Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: vervaag
vervaag [boodskap #145862] Vr, 19 Julie 2024 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervaag
Afbreking: ver•vaag
Samestelling: ver- + vaag


Werkwoord: vervaag
Verlede tyd: het vervaag

Betekenis:
• Om vaag of onduidelik te word (of te maak).

Gebruik:
• Tyd vervaag al die mooi herinneringe.
• Oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Sinoniem:
• verbleek
• verbleik
• verdoesel
• verdof
• verflou

Antoniem:
• verskerp

Vertaling:
Engels: to fade, blur
Nederlands: vervagen


Byvoeglike naamwoord: vervaag
Attributief: vervaagde

Betekenis:
• Wat geleidelik kleur of intensiteit verloor het.

Gebruik:
• In die foto word die mense teen 'n vervaagde agtergrond gekontrasteer.

Vertaling:
Engels: blurred, faded
Nederlands: vervaagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 19 Julie 2024 18:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: wanfunksioneel
wanfunksioneel [boodskap #145863] Vr, 19 Julie 2024 17:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wanfunksioneel
Afbreking: wan•funk•sio•neel
Samestelling: wan- + funksioneel


Byvoeglike naamwoord: wanfunksioneel
Vergrotende trap: wanfunksioneler
Oortreffende trap: wanfunksioneelste
Attributief: wanfunksionele

Betekenis:
• Wat nie funksioneel/ werkend is nie.

Gebruik:
• Daar is steeds te veel wanfunksioneel munisipaliteite in die land.

Sinoniem:
• disfunksioneel

Antoniem:
• funksioneel

Vertaling:
Engels: dysfunctional, malfunctioning
Nederlands: disfunctioneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: prysgee
prysgee [boodskap #145864] Vr, 19 Julie 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prysgee
Afbreking: prys•gee
Samestelling: prys + gee


Werkwoord: gee prys, prysgee
Verlede tyd: het prysgegee

Betekenis:
• Om van iets afstand te doen; as verlore beskou.

Gebruik:
• Moenie jou geluk prysgee nie.
• Wat het jy prysgegee wat van jou 'n sterker mens gemaak het?

Sinoniem:
• afsien
• afstaan
• inboet
• ontbeer
• oorgee
• opsê
• opoffer
• verbeur
• versaak

Vertaling:
Engels: to abandon, give up, surrender, hand over
Nederlands: prijsgeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 20 Julie 2024 07:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: deurstuur
deurstuur [boodskap #145865] Vr, 19 Julie 2024 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurstuur
Afbreking: deur•stuur
Samestelling: deur + stuur


Werkwoord: stuur deur, deurstuur
Verlede tyd: het deurgestuur

Betekenis:
• Om verder na 'n bestemming te stuur.

Gebruik:
• Ek sal die vorms invul en deurstuur.
• Die rugbyspeler het die bal tussen die pale deurgestuur.

Sinoniem:
• aanstuur
• deurbeweeg

Vertaling:
Engels: to send onwards, forward, redirect
Nederlands: doorsturen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 20 Julie 2024 07:36]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: affekteer
affekteer [boodskap #145866] Vr, 19 Julie 2024 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
affekteer
Afbreking: af•fek•teer


Werkwoord: affekteer
Verlede tyd: het geaffekteer

Betekenis:
• Om 'n invloed uit te oefen; 'n inpak of iets te hê.
• Om voor te gee of voor te doen.

Gebruik:
• Stres affekteer nie almal op dieselfde manier nie.

Sinoniem:
• aantas
• beïnvloed
• veroorsaak
• wysig

Vertaling:
Engels: to affect
Nederlands: affecteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 20 Julie 2024 07:37]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Sa Jul 20 08:06:57 MGT 2024