Forum: Woordeboek
Onderwerp: gedenkwaardig
gedenkwaardig [boodskap #145744 ]
So, 30 Junie 2024 13:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedenkwaardig
Afbreking: ge•denk•waar•dig
Samestelling: gedenk + waardig
Byvoeglike naamwoord: gedenkwaardig
Vergrotende trap: gedenkwaardiger
Oortreffende trap: gedenkwaardigste
Attributief: gedenkwaardige
Partitief: gedenkwaardigs
Betekenis:
• Wat die moete werd is om te gedenk (te onthou).
Gebruik:
• Die eerste maanlanding was 'n gedenkwaardige dag.
Sinoniem:
• epogmakend
• heuglik
• merkwaardig
• onvergeetlik
Antoniem:
• ongedenkwaardig
Afgelei:
• gedenkwaardigheid
Vertaling:
Engels: memorable, worthy of remembering
Nederlands: gedenkwaardig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: berghang
berghang [boodskap #145743 ]
So, 30 Junie 2024 13:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
berghang
Afbreking: berg•hang
Samestelling: berg + hang
Selfstandige naamwoord: berghang
Meervoud: berghange
Betekenis:
• Die oplopende sy van 'n berg.
Gebruik:
• Die chalets is teen 'n berghang gebou wat oor die see uitkyk.
Sinoniem:
• bergflank
• berghelling
Vertaling:
Engels: mountain slope, hillside
Nederlands: berghelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onskatbaar
onskatbaar [boodskap #145742 ]
So, 30 Junie 2024 10:54
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onskatbaar
Afbreking: on•skat•baar
Samestelling: on- + skatbaar
Byvoeglike naamwoord: onskatbaar
Vergrotende trap: onskatbare
Oortreffende trap: onskatbaarste
Attributief: onskatbare
Partitief: onskatbaars
Betekenis:
• Baie waardevol. Waarvan die waarde so hoog is dat skatte nie daarvoor kan betaal nie.
Gebruik:
• 'n Goeie teelbul se waarde is onskatbaar .
• Die onskatbare waarde van vriendskap kan nie in geld uitgedruk word nie.
Sinoniem:
• kosbaar
• onbetaalbaar
• onmeetbaat
• ontelbaar
• onvervangbaar
• onwaardeerbaar
• peperduur
• waardevol
Afgelei:
• onskatbaarheid
Vertaling:
Engels: priceless, invaluable, inestimable
Nederlands: onschatbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: noteer
noteer [boodskap #145741 ]
Sa, 29 Junie 2024 19:20
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noteer
Afbreking: no•teer
Werkwoord: noteer
Verlede tyd: het genoteer
Betekenis:
• Om 'n nota/ aantekening te maak.
• Om 'n prys op 'n aandelebeurs te registreer.
Gebruik:
• Sy noteer die datum in haar dagboek.
• Die aandeel is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer .
Sinoniem:
• aanteken
• boekstaaf
• byhou
• opskryf
• opteken
• lys
• prys
• registreer
Afgelei:
• annoteer
Vertaling:
Engels: noteer
Nederlands: noteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: hooftema
hooftema [boodskap #145740 ]
Sa, 29 Junie 2024 19:08
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hooftema
Afbreking: hoof•te•ma
Samestelling: hoof + tema
Selfstandige naamwoord: hooftema
Meervoud: hooftemas
Betekenis:
• Die belangrikste tema/ onderwerp.
Gebruik:
• Die hooftema van die boek is die kwesbaarheid van die mensdom en die enorme skade wat tegnologie in die verkeerde hande kan veroorsaak.
Sinoniem:
• hoofonderwerp
Antoniem:
• subtema
Vertaling:
Engels: main theme, main subject
Nederlands: hoofdthema
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: triomfeer
triomfeer [boodskap #145739 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:36
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
triomfeer
Afbreking: tri•om•feer
Samestelling: triomf + -eer
Werkwoord: triomfeer
Verlede tyd: het getriomfeer
Betekenis:
• Om 'n oorwinning (triomf) te behaal.
Gebruik:
• U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer . [Psalms 54:9]
Sinoniem:
• baasraak
• oorkom
• oorweldig
• oorwin
• seëvier
• uitklop
• verslaan
• verower
• wen
Afgelei:
• triomferend
• triomfeerder
Vertaling:
Engels: to triumph
Nederlands: triomferen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: brandstapel
brandstapel [boodskap #145738 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Uitbeelding van Johanna van Arkel se terregstelling op 'n brandstapel.
brandstapel
Afbreking: brand•sta•pel
Samestelling: brand + stapel
Selfstandige naamwoord: brandstapel
Meervoud: brandstapels
Verkleinwoord: brandstapeltjie
Meervoud van verkleining: brandstapeltjies
Betekenis:
• 'n Hoop hout waarop iets verbrand word (o.a. lyke, misdadigers, ketters, hekse en andersdenkende mense).
Gebruik:
• Die 19-jarige Johanna van Arkel op 30 Mei 1431 op die brandstapel verbrand.
Sinoniem:
• houthoop
Vertaling:
Engels: pile, stake, woodpile
Nederlands: brandstapel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: vasalskap
vasalskap [boodskap #145737 ]
Sa, 29 Junie 2024 18:02
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vasalskap
Afbreking: va•sal•skap
Samestelling: vasal + -skap
Selfstandige naamwoord: vasalskap
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Staat van afhanklikheid en onderdanigheid; die toestand van 'n vasal wees.
Gebruik:
• In die 7de eeu v.C. het die Koninkryk van Juda se bevolking toegeneem en het dit gedy onder die vasalskap van die Nieu-Assiriese Ryk.
Vertaling:
Engels: vassalage
Nederlands: vazalschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skoei
skoei [boodskap #145736 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:44
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoei
Afbreking: skoei
Werkwoord: skoei
Verlede tyd: het geskoei
Betekenis:
• Om van skoene te voorsien; skoeisel aan die voete te sit.
Gebruik:
• Die kinders word vir kerk geklee en geskoei .
Spreekwoord:
• Iets op dieselfde lees skoei . [Iets op dieselfde ou manier doen.]
Afgelei:
• beskoei
• ongeskoei
• skoeisel
• verskoei
Vertaling:
Engels: to shoe
Nederlands: schoeien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ylbevolk
ylbevolk [boodskap #145735 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ylbevolk
Afbreking: yl•be•volk
Samestelling: yl + bevolk
Byvoeglike naamwoord: ylbevolk
Attributief: ylbevolkte
Betekenis:
• Met 'n lae bevolkingsdigtheid; min individue in verhouding tot die oppervlakte.
Gebruik:
• Die bom sal in 'n ylbevolk gebied getoets word.
Sinoniem:
• dunbevolk
Vertaling:
Engels: sparsely populated
Nederlands: dunbevolkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: beleër
beleër [boodskap #145734 ]
Sa, 29 Junie 2024 17:25
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beleër
Afbreking: be•le•ër
Samestelling: be- + leër
Werkwoord: beleër
Verlede tyd: het beleër
Betekenis:
• Om met 'n leër (weermag) te beset of te omsingel.
Gebruik:
• In dié tyd het die leër van koning Nebukadnesar van Babel 'n aanval op Jerusalem begin en die stad beleër . [2 Konings 24:10]
Sinoniem:
• aanval
• beset
• omsingel
• storm
Afgelei:
• beleërde
• beleëraar
• beleëring
Vertaling:
Engels: to besiege
Nederlands: belegeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onderdrukking
onderdrukking [boodskap #145733 ]
Sa, 29 Junie 2024 13:14
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderdrukking
Afbreking: on•der•druk•king
Samestelling: onderdruk + -ing
Selfstandige naamwoord: onderdrukking
Meervoud: onderdrukkings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van onderdruk (om iets of iemand op onregverdige wyse in 'n laer of minder magtige posisie te hou).
Gebruik:
• Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë. [Psalms 72:14]
Sinoniem:
• oorheersing
• onderdrukking
• onderwerping
• ontmoediging
• oorweldiging
• remming
• repressie
• terughouding
• verowering
Vertaling:
Engels: oppression
Nederlands: onderdrukking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: moeilikheidmaker
moeilikheidmaker [boodskap #145732 ]
Sa, 29 Junie 2024 13:06
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moeilikheidmaker
Afbreking: moei•lik•heid•ma•ker
Samestelling: moeilikheid + maker
Selfstandige naamwoord: moeilikheidmaker
Meervoud: moeilikheidmakers
Verkleinwoord: moeilikheidmakertjie
Meervoud van verkleining: moeilikheidmakertjies
Betekenis:
• Iemand wat moeilikheid maak; probleme veroorsaak.
Gebruik:
• Die juffrou het die moeilikheidmaker uit die klas gejaag.
Sinoniem:
• booswig
• molesmaker
• onrusstoker
• skurk
Vertaling:
Engels: troublemaker
Nederlands: onruststoker, herrieschopper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ban
ban [boodskap #145731 ]
Sa, 29 Junie 2024 12:51
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ban
Afbreking: ban
Werkwoord: ban
Verlede tyd: het geban
Betekenis:
• Om iets te belet; gebruik, toegang of deelname te verbied.
Gebruik:
• Die moeilikheidmaker is van die forum geban .
Sinoniem:
• uitsluit
• verdryf
• verbied
• wegjaag
Afgelei:
• uitban
• verban
Vertaling:
Engels: to forbid, banish, exile, expel
Nederlands: bannen
Selfstandige naamwoord: ban
Meervoud: banne
Betekenis:
• 'n Verbod wat op iets geplaas is.
Gebruik:
• Die ban is later gelig.
Sinoniem:
• embargo
• inperking
• prohibisie
• verbod
Hiponiem:
• kerkban
Afgelei:
• banbliksem
• bandiet
• banneling
• bandeloos
• banvloek
• banvonnis
Vertaling:
Engels: ban, banishment, excommunication
Nederlands: ban
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verban
verban [boodskap #145730 ]
Sa, 29 Junie 2024 11:10
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verban
Afbreking: ver•ban
Samestelling: ver- + ban
Werkwoord: verban
Verlede tyd: het verban
Betekenis:
• Om uit te dryf en toegang of deelname te verbied.
• Om verdere gebruik te verbied.
Gebruik:
• Die Boere wat as krygsgevangenes geneem is, is na Sint Helena verban .
• Produkte wat die osoonlaag vernietig is verban .
Sinoniem:
• belet
• deporteer
• ekskommuniseer
• ekspatrieer
• repatrieer
• rojeer
• uitboender
• uitdryf
• uitja
• uitskop
• uitsmyt
• uitwerp
• verdring
• verdryf
• verjaag
• wegdryf
• wegjaag
• wegwys
Afgelei:
• verbanne
• verbanning
Vertaling:
Engels: to expel, banish, exile, drive out
Nederlands: verbannen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: uitmekaar
uitmekaar [boodskap #145729 ]
Vr, 28 Junie 2024 19:34
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmekaar
Afbreking: uit•me•kaar
Samestelling: uit + mekaar
Bywoord: uitmekaar
Betekenis:
• Waarvan die dele los van mekaar is; met 'n tussenruimte; aan stukke.
Gebruik:
• Die paartjie is uitmekaar .
• Die werktuigkundige haal die motor uitmekaar .
Sinoniem:
• afsonderlik
• apart
• uiteen
• vanmekaar
Antoniem:
• inmekaar
Afgelei:
• uitmekaargaan
• uitmekaarhaal
• uitmekaarhou
• uitmekaarjaag
• uitmekaarmaak
• uitmekaarpluk
• uitmekaarskeur
• uitmekaarspat
• uitmekaartrek
• uitmekaarval
Vertaling:
Engels: apart
Nederlands: uit elkaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: onbreekbaar
onbreekbaar [boodskap #145728 ]
Vr, 28 Junie 2024 17:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbreekbaar
Afbreking: on•breek•baar
Samestelling: on- + breekbaar
Byvoeglike naamwoord: onbreekbaar
Attributief: onbreekbare
Betekenis:
• Wat nie gebreek kan word nie.
Gebruik:
• Die band tussen hulle was onbreekbaar .
Sinoniem:
• klipsteenhard
• onaantasbaar
• onskendbaar
• onverganklik
• onvernietigbaar
• ystersterk
Antoniem:
• breekbaar
Afgelei:
• onbreekbaarheid
Vertaling:
Engels: unbreakable, infrangible
Nederlands: onbreekbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: slangagtig
slangagtig [boodskap #145727 ]
Vr, 28 Junie 2024 14:33
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slangagtig
Afbreking: slang•ag•tig
Samestelling: slang + -agtig
Byvoeglike naamwoord: slangagtig
Attributief: slangagtige
Betekenis:
• Soos 'n slang, of met die eienskappe van 'n slang.
Gebruik:
• Hidra 'n slangagtige monster in die Griekse mitologie met baie koppe.
Sinoniem:
• kronkelend
• serpentyn
• slangvormig
• slinks
• soepel
Vertaling:
Engels: snaky, snakish, serpentine, viperous
Nederlands: slangachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: woestynagtig
woestynagtig [boodskap #145726 ]
Vr, 28 Junie 2024 12:47
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woestynagtig
Afbreking: woe•styn•ag•tig
Samestelling: woestynag + -tig
Byvoeglike naamwoord: woestynagtig
Attributief: woestynagtige
Betekenis:
• Wat soos 'n woestyn lyk of eienskappe daarvan toon.
Gebruik:
• Die gebied is woestynagtig en stowwerig met baie min bome en bosse.
Sinoniem:
• dor
• droog
Vertaling:
Engels: desert-like
Nederlands: woestijnachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: trefslag
trefslag [boodskap #145725 ]
Vr, 28 Junie 2024 12:28
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trefslag
Afbreking: tref•slag
Samestelling: tref + slag
Selfstandige naamwoord: trefslag
Meervoud: trefslae
Betekenis:
• Die moment wat iets iets anders tref.
• Die resultaat van 'n soektog.
Gebruik:
• Die fietsryer was gelukkig om die trefslag met die motor te oorleef.
• Google gee net een trefslag .
Sinoniem:
• impak
• skok
• stampslag
• resultaat
• soekresultaat
Vertaling:
Engels: collision, impact; match, hit
Nederlands: trefslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: verpak
verpak [boodskap #145724 ]
Vr, 28 Junie 2024 11:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verpak
Afbreking: ver•pak
Samestelling: ver- + pak
Werkwoord: verpak
Verlede tyd: het verpak
Betekenis:
• Om in 'n beskermende omhulsel te plaas; in pakkies opmaak.
• Om weer in te pak.
Gebruik:
• Die lekkergoed word in papiertjies verpak .
• Die vleis word opgesny en in kleiner porsies verpak .
Hiponiem:
• onverpak
• vakuumverpak
Sinoniem:
• enkapsuleer
• inpak
• toedraai
• verseël
• wegpak
• oorlaai
• oorpak
Afgelei:
• verpakker
• verpakking
Vertaling:
Engels: to pack, package, wrap up
Nederlands: verpakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: herwinbaar
herwinbaar [boodskap #145723 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:49
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herwinbaar
Afbreking: her•win•baar
Samestelling: herwin + -baar
Byvoeglike naamwoord: herwinbaar
Attributief: herwinbare
Betekenis:
• Wat herwin (van voor af hergebruik) kan word.
Gebruik:
• Glas is herwinbaar en kan herwin word sonder om die waarde, suiwerheid of helderheid daarvan te verloor.
Vertaling:
Engels: recyclable
Nederlands: recyclebaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: raklewe
raklewe [boodskap #145722 ]
Vr, 28 Junie 2024 10:42
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raklewe
Afbreking: rak•lewe
Samestelling: rak + lewe
Selfstandige naamwoord: raklewe
Meervoud: raklewens
Betekenis:
• Die tydsduur wat 'n produk gestoor kan word voordat dit verkoop of gebruik moet word.
Gebruik:
• Melk word gepasteuriseer om die raklewe daarvan te verleng.
Sinoniem:
• lewensduur
• rakleeftyd
Vertaling:
Engels: shelf life
Nederlands: houdbaarheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: gesondheidsvoordeel
gesondheidsvoordeel [boodskap #145721 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:41
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesondheidsvoordeel
Afbreking: ge•sond•heids•voor•deel
Samestelling: gesondheid + -s- + voordeel
Selfstandige naamwoord: gesondheidsvoordeel
Meervoud: gesondheidsvoordele
Betekenis:
• Iets wat voordelig vir 'n mens se gesondheid is.
Gebruik:
• Knoffel het talle gesondheidsvoordele en kan die immuunstelsel bevorder, verkoues voorkom, spysvertering aanhelp en die bloedsuiker balanseer.
Vertaling:
Engels: health benefit
Nederlands: gezondheidsvoordeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïenvry
kafeïenvry [boodskap #145720 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:30
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïenvry
Afbreking: ka•fe•ïen•vry
Samestelling: kafeïen + vry
Byvoeglike naamwoord: kafeïenvry
Attributief: kafeïenvrye
Betekenis:
• Wat geen kafeïen bevat nie.
Gebruik:
• Die gesondheidsdrankie is suiker- en kafeïenvry .
Wisselvorm:
• kafeïnevry
Antoniem:
• kafeïenryk
Vertaling:
Engels: caffeine free
Nederlands: cafeïnevrij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: kafeïen
kafeïen [boodskap #145719 ]
Vr, 28 Junie 2024 09:23
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafeïen
Afbreking: ka•fe•ïen
Selfstandige naamwoord: kafeïen , kafeïne
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Stimulant, chemiese alkaloïed en bestanddeel van koffie.
Gebruik:
• 'n Oordosis kafeïen kan naarheid, braking, diarree, maagseer en hoofpyne veroorsaak.
Afgelei:
• kafeïen-onttrekking
• kafeïenbensoaat
• kafeïengehalte
• kafeïenryk
• kafeïensuur
• kafeïenvergiftiging
• kafeïenvry
Vertaling:
Engels: caffein
Nederlands: cafeïne, coffeïne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: indringerspesie
indringerspesie [boodskap #145718 ]
Vr, 28 Junie 2024 08:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
indringerspesie
Afbreking: in•drin•ger•spe•sie
Samestelling: indringer + spesie
Selfstandige naamwoord: indringerspesie
Meervoud: indringerspesies
Betekenis:
• 'n Uitheemse spesie wat 'n gebied waar dit nie vantevore voorgekom het nie binnegedring het.
Gebruik:
• Kakiebos is 'n indringerspesie in Suid-Afrika wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog saam met voer uit Argentinië hier aangeland het.
Antoniem:
• inheemse spesie
Hiponiem:
• indringerdier
• indringerplant
Vertaling:
Engels: invasive specie
Nederlands: invasieve soort
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: soetheid
soetheid [boodskap #145717 ]
Vr, 28 Junie 2024 07:52
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soetheid
Afbreking: soet•heid
Samestelling: soet + -heid
Selfstandige naamwoord: soetheid
Meervoud: soethede
Betekenis:
• Die toestand of mate van soet wees.
Gebruik:
• Die stadige roosterproses bring die natuurlike soetheid en unieke geure van die koffiebone na vore.
Sinoniem:
• soetheidsgraad
Vertaling:
Engels: sweetness
Nederlands: zoetheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: strafdoel
strafdoel [boodskap #145716 ]
Do, 27 Junie 2024 19:21
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strafdoel
Afbreking: straf•doel
Samestelling: straf + doel
Selfstandige naamwoord: strafdoel
Meervoud: strafdoele
Betekenis:
• (rugby ) 'n Strafskop, of die punte wat na 'n suksesvolle strafskop toegeken is.
Gebruik:
• Die besoekers het eerste bloed getrek toe hulle losskakel 'n strafdoel deur die pale geklits het.
Vertaling:
Engels: penalty goal
Nederlands: strafschopdoelpunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: Uruguay
Onderwerp: Georgië
Onderwerp: Chili
Onderwerp: Fidji
Onderwerp: haker
haker [boodskap #145711 ]
Do, 27 Junie 2024 17:50
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
haker
Afbreking: ha•ker
Samestelling: haak + -er
Selfstandige naamwoord: haker
Meervoud: hakers
Verkleinwoord: hakertjie
Meervoud van verkleining: hakertjies
Betekenis:
• (rugby ) Die middelste speler in die skrum; die no. 2 spelerposisie.
• Iets wat êrens haak.
Gebruik:
• Die haker haak die bak in die skrum met sy voet en gooi die bal in die lynstaan in.
Hiponiem:
• ophaker
• voorhaker
Afgelei:
• hakerig
• hakery
Vertaling:
Engels: hooker
Nederlands: haker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: ontwykend
ontwykend [boodskap #145710 ]
Do, 27 Junie 2024 17:22
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontwykend
Afbreking: ont•wy•kend
Samestelling: ontwyk + -end
Byvoeglike naamwoord: ontwykend
Vergrotende trap: ontwykender
Oortreffende trap: ontwykendste
Attributief: ontwykende
Partitief: ontwykends
Betekenis:
• Wat probeer om iets te ontwyk; ten alle koste te vermy.
Gebruik:
• Ek probeer agterkom wat aangaan, maar kry net ontwykende antwoorde.
Sinoniem:
• elusief
• geheimsinnig
• gereserveer
• indirek
• misleidend
• onhelder
• ontduikend
• vaag
• vermydend
Vertaling:
Engels: evasive
Nederlands: ontwijkend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van ontwyk.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: roemryk
roemryk [boodskap #145709 ]
Do, 27 Junie 2024 15:45
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roemryk
Afbreking: roem•ryk
Samestelling: roem + ryk
Byvoeglike naamwoord: roemryk
Vergrotende trap: roemryker
Oortreffende trap: roemrykste
Attributief: roemryke
Partitief: roemryks
Betekenis:
• Wat vol eer en glorie is.
Gebruik:
• Van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel. [Psalms 79:13]
Sinoniem:
• befaamd
• beroemd
• deurlugtig
• eervol
• glansryk
• glorieryk
• onvergeetlik
• roemrugtig
• roemvol
• skitterend
• vermaard
Antoniem:
• roemloos
Afgelei:
• roemrykheid
Vertaling:
Engels: splendid, glorious, illustrious, magnificent
Nederlands: roemrijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: skopper
skopper [boodskap #145708 ]
Do, 27 Junie 2024 15:37
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skopper
Afbreking: skop•per
Samestelling: skop + -er
Selfstandige naamwoord: skopper
Meervoud: skoppers
Verkleinwoord: skoppertjie
Meervoud van verkleining: skoppertjies
Betekenis:
• Iemand wat skop.
Gebruik:
• Elke rugbyspan het 'n goeie skopper nodig.
Hiponiem:
• baasskopper
• doelskopper
• skepskopper
• stelskopper
• uitskopper
Vertaling:
Engels: kicker
Nederlands: schopper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: stormram
stormram [boodskap #145707 ]
Do, 27 Junie 2024 15:16
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stormram word gebruik om deur 'n kasteel se poorte te breek.
stormram
Afbreking: storm•ram
Samestelling: storm + ram
Selfstandige naamwoord: stormram
Meervoud: stormramme
Verkleinwoord: stormrammetjie
Meervoud van verkleining: stormrammetjies
Betekenis:
• 'n Swaar werktuig om deure, mure en hekke oop te slaan.
• (figuurlik ) Iets waarmee 'n mens kan deurbreek; 'n deurslag kan maak.
Gebruik:
• Die polisie het die huis omsingel en die deur met 'n stormram oopgestamp.
• Die span se stormram , Renaldo Bothma, het agt drieë in 17 toetse gedruk.
Sinoniem:
• muurbreker
• rammei
• stamper
• stormbalk
Vertaling:
Engels: battering ram
Nederlands: stormram
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: soja
soja [boodskap #145706 ]
Wo, 26 Junie 2024 19:26
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende sojabone.
soja
Afbreking: so•ja
Selfstandige naamwoord: soja
Meervoud: –
Betekenis:
• Die peulgewas Glycine max , of die eetbare boontjies wat dit lewer.
Gebruik:
• Soja is 'n belangrike bron van proteïen vir plaasdiere, wat dierlike proteïen vir menslike gebruik lewer.
Afgelei:
• sojaboon
• sojameel
• sojamelk
• sojaolie
• sojaplant
• sojasous
Vertaling:
Engels: soy
Nederlands: soja
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Onderwerp: laatontbyt
laatontbyt [boodskap #145705 ]
Wo, 26 Junie 2024 17:07
Leksikograaf
Boodskappe: 19514Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laatontbyt
Afbreking: laat•ont•byt
Samestelling: laat + ontbyt
Selfstandige naamwoord: laatontbyt
Meervoud: laatontbyte
Verkleinwoord: laatontbytjie
Meervoud van verkleining: laatontbytjies
Betekenis:
• 'n Ontbyt wat laat in die oggend (tussen 10:00 en middagete) bedien word.
Gebruik:
• Ons gaan Sondag 'n laatontbyt op die stoep eet.
Sinoniem:
• laatoggendmaaltyd
• noenbyt
• noenontbyt
Verwant:
• noenmaal
Vertaling:
Engels: brunch
Nederlands: brunch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.