Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: affekteer
affekteer [boodskap #145866] Vr, 19 Julie 2024 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
affekteer
Afbreking: af•fek•teer


Werkwoord: affekteer
Verlede tyd: het geaffekteer

Betekenis:
• Om 'n invloed uitoefen; 'n inpak of iets te hê.
• Om voor te gee of voor te doen.

Gebruik:
• Stres affekteer nie almal op dieselfde manier nie.

Sinoniem:
• aantas
• beïnvloed
• veroorsaak
• wysig

Vertaling:
Engels: to affect
Nederlands: affecteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deurstuur
deurstuur [boodskap #145865] Vr, 19 Julie 2024 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurstuur
Afbreking: deur•stuur
Samestelling: deur + stuur


Werkwoord: stuur deur, deurstuur
Verlede tyd: het deurgestuur

Betekenis:
• Om verder na 'n bestemming te stuur.

Gebruik:
• Ek sal die vorms invul en deurstuur.
• Die rugbyspeler het die bal tussen die pale deurgestuur.

Sinoniem:
• aanstuur
• deurbeweeg

Vertaling:
Engels:  to send onwards, forward, redirect
Nederlands: doorsturen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 19 Julie 2024 19:27]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: prysgee
prysgee [boodskap #145864] Vr, 19 Julie 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prysgee
Afbreking: prys•gee
Samestelling: prys + gee


Werkwoord: gee prys, prysgee
Verlede tyd: het prysgegee

Betekenis:
• Om van iets afstand te doen; as verlore te beskou.

Gebruik:
• Moenie jou geluk prysgee nie.
• Wat het jy prysgegee wat van jou 'n sterker mens gemaak het?

Sinoniem:
• afsien
• afstaan
• inboet
• ontbeer
• oorgee
• opsê
• opoffer
• verbeur
• versaak

Vertaling:
Engels: to abandon, give up, surrender, hand over
Nederlands: prijsgeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wanfunksioneel
wanfunksioneel [boodskap #145863] Vr, 19 Julie 2024 17:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wanfunksioneel
Afbreking: wan•funk•sio•neel
Samestelling: wan- + funksioneel


Byvoeglike naamwoord: wanfunksioneel
Vergrotende trap: wanfunksioneler
Oortreffende trap: wanfunksioneelste
Attributief: wanfunksionele

Betekenis:
• Wat nie funksioneel/ werkend is nie.

Gebruik:
• Daar is steeds te veel wanfunksioneel munisipaliteite in die land.

Sinoniem:
• disfunksioneel

Antoniem:
• funksioneel

Vertaling:
Engels: dysfunctional, malfunctioning
Nederlands: disfunctioneel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervaag
vervaag [boodskap #145862] Vr, 19 Julie 2024 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervaag
Afbreking: ver•vaag
Samestelling: ver- + vaag


Werkwoord: vervaag
Verlede tyd: het vervaag

Betekenis:
• Om vaag of onduidelik te word (of te maak).

Gebruik:
• Tyd vervaag al die mooi herinneringe.
• Oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Sinoniem:
• verbleek
• verbleik
• verdoesel
• verdof
• verflou

Antoniem:
• verskerp

Vertaling:
Engels: to fade, blur
Nederlands: vervagen


Byvoeglike naamwoord: vervaag
Attributief: vervaagde

Betekenis:
• Wat geleidelik kleur of intensiteit verloor het.

Gebruik:
• In die foto word die mense teen 'n vervaagde agtergrond gekontrasteer.

Vertaling:
Engels: blurred, faded
Nederlands: vervaagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 19 Julie 2024 18:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: middelklas
middelklas [boodskap #145861] Do, 18 Julie 2024 19:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middelklas
Afbreking: mid•del•klas
Samestelling: middel + klas


Selfstandige naamwoord: middelklas
Meervoud: middelklasse

Betekenis:
• Die groep mense tussen die arbeiders en die rykes/elite.

Gebruik:
• Die ryk mense raak al hoe ryker, die arm mense al hou armer en die middelklas is besig om te kwyn.

Sinoniem:
• burgerstand
• middelstand

Afgelei:
• middelklasmeisie
• middelklasverskynsel

Vertaling:
Engels: middle class
Nederlands: middenklasse, middenstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 19 Julie 2024 16:28]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vrygewigheid
vrygewigheid [boodskap #145860] Do, 18 Julie 2024 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrygewigheid
Afbreking: vry•ge•wig•heid
Samestelling: vrygewig + -heid


Selfstandige naamwoord: vrygewigheid
Meervoud: vrygewighede

Betekenis:
• Die toestand of mate van vrygewig wees.

Gebruik:
• Die die organisasie is grotendeels van die vrygewigheid van die publiek afhanklik.

Sinoniem:
• groothartigheid
• grootmoedigheid
• gulhartigheid
• gulheid
• liefdadigheid
• mededeelsaamheid
• rojaliteit
• ruimhartigheid
• onbaatsugtigheid
• onselfsugtigheid

Vertaling:
Engels: generosity, charity
Nederlands: vrijgevigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvat
aanvat [boodskap #145859] Do, 18 Julie 2024 13:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvat
Afbreking: aan•vat
Samestelling: aan + vat


Werkwoord: vat aan, aanvat
Verlede tyd: het aangevat

Betekenis:
• Om aan iets te vat of dit aan te raak.
• Om iets te begin of 'n geneentheid aangryp.
• Om te konfronteer of die stryd aan te sê.

Gebruik:
• Hy is so vuil jy kan hom nie met 'n tang aanvat nie.
• Ons moet seker een of ander tyd die terugtog aanvat.
• Die onderwyser het die kinders oor hulle swak gedrag aangevat.

Sinoniem:
• aandurf
• aangryp
• aanpak
• aanroer
• beetpak
• begin
• onderneem
• vashou
• vasvat

Vertaling:
Engels: to hold, grasp; to begin, commence, seize; to compete, fight
Nederlands: aanvatten, aanvatten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 19 Julie 2024 16:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kankerpasiënt
kankerpasiënt [boodskap #145858] Wo, 17 Julie 2024 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kankerpasiënt
Afbreking: kan•ker•pa•si•ënt
Samestelling: kanker + pasiënt


Selfstandige naamwoord: kankerpasiënt
Meervoud: kankerpasiënte
Verkleinwoord: kankerpasiëntjie
Meervoud van verkleining: kankerpasiëntjies

Betekenis:
• 'n Pasiënt wat aan kanker ly.

Gebruik:
• Naas chemoterapie het die kankerpasiënt ook radioterapie ontvang.

Vertaling:
Engels: cancer patient
Nederlands: kankerpatiënt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kultureel
kultureel [boodskap #145857] Wo, 17 Julie 2024 18:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kultureel
Afbreking: kul•tu•reel
Samestelling: kultuur + -eel


Byvoeglike naamwoord: kultureel
Attributief: kulturele
Partitief: kultureels

Betekenis:
• Met betrekking tot kultuur (die manier hoe mense goed doen en dit wat hulle saam bind).

Gebruik:
• Nederland, België en Suid-Afrika is kultureel nou aan mekaar verwant.

Hiponiem:
• sosiaal-kultureel
• sosiokultureel
• multikultureel

Vertaling:
Engels: cultural
Nederlands: cultureel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rusverstoorder
rusverstoorder [boodskap #145856] Wo, 17 Julie 2024 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rusverstoorder
Afbreking: rus•ver•stoor•der
Samestelling: rus + verstoor + -der


Selfstandige naamwoord: rusverstoorder
Meervoud: rusverstoorders
Verkleinwoord: rusverstoordertjie
Meervoud van verkleining: rusverstoordertjies

Betekenis:
• Iemand wat die rus en vrede verbreek.

Gebruik:
• 'n Beer sal enige rusverstoorder aanval wat hom in sy slaap steur.

Sinoniem:
• oproerling
• onrusstoker
• rusversteurder
• woelwater

Vertaling:
Engels: disturber of peace
Nederlands: rustverstoorder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 17 Julie 2024 16:12]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: vrugtevlieg
vrugtevlieg [boodskap #145855] Wo, 17 Julie 2024 14:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrugtevlieg
Afbreking: vrug•te•vlieg
Samestelling: vrugte + vlieg


Selfstandige naamwoord: vrugtevlieg
Meervoud: vrugtevlieë
Verkleinwoord: vrugtevliegie
Meervoud van verkleining: vrugtevliegies

Betekenis:
• 'n Kleinerige vlieg wat in oorryp en vrot vrugte nes maak, genus Drosophila.

Gebruik:
Vrugtevlieë is 'n groot oorlas, aangesien hulle vrugte en groente beskadig.

Afgelei:
• vrugtevlieggetalle
• vrugtevlieglokaas
• vrugtevliegspesies

Vertaling:
Engels: fruit fly
Nederlands: fruitvlieg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 18 Julie 2024 10:08]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: ongewens
ongewens [boodskap #145854] Wo, 17 Julie 2024 14:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongewens
Afbreking: on•ge•wens
Samestelling: on- + gewens


Byvoeglike naamwoord: ongewens
Attributief: ongewenste

Betekenis:
• Wat nie wenslik is nie; waarvoor 'n mens nie wens nie.

Gebruik:
• Hekke is aangebring om ongewenste elemente uit te hou.

Sinoniem:
• onaanloklik
• onbegeerlik
• ongenooi
• onwelkom
• onwenslik

Afgelei:
• ongewenstheid

Vertaling:
Engels: not wished, unwished, undesirable
Nederlands: ongewens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: plaagbeheer
plaagbeheer [boodskap #145853] Wo, 17 Julie 2024 14:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plaagbeheer
Afbreking: plaag•be•heer
Samestelling: plaag + beheer


Selfstandige naamwoord: plaagbeheer
Meervoud:

Betekenis:
• Die bestryding van peste en plae (soos ongewenste plante, insekte, knaagdiere, ens).

Gebruik:
• Waar moontlik moet natuurlike plaagbeheer ingespan word eerder as om plae met gifstowwe te beheer.

Sinoniem:
• pesbeheer
• pesbestryding
• plaagbestryding

Afgelei:
• plaagbeheermiddel

Vertaling:
Engels: pest control
Nederlands: ongediertebestrijding, plaagbestrijding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 17 Julie 2024 14:15]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: winsgewendheid
winsgewendheid [boodskap #145852] Wo, 17 Julie 2024 14:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
winsgewendheid
Afbreking: wins•ge•wend•heid
Samestelling: winsgewend + -heid


Selfstandige naamwoord: winsgewendheid
Meervoud: winsgewendhede

Betekenis:
• Die toestand of mate van winsgewend wees (meer inbring as uitgee).

Gebruik:
• Die verhoogde insetkoste het die maatskappy se winsgewendheid geknou.

Hiponiem:
• maatskappywinsgewendheid

Sinoniem:
• kredietwaardigheid
• lonendheid
• opbrengs
• rendabiliteit

Vertaling:
Engels: profitability
Nederlands: winstgevendheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: koloniseer
koloniseer [boodskap #145851] Wo, 17 Julie 2024 12:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koloniseer
Afbreking: ko•lo•ni•seer
Samestelling: kolonie + -iseer


Werkwoord: koloniseer
Verlede tyd: het gekoloniseer

Betekenis:
• Om 'n kolonie te vorm; 'n nuwe gebied binne te val en daar te vestig.

Gebruik:
• Elon Musk wil die planeet Mars koloniseer.
• Tydens die 18de eeu is Afrika deur Europese moondhede ingeval, verdeel en gekoloniseer.

Sinoniem:
• annekseer
• oorneem

Antoniem:
• dekoloniseer

Verwant:
• kolonisasie
• koloniseerder
• koloniserend
• kolonisering

Vertaling:
Engels: colonize
Nederlands: koloniseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 18 Julie 2024 06:42]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: gevangeskap
gevangeskap [boodskap #145850] Wo, 17 Julie 2024 12:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gevangeskap
Afbreking: ge•van•ge•skap
Samestelling: gevange + -skap


Selfstandige naamwoord: gevangeskap
Meervoud: gevangeskappe

Betekenis:
• Toestand waar iemand ingehok en se vryheid van hom ontneem is.

Gebruik:
• Die man is tot vyf jaar gevangeskap gevonnis.

Wisselvorm:
• gevangenskap

Sinoniem:
• detensie
• gevangehouding
• gevangenisstraf
• hegtenis
• onvryheid
• selstraf

Hiponiem:
• krygsgevangeskap

Vertaling:
Engels: captivity, imprisonment
Nederlands: gevangenschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 18 Julie 2024 06:40]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: loslaat
loslaat [boodskap #145849] Wo, 17 Julie 2024 12:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loslaat
Afbreking: los•laat
Samestelling: los + laat


Werkwoord: laat los, loslaat
Verlede tyd: het losgelaat

Betekenis:
• Om nie langer vas te hou nie.
• Om uit gevangeskap vry te stel.

Gebruik:
Laat los my hand.
• Die wildbewaarder het die leeus in 'n nuwe reservaat losgelaat.

Sinoniem:
• bevry
• losbreek
• loskry
• losmaak
• ontslaan
• red
• skietgee
• uitlaat
• verlos
• vrylaat
• vrymaak
• vrystel

Antoniem:
• vashou

Afgelei:
• loslating

Vertaling:
Engels: to release, discharge
Nederlands: loslaten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onderkaak
onderkaak [boodskap #145848] Di, 16 Julie 2024 11:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Menslike onderkaak.
'n Menslike onderkaak.
onderkaak
Afbreking: on•der•kaak
Samestelling: onder + kaak


Selfstandige naamwoord: onderkaak
Meervoud: onderkake

Betekenis:
• Die (meestal beweeglike) been aan die onderkant van die kop.

Gebruik:
• Volwasse mense het gewoonlik 32 permanente tande, 16 aan die bo- en 16 aan die onderkaak.

Sinoniem:
• kakebeen
• mandibula
• mandibel

Antoniem:
• bokaak
• maksilla

Vertaling:
Engels: lower jaw
Nederlands: onderkaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dissekteer
dissekteer [boodskap #145847] Di, 16 Julie 2024 11:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dissekteer
Afbreking: dis•sek•teer


Werkwoord: dissekteer
Verlede tyd: het gedissekteer

Betekenis:
• Om 'n liggaam oop te sny en anatomies te ondersoek.
• (figuurlik) Om fyn te ontleed en te bestudeer.

Gebruik:
• Die bioloog dissekteer 'n padda.
• Dit is noodsaaklik om al die argument krities te dissekteer om dit in diepte te verstaan.

Sinoniem:
• ontleed
• oopsaag
• oopsny
• opsny

Vertaling:
Engels: to dissect
Nederlands: dissecteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: swartmark
swartmark [boodskap #145846] Di, 16 Julie 2024 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swartmark
Afbreking: swart•mark
Samestelling: swart + mark


Selfstandige naamwoord: swartmark
Meervoud: swartmarke, swartmarkte

Betekenis:
• 'n Mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop word.

Gebruik:
• Renosterhoring word dikwels vir die prys as goud op die swartmark verkoop.

Sinoniem:
• sluikhandel
• smokkelhandel

Verwant:
• swarthandelaar

Vertaling:
Engels: black market
Nederlands: zwarte markt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: slymerig
slymerig [boodskap #145845] Ma, 15 Julie 2024 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slymerig
Afbreking: sly•me•rig
Samestelling: slym + -erig


Byvoeglike naamwoord: slymerig
Vergrotende trap: slymeriger
Oortreffende trap: slymerigste
Attributief: slymerige

Betekenis:
• Wat soos slym lyk of voel.
• (figuurlik) Wat oordrewe vriendelik en vleiend is.

Gebruik:
• Paddas en slakke is mos slymerig.
• Ek sal my nie deur die slymerige vent laat ompraat nie!

Sinoniem:
• gladderig
• glibberig
• jellierig
• klewerig
• slykerig
• slymagtig
• snotterig

Afgelei:
• slymerigheid

Vertaling:
Engels: slimy, mucous
Nederlands: slijmerig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wortelstelsel
wortelstelsel [boodskap #145844] Ma, 15 Julie 2024 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wortelstelsel
Afbreking: wor•tel•stel•sel
Samestelling: wortel + stelsel


Selfstandige naamwoord: wortelstelsel
Meervoud: wortelstelsels
Verkleinwoord: wortelstelseltjie
Meervoud van verkleining: wortelstelseltjies

Betekenis:
• Al die wortels van 'n plant, insluitende die hoofwortels, sywortels en haarwortels.

Gebruik:
• Die knapsekêrel is 'n regopstaande plant met 'n sterk wortelstelsel.

Vertaling:
Engels: root system
Nederlands: wortelstelsel, wortelsysteem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bymekaarmaak
bymekaarmaak [boodskap #145843] Ma, 15 Julie 2024 17:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bymekaarmaak
Afbreking: by•me•kaar•maak
Samestelling: bymekaar + maak


Werkwoord: maak bymekaar, bymekaarmaak
Verlede tyd: het bymekaargemaak

Betekenis:
• Om op 'n plek bymekaar te bring.

Gebruik:
• Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie. [Lukas 13:34]

Sinoniem:
• bymekaarskraap
• bymekaarraap
• ingaar
• inoes
• insamel
• invorder
• kollekteer
• opgaar
• saamgooi
• saamraap
• vergaar
• versamel

Vertaling:
Engels: to collect, round up
Nederlands: verzamelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voortleef
voortleef [boodskap #145842] Ma, 15 Julie 2024 17:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voortleef
Afbreking: voort•leef
Samestelling: voort + leef


Werkwoord: leef voort, voortleef
Verlede tyd: het voortgeleef

Betekenis:
• Om verder te leef, of om aan te hou bestaan.

Gebruik:
• Sy sal vir altyd in ons harte voortleef.

Wisselvorm:
• voortlewe

Sinoniem:
• volhou
• voortgaan
• voortbestaan

Vertaling:
Engels: to live on, survive, persist
Nederlands: voortleven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oplaai
oplaai [boodskap #145841] Ma, 15 Julie 2024 15:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oplaai
Afbreking: op•laai
Samestelling: op+laai


Werkwoord: laai op, oplaai
Verlede tyd: het opgelaai

Betekenis:
• Om iets by 'n bestaande lading/ vrag/ gewig te sit.
• Om iets met 'n voertuig te gaan haal.
• (rekenaars) Om 'n lêer na 'n ander rekenaar oor te dra.

Gebruik:
• Hy laai die kratte op die wa.
• Sy moet die kinders by die skool oplaai.
• Het jy al die foto's opgelaai?

Sinoniem:
• belaai
• belas
• bevrag
• optel
• verswaar

Antoniem:
• aflaai

Afgelei:
• oplaaier
• oplaaiery
• oplaaiing

Vertaling:
Engels: to pick up, load up
Nederlands: opladen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: werkskepping
werkskepping [boodskap #145840] So, 14 Julie 2024 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkskepping
Afbreking: werk•skep•ping
Samestelling: werk + skepping


Selfstandige naamwoord: werkskepping
Meervoud:

Betekenis:
• Die skepping van werksgeleenthede om werkloosheid te bekamp.

Gebruik:
• Toerisme lewer 'n aansienlike bydrae tot land se ekonomie en werkskepping.

Sinoniem:
• werkverskaffing

Vertaling:
Engels: job creation
Nederlands: werkgelegenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: eenrigtingverkeer
eenrigtingverkeer [boodskap #145839] So, 14 Julie 2024 18:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenrigtingverkeer
Afbreking: een•rig•ting•ver•keer
Samestelling: eenrigting + verkeer


Selfstandige naamwoord: eenrigtingverkeer
Meervoud:

Betekenis:
• Verkeer wat net in een rigting vloei.
• (figuurlik) Iets wat eensydig is.

Gebruik:
• 'n Motor het per ongeluk teen die eenrigtingverkeer ingedraai.
• Die wedstryd was hoofsaaklik eenrigtingverkeer.

Wisselvorm:
• eenrigtingsverkeer

Antoniem:
• tweerigtingverkeer

Vertaling:
Engels: one-way traffic
Nederlands: eenrichtingverkeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rondbeweeg
rondbeweeg [boodskap #145838] So, 14 Julie 2024 18:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondbeweeg
Afbreking: rond•be•weeg
Samestelling: rond + beweeg


Werkwoord: beweeg rond, rondbeweeg
Verlede tyd: het rondbeweeg

Betekenis:
• Om oraloor te beweeg; gereeld van ligging te verander.

Gebruik:
• Diere kan vrylik tussen die Krugerwildtuin en die aanliggende reservate rondbeweeg.

Sinoniem:
• rondgaan
• rondloop
• rondskuif

Vertaling:
Engels: to move around, move about
Nederlands: rondbewegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Serwiër
Serwiër [boodskap #145837] So, 14 Julie 2024 18:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Serwiër
Afbreking: Ser•wi•ër
Samestelling: Serwië + -er


Selfstandige naamwoord: Serwiër
Meervoud: Serwiërs
Verkleinwoord: Serwiërtjie
Meervoud van verkleining: Serwiërtjies

Betekenis:
• 'n Inwoner van die land Serwië, of iemand afkomstig uit Serwië.

Gebruik:
• Novak Djokovic is 'n Serwiër.

Verwant:
• Serwië
• Serwies

Vertaling:
Engels: Serbian, Serb
Nederlands: Serviër

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skermutseling
skermutseling [boodskap #145836] So, 14 Julie 2024 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skermutseling
Afbreking: sker•mut•se•ling


Selfstandige naamwoord: skermutseling
Meervoud: skermutselinge, skermutselings
Verkleinwoord: skermutselinkie
Meervoud van verkleining: skermutselinkies

Betekenis:
• 'n Kleinerige geveg of konflik.

Gebruik:
• Jopie Fourie is tydens die Tweede Vryheidsoorlog tydens 'n skermutseling noord van Pretoria gewond en gevangene geneem.

Sinoniem:
• botsing
• geveg
• konflik
• konfrontasie
• magstryd
• onenigheid
• struweling
• stryd
• verrassingsaanval
• vyandelikheid
• worsteling

Vertaling:
Engels: skirmish, brush
Nederlands: schermutseling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: identifisering
identifisering [boodskap #145835] So, 14 Julie 2024 17:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
identifisering
Afbreking: i•den•ti•fi•se•ring
Samestelling: identifiseer + -ing


Selfstandige naamwoord: identifisering
Meervoud: identifiseringe, identifiserings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van identifiseer.

Gebruik:
• Die vroeë identifisering van leesprobleme stel opvoeders in staat om die regte intervensies in werking te stel.

Sinoniem:
• bepaling
• herkenning
• identifikasie
• onderskeiding
• uitkenning
• vasstelling
• verifikasie

Vertaling:
Engels: identification
Nederlands: identificatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: samesang
samesang [boodskap #145834] So, 14 Julie 2024 11:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
samesang
Afbreking: sa•me•sang
Samestelling: same + sang


Selfstandige naamwoord: samesang
Meervoud: samesange

Betekenis:
• Die handeling om in harmonie saam met ander mense te sing.

Gebruik:
• Die verrigtinge is met skriflesing, gebed en samesang geopen.

Sinoniem:
• koorsang
• massasang

Antoniem:
• solosang

Vertaling:
Engels: communal singing, ensemble singing
Nederlands: samenzang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: skriflesing
skriflesing [boodskap #145833] So, 14 Julie 2024 11:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skriflesing
Afbreking: skrif•le•sing
Samestelling: skrif + lesing


Selfstandige naamwoord: skriflesing
Meervoud: skriflesinge, skriflesings

Betekenis:
• Die handeling om uit die Bybel (of 'n ander heilige boek) voor te lees.

Gebruik:
• Die verrigtinge sal met skriflesing, gebed en samesang geopen word.

Sinoniem:
• Bybellesing

Vertaling:
Engels: scripture reading
Nederlands: schriftlezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verrigting
verrigting [boodskap #145832] So, 14 Julie 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrigting
Afbreking: ver•rig•ting
Samestelling: verrig(t) + -ing


Selfstandige naamwoord: verrigting
Meervoud: verrigtinge, verrigtings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verrig (om iets te doen).
• Een van die formaliteite tydens 'n funksie of byeenkoms.

Gebruik:
• Hy het die besering tydens die verrigting van sy pligte opgedoen.
• Die verrigtinge word met skriflesing, gebed en samesang geopen.

Sinoniem:
• daad
• handeling
• onderneming
• uitvoering
• vervulling
• volvoering
• byeenkoms

Hiponiem:
• diensverrigting
• hofverrigting
• krygsverrigting
• lewensverrigting
• taakverrigting
• werkverrigting

Afgelei:
• verrigtingsmotor

Vertaling:
Engels: action, execution, performance; proceeding
Nederlands: verrichting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: departementeel
departementeel [boodskap #145831] So, 14 Julie 2024 10:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
departementeel
Afbreking: de•par•te•men•teel
Samestelling: departement + -eel


Byvoeglike naamwoord: departementeel
Attributief: departementele

Betekenis:
• Wat op die indeling of werking van 'n departement betrekking het.

Gebruik:
• Die betrokke werknemers is departementeel verhoor en afgedank.

Hiponiem:
• interdepartementeel

Afkorting:
• dept.

Vertaling:
Engels: departmental
Nederlands: departementaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Brit
Brit [boodskap #145830] Sa, 13 Julie 2024 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brit
Afbreking: Brit


Selfstandige naamwoord: Brit
Meervoud: Britte
Verkleinwoord: Britjie
Meervoud van verkleining: Britjies

Betekenis:
• 'n Persoon van Brittanje of Groot-Brittanje. Iemand met Britse nasionaliteit.

Gebruik:
• Die Britte is maar nors en moeilike mense.

Sinoniem:
• Amajoni
• Engelsman
• Rooinek

Verwant:
• Brits
• Brittanje

Vertaling:
Engels: Britisher, Briton
Nederlands: Brit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tal
tal [boodskap #145829] Sa, 13 Julie 2024 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tal
Afbreking: tal


Selfstandige naamwoord: tal
Meervoud: talle

Betekenis:
• 'n Numeriese hoeveelheid.
• 'n Groot hoeveelheid; baie.

Gebruik:
• Male sonder tal is ek in die tronk gegooi. [2 Korintiërs 11:24]
• Sy het sommer 'n tal onderskeidings gekry.

Sinoniem:
• aantal
• getal
• hoeveelheid
• menigte
• skare

Hiponiem:
• aftrektal
• agtal
• agttal
• deeltal
• dertigtal
• dodetal
• drietal
• dubbeltal
• duisendtal
• elftal
• grondtal
• heeltal
• honderdtal
• inwonertal
• jaartal
• kieserstal
• kindertal
• ledetal
• n-tal
• negetal
• sestal
• sewetal
• sieletal
• stemmetal
• tagtigtal
• tiental
• toeretal
• tonnetal
• twaalftal
• tweetal
• twintigtal
• veeltal
• veertiental
• veertigtal
• vermenigvuldigtal
• vermenigvuldigingstal
• viertal
• vyftal

Afgelei:
• talloos
• talryk
• talstelsel

Afgelei:
• talloos
• talryk

Vertaling:
Engels: number, amount; numerous, many, lots
Nederlands: tal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Brasiliaan
Brasiliaan [boodskap #145828] Sa, 13 Julie 2024 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brasiliaan
Afbreking: Bra•si•li•aan


Selfstandige naamwoord: Brasiliaan
Meervoud: Brasiliane

Betekenis:
• 'n Persoon van die land Brasilië. Iemand met 'n Brasiliaanse nasionaliteit.

Gebruik:
• Die Brasiliane is vriendelike mense.

Verwant:
• Brasilië
• Brasiliaans

Vertaling:
Engels: Brazilian
Nederlands: Braziliaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sportbeurs
sportbeurs [boodskap #145827] Sa, 13 Julie 2024 10:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19596
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportbeurs
Afbreking: sport•beurs
Samestelling: sport + beurs


Selfstandige naamwoord: sportbeurs
Meervoud: sportbeurse

Betekenis:
• 'n Beurs (geldelike hulp vir studies) wat op grond van besondere prestasie in sport toegeken is.

Gebruik:
• Hy het ná skool met 'n sportbeurs aan die universiteit gaan studeer.

Antoniem:
• studiebeurs

Vertaling:
Engels: sports scholarship
Nederlands: sportbeurs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (3): [1  2  3    »]


Tyd nou: Vr Jul 19 21:12:52 MGT 2024