
• Om vorm/ gestalte aan iets te gee.

Gebruik:
• Jesus vergestalt God se genade.
• Pythagoras het geglo dat alles in die heelal deur getalle vergestalt word.

Sinoniem:
• beliggaam
• manifesteer
• realiseer
• verwerklik
• weergee
• verwesenlik

Afgelei:
• vergestalting

Vertaling:
Engels: to embody
Nederlands: belichamen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: volkseie
volkseie [boodskap #145612] Di, 18 Junie 2024 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volkseie
Afbreking: volks•ei•e
Samestelling: volk + -s- + eie


Byvoeglike naamwoord: volkseie
Attributief: volkseie

Betekenis:
• Wat eie aan 'n volk is.

Gebruik:
• Ons moet volkseie besighede ondersteun.

Vertaling:
Engels: people's own
Nederlands: volkseigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bedrogspul
bedrogspul [boodskap #145611] Di, 18 Junie 2024 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedrogspul
Afbreking: be•drog•spul
Samestelling: bedrog + spul


Selfstandige naamwoord: bedrogspul
Meervoud: bedrogspulle
Verkleinwoord: bedrogspulletjie
Meervoud van verkleining: bedrogspulletjies

Betekenis:
• 'n Poging om te bedrieg; bedrog te pleeg.

Gebruik:
• Is 'n belegging in Bitcoin veilig, of is dit 'n bedrogspul?

Sinoniem:
• bedrieëry
• knoeiery
• swendelary
• toesmering

Vertaling:
Engels: scam, fraud
Nederlands: oplichterij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kritiekloos
kritiekloos [boodskap #145610] Di, 18 Junie 2024 10:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kritiekloos
Afbreking: kri•tiek•loos
Samestelling: kritiek + -loos


Byvoeglike naamwoord: kritiekloos
Attributief: kritieklose

Betekenis:
• Sonder kritiek.

Gebruik:
• Terwyl ons nie die grondwet kritiekloos aanvaar nie, verontagsaam en minag ons dit darem ook nie.

Sinoniem:
• blindelings
• domweg
• goedgelowig
• klakkeloos
• slaafs

Vertaling:
Engels: without criticism
Nederlands: kritiekloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: feilbaar
feilbaar [boodskap #145609] Di, 18 Junie 2024 10:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
feilbaar
Afbreking: feil•baar
Samestelling: feil + -baar


Byvoeglike naamwoord: feilbaar
Vergrotende trap: feilbaarder
Oortreffende trap: feilbaarste
Attributief: feilbare
Partitief: feilbaars

Betekenis:
• Wat kan feil/faal; foute kan maak.

Gebruik:
• Die mens bly maar 'n feilbare wese.

Sinoniem:
• onvolmaak
• sondig

Antoniem:
• feilloos
• onfeilbaar

Afgelei:
• feilbaarheid

Vertaling:
Engels: fallible, liable to error
Nederlands: feilbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Sa Jun 29 05:25:59 MGT 2024