Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: aksiebelaai
aksiebelaai [boodskap #146339] Sa, 31 Augustus 2024 19:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aksiebelaai
Afbreking: ak•sie•be•laai
Samestelling: aksie + belaai


Byvoeglike naamwoord: aksiebelaai, aksiebelaaid
Attributief: aksiebelaaide

Betekenis:
• Wat vol aksie en beweging is.

Gebruik:
• Maak gereed vir 'n aksiebelaaide naweek vol avonture en onvergeetlike oomblikke!

Vertaling:
Engels: action packed
Nederlands: actievol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uithoek
uithoek [boodskap #146338] Sa, 31 Augustus 2024 18:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uithoek
Afbreking: uit•hoek
Samestelling: uit + hoek


Selfstandige naamwoord: uithoek
Meervoud: uithoeke
Verkleinwoord: uithoekie
Meervoud van verkleining: uithoekies

Betekenis:
• 'n Punt ver van die middel, meestal figuurlik, 'n afgeleë plek wat nie maklik bereik kan word nie.

Gebruik:
• Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af. [Matteus 24:31]

Sinoniem:
• agterland
• buitewyk
• gramadoelas
• hinterland
• nêrens
• uiterste
• wildernis
• woestyn

Vertaling:
Engels: remote corner, outlying district, out-of-the-way place
Nederlands: uithoek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbaatsugtigheid
onbaatsugtigheid [boodskap #146337] Sa, 31 Augustus 2024 12:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbaatsugtigheid
Afbreking: on•baat•sug•tig•heid
Samestelling: onbaatsugtig + -heid


Selfstandige naamwoord: onbaatsugtigheid
Meervoud: onbaatsugtighede

Betekenis:
• Die toestand (of mate) van onbaatsugtig wees. Die bereidheid om iets te doen of te gee sonder om iets daarvoor te verwag.

Gebruik:
• Die man se mededeelsaamheid en onbaatsugtigheid het mense se bewondering afgedwing.

Sinoniem:
• altruïsme
• barmhartigheid
• selfverloëning
• vrygewigheid

Antoniem:
• baatsugtigheid

Vertaling:
Engels: unselfishness, selflessness
Nederlands: onbaatzuchtigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorsensitief
oorsensitief [boodskap #146336] Sa, 31 Augustus 2024 11:40
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorsensitief
Afbreking: oor•sen•si•tief
Samestelling: oor + sensitief


Byvoeglike naamwoord: oorsensitief
Vergrotende trap: oorsensitiewer
Oortreffende trap: oorsensitiefste
Attributief: oorsensitiewe

Betekenis:
• Wat oormatig sensitief is.

Gebruik:
• Sy is oorsensitief en hou nie van kritiek nie.

Sinoniem:
• emosioneel
• fyngevoelig
• hipersensitief
• liggeraak
• liggevoelig
• oorgevoelig

Vertaling:
Engels: oversensitive
Nederlands: overgevoelig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onsensitief
onsensitief [boodskap #146335] Sa, 31 Augustus 2024 11:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onsensitief
Afbreking: on•sen•si•tief
Samestelling: on- + sensitief


Byvoeglike naamwoord: onsensitief
Vergrotende trap: onsensitiewer
Oortreffende trap: onsensitiefste
Attributief: onsensitiewe

Betekenis:
• Wat nie sensitief is nie (vir sintuiglike of emosionele prikkels).

Gebruik:
• Boelies het dikwels nie impulsbeheer nie en is onsensitief teenoor ander se gevoelens.

Sinoniem:
• gevoelloos
• ongevoelig
• onkwesbaar
• ondiplomaties

Antoniem:
• fynbesnaar
• sensitief

Vertaling:
Engels: insensitive
Nederlands: onsensitief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: traak-my-nieagtig
traak-my-nieagtig [boodskap #146334] Sa, 31 Augustus 2024 11:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
traak-my-nieagtig
Afbreking: traak-my-nie•ag•tig
Samestelling: traak-my-nie + -agtig


Byvoeglike naamwoord: traak-my-nieagtig
Vergrotende trap: traak-my-nieagtiger
Oortreffende trap: traak-my-nieagtigste
Attributief: traak-my-nieagtige

Betekenis:
• Wat eenvoudig nie omgee nie.

Gebruik:
• Sy traak-my-nieagtige houding staan my nie aan nie!

Sinoniem:
• nonchalant
• onbesorg
• ongeërg
• onverantwoordelik
• onverskillig
• sorgeloos
• sorgloos

Afgelei:
• traak-my-nieagtigheid

Vertaling:
Engels: careless, unconcerned, apathetic, lackadaisical, happy-go-lucky
Nederlands: nonchalant, onverschillig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: televisiestasie
televisiestasie [boodskap #146333] Sa, 31 Augustus 2024 09:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisiestasie
Afbreking: te•le•vi•sie•sta•sie
Samestelling: televisie + stasie


Selfstandige naamwoord: televisiestasie
Meervoud: televisiestasies

Betekenis:
• 'n Sender/ kanaal waarop TV-kykers kan inskakel.

Gebruik:
• Op watter televisiestasie word die rugby uitgesaai?

Wisselvorm:
• TV-stasie

Sinoniem:
• televisiediens
• televisiekanaal
• televisiesender

Vertaling:
Engels: television station
Nederlands: televisiestation

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: televisiekyker
televisiekyker [boodskap #146332] Sa, 31 Augustus 2024 09:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
televisiekyker
Afbreking: te•le•vi•sie•ky•ker
Samestelling: televisie + kyker


Selfstandige naamwoord: televisiekyker
Meervoud: televisiekykers
Verkleinwoord: televisiekykertjie
Meervoud van verkleining: televisiekykertjies

Betekenis:
• Iemand wat televisie kyk. Persoon wat voor die TV sit.

Gebruik:
Televisiekykers sal die rugbywedstryd op die SAUK se televisiestasies kan kyk.

Wisselvorm:
• TV-kyker

Sinoniem:
• stoelpatat

Vertaling:
Engels: television viewer, TV watcher
Nederlands: televisiekijker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kohesie
kohesie [boodskap #146331] Sa, 31 Augustus 2024 08:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kohesie
Afbreking: ko•he•sie


Selfstandige naamwoord: kohesie
Meervoud:

Betekenis:
• Die onderlinge band tussen mense binne 'n samelewing.
• (wetenskap) Die aantrekkingskrag tussen dieselfde soort molekules.

Gebruik:
• Die projek is veronderstel om nasionale kohesie te bevorder.
Kohesie is die intermolekulêre kragte wat vaste stowwe en vloeistowwe bymekaar hou.

Sinoniem:
• aanlokkingskrag
• aantrekkingskrag
• bindkrag
• samehang
• samehorigheid
• verband
• verklewing

Antoniem:
• adhesie

Hiponiem:
• groepkohesie
• groepskohesie

Afgelei:
• kohesiegetal
• kohesiekrag
• kohesief

Vertaling:
Engels: cohesion
Nederlands: cohesie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beklink
beklink [boodskap #146330] Sa, 31 Augustus 2024 08:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beklink
Afbreking: be•klink
Samestelling: be- + klink


Werkwoord: beklink
Verlede tyd: het beklink

Betekenis:
• Om glasies te klink, dikwels figuurlik, om 'n vaste afspraak te bevestig; beslis afhandel; finaal maak.

Gebruik:
• In ruil vir die albasters het hy al sy lekkergoed vir haar gegee en die transaksie is beklink.

Sinoniem:
• afhandel
• afspreek
• beslis
• finaliseer
• sluit
• vaspen

Afgelei:
• beklinking
• beklonke

Vertaling:
Engels: to drink to, clink glasses to; to conclude, close, settle
Nederlands: beklinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skommel
skommel [boodskap #146329] Vr, 30 Augustus 2024 19:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skommel
Afbreking: skom•mel


Werkwoord: skommel
Verlede tyd: het geskommel

Betekenis:
• Om vinnig op en af, of heen en weer te skud.

Gebruik:
• Die golwe skommel die bote op die water.
• Hy het die kaarte geskommel voordat hy dit gedeel het.

Spreekwoord:
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Die moeder oefen die grootste invloed in die wêreld uit.]

Sinoniem:
• ossilleer
• skud
• swaai
• wikkel
• vibreer

Afgelei:
• skommelaar
• skommelend
• skommeldrankie
• skommelgang
• skommeling
• skommelrig
• skommelsif
• skommelstoel

Verwant:
• aanskommel
• omskommel
• opskommel

Vertaling:
Engels: to shake, stir, swing, shuffle
Nederlands: schommelen, schudden


Selfstandige naamwoord: skommel
Meervoud: skommels
Verkleinwoord: skommeltjie
Meervoud van verkleining: skommeltjies

Betekenis:
• Die handeling van heen en weer beweeg, of iets wat deurmekaar geskud is (soos 'n melk- of vrugteskommel).

Gebruik:
• Die skommel van die boot maak hom seesiek.

Vertaling:
Engels: shake, swing
Nederlands: schommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvuur
aanvuur [boodskap #146328] Vr, 30 Augustus 2024 17:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvuur
Afbreking: aan•vuur
Samestelling: aan + vuur


Werkwoord: vuur aan, aanvuur
Verlede tyd: het aangevuur

Betekenis:
• Om sterk aan te moedig; tot aksie op te stook.

Gebruik:
• Die man is daarvan beskuldig dat hy 'n rewolusie wou aanvuur.

Sinoniem:
• aanhits
• aanmoedig
• aanpor
• aanspoor
• aansteek
• aanwakker
• besiel
• inspireer
• opstook
• opsweep
• oprui
• prikkel
• stimuleer

Afgelei:
• aanvuring
• aanvuurder

Vertaling:
Engels: to incite, spur, inspire, instigate, encourage
Nederlands: aanvuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toesmeerdery
toesmeerdery [boodskap #146327] Vr, 30 Augustus 2024 16:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toesmeerdery
Afbreking: toe•smeer•de•ry
Samestelling: toesmeer + -(d)ery


Selfstandige naamwoord: toesmeerdery
Meervoud: toesmeerderye

Betekenis:
• Die handeling om op groot skaal toe te smeer.

Gebruik:
• Alle pogings om die skandaal toe te smeer sal tot 'n groter skandaal lei, veral as die toesmeerdery nie werk nie.

Sinoniem:
• toesmering
• verberging
• verbloeming
• verdoeseling

Vertaling:
Engels: cover up
Nederlands: verdoezelen, bedekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongevraag
ongevraag [boodskap #146326] Vr, 30 Augustus 2024 15:35
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongevraag
Afbreking: on•ge•vraag
Samestelling: on- + gevraag


Byvoeglike naamwoord: ongevraag, ongevraagd
Attributief: ongevraagde

Betekenis:
• Waarvoor daar nie gevra is nie.

Gebruik:
• Jou opinie is ongevraag.
• Die ongevraagde aandag het haar ongemaklik gemaak.

Wisselvorm:
• ongevraagd

Sinoniem:
• ongenooi
• opdringerig

Vertaling:
Engels: unasked, unsolicited
Nederlands: ongevraagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: regulering
regulering [boodskap #146325] Vr, 30 Augustus 2024 14:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regulering
Afbreking: re•gu•le•ring
Samestelling: reguleer + -ing


Selfstandige naamwoord: regulering
Meervoud: reguleringe, regulerings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van reguleer (om te beheer, of onder reëls te bring).

Gebruik:
• Die niere speel 'n belangrike rol in die regulering van die bloeddruk.

Sinoniem:
• matiging
• regulasie
• sturing

Hiponiem:
• deregulering
• diensregulering
• energieregulering
• omgewingsregulering
• owerheidsregulering
• selfregulering
• termoregulering
• toetrederegulering
• vloedregulering

Afgelei:
• reguleringsgeen
• reguleringsmaatreël
• reguleringsmutasie
• reguleringsprosedure
• reguleringsrol
• reguleringstelsel

Vertaling:
Engels: regulation, adjustment
Nederlands: regulering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hofaansoek
hofaansoek [boodskap #146324] Vr, 30 Augustus 2024 14:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hofaansoek
Afbreking: hof•aan•soek
Samestelling: hof + aansoek


Selfstandige naamwoord: hofaansoek
Meervoud: hofaansoeke

Betekenis:
• 'n Formele aansoek wat aan 'n hof gerig is om 'n besluit of aksie te neem.

Gebruik:
• Twee hofaansoeke is reeds teen die wetgewing gebring, met nog wat kan volg.

Vertaling:
Engels: court application, court request
Nederlands: gerechtelijke aanvraag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grondwetlikheid
grondwetlikheid [boodskap #146323] Vr, 30 Augustus 2024 13:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondwetlikheid
Afbreking: grond•wet•lik•heid
Samestelling: grondwetlik + -heid


Selfstandige naamwoord: grondwetlikheid
Meervoud: grondwetlikhede

Betekenis:
• Die toestand van grondwetlik wees.

Gebruik:
• Die grondwetlikheid van die wetgewing word in die hof betwis.

Sinoniem:
• afdwingbaarheid
• wetlikheid

Vertaling:
Engels: constitutionality
Nederlands: grondwettigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: promulgeer
promulgeer [boodskap #146322] Vr, 30 Augustus 2024 13:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
promulgeer
Afbreking: pro•mul•geer


Werkwoord: promulgeer
Verlede tyd: het gepromulgeer

Betekenis:
• Om 'n wet of ordinansie deur openbare afkondiging in werking te stel.

Gebruik:
• Wette wat nie gepromulgeer is nie, is nie van krag nie en staan as wetsontwerpe bekend.

Sinoniem:
• afvaardig
• bekragtig
• publiseer
• uitreik
• uitvaardig
• verorden

Afgelei:
• promulgasie

Vertaling:
Engels: to promulgate
Nederlands: promulgeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: publisering
publisering [boodskap #146321] Vr, 30 Augustus 2024 13:00
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
publisering
Afbreking: pu•bli•se•ring
Samestelling: publiseer + -ing


Selfstandige naamwoord: publisering
Meervoud: publiseringe, publiserings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van publiseer.

Gebruik:
• Wat is die datum van publisering?
• Die publisering van die wetsontwerp is uitgestel.

Sinoniem:
• aankondiging
• bekendmaking
• openbaarmaking
• publikasie

Afgelei:
• selfpublisering

Vertaling:
Engels: publishing, publication
Nederlands: publicering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongedaan
ongedaan [boodskap #146320] Vr, 30 Augustus 2024 12:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongedaan
Afbreking: on•ge•daan
Samestelling: on- + gedaan


Byvoeglike naamwoord: ongedaan
Attributief: ongedane

Betekenis:
• Wat nie gedoen of voltooi is nie.
• Wat opgehef of gekanselleer is.

Gebruik:
Ongedane sake bly ongedaan totdat jy jou hande uit jou sakke haal en die bul by die horings pak.
• Die koop is ongedaan gemaak.

Sinoniem:
• agterstallig
• onuitgevoer
• onverrig
• onvoltooid

Antoniem:
• gedaan

Vertaling:
Engels: undone, unfinished
Nederlands: ongedaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: meerder
meerder [boodskap #146319] Vr, 30 Augustus 2024 07:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meerder
Afbreking: meer•der
Samestelling: meer + -der


Byvoeglike naamwoord: meerder
Attributief: meerdere

Betekenis:
• (ongewoon) Wat groter of aansienliker is.

Gebruik:
• Daar was baie mense, meerder in aantal as tydens die Groot Trek.

Sinoniem:
• aansienliker
• groter

Antoniem:
• minder

Afgelei:
• meerderheid
• meerderjarig
• meerderman
• meerderwaardig

Verwant:
• vermeerder

Vertaling:
Engels: greater, superior
Nederlands: meerder

Nota:
• Word meestal slegs attributief of in samestellings gebruik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: adelbors
adelbors [boodskap #146318] Do, 29 Augustus 2024 18:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adelbors
Afbreking: a•del•bors
Samestelling: adel + bors


Selfstandige naamwoord: adelbors
Meervoud: adelborste
Verkleinwoord: adelborsie
Meervoud van verkleining: adelborsies

Betekenis:
• 'n Kadet wat as 'n vlootoffisier opgelei word.
• (verouderd) 'n Jong adellike wat as 'n marine-offisier opgelei word.

Gebruik:
• Talle seevaarders het die Vlieënde Hollander gesien, insluitende Koning George V toe hy in 1880 as adelbors op die H.M.S Bacchante was.

Sinoniem:
• vlagjonker

Afkorting:
• adb.

Vertaling:
Engels: midshipman officer trainee
Nederlands: adelborst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: premie
premie [boodskap #146317] Do, 29 Augustus 2024 14:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
premie
Afbreking: pre•mie


Selfstandige naamwoord: premie
Meervoud: premies

Betekenis:
• Geld wat 'n versekerde betaal om dekking te geniet.
• 'n Ekstra bedrag ter aansporing vir 'n beter produk of diens.

Gebruik:
• Bel rond om te hoor of jy nie 'n beter premie by 'n ander versekeringsmaatskappy kan kry nie.
• Sommige kliënte is bereid om 'n premie vir organiese produkte te betaal.

Sinoniem:
• byprys
• heffing

Hiponiem:
• aandelepremie
• assuransiepremie
• goudpremie
• handelspremie
• huurpremie
• jaarpremie
• lewensversekeringspremie
• suikerpremie
• tariefpremie
• uitvoerpremie
• versekeringspremie

Afgelei:
• premiebetaler
• premieprys
• premievry

Vertaling:
Engels: premium; bounty, bonus
Nederlands: premie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pasteurisasie
pasteurisasie [boodskap #146316] Do, 29 Augustus 2024 09:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pasteurisasie
Afbreking: pas•teu•ri•sa•sie


Selfstandige naamwoord: pasteurisasie
Meervoud: pasteurisasies

Betekenis:
• Proses waartydens kieme in 'n vloeistof (soos melk of bier) doodgemaak word deur die vloeistof vinnig (tot ±70°C) te verhit en af te koel.

Gebruik:
Pasteurisasie, in teenstelling tot sterilisasie, vernietig nie al die mikro-organismes nie, maar verminder dit tot 'n veilig vlak en verleng sodoende die raklewe sonder om die produk te denatureer.

Sinoniem:
• pasteurisering

Vertaling:
Engels: pasteurisation, pasteurization
Nederlands: pasteurisatie

Nota:
• Afgelei van die 19de-eeuse Franse bioloog, Louis Pasteur, se van met die agtervoegsel "-isasie".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

 Onderwerp: pasteuriseer
pasteuriseer [boodskap #146315] Do, 29 Augustus 2024 09:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pasteuriseer
Afbreking: pas•teu•ri•seer


Werkwoord: pasteuriseer
Verlede tyd: het gepasteuriseer

Betekenis:
• Om deur die proses van pasteurisasie (verhitting en verkoeling) kiemvry te maak.

Gebruik:
Pasteuriseer julle die melk voordat julle dit bottel?

Sinoniem:
• ontsmet
• steriliseer

Vertaling:
Engels: to pasteurize
Nederlands: pasteuriseren

Nota:
• Afgelei van die 19de-eeuse Franse bioloog, Louis Pasteur, se van met die agtervoegsel "-iseer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gepasteuriseer
gepasteuriseer [boodskap #146314] Do, 29 Augustus 2024 09:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gepasteuriseer
Afbreking: ge•pas•teu•ri•seer
Samestelling: ge- + pasteuriseer


Byvoeglike naamwoord: gepasteuriseer, gepasteuriseerd
Attributief: gepasteuriseerde

Betekenis:
• Wat deur die proses van pasteurisasie kiemvry gemaak is.

Gebruik:
• Koop eerder gepasteuriseerde melk.

Wisselvorm:
• gepasteuriseerd

Sinoniem:
• gesteriliseer
• kiemvry

Vertaling:
Engels: pasteurized
Nederlands: gepasteuriseerd


Werkwoord: pasteuriseer
Verlede tyd: het gepasteuriseer

Betekenis:
• Verlede tyd van pasteuriseer.

Gebruik:
• Melk word gepasteuriseer om die raklewe daarvan te verleng.

Vertaling:
Engels: pasteurized
Nederlands: gepasteuriseerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: meerdere
meerdere [boodskap #146313] Do, 29 Augustus 2024 06:47
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meerdere
Afbreking: meer•de•re


Selfstandige naamwoord: meerdere
Meervoud: meerderes

Betekenis:
• Iemand wat hoër is in posisie of rang.
• Iemand wat beter is of meer ervaring het.

Gebruik:
• As 'n mindere nie sy meerdere respekteer nie, kan hy van insubordinasie aangekla word.
• As dit by kosmaak kom, is sy by verre my meerdere.

Sinoniem:
• baas
• bestuurder
• gesagdraer
• leier
• moesoek
• senior
• superieur
• toesighouer

Vertaling:
Engels: superior, boss
Nederlands: meerdere


Byvoeglike naamwoord: meerder
Attributief: meerdere

Betekenis:
• Wat groter of aansienliker is.

Gebruik:
• Ons word almal in 'n mindere of meerdere mate deur die pandemie geraak.

Antoniem:
• mindere

Vertaling:
Engels: greater, superior
Nederlands: meerdere


Telwoord: meerdere

Betekenis:
• 'n Getal wat die meeste meeste gevalle verteenwoordig.

Gebruik:
• Ek het meerdere male vir hom gesê hy moet ophou daarmee.

Vertaling:
Engels: several, more, multiple
Nederlands: meerdere

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: gouddelwer
gouddelwer [boodskap #146311] Do, 29 Augustus 2024 06:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gouddelwer
Afbreking: goud•del•wer
Samestelling: goud + delwer


Selfstandige naamwoord: gouddelwer
Meervoud: gouddelwers
Verkleinwoord: gouddelwertjie
Meervoud van verkleining: gouddelwertjies

Betekenis:
• Iemand wat goud delf.

Gebruik:
• Aan die begin van die 20ste eeu het gouddelwers op die plaas geprospekteer en 'n mynmaatskappy gestig.

Sinoniem:
• goudmyner
• goudsoeker

Vertaling:
Engels: gold digger, gold miner
Nederlands: gouddelver, goudsoeker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voorloper
voorloper [boodskap #146310] Wo, 28 Augustus 2024 20:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorloper
Afbreking: voor•lo•per
Samestelling: voorloop + -er, voor + loper


Selfstandige naamwoord: voorloper
Meervoud: voorlopers
Verkleinwoord: voorlopertjie
Meervoud van verkleining: voorlopertjies

Betekenis:
• Iemand wat voorloop (soos 'n touleier of 'n waarskynlike wenner).
• (figuurlik) Iets of iemand wat 'n ander voorgaan.

Gebruik:
• Die atleet het in die laaste rondte verby die voorloper geskuif en die wedloop gewen.
• Die telefoon is die voorloper van die selfoon.

Sinoniem:
• pionier
• touleier
• voorbok
• voorganger
• voorhoede
• voorouer
• voorvader

Afgelei:
• voorloperskaaf

Vertaling:
Engels: leader; forerunner, precursor
Nederlands: voorloper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pidgin
pidgin [boodskap #146309] Wo, 28 Augustus 2024 19:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pidgin
Afbreking: pid•gin


Selfstandige naamwoord: pidgin
Meervoud: pidgins

Betekenis:
• 'n Vereenvoudigde omgangstaal met elemente uit verskillende ander tale, maar wat nie 'n moedertaal is nie.

Gebruik:
• In die Suid-Afrikaanse konteks is Fanakalo 'n pidgin wat as 'n algemene verkeerstaal in myne gebruik word.

Sinoniem:
• pidgintaal

Afgelei:
• pidginisering

Verwant:
• kreools

Vertaling:
Engels: pidgin
Nederlands: pidgin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kreools
kreools [boodskap #146308] Wo, 28 Augustus 2024 19:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kreools
Afbreking: kre•ools
Samestelling: kreool + -s


Byvoeglike naamwoord: kreools
Attributief: kreoolse

Betekenis:
• Met betrekking tot 'n kreooltaal of die mense wat dit praat.

Gebruik:
• Nie alle taalkundiges stem saam dat Afrikaans 'n kreoolse taal is nie.

Vertaling:
Engels: creole
Nederlands: creools


Selfstandige naamwoord: kreools
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Taal wat van ander tale gevorm is (meestal 'n pidgin wat tot moedertaal ontwikkel is).

Gebruik:
• Louisiaanse kreools is 'n Frans-gebaseerde kreools wat in die Amerikaanse deelstaat Louisiana gepraat word.

Sinoniem:
• brabbeltaal
• kreooltaal
• mengeltaal

Vertaling:
Engels: creole
Nederlands: creools

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kreool
kreool [boodskap #146307] Wo, 28 Augustus 2024 12:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kreool
Afbreking: kre•ool


Selfstandige naamwoord: kreool
Meervoud: kreole

Betekenis:
• (ongewoon) 'n Taal wat van ander tale afstam – sien kreools.
• (verouderd) 'n Persoon van gemengde bloed, gedeeltelik van Europese afkoms.

Gebruik:
• Oenzerduits is die enigste kreool ter wêreld wat op Duits gebaseer is.

Sinoniem:
• brabbeltaal
• mengeltaal

Afgelei:
• kreoliseer
• kreolisme
• kreooldorp
• kreoolgemeenskap
• kreools
• kreooltaal

Vertaling:
Engels: creole
Nederlands: creool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verontrus
verontrus [boodskap #146306] Wo, 28 Augustus 2024 06:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verontrus
Afbreking: ver•on•trus
Samestelling: ver- + ontrus


Werkwoord: verontrus
Verlede tyd: het verontrus

Betekenis:
• Om angs en onrus te veroorsaak; onrustig maak.

Gebruik:
• Die slegte nuus het haar erg verontrus.

Sinoniem:
• omkrap
• onthuts
• ontsenu
• ontstel
• ontstem
• skok
• verbyster

Afgelei:
• verontrustend
• verontrusting

Vertaling:
Engels: to unsettle, disturb, perturb, alarm
Nederlands: verontrusten


Byvoeglike naamwoord: verontrus
Attributief: verontruste

Betekenis:
• Wat besorg en baie onrustig is oor iets.

Gebruik:
• Die verontruste burgers het 'n petisie opgestel.

Sinoniem:
• bekommerd
• ontsteld
• verbysterd

Vertaling:
Engels: unsettled, alarmed, troubled, worried, concerned
Nederlands: verontrust

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanwins
aanwins [boodskap #146305] Di, 27 Augustus 2024 19:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanwins
Afbreking: aan•wins
Samestelling: aan + wins


Selfstandige naamwoord: aanwins
Meervoud: aanwinste
Verkleinwoord: aanwinsie
Meervoud van verkleining: aanwinsies

Betekenis:
• Iets voordelig wat bygekry word.

Gebruik:
• Hy is 'n harde werker en 'n aanwins vir ons maatskappy.

Sinoniem:
• bate
• gewin
• voordeel
• wins

Hiponiem:
• bevolkingsaanwins
• gebiedsaanwins

Vertaling:
Engels: gain, profit
Nederlands: aanwinst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: krenk
krenk [boodskap #146304] Di, 27 Augustus 2024 19:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krenk
Afbreking: krenk


Werkwoord: krenk
Verlede tyd: het gekrenk

Betekenis:
• Om iemand te beledig; gevoelens seermaak; geestelike pyn aandoen.

Gebruik:
• Wat bereik jy deur iemand so te beledig en hom in sy eer te krenk?
• Haar woorde het my diep gekrenk.

Sinoniem:
• afsnou
• beklad
• beledig
• beskimp
• beswadder
• grief
• kwets
• ontstig
• seermaak
• slegsê
• swartsmeer
• verkleineer
• verneder

Afgelei:
• krenkend
• krenking

Vertaling:
Engels: to insult, offend, hurt, wound
Nederlands: krenken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: subtitel
subtitel [boodskap #146303] Di, 27 Augustus 2024 14:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
subtitel
Afbreking: sub•ti•tel
Samestelling: sub- + titel


Selfstandige naamwoord: subtitel
Meervoud: subtitels
Verkleinwoord: subtiteltjie
Meervoud van verkleining: subtiteltjies

Betekenis:
• 'n Titel onder 'n belangriker titel.

Gebruik:
• Kies 'n kort, kragtige titel vir jou werk met meer beskrywende subtitels.

Sinoniem:
• ondertitel

Vertaling:
Engels: subtitle
Nederlands: subtitel, ondertitel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: internetverbinding
internetverbinding [boodskap #146302] Di, 27 Augustus 2024 14:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
internetverbinding
Afbreking: in•ter•net•ver•bin•ding
Samestelling: internet + verbinding


Selfstandige naamwoord: internetverbinding
Meervoud: internetverbindinge, internetverbindings

Betekenis:
• 'n Verbinding (konneksie) na die internet waaroor data gestuur en ontvang word.

Gebruik:
• Ons internetverbinding is baie stadig.

Sinoniem:
• internetaansluiting
• internetkoppeling

Vertaling:
Engels: internet connection
Nederlands: internetverbinding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: maagoefening
maagoefening [boodskap #146301] Di, 27 Augustus 2024 14:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maagoefening
Afbreking: maag•oe•fe•ning
Samestelling: maag + oefening


Selfstandige naamwoord: maagoefening
Meervoud: maagoefeninge

Betekenis:
• 'n Abdominale oefening (soos 'n opsit) om die spiere om die maag te versterk.

Gebruik:
• Hoeveel maagoefeninge moet 'n mens doen om 'n sespak te kry?

Vertaling:
Engels: abdominal exercise
Nederlands: buikspieroefening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: saamvoeg
saamvoeg [boodskap #146300] Di, 27 Augustus 2024 13:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamvoeg
Afbreking: saam•voeg
Samestelling: saam + voeg


Werkwoord: voeg saam, saamvoeg
Verlede tyd: het saamgevoeg

Betekenis:
• Om bymekaar te sit om 'n groter geheel te vorm.

Gebruik:
Voeg die sinne saam deur die voegwoord "maar" te gebruik.
• Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. [Markus 10:9]

Sinoniem:
• byeenvoeg
• bymekaarbring
• bymekaarvoeg
• kombineer
• saambind
• saambondel
• saambundel
• saamsmee
• saamsnoer
• verenig

Afgelei:
• saamvoegbaar
• saamvoeging
• samevoeging
• saamvoegsel

Vertaling:
Engels: to join, combine, unite
Nederlands: samenvoegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: volgehou
volgehou [boodskap #146299] Di, 27 Augustus 2024 11:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20101
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volgehou
Afbreking: vol•ge•hou
Samestelling: vol + gehou


Byvoeglike naamwoord: volgehou
Attributief: volgehoue

Betekenis:
• Waarmee volgehou is (sonder om op te gee).

Gebruik:
• Sy suksesresep is volgehoue harde werk.

Vertaling:
Engels: sustained, continued, consistent
Nederlands: volgehouden


Werkwoord: hou vol, volhou
Verlede tyd: het volgehou

Betekenis:
• Verlede tyd van volhou; om tot die einde aan te hou.

Gebruik:
• Hy het volgehou dat hy onskuldig is.

Sinoniem:
• aangehou
• gehandhaaf

Vertaling:
Engels: persisted
Nederlands: volgehouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Do Sep 05 08:16:39 MGT 2024