Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: rookbol
rookbol [boodskap #145580] Sa, 15 Junie 2024 09:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rookbol
Afbreking: rook•bol
Samestelling: rook + bol


Selfstandige naamwoord: rookbol
Meervoud: rookbolle
Verkleinwoord: rookbolletjie
Meervoud van verkleining: rookbolletjies

Betekenis:
• 'n Bol rook wat in die lug in opstyg.

Gebruik:
• Die veldbrand veroorsaak digte rookbolle wat oor die snelweg hang.

Sinoniem:
• rookpluim
• rookwolk

Vertaling:
Engels: smoke cloud
Nederlands: rookwolk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lyfeiene
lyfeiene [boodskap #145579] Vr, 14 Junie 2024 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lyfeiene
Afbreking: lyf•ei•e•ne
Samestelling: lyf + eie + -ne


Selfstandige naamwoord: lyfeiene
Meervoud: lyfeienes

Betekenis:
• (histories) 'n Gedeeltelik vrye persoon van 'n lae erflike klas, onlosmaaklik deel van grond waarop hulle gewoon het, wat aan 'n meester of leenheer onderdanig was.

Gebruik:
• 'n Lyfeiene kon dikwels 'n stuk van die leenheer se grond bewerk, maar moes in ruil bepaalde take verrig en 'n deel van sy oes aan die leenheer afstaan.

Sinoniem:
• leenman
• onderdaan

Vertaling:
Engels: serf, peasant, villain
Nederlands: lijfeigene

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toustaan
toustaan [boodskap #145578] Vr, 14 Junie 2024 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toustaan
Afbreking: tou•staan
Samestelling: tou + staan


Werkwoord: staan tou, toustaan
Verlede tyd: het tougestaan

Betekenis:
• Om vir iets in 'n ry te staan en wag.

Gebruik:
• Honderde mense staan in 'n lang tou vir 'n sny brood en 'n beker sop.
• Kiesers moes vir kilometers tougestaan om te kan stem.

Afgelei:
• toustanery

Vertaling:
Engels: to queue, stand in line
Nederlands: een rij vormen, wachtrij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bewaarheid
bewaarheid [boodskap #145577] Vr, 14 Junie 2024 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewaarheid
Afbreking: be•waar•heid
Samestelling: be- + waarheid


Werkwoord: bewaarheid
Verlede tyd: het bewaarheid

Betekenis:
• Om waar te maak, of werklikheid te word.

Gebruik:
• Haar drome word bewaarheid.
• Die profeet se voorspelling is bewaarheid.

Sinoniem:
• realiseer
• regkry
• teregkom
• teweegbring
• vervul
• verwerklik
• verwesenlik

Vertaling:
Engels: to come true
Nederlands: bewaarheiden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: openingstoets
openingstoets [boodskap #145576] Vr, 14 Junie 2024 14:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
openingstoets
Afbreking: o•pe•nings•toets
Samestelling: opening +-s- + toets


Selfstandige naamwoord: openingstoets
Meervoud: openingstoetse
Verkleinwoord: openingstoetsie
Meervoud van verkleining: openingstoetsies

Betekenis:
• Die eerste toets waarmee 'n reeks geopen word.

Gebruik:
• Die Proteas het die openingstoets in Brisbane binne twee dae met ses paaltjies gewen.

Vertaling:
Engels: opening test
Nederlands: openingstest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: veiligheidsrisiko
veiligheidsrisiko [boodskap #145575] Vr, 14 Junie 2024 14:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veiligheidsrisiko
Afbreking: vei•lig•heids•ri•si•ko
Samestelling: veiligheid + -s- + risiko


Selfstandige naamwoord: veiligheidsrisiko
Meervoud: veiligheidsrisiko's

Betekenis:
• 'n Risiko ten opsigte van gevaar. Die kans dat iemand se veiligheid bedreig kan word.

Gebruik:
• Slaggate in paaie is 'n veiligheidsrisiko.

Vertaling:
Engels: safety risk, security risk
Nederlands: veiligheidsrisico

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oefenkamp
oefenkamp [boodskap #145574] Vr, 14 Junie 2024 14:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oefenkamp
Afbreking: oe•fen•kamp
Samestelling: oefen + kamp


Selfstandige naamwoord: oefenkamp
Meervoud: oefenkampe
Verkleinwoord: oefenkampie
Meervoud van verkleining: oefenkampies

Betekenis:
• 'n Kamp waartydens daar sonder steuring geoefen kan word.

Gebruik:
• Die Springbokspan sal die week tydens 'n oefenkamp vir die toets voorberei.

Vertaling:
Engels: training camp, practice camp
Nederlands: oefenkamp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: krities
krities [boodskap #145573] Vr, 14 Junie 2024 13:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krities
Afbreking: kri•ties


Byvoeglike naamwoord: krities
Vergrotende trap: meer krities, kritieser
Oortreffende trap: meer kritiese, kritiesste
Attributief: kritiese

Betekenis:
• Wat vol kritiek en oordeel is.
• Wat in 'n onstabiele toestand is.
• Wat baie belangrik is.

Gebruik:
• Is die media té krities op politici?
• Die pasiënt is in 'n kritiese toestand.
• Beroepsvoorligting is krities noodsaaklik!

Sinoniem:
• analities
• beoordelend
• noulettend
• ondersoekend
• oordeelkundig
• veroordelend

Antoniem:
• onkrities

Hiponiem:
• hiperkrities
• hipokrities
• oorkrities
• selfkrities

Verwant:
• kritiek
• kritikus

Vertaling:
Engels: critical
Nederlands: kritisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: integrasie
integrasie [boodskap #145572] Vr, 14 Junie 2024 12:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
integrasie
Afbreking: in•te•gra•sie


Selfstandige naamwoord: integrasie
Meervoud: integrasies

Betekenis:
• Die handeling van integreer; om tot 'n eenheid saam te voeg.
• (wiskunde) Die proses waardeur 'n integraal bereken word.

Gebruik:
• Die Europese Unie bevorder integrasie tussen Europese lande.
• In kalkulus is integrasie en differensieer inverse bewerkings.

Sinoniem:
• amalgamasie
• assimilasie
• eenmaking
• eenwording
• integrering
• samebinding
• samesmelting
• samevoeging
• unie

Antoniem:
• disintegrasie
• differensiasie

Afgelei:
• integrasiebeleid
• integrasiefaktor
• integrasiegrens
• integrasiekonstante
• integrasiemetode
• integrasiesone

Vertaling:
Engels: integration
Nederlands: integratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: integreer
integreer [boodskap #145571] Vr, 14 Junie 2024 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
integreer
Afbreking: in•te•greer


Werkwoord: integreer
Verlede tyd: het geïntegreer

Betekenis:
• Om 'n eenheid of groter geheel te vorm.
• (wiskunde) Om 'n integraal te bereken.

Gebruik:
• Die geldmag wil alle volke tot 'n identiteitlose massa integreer.
• In integraalrekening is integreer (integrasie) en differensieer (differensiasie) inverse bewerkings.

Sinoniem:
• amalgameer
• assimileer
• bymekaarvoeg
• inkorporeer
• inlyf
• kombineer
• opneem
• saamsmelt
• saamvoeg
• verenig

Antoniem:
• disintegreer
• differensieer

Afgelei:
• integrasie
• integreerbaar
• integreerder
• integrerend
• integrering

Vertaling:
Engels: to integrate, assimilate; to integrate, calculate an integral
Nederlands: integreren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: IP-adres
IP-adres [boodskap #145570] Vr, 14 Junie 2024 09:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
IP-adres
Afbreking: I•P-a•dres
Samestelling: IP + adres


Selfstandige naamwoord: IP-adres
Meervoud: IP-adresse

Betekenis:
• 'n Unieke nommer wat deur masjiene gebruik word om met ander masjiene oor 'n netwerk te kommunikeer (soortgelyk aan 'n telefoonnommer wat 'n mens kan bel).

Gebruik:
• Wat is die kamera se IP-adres?

Vertaling:
Engels: IP address
Nederlands: IP-adres

Nota:
• IP is 'n afkorting vir internetprotokol.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vanieljegeursel
vanieljegeursel [boodskap #145569] Vr, 14 Junie 2024 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vanieljegeursel
Afbreking: va•niel•je•geur•sel
Samestelling: vanielje + geursel


Selfstandige naamwoord: vanieljegeursel
Meervoud: vanieljegeursels

Betekenis:
• 'n Ekstrak van vanielje waarmee kos gegeur word.

Gebruik:
• Gooi 'n bietjie vanieljegeursel by die roomys.

Sinoniem:
• vanielje-ekstrak

Vertaling:
Engels: vanilla extract, vanilla essence
Nederlands: vanille-extract

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: posadres
posadres [boodskap #145568] Vr, 14 Junie 2024 08:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
posadres
Afbreking: pos•a•dres
Samestelling: pos + adres


Selfstandige naamwoord: posadres
Meervoud: posadresse

Betekenis:
• Adres van 'n posbus waarheen briewe en pakkies gestuur kan word.

Gebruik:
• Skryf die ontvanger se posadres voor op die koevert en die terugkeeradres agterop.

Afgelei:
• e-posadres

Vertaling:
Engels: postal address
Nederlands: postadres

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: misverstand
misverstand [boodskap #145567] Vr, 14 Junie 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
misverstand
Afbreking: mis•ver•stand
Samestelling: mis + verstand


Selfstandige naamwoord: misverstand
Meervoud: misverstande
Verkleinwoord: misverstandjie
Meervoud van verkleining: misverstandjies

Betekenis:
• Iets wat 'n mens anders as iemand anders verstaan.

Gebruik:
• Gelukkig kon ons die misverstand sommer vinnig uit die weg ruim.

Sinoniem:
• meningsverskil
• misinterpretasie
• mistasting
• misvatting
• onduidelikheid
• vergissing
• verwarring
• wanbegrip
• wanopvatting

Vertaling:
Engels: misunderstanding
Nederlands: misverstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanwesigheid
aanwesigheid [boodskap #145566] Do, 13 Junie 2024 18:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanwesigheid
Afbreking: aan•we•sig•heid
Samestelling: aanwesig + -heid


Selfstandige naamwoord: aanwesigheid
Meervoud: aanwesighede

Betekenis:
• Die toestand van aanwesig wees; om op 'n bepaalde plek en tyd teenwoordig te wees.

Gebruik:
• Renostervoëls word meestal in die aanwesigheid van wildsbokke aangetref.

Sinoniem:
• presensie
• teenwoordigheid

Antoniem:
• afwesigheid

Hiponiem:
• medeaanwesigheid

Vertaling:
Engels: presence, attendance
Nederlands: aanwezigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: limiet
limiet [boodskap #145565] Do, 13 Junie 2024 17:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
limiet
Afbreking: li•miet


Selfstandige naamwoord: limiet
Meervoud: limiete

Betekenis:
• 'n Beperking of uiterste grens.
• (wiskunde) 'n Waarde waarna 'n reeks konvergeer, maar dit nooit bereik nie.

Gebruik:
• As jy op die hoofweg ry, is die limiet 120 km/h.
Limiete is een van die kernkonsepte in analise en vorm die basis van differensiasie, integrasie en differensiaalvergelykings.

Sinoniem:
• beperking
• ekstremiteit
• grens
• perk
• toppunt
• uiterste

Hiponiem:
• kredietlimiet
• spoedlimiet
• tydlimiet

Afgelei:
• limietstelling

Vertaling:
Engels: limit
Nederlands: limiet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verbranding
verbranding [boodskap #145564] Do, 13 Junie 2024 17:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbranding
Afbreking: ver•bran•ding
Samestelling: verbrand + -ing


Selfstandige naamwoord: verbranding
Meervoud: verbrandinge, verbrandings

Betekenis:
• Die proses of resultaat van verbrand.

Gebruik:
• Die verbranding van fossielbrandstowwe verhoog die vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer.

Sinoniem:
• oksidasie
• ontbranding
• vertering

Hiponiem:
• binneverbranding
• boekverbranding
• lykverbranding
• ketterverbranding
• selfverbranding
• weduweeverbranding

Afgelei:
• verbrandingsdood
• verbrandingsgas
• verbrandingshitte
• verbrandingskamer
• verbrandingsmetode
• verbrandingsmotor
• verbrandingsoond
• verbrandingsproduk
• verbrandingsproses
• verbrandingsreaksie
• verbrandingsiklus
• verbrandingswaarde
• verbrandingswarmte

Vertaling:
Engels: burning, combustion
Nederlands: verbranding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opwekking
opwekking [boodskap #145563] Do, 13 Junie 2024 16:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opwekking
Afbreking: op•wek•king
Samestelling: opwek + -ing


Selfstandige naamwoord: opwekking
Meervoud: opwekkinge, opwekkings

Betekenis:
• Die produksie van elektriese energie.
• Die handeling om lewe in iets in te blaas.

Gebruik:
• Die mees algemene gebruik van kernreaktore is vir die opwekking van elektrisiteit.
• Jesus se opwekking uit die dood gee betekenis aan die kruisdood.

Sinoniem:
• aansporing
• aanmoediging
• inspirasie
• opwinding
• resussitasie
• wekroep

Hiponiem:
• gevoelsopwekking
• kragopwekking
• selfopwekking

Afgelei:
• opwekkingsbeweging
• opwekkingsdiens
• opwekkingslied
• opwekkingsmiddel
• opwekkingsprediker

Vertaling:
Engels: generation; revival, awakening
Nederlands: opwekking

Nota:
• Opwekking is die handeling of resultaat van opwek.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lewering
lewering [boodskap #145562] Do, 13 Junie 2024 15:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewering
Afbreking: le•we•ring
Samestelling: lewer + -ing


Selfstandige naamwoord: lewering
Meervoud: leweringe, lewerings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van lewer (om iets beskikbaar te maak of te voorsien).

Gebruik:
• Die stakings het die lewering van brandstof ontwrig.

Sinoniem:
• besorging
• leweransie
• verskaffing
• voorsiening

Hiponiem:
• advieslewering
• aflewering
• dienslewering
• inlewering
• kraglewering
• nielewering
• kritieklewering
• oorlewering
• oplewering
• stroomlewering
• uitlewering
• verslaglewering

Afgelei:
• leweringskontrak
• leweringstermyn
• leweringstyd
• leweringsvoorwaardes

Vertaling:
Engels: delivery
Nederlands: levering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: genereer
genereer [boodskap #145561] Do, 13 Junie 2024 15:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genereer
Afbreking: ge•ne•reer


Werkwoord: genereer
Verlede tyd: het gegenereer

Betekenis:
• Om voort te bring; te laat ontstaan.

Gebruik:
• As jy nie werk nie kan jy nie inkomste genereer nie.
• Elektrisiteit word deur die beweging van 'n spoel tussen die pole van 'n magneet gegenereer.

Sinoniem:
• fabriseer
• induseer
• maak
• ontwikkel
• opwek
• produseer
• teweegbring
• vervaardig
• voortbring

Hiponiem:
• degenereer
• regenereer

Afgelei:
• generasie
• generator
• generateerbaar

Vertaling:
Engels: to generate
Nederlands: genereren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugstel
terugstel [boodskap #145560] Do, 13 Junie 2024 15:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugstel
Afbreking: terug•stel
Samestelling: terug + stel


Werkwoord: stel terug, terugstel
Verlede tyd: het teruggestel

Betekenis:
• Om na vorige instellings terug te stel.

Gebruik:
• Hy stel sy wagwoord terug.
• Sy het haar foon na die fabriek se instellings teruggestel.

Sinoniem:
• degradeer
• herbegin
• herlaai
• herstel

Afgelei:
• terugstelling

Vertaling:
Engels: to set back, reset
Nederlands: terugstellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opdatering
opdatering [boodskap #145559] Do, 13 Junie 2024 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opdatering
Afbreking: op•da•te•ring
Samestelling: opdateer + -ing


Selfstandige naamwoord: opdatering
Meervoud: opdateringe, opdaterings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van opdateer.

Gebruik:
• Koppel jou foon aan 'n laaier voordat jy met die opdatering begin.

Sinoniem:
• aansuiwering
• bybringing
• bywerking
• hersiening
• opgradering

Afgelei:
• sagteware-opdatering

Vertaling:
Engels: updating
Nederlands: opdatering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onheil
onheil [boodskap #145558] Do, 13 Junie 2024 14:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onheil
Afbreking: on•heil
Samestelling: on- + heil


Selfstandige naamwoord: onheil
Meervoud: onheile
Verkleinwoord: onheiljie
Meervoud van verkleining: onheiltjies

Betekenis:
• Groot teenspoed.

Gebruik:
• Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie. [Psalms 91:10]

Sinoniem:
• ellende
• euwel
• kalamiteit
• katastrofe
• krisis
• kwaad
• ramp
• smart
• teenspoed
• teëspoed

Antoniem:
• heil

Afgelei:
• onheilbringer
• onheilig
• onheilsaam
• onheilsame
• onheilsbode
• onheilsdag
• onheilspellend
• onheilsprofeet
• onheilstigter

Vertaling:
Engels: misfortune, disaster, calamity, evil
Nederlands: onheil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beskermengel
beskermengel [boodskap #145557] Do, 13 Junie 2024 14:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beskermengel
Afbreking: be•skerm•en•gel
Samestelling: beskerm + engel


Selfstandige naamwoord: beskermengel
Meervoud: beskermengele
Verkleinwoord: beskermengeltjie
Meervoud van verkleining: beskermengeltjies

Betekenis:
• 'n Hemelse wese wat iemand teen onheil beskerm, of iets/iemand wat ander beskerm.

Gebruik:
• Niemand kon glo toe die man lewendig uit die wrak klim nie, sy beskermengel moes na hom gekyk het.

Sinoniem:
• beskermer
• beskermheer
• bewaarengel
• engelbewaarder
• skutsengel

Vertaling:
Engels: guardian angel
Nederlands: beschermengel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: nooddruf
nooddruf [boodskap #145556] Wo, 12 Junie 2024 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nooddruf
Afbreking: nood•druf
Uitspraak: /ˈnʊə̯.drœf/


Selfstandige naamwoord: nooddruf
Meervoud: nooddrufte

Betekenis:
• 'n Gebrek aan die basiese behoeftes.

Gebruik:
• Hy ken jul nooddruf voor jul vra. [Skrifberyming 17]

Sinoniem:
• armlastigheid
• armoede
• behoeftigheid
• ontbering
• sorgbehoewendheid

Afgelei:
• nooddruftig

Vertaling:
Engels: poverty, want, deprivation
Nederlands: nooddruft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kalot
kalot [boodskap #145555] Wo, 12 Junie 2024 19:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kalot
Afbreking: ka•lot


Selfstandige naamwoord: kalot
Meervoud: kalotte
Verkleinwoord: kalotjie
Meervoud van verkleining: kalotjies

Betekenis:
• 'n Plat, ronde mussie wat net die skedel bedek.

Gebruik:
• Die kaalkop oom dra 'n kalot.

Sinoniem:
• priestermussie
• skedelkappie
• skedelkeps
• skedelmussie

Vertaling:
Engels: calotte
Nederlands: kalot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kampeerder
kampeerder [boodskap #145554] Wo, 12 Junie 2024 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kampeerder
Afbreking: kam•peer•der
Samestelling: kampeer + -der


Selfstandige naamwoord: kampeerder
Meervoud: kampeerders
Verkleinwoord: kampeerdertjie
Meervoud van verkleining: kampeerdertjies

Betekenis:
• Iemand wat êrens kampeer (tydelik in 'n tent of karavaan tuisgaan).

Gebruik:
• Tydens die skoolvakansie is die kampeerterrein vol kampeerders.

Vertaling:
Engels: kampeerder
Nederlands: camper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opbreek
opbreek [boodskap #145553] Wo, 12 Junie 2024 18:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opbreek
Afbreking: op•breek
Samestelling: op + breek


Werkwoord: breek op, opbreek
Verlede tyd: het opgebreek

Betekenis:
• Om in stukke te breek.
• Om uitmekaar te laat gaan.
• Om boontoe uit te breek.

Gebruik:
• Die kampeerders gaan hulle kamp môre opbreek.
• Die polisie het die rumoerige partytjie opgebreek.
• Hy breek 'n windjie op.

Sinoniem:
• afbreek
• aftakel
• ontbind
• skei
• uiteendryf
• uiteenjaag
• uiteenspat
• verbrokkel
• verdeel

Antoniem:
• opbou

Afgelei:
• opbreektyd

Vertaling:
Engels: to break up, break apart; to disperse; to break up
Nederlands: opbreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oktet
oktet [boodskap #145552] Wo, 12 Junie 2024 17:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oktet
Afbreking: ok•tet


Selfstandige naamwoord: oktet
Meervoud: oktette

Betekenis:
• (musiek) Agt musikante wat saam optree, of 'n komposisie vir so 'n groep.
• (fisika) 'n Groep van agt elektrone wat 'n stabiele rangskikking vorm.
• (rekenaars) 'n Greep, of agt bisse (binêre syfers).

Gebruik:
• Mendelssohn het in 1825 sy oktet vir strykers gekomponeer.
• Nie-metale neig om elektrone by te kry en metale neig om hulle te verloor as gevolg van die atome se neiging om 'n oktet te vorm.
• 'n IP-adres bestaan uit 32 bisse wat in vier oktette verdeel is.

Sinoniem:
• agttal

Afgelei:
• oktetreël
• oktetstruktuur

Vertaling:
Engels: octet
Nederlands: octet

Nota:
• 'n Oktet is 'n groep of stel van agt (8) dinge.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: optrek
optrek [boodskap #145551] Wo, 12 Junie 2024 12:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
optrek
Afbreking: op•trek
Samestelling: op + trek


Werkwoord: trek op, optrek
Verlede tyd: het opgetrek

Betekenis:
• Om deur te trek boontoe te neem.
• Om in 'n optog êrens heen te beweeg.

Gebruik:
• Hy trek sy broek op.
• Die vyand het teen hulle opgetrek.

Spreekwoord:
• Skanse optrek. [Jou geslote hou.]
• Jou sokkies optrek. [Harder werk.]
• Jou neus daarvoor optrek. [Dit minag.]

Sinoniem:
• ophaal
• ophys
• oplig
• opmarsjeer
• opruk

Antoniem:
• aftrek

Afgelei:
• optrektou

Vertaling:
Engels: to raise, pull up, lift up; to march, rise up against
Nederlands: optrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afdanking
afdanking [boodskap #145550] Wo, 12 Junie 2024 11:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afdanking
Afbreking: af•dan•king
Samestelling: afdank + -ing


Selfstandige naamwoord: afdanking
Meervoud: afdankings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van afdank.

Gebruik:
• Sy baas het gesê hy moet sy sokkies optrek en hom met afdanking gedreig.

Sinoniem:
• aflegging
• afbetaling
• ontslag
• trekpas

Vertaling:
Engels: dismissal, walking orders
Nederlands: ontslag, afdanking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: milisie
milisie [boodskap #145549] Wo, 12 Junie 2024 11:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
milisie
Afbreking: mi•li•sie


Selfstandige naamwoord: milisie
Meervoud: milisies

Betekenis:
• 'n Polities geïnspireerde (para)militêre organisasie waarin burgers en vrywilligers dien.

Gebruik:
• Die milisie terroriseer die plaaslike bevolking.

Sinoniem:
• burgermag
• burgerwag
• krygsmag
• skuttery

Afgelei:
• milisiepligtig
• milisiestelsel

Afgelei:
• vlootmilisie

Vertaling:
Engels: militia
Nederlands: militie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terroriseer
terroriseer [boodskap #145548] Wo, 12 Junie 2024 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terroriseer
Afbreking: ter•ro•ri•seer


Werkwoord: terroriseer
Verlede tyd: het geterroriseer

Betekenis:
• Om mense bang te maak en in 'n toestand van angs te hou; skrik aanjaag.

Gebruik:
• Die bende terroriseer die winkeleienaars.
• Die milisie het die plaaslike bevolking geterroriseer.

Sinoniem:
• dreig
• intimideer
• skrikmaak
• tiranniseer
• verskrik

Afgelei:
• terroris
• terrorisasie
• terrorisering

Vertaling:
Engels: to terrorize
Nederlands: terroriseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4]


Tyd nou: Wo Jun 26 11:05:42 MGT 2024