Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: huislening
huislening [boodskap #146472] Ma, 16 September 2024 14:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
huislening
Afbreking: huis•le•ning
Samestelling: huis + lening


Selfstandige naamwoord: huislening
Meervoud: huislenings
Verkleinwoord: huisleninkie
Meervoud van verkleining: huisleninkies

Betekenis:
• 'n Lening om 'n huis te koop.

Gebruik:
• As jy maandeliks 'n bykomende bedrag in jou huislening inbetaal kan jy die termyn daarvan met jare verkort en duisende rande aan rente spaar.

Sinoniem:
• huisverband
• verbandlening

Vertaling:
Engels: home loan
Nederlands: huislening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma, 16 September 2024 14:53]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: ballade
ballade [boodskap #146471] Ma, 16 September 2024 14:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ballade
Afbreking: bal•la•de


Selfstandige naamwoord: ballade
Meervoud: ballades
Verkleinwoord: balladetjie
Meervoud van verkleining: balladetjies

Betekenis:
• 'n Epiese (verhalende) gedig, dikwels met kort, liriese strofes en met 'n tragiese einde.
• (musiek) 'n Lied wat 'n storie vertel.

Gebruik:
• Uys Krige se gedig, Ken jy die see, is 'n ballade.
• Hy sing graag ballades.

Afgelei:
• balladeskrywer
• balladesanger

Vertaling:
Engels: ballad
Nederlands: ballade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afkyk
afkyk [boodskap #146470] Ma, 16 September 2024 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkyk
Afbreking: af•kyk
Samestelling: af + kyk


Werkwoord: kyk af, afkyk
Verlede tyd: het afgekyk

Betekenis:
• Om onder toe te kyk.
• Om op iemand neer te sien.
• Om skelm van iemand anders af te loer.

Gebruik:
• Sy kyk oor die afgrond af.
• Moenie afkyk op ander wat na jou opkyk nie.
• Hy het so goed gedoen omdat hy by sy maatjie afgekyk het.

Sinoniem:
• afloer
• afskryf
• afsien
• koekeloer
• neerkyk
• neersien
• spioeneer

Antoniem:
• opkyk

Afgelei:
• afkyker
• afkykery

Vertaling:
Engels: to look down; to look down on; to crib, spy
Nederlands: afkijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ampswoning
ampswoning [boodskap #146469] Ma, 16 September 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ampswoning
Afbreking: amps•wo•ning
Samestelling: amp + -s- + woning


Selfstandige naamwoord: ampswoning
Meervoud: ampswonings

Betekenis:
• 'n Huis waarin iemand wat 'n bepaalde funksie beklee mag woon.

Gebruik:
• 'n Kasteel is die ampswoning van 'n koning.
• 'n Pastorie is die ampswoning van 'n predikant.

Vertaling:
Engels: official residence
Nederlands: ambtswoning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ternouernood
ternouernood [boodskap #146468] Ma, 16 September 2024 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ternouernood
Afbreking: ter•nou•er•nood
Samestelling: ter + nou + -er + nood


Bywoord: ternouernood

Betekenis:
• Ook maar net; amper nie.

Gebruik:
• Donald Trump het die dood ternouernood vrygespring toe 'n koeël verby sy kop gevlieg het.

Sinoniem:
• desnoods
• beswaarlik
• kwalik
• naelskraap
• net-net
• nouliks
• skaars
• skraps

Vertaling:
Engels: hardly, scarcely, barely, narrowly
Nederlands: ternauwernood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opsy
opsy [boodskap #146467] Ma, 16 September 2024 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsy
Afbreking: op•sy
Samestelling: op + sy


Bywoord: opsy

Betekenis:
• Ná die sykant; apart van ander.

Gebruik:
• Staan opsy, jy is in my pad.

Spreekwoord:
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy. [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]

Sinoniem:
• apart
• eenkant
• sywaarts
• tersyde

Afgelei:
• opsysit
• opsyskuif
• opsystaan

Vertaling:
Engels: aside, aloof, away
Nederlands: opzij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: agtervolging
agtervolging [boodskap #146466] Ma, 16 September 2024 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agtervolging
Afbreking: ag•ter•vol•ging
Samestelling: agtervolg + -ing


Selfstandige naamwoord: agtervolging
Meervoud: agtervolgings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van agtervolg.

Gebruik:
• Die polisie het die verdagte ná 'n kort agtervolging aangekeer en gearresteer.

Sinoniem:
• agternasit
• jaagtog
• hakkejag
• klopjag
• vervolging

Afgelei:
• agtervolgingswaan
• spanagtervolging

Vertaling:
Engels: pursuit, persecution
Nederlands: achtervolging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Ma Sep 16 15:48:43 MGT 2024