Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: tydbom
tydbom [boodskap #146479] Wo, 18 September 2024 14:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tydbom
Afbreking: tyd•bom
Samestelling: tyd + bom


Selfstandige naamwoord: tydbom
Meervoud: tydbomme
Verkleinwoord: tydbommetjie
Meervoud van verkleining: tydbommetjies

Betekenis:
• 'n Bom met 'n klok wat gestel kan word om op 'n  bepaalde tyd te ontplof.
• (figuurlik) 'n Ongeluk wat wag om te gebeur.

Gebruik:
• Die tydbom is sekondes voordat dit sou afgaan onskadelik gestel.
• Die heersende klimaatsveranderinge is 'n tikkende tydbom.

Vertaling:
Engels: time bomb
Nederlands: tijdbom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 18:18]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: tikkend
tikkend [boodskap #146480] Wo, 18 September 2024 14:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tikkend
Afbreking: tik•kend
Samestelling: tik + - end


Byvoeglike naamwoord: tikkend
Attributief: tikkende

Betekenis:
• Wat reëlmatig tik (soos 'n horlosie, of 'n persoon op 'n sleutelbord).

Gebruik:
• Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers is 'n tikkende tydbom.

Vertaling:
Engels: ticking; typing
Nederlands: tikkend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van tik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 14:11]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: terminaal
terminaal [boodskap #146481] Wo, 18 September 2024 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terminaal
Afbreking: ter•mi•naal


Byvoeglike naamwoord: terminaal
Attributief: terminale

Betekenis:
• In die laaste fase of eindstadium voordat die dood intree.

Gebruik:
• Die man is terminaal siek.

Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal


Selfstandige naamwoord: terminaal
Meervoud: terminale
Verkleinwoord: terminaaltjie
Meervoud van verkleining: terminaaltjies

Betekenis:
• 'n Eindpunt by 'n lughawe of treinstasie.
• Een van die pole van 'n elektriese apparaat.
• (rekenaars) Program of apparaat vir die vertoon en invoer van data oor 'n afstand.

Gebruik:
• Meld by terminaal A aan.
• Die elektrone vloei van die battery se negatiewe terminaal na die positiewe terminaal.
• Ek gebruik PuTTY as terminaal om na die bediener aan te teken.

Sinoniem:
• eindpunt
• pool
• stasie

Hiponiem:
• domterminaal
• lughaweterminaal
• navraagterminaal
• rekenaarterminaal

Afgelei:
• terminaalgebou

Vertaling:
Engels: terminal
Nederlands: terminaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: voorteken
voorteken [boodskap #146482] Wo, 18 September 2024 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorteken
Afbreking: voor•teken
Samestelling: voor + teken


Selfstandige naamwoord: voorteken
Meervoud: voortekens

Betekenis:
• 'n Eerste teken van iets wat kom.

Gebruik:
• In 'n fliek is 'n hoesie is altyd die voorteken van 'n terminale siekte.

Sinoniem:
• aanduiding
• aankondiger
• aanwysing
• bedreiging
• omen
• simptoom
• voorbode
• voorloper
• waarskuwingsteken

Vertaling:
Engels: advance notice, forerunner, omen
Nederlands: voorteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 15:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: noodlanding
noodlanding [boodskap #146483] Wo, 18 September 2024 15:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noodlanding
Afbreking: nood•lan•ding
Samestelling: nood + landing


Selfstandige naamwoord: noodlanding
Meervoud: noodlandings

Betekenis:
• 'n Onbeplande landing weens 'n noodgeval.

Gebruik:
• Die vliegtuig het 'n suksesvolle noodlanding op 'n teerpad gemaak nadat sy enjin aan die brand geslaan het.

Vertaling:
Engels: emergency landing
Nederlands: noodlanding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitkry
uitkry [boodskap #146484] Wo, 18 September 2024 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitkry
Afbreking: uit•kry
Samestelling: uit + kry


Werkwoord: kry uit, uitkry
Verlede tyd: het uitgekry

Betekenis:
• Om na die buitekant te bring.
• Om uit te spreek.
• Om te verwyder of uit te wis.
• Om iets of iemand by 'n plek te kry.
• (sport) Om uit te boul of uit te vang.

Gebruik:
• Hulle kon nie die leeu uit die hok uitkry nie.
• Hy het nie 'n woord uitgekry nie.
• Sy probeer om die vlek uit die tafeldoek te kry.
• Julle moet die hond so spoedig moontlik by 'n veearts uitkry.
• Die bouler kon nie die kolwer uitkry nie.

Sinoniem:
• uitbring
• uithaal
• uitklim
• uitlig
• uittrek

Vertaling:
Engels: to get out; to spreak out; to remove, get rid of; to get to; to dismiss
Nederlands: uitkrijgen, uitbrengen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 16:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: toerus
toerus [boodskap #146485] Wo, 18 September 2024 16:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toerus
Afbreking: toe•rus
Samestelling: toe + rus


Werkwoord: rus toe, toerus
Verlede tyd: het toegerus

Betekenis:
• Om van benodighede te voorsien.

Gebruik:
• In rolprente is tydbomme toegerus met groot rooi skerms sodat almal presies weet wanneer dit gaan ontplof.

Sinoniem:
• bewapen
• gereedmaak
• inrig
• installeer
• toevoeg
• uitrus
• verskaf
• voorberei

Afgelei:
• toerusting

Vertaling:
Engels: to furnish, equip, fit out
Nederlands: toerusten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Middeleeus
Middeleeus [boodskap #146486] Wo, 18 September 2024 17:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Middeleeus
Afbreking: Mid•del•eeus
Samestelling: Middel + eeus


Byvoeglike naamwoord: Middeleeus
Attributief: Middeleeuse

Betekenis:
• Betreffende die Middeleeue (rofweg die 5de tot die 15de eeu).

Gebruik:
• In die Vroeë Middeleeue was daar min mense wat kon lees of skryf.

Afkorting:
• Me.

Vertaling:
Engels: medieval
Nederlands: middeleeuws

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 17:46]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: bloedsweet
bloedsweet [boodskap #146487] Wo, 18 September 2024 17:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloedsweet
Afbreking: bloed•sweet
Samestelling: bloed + sweet


Selfstandige naamwoord: bloedsweet
Meervoud:

Betekenis:
• Baie harde werk.

Gebruik:
• Dit het bloedsweet en vasbyt gekos om die doel te bereik.

Vertaling:
Engels: blood and sweat
Nederlands: bloedzweet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terugblik
terugblik [boodskap #146488] Wo, 18 September 2024 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugblik
Afbreking: te•rug•blik
Samestelling: terug + blik


Selfstandige naamwoord: terugblik
Meervoud: terugblikke
Verkleinwoord: terugblikkie
Meervoud van verkleining: terugblikkies

Betekenis:
• 'n Blik op die verlede. 'n Oorsig oor vergange sake.

Gebruik:
• Die boek is 'n terugblik op die outeur se jeugjare.

Sinoniem:
• herdenking
• herinnering
• herkenning
• herlewing
• hersiening
• nabetragting
• oorpeinsing
• refleksie
• terugflits
• terugkyk
• terugskouing

Vertaling:
Engels: retrospective view, flashback, stocktaking
Nederlands: terugblik


Werkwoord: blik terug, terugblik
Verlede tyd: het teruggeblik

Betekenis:
• Om terug te kyk.

Gebruik:
• Ons blik terug na die goeie ou dae.

Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugblikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo, 18 September 2024 18:14]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Wo Sep 18 19:37:47 MGT 2024