Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: uitstal
|
uitstal [boodskap #145763] |
Di, 02 Julie 2024 12:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitstal
Afbreking: uit•stal
Samestelling: uit + stal
Werkwoord: stal uit, uitstal
Verlede tyd: het uitgestal
Betekenis:
• Om iets sigbaar vir ander ten toon te stel, dikwels om dit te verkoop.
Gebruik:
• Die kunstenaar stal sy skilderye uit.
• Die modereeks is in die winkel se 'n vertoonlokaal uitgestal.
Sinoniem:
• adverteer
• blootstel
• etaleer
• pronk
• pryk
• spog
• tentoonstel
• vertoon
• voorhou
• wys
Afgelei:
• uitstalbak
• uitstalkamer
• uitstalkas
• uitstalkuns
• uitstalruimte
• uitstalvenster
Verwant:
• uitstaller
• uitstalling
Vertaling:
Engels: to display, show off, parade, expose for sale
Nederlands: uitstallen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: hofdokument
|
hofdokument [boodskap #145762] |
Di, 02 Julie 2024 09:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hofdokument
Afbreking: hof•do•ku•ment
Samestelling: hof + dokument
Selfstandige naamwoord: hofdokument
Meervoud: hofdokumente
Verkleinwoord: hofdokumentjie
Meervoud van verkleining: hofdokumentjies
Betekenis:
• 'n Dokument wat deur 'n hof uitgereik is, of 'n beëdigde dokument wat by 'n hof ingedien is.
Gebruik:
• Hofdokumente toon dat daar ook verskeie ander klagte teen die beskuldigde gebring is.
Vertaling:
Engels: court document
Nederlands: rechtbankdocument
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ondeurgrondelik
|
ondeurgrondelik [boodskap #145761] |
Ma, 01 Julie 2024 18:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondeurgrondelik
Afbreking: on•deur•gron•de•lik
Samestelling: on- + deurgrond -elik
Byvoeglike naamwoord: ondeurgrondelik
Attributief: ondeurgrondelike
Partitief: ondeurgrondeliks
Betekenis:
• Wat nie deurgrond (diep ondersoek en verstaan) kan word nie.
Gebruik:
• God se weë is vir ons ondeurgrondelik.
Sinoniem:
• duister
• geheim
• onbegryplik
• ondeursigtig
• onnaspeurlik
• onpeilbaar
• onverklaarbaar
• onverstaanbaar
• raaiselagtig
Antoniem:
• deurgrondelik
Afgelei:
• ondeurgrondelikheid
Vertaling:
Engels: incomprehensible, unfathomable, inscrutable, impenetrable
Nederlands: ondoorgrondelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: haaiaanval
|
haaiaanval [boodskap #145760] |
Ma, 01 Julie 2024 17:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haaiaanval
Afbreking: haai•aan•val
Samestelling: haai + aanval
Selfstandige naamwoord: haaiaanval
Meervoud: haaiaanvalle
Betekenis:
• 'n Aanval deur een of meer haaie in die see.
Gebruik:
• Haaiaanvalle kom gereeld in die gebied voor.
Vertaling:
Engels: shark attack
Nederlands: haaienaanval
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: probleemoplossing
|
probleemoplossing [boodskap #145759] |
Ma, 01 Julie 2024 16:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
probleemoplossing
Afbreking: pro•bleem•op•los•sing
Samestelling: probleem + oplossing
Selfstandige naamwoord: probleemoplossing
Meervoud: probleemoplossings
Betekenis:
• 'n Sistematiese proses wat poog om oplossings vir probleme te vind.
Gebruik:
• 90% van my dag bestaan uit probleemoplossing.
Afgelei:
• probleemoplossingsbenadering
• probleemoplossingsgeleentheid
• probleemoplossingsmetode
• probleemoplossingsproses
• probleemoplossingstegniek
Vertaling:
Engels: problem solving
Nederlands: probleemoplossing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: motorafdak
|
motorafdak [boodskap #145758] |
Ma, 01 Julie 2024 09:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
motorafdak
Afbreking: mo•tor•af•dak
Samestelling: motor + afdak
Selfstandige naamwoord: motorafdak
Meervoud: motorafdakke
Verkleinwoord: motorafdakkie
Meervoud van verkleining: motorafdakkies
Betekenis:
• 'n Afdak waaronder 'n motor geparkeer word.
Gebruik:
• 'n Motorafdak bied minder beskerming as 'n motorhuis, maar is darem beter as niks!
Verwant:
• motorhuis
Vertaling:
Engels: carport
Nederlands: carport
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: uiteenloop
|
uiteenloop [boodskap #145757] |
Ma, 01 Julie 2024 09:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uiteenloop
Afbreking: uit•een•loop
Samestelling: uiteen + loop
Werkwoord: loop uiteen, uiteenloop
Verlede tyd: het uiteengeloop
Betekenis:
• Om in verskillende rigtings te loop; verder van mekaar beweeg.
• Om van mekaar te verskil.
Gebruik:
• Ons paaie het mettertyd uiteengeloop en ek het lanklaas van haar gehoor.
• Menings oor die redes vir die oorlog loop aansienlik uiteen.
Sinoniem:
• afwyk
• divergeer
• opbreek
• uiteengaan
• uiteenvloei
• uiteenwyk
• uitsprei
• uitwyk
• verdeel
• verskil
• versprei
• verstrooi
Antoniem:
• ineenloop
Afgelei:
• uiteenlopend
• uiteenloping
Vertaling:
Engels: to diverge, part; to differ
Nederlands: uiteenlopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: beginner
|
beginner [boodskap #145756] |
Ma, 01 Julie 2024 08:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beginner
Afbreking: be•gin•ner
Samestelling: begin + -er
Selfstandige naamwoord: beginner
Meervoud: beginners
Verkleinwoord: beginnertjie
Meervoud van verkleining: beginnertjies
Betekenis:
• Iemand wat onlangs met iets begin het en nog nie ervare is nie.
• Iemand wat iets nuuts begin.
Gebruik:
• Hy speel nogal goeie tennis vir 'n beginner.
• Ek is nie die beginner van hierdie onderwerp op die forum nie, net 'n deelnemer.
Sinoniem:
• amateur
• beginneling
• debutant
• groentjie
• haas
• leek
• leerling
• nuweling
• onervarene
• rekruut
• rofie
• aanvanger
• grondlegger
Afgelei:
• beginnerskursus
• beginnersles
Vertaling:
Engels: beginner, newcomer, novice, freshman; initiator
Nederlands: beginner
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gholfstok
|
gholfstok [boodskap #145755] |
Ma, 01 Julie 2024 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gholfstok
Afbreking: gholf•stok
Samestelling: gholf + stok
Selfstandige naamwoord: gholfstok
Meervoud: gholfstokke
Verkleinwoord: gholfstokkie
Meervoud van verkleining: gholfstokkies
Betekenis:
• Stok waarmee die bal in golf geslaan word.
Gebruik:
• Ons moedig alle gholfspelers aan om hulle gholfstokke solank vir ons eerskomende gholfdag af te stof.
Vertaling:
Engels: golf club
Nederlands: golfstok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gholfdag
|
gholfdag [boodskap #145754] |
Ma, 01 Julie 2024 08:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gholfdag
Afbreking: gholf•dag
Samestelling: gholf + dag
Selfstandige naamwoord: gholfdag
Meervoud: gholfdae
Verkleinwoord: gholfdaggie
Meervoud van verkleining: gholfdaggies
Betekenis:
• 'n Dag waarop gholf gespeel word.
Gebruik:
• Kom geniet die gholfdag saam met ons en help ons terselfdertyd om geld vir 'n goeie doel in te samel.
Vertaling:
Engels: golf day
Nederlands: golfdag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: staatmaak
|
staatmaak [boodskap #145753] |
Ma, 01 Julie 2024 08:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
staatmaak
Afbreking: staat•maak
Samestelling: staat + maak
Werkwoord: maak staat, staatmaak
Verlede tyd: het staatmaak
Betekenis:
• Om op iets te vertrou.
Gebruik:
• Kan ons op jou ondersteuning staatmaak?
Sinoniem:
• afhang
• reken
• peiltrek
• steun
• stut
• toeverlaat
• vertrou
Verwant:
• staatmaker
Vertaling:
Engels: to rely on
Nederlands: vertrouwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gelukbringer
|
gelukbringer [boodskap #145752] |
Ma, 01 Julie 2024 08:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gelukbringer
Afbreking: ge•luk•brin•ger
Samestelling: geluk + bringer
Selfstandige naamwoord: gelukbringer
Meervoud: gelukbringers
Verkleinwoord: gelukbringertjie
Meervoud van verkleining: gelukbringertjies
Betekenis:
• Iets wat aan 'n mens geluk en voorspoed bring (gevaar en teenspoed weghou).
Gebruik:
• Die Springbokke se gelukbringer is 'n springbok met die naam "Bokkie".
Sinoniem:
• amulet
• maskot
• talisman
Vertaling:
Engels: good luck charm; mascot
Nederlands: geluksbrenger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: registrasienommer
|
registrasienommer [boodskap #145751] |
So, 30 Junie 2024 18:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
registrasienommer
Afbreking: re•gi•stra•sie•nom•mer
Samestelling: registrasie + nommer
Selfstandige naamwoord: registrasienommer
Meervoud: registrasienommers
Verkleinwoord: registrasienommertjie
Meervoud van verkleining: registrasienommertjies
Betekenis:
• 'n Nommer wat aan iets toegeken en vir latere verwysing op register geplaas is.
Gebruik:
• Die gesteelde motor se registrasienommer is HKG 866 GP.
Vertaling:
Engels: registration number
Nederlands: registratienummer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: kragnetwerk
|
kragnetwerk [boodskap #145750] |
So, 30 Junie 2024 18:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kragnetwerk
Afbreking: krag•net•werk
Samestelling: krag + netwerk
Selfstandige naamwoord: kragnetwerk
Meervoud: kragnetwerke
Verkleinwoord: kragnetwerkie
Meervoud van verkleining: kragnetwerkies
Betekenis:
• 'n Netwerk waaroor krag/elektrisiteit na verbruikers versprei word.
Gebruik:
• Indien die kragnetwerk in duie stort kan die land vir weke in duisternis gehul wees.
Sinoniem:
• elektrisiteitsnetwerk
Vertaling:
Engels: kragnetwerk
Nederlands: kragnetwerk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: kanton
|
kanton [boodskap #145749] |
So, 30 Junie 2024 18:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kanton
Afbreking: kan•ton
Selfstandige naamwoord: kanton
Meervoud: kantons
Betekenis:
• 'n Administratiewe gebied in sommige lande.
Gebruik:
• Saint-Louis is 'n dorp en munisipaliteit in die Franse kanton Huningue.
• Switserland is in 26 kantons verdeel.
Sinoniem:
• distrik
• divisie
• kwartier
Afgelei:
• kantonnaal
• kantonstelsel
Vertaling:
Engels: canton
Nederlands: kanton
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gereeldheid
|
gereeldheid [boodskap #145748] |
So, 30 Junie 2024 17:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gereeldheid
Afbreking: ge•reeld•heid
Samestelling: gereeld + -heid
Selfstandige naamwoord: gereeldheid
Meervoud: gereeldhede
Betekenis:
• Die toestand of mate van gereed wees.
Gebruik:
• Die gereeldheid waarteen hierdie aanvalle plaasvind is besig om toe te neem.
Sinoniem:
• frekwensie
• reëlmaat
Antoniem:
• ongereeldheid
Vertaling:
Engels: regularity, frequency
Nederlands: regelmatigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: snoekerstok
|
snoekerstok [boodskap #145747] |
So, 30 Junie 2024 17:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snoekerstok
Afbreking: snoe•ker•stok
Samestelling: snoeker + stok
Selfstandige naamwoord: snoekerstok
Meervoud: snoekerstokke
Verkleinwoord: snoekerstokkie
Meervoud van verkleining: snoekerstokkies
Betekenis:
• Lang stok waarmee snoeker gespeel word.
Gebruik:
• Die snoekerspeler klits die snoekerbal met sy snoekerstok in die gaatjie in.
Vertaling:
Engels: snooker stick, cue stick
Nederlands: snookerstok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: sokkertoernooi
|
sokkertoernooi [boodskap #145746] |
So, 30 Junie 2024 17:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sokkertoernooi
Afbreking: sok•ker•toer•nooi
Samestelling: sokker + toernooi
Selfstandige naamwoord: sokkertoernooi
Meervoud: sokkertoernooie
Verkleinwoord: sokkertoernooitjie
Meervoud van verkleining: sokkertoernooitjies
Betekenis:
• Reeks sokkerwedstryde waarin sokkerspanne teen mekaar meeding om die beste span te bepaal.
Gebruik:
• Banyana-Banyana het vir die eerste keer in 2012 vir die Olimpiese sokkertoernooi gekwalifiseer.
Vertaling:
Engels: soccer tournament, football tournament
Nederlands: voetbaltoernooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gedenk
|
gedenk [boodskap #145745] |
So, 30 Junie 2024 14:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedenk
Afbreking: ge•denk
Samestelling: ge- + denk (dink)
Werkwoord: gedenk
Verlede tyd: het gedenk
Betekenis:
• Om 'n belangrike gebeurtenis te onthou; in herinnering te roep.
Gebruik:
• Geloftedag word jaarliks op 16 Desember gedenk.
Spreekwoord:
• Aansien doen gedenk. [Wanneer jy iets of iemand sien, herinner dit jou aan iets anders.]
Sinoniem:
• eer
• eerbiedig
• herdenk
• herinner
• onthou
• terugdink
• vier
Afgelei:
• gedenkalbum
• gedenkboek
• gedenkboog
• gedenkbrosjure
• gedenkdag
• gedenkdiens
• gedenkfees
• gedenkfonds
• gedenkjaar
• gedenknaald
• gedenkplaat
• gedenkpark
• gedenkpenning
• gedenkrol
• gedenksaal
• gedenkseël
• gedenkskool
• gedenkskrif
• gedenkspreuk
• gedenksteen
• gedenkstuk
• gedenksuil
• gedenkteken
• gedenktuin
• gedenkuitgawe
• gedenkwaardig
Vertaling:
Engels: to recall, recollect, remember, commemorate
Nederlands: gedenken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: gedenkwaardig
|
gedenkwaardig [boodskap #145744] |
So, 30 Junie 2024 13:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedenkwaardig
Afbreking: ge•denk•waar•dig
Samestelling: gedenk + waardig
Byvoeglike naamwoord: gedenkwaardig
Vergrotende trap: gedenkwaardiger
Oortreffende trap: gedenkwaardigste
Attributief: gedenkwaardige
Partitief: gedenkwaardigs
Betekenis:
• Wat die moete werd is om te gedenk (te onthou).
Gebruik:
• Die eerste maanlanding was 'n gedenkwaardige dag.
Sinoniem:
• epogmakend
• heuglik
• merkwaardig
• onvergeetlik
Antoniem:
• ongedenkwaardig
Afgelei:
• gedenkwaardigheid
Vertaling:
Engels: memorable, worthy of remembering
Nederlands: gedenkwaardig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: berghang
|
berghang [boodskap #145743] |
So, 30 Junie 2024 13:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
berghang
Afbreking: berg•hang
Samestelling: berg + hang
Selfstandige naamwoord: berghang
Meervoud: berghange
Betekenis:
• Die oplopende sy van 'n berg.
Gebruik:
• Die chalets is teen 'n berghang gebou wat oor die see uitkyk.
Sinoniem:
• bergflank
• berghelling
Vertaling:
Engels: mountain slope, hillside
Nederlands: berghelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onskatbaar
|
onskatbaar [boodskap #145742] |
So, 30 Junie 2024 10:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onskatbaar
Afbreking: on•skat•baar
Samestelling: on- + skatbaar
Byvoeglike naamwoord: onskatbaar
Vergrotende trap: onskatbare
Oortreffende trap: onskatbaarste
Attributief: onskatbare
Partitief: onskatbaars
Betekenis:
• Baie waardevol. Waarvan die waarde so hoog is dat skatte nie daarvoor kan betaal nie.
Gebruik:
• 'n Goeie teelbul se waarde is onskatbaar.
• Die onskatbare waarde van vriendskap kan nie in geld uitgedruk word nie.
Sinoniem:
• kosbaar
• onbetaalbaar
• onmeetbaat
• ontelbaar
• onvervangbaar
• onwaardeerbaar
• peperduur
• waardevol
Afgelei:
• onskatbaarheid
Vertaling:
Engels: priceless, invaluable, inestimable
Nederlands: onschatbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: noteer
|
noteer [boodskap #145741] |
Sa, 29 Junie 2024 19:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noteer
Afbreking: no•teer
Werkwoord: noteer
Verlede tyd: het genoteer
Betekenis:
• Om 'n nota/ aantekening te maak.
• Om 'n prys op 'n aandelebeurs te registreer.
Gebruik:
• Sy noteer die datum in haar dagboek.
• Die aandeel is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer.
Sinoniem:
• aanteken
• boekstaaf
• byhou
• opskryf
• opteken
• lys
• prys
• registreer
Afgelei:
• annoteer
Vertaling:
Engels: to note
Nederlands: noteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma, 08 Julie 2024 14:39] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: hooftema
|
hooftema [boodskap #145740] |
Sa, 29 Junie 2024 19:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hooftema
Afbreking: hoof•te•ma
Samestelling: hoof + tema
Selfstandige naamwoord: hooftema
Meervoud: hooftemas
Betekenis:
• Die belangrikste tema/ onderwerp.
Gebruik:
• Die hooftema van die boek is die kwesbaarheid van die mensdom en die enorme skade wat tegnologie in die verkeerde hande kan veroorsaak.
Sinoniem:
• hoofonderwerp
Antoniem:
• subtema
Vertaling:
Engels: main theme, main subject
Nederlands: hoofdthema
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: triomfeer
|
triomfeer [boodskap #145739] |
Sa, 29 Junie 2024 18:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
triomfeer
Afbreking: tri•om•feer
Samestelling: triomf + -eer
Werkwoord: triomfeer
Verlede tyd: het getriomfeer
Betekenis:
• Om 'n oorwinning (triomf) te behaal.
Gebruik:
• U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer. [Psalms 54:9]
Sinoniem:
• baasraak
• oorkom
• oorweldig
• oorwin
• seëvier
• uitklop
• verslaan
• verower
• wen
Afgelei:
• triomferend
• triomfeerder
Vertaling:
Engels: to triumph
Nederlands: triomferen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: brandstapel
|
brandstapel [boodskap #145738] |
Sa, 29 Junie 2024 18:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brandstapel
Afbreking: brand•sta•pel
Samestelling: brand + stapel
Selfstandige naamwoord: brandstapel
Meervoud: brandstapels
Verkleinwoord: brandstapeltjie
Meervoud van verkleining: brandstapeltjies
Betekenis:
• 'n Hoop hout waarop iets verbrand word (o.a. lyke, misdadigers, ketters, hekse en andersdenkende mense).
Gebruik:
• Die 19-jarige Johanna van Arkel op 30 Mei 1431 op die brandstapel verbrand.
Sinoniem:
• houthoop
Vertaling:
Engels: pile, stake, woodpile
Nederlands: brandstapel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: vasalskap
|
vasalskap [boodskap #145737] |
Sa, 29 Junie 2024 18:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasalskap
Afbreking: va•sal•skap
Samestelling: vasal + -skap
Selfstandige naamwoord: vasalskap
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Staat van afhanklikheid en onderdanigheid; die toestand van 'n vasal wees.
Gebruik:
• In die 7de eeu v.C. het die Koninkryk van Juda se bevolking toegeneem en het dit gedy onder die vasalskap van die Nieu-Assiriese Ryk.
Vertaling:
Engels: vassalage
Nederlands: vazalschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: skoei
|
skoei [boodskap #145736] |
Sa, 29 Junie 2024 17:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoei
Afbreking: skoei
Werkwoord: skoei
Verlede tyd: het geskoei
Betekenis:
• Om van skoene te voorsien; skoeisel aan die voete te sit.
Gebruik:
• Die kinders word vir kerk geklee en geskoei.
Spreekwoord:
• Iets op dieselfde lees skoei. [Iets op dieselfde ou manier doen.]
Afgelei:
• beskoei
• ongeskoei
• skoeisel
• verskoei
Vertaling:
Engels: to shoe
Nederlands: schoeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ylbevolk
|
ylbevolk [boodskap #145735] |
Sa, 29 Junie 2024 17:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ylbevolk
Afbreking: yl•be•volk
Samestelling: yl + bevolk
Byvoeglike naamwoord: ylbevolk
Attributief: ylbevolkte
Betekenis:
• Met 'n lae bevolkingsdigtheid; min individue in verhouding tot die oppervlakte.
Gebruik:
• Die bom sal in 'n ylbevolk gebied getoets word.
Sinoniem:
• dunbevolk
Vertaling:
Engels: sparsely populated
Nederlands: dunbevolkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: beleër
|
beleër [boodskap #145734] |
Sa, 29 Junie 2024 17:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beleër
Afbreking: be•le•ër
Samestelling: be- + leër
Werkwoord: beleër
Verlede tyd: het beleër
Betekenis:
• Om met 'n leër (weermag) te beset of te omsingel.
Gebruik:
• In dié tyd het die leër van koning Nebukadnesar van Babel 'n aanval op Jerusalem begin en die stad beleër. [2 Konings 24:10]
Sinoniem:
• aanval
• beset
• omsingel
• storm
Afgelei:
• beleërde
• beleëraar
• beleëring
Vertaling:
Engels: to besiege
Nederlands: belegeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onderdrukking
|
onderdrukking [boodskap #145733] |
Sa, 29 Junie 2024 13:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderdrukking
Afbreking: on•der•druk•king
Samestelling: onderdruk + -ing
Selfstandige naamwoord: onderdrukking
Meervoud: onderdrukkings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van onderdruk (om iets of iemand op onregverdige wyse in 'n laer of minder magtige posisie te hou).
Gebruik:
• Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë. [Psalms 72:14]
Sinoniem:
• oorheersing
• onderdrukking
• onderwerping
• ontmoediging
• oorweldiging
• remming
• repressie
• terughouding
• verowering
Vertaling:
Engels: oppression
Nederlands: onderdrukking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: moeilikheidmaker
|
moeilikheidmaker [boodskap #145732] |
Sa, 29 Junie 2024 13:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moeilikheidmaker
Afbreking: moei•lik•heid•ma•ker
Samestelling: moeilikheid + maker
Selfstandige naamwoord: moeilikheidmaker
Meervoud: moeilikheidmakers
Verkleinwoord: moeilikheidmakertjie
Meervoud van verkleining: moeilikheidmakertjies
Betekenis:
• Iemand wat moeilikheid maak; probleme veroorsaak.
Gebruik:
• Die juffrou het die moeilikheidmaker uit die klas gejaag.
Sinoniem:
• booswig
• molesmaker
• onrusstoker
• skurk
Vertaling:
Engels: troublemaker
Nederlands: onruststoker, herrieschopper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: ban
|
ban [boodskap #145731] |
Sa, 29 Junie 2024 12:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ban
Afbreking: ban
Werkwoord: ban
Verlede tyd: het geban
Betekenis:
• Om iets te belet; gebruik, toegang of deelname te verbied.
Gebruik:
• Die moeilikheidmaker is van die forum geban.
Sinoniem:
• uitsluit
• verdryf
• verbied
• wegjaag
Afgelei:
• uitban
• verban
Vertaling:
Engels: to forbid, banish, exile, expel
Nederlands: bannen
Selfstandige naamwoord: ban
Meervoud: banne
Betekenis:
• 'n Verbod wat op iets geplaas is.
Gebruik:
• Die ban is later gelig.
Sinoniem:
• embargo
• inperking
• prohibisie
• verbod
Hiponiem:
• kerkban
Afgelei:
• banbliksem
• bandiet
• banneling
• bandeloos
• banvloek
• banvonnis
Vertaling:
Engels: ban, banishment, excommunication
Nederlands: ban
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verban
|
verban [boodskap #145730] |
Sa, 29 Junie 2024 11:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verban
Afbreking: ver•ban
Samestelling: ver- + ban
Werkwoord: verban
Verlede tyd: het verban
Betekenis:
• Om uit te dryf en toegang of deelname te verbied.
• Om verdere gebruik te verbied.
Gebruik:
• Die Boere wat as krygsgevangenes geneem is, is na Sint Helena verban.
• Produkte wat die osoonlaag vernietig is verban.
Sinoniem:
• belet
• deporteer
• ekskommuniseer
• ekspatrieer
• repatrieer
• rojeer
• uitboender
• uitdryf
• uitja
• uitskop
• uitsmyt
• uitwerp
• verdring
• verdryf
• verjaag
• wegdryf
• wegjaag
• wegwys
Afgelei:
• verbanne
• verbanning
Vertaling:
Engels: to expel, banish, exile, drive out
Nederlands: verbannen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: uitmekaar
|
uitmekaar [boodskap #145729] |
Vr, 28 Junie 2024 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitmekaar
Afbreking: uit•me•kaar
Samestelling: uit + mekaar
Bywoord: uitmekaar
Betekenis:
• Waarvan die dele los van mekaar is; met 'n tussenruimte; aan stukke.
Gebruik:
• Die paartjie is uitmekaar.
• Die werktuigkundige haal die motor uitmekaar.
Sinoniem:
• afsonderlik
• apart
• uiteen
• vanmekaar
Antoniem:
• inmekaar
Afgelei:
• uitmekaargaan
• uitmekaarhaal
• uitmekaarhou
• uitmekaarjaag
• uitmekaarmaak
• uitmekaarpluk
• uitmekaarskeur
• uitmekaarspat
• uitmekaartrek
• uitmekaarval
Vertaling:
Engels: apart
Nederlands: uit elkaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onbreekbaar
|
onbreekbaar [boodskap #145728] |
Vr, 28 Junie 2024 17:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbreekbaar
Afbreking: on•breek•baar
Samestelling: on- + breekbaar
Byvoeglike naamwoord: onbreekbaar
Attributief: onbreekbare
Betekenis:
• Wat nie gebreek kan word nie.
Gebruik:
• Die band tussen hulle was onbreekbaar.
Sinoniem:
• klipsteenhard
• onaantasbaar
• onskendbaar
• onverganklik
• onvernietigbaar
• ystersterk
Antoniem:
• breekbaar
Afgelei:
• onbreekbaarheid
Vertaling:
Engels: unbreakable, infrangible
Nederlands: onbreekbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: slangagtig
|
slangagtig [boodskap #145727] |
Vr, 28 Junie 2024 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slangagtig
Afbreking: slang•ag•tig
Samestelling: slang + -agtig
Byvoeglike naamwoord: slangagtig
Attributief: slangagtige
Betekenis:
• Soos 'n slang, of met die eienskappe van 'n slang.
Gebruik:
• Hidra 'n slangagtige monster in die Griekse mitologie met baie koppe.
Sinoniem:
• kronkelend
• serpentyn
• slangvormig
• slinks
• soepel
Vertaling:
Engels: snaky, snakish, serpentine, viperous
Nederlands: slangachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: woestynagtig
|
woestynagtig [boodskap #145726] |
Vr, 28 Junie 2024 12:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woestynagtig
Afbreking: woe•styn•ag•tig
Samestelling: woestynag + -tig
Byvoeglike naamwoord: woestynagtig
Attributief: woestynagtige
Betekenis:
• Wat soos 'n woestyn lyk of eienskappe daarvan toon.
Gebruik:
• Die gebied is woestynagtig en stowwerig met baie min bome en bosse.
Sinoniem:
• dor
• droog
Vertaling:
Engels: desert-like
Nederlands: woestijnachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: trefslag
|
trefslag [boodskap #145725] |
Vr, 28 Junie 2024 12:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trefslag
Afbreking: tref•slag
Samestelling: tref + slag
Selfstandige naamwoord: trefslag
Meervoud: trefslae
Betekenis:
• Die moment wat iets iets anders tref.
• Die resultaat van 'n soektog.
Gebruik:
• Die fietsryer was gelukkig om die trefslag met die motor te oorleef.
• Google gee net een trefslag.
Sinoniem:
• impak
• skok
• stampslag
• resultaat
• soekresultaat
Vertaling:
Engels: collision, impact; match, hit
Nederlands: trefslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: verpak
|
verpak [boodskap #145724] |
Vr, 28 Junie 2024 11:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 19533 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verpak
Afbreking: ver•pak
Samestelling: ver- + pak
Werkwoord: verpak
Verlede tyd: het verpak
Betekenis:
• Om in 'n beskermende omhulsel te plaas; in pakkies opmaak.
• Om weer in te pak.
Gebruik:
• Die lekkergoed word in papiertjies verpak.
• Die vleis word opgesny en in kleiner porsies verpak.
Hiponiem:
• onverpak
• vakuumverpak
Sinoniem:
• enkapsuleer
• inpak
• toedraai
• verseël
• wegpak
• oorlaai
• oorpak
Afgelei:
• verpakker
• verpakking
Vertaling:
Engels: to pack, package, wrap up
Nederlands: verpakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|