Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: ode
ode [boodskap #146455] So, 15 September 2024 07:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ode
Afbreking: o•de


Selfstandige naamwoord: ode
Meervoud: odes

Betekenis:
• 'n Gedig of lied waarin iets of iemand vereer en opgehemel (hulle lof besing) word.

Gebruik:
• Koos du Plessis se lied, Herman, is 'n ode aan 'n afgestorwe vriend.

Sinoniem:
• eerbetoon
• lofdig
• loflied
• lofrede
• lofsang

Vertaling:
Engels: ode
Nederlands: ode

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 15 September 2024 07:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: grondvlak
grondvlak [boodskap #146456] So, 15 September 2024 08:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grondvlak
Afbreking: grond•vlak
Samestelling: grond + vlak


Selfstandige naamwoord: grondvlak
Meervoud: grondvlakke

Betekenis:
• Die vlak wat gelyk is met die grond.
• Die onderkant of bodem van iets.

Gebruik:
• Die winkel is op die die winkelsentrum se grondvlak.
• 'n Keël is 'n figuur met 'n plat, sirkelvormige grondvlak wat boontoe al nouer word.

Sinoniem:
• basis
• fondament
• grondhoogte
• grondverdieping
• grondvloer
• onderkant
• ondervlak
• voetstuk

Afgelei:
• grondvlakontwikkeling

Vertaling:
Engels: ground level; base, bottom
Nederlands: grondvlak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: konfronterend
konfronterend [boodskap #146457] So, 15 September 2024 08:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konfronterend
Afbreking: kon•fron•te•rend
Samestelling: konfronteer + -end


Byvoeglike naamwoord: konfronterend
Attributief: konfronterende

Betekenis:
• Wat konfronteer/ uitdaag/ ongemak veroorsaak.

Gebruik:
• Die video is as kru en konfronterend beskryf.

Vertaling:
Engels: confronting
Nederlands: confronterend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van konfronteer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: byster
byster [boodskap #146458] So, 15 September 2024 08:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
byster
Afbreking: by•ster


Byvoeglike naamwoord: byster
Attributief:

Betekenis:
• Wat van die regte pad/ spoor af beweeg (letterlik of figuurlik).

Gebruik:
• Die man is in 'n motorongeluk oorlede nadat sy motor die pad byster geraak het.

Spreekwoord:
• Hy raak die spoor byster. [Op die verkeerde pad/ verdwaal wees.]

Sinoniem:
• kwyt
• verlore

Afgelei:
• verbyster

Vertaling:
Engels: be off the rails, have lost one's way, be at a loss
Nederlands: bijster


Bywoord: byster

Betekenis:
• (ongewoon) In 'n hoë mate.

Gebruik:
• Sy is nie byster mooi nie.

Sinoniem:
• baie
• danig
• erg

Vertaling:
Engels: very
Nederlands: bijster

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 15 September 2024 08:45]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: inlui
inlui [boodskap #146459] So, 15 September 2024 09:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inlui
Afbreking: in•lui
Samestelling: in + lui


Werkwoord: lui in, inlui
Verlede tyd: het ingelui

Betekenis:
• Om iets met die lui van klokke te verwelkom.
• (figuurlik) Om iets nuuts te begin.

Gebruik:
• Die kerkklok lui die nuwe jaar in.
• Die gebeurtenis het 'n bloeiperiode ingelui.

Sinoniem:
• aankondig
• bekendmaak
• bekendstel
• invoer

Afgelei:
• inluiding
• inluier

Vertaling:
Engels: to ring in, herald
Nederlands: inluiden

Nota:
• Moenie "inlui" met "inlei" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitklopfase
uitklopfase [boodskap #146460] So, 15 September 2024 10:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tuitklopfase
Afbreking: uit•klop•fa•se
Samestelling: uitklop + fase


Selfstandige naamwoord: uitklopfase
Meervoud: uitklopfases

Betekenis:
• Fase van 'n kompetisie waar die verloorders uitgeskakel word.

Gebruik:
• Die spanne is in groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het.

Vertaling:
Engels: knockout phase
Nederlands: knock-outfase

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: halfeindronde
halfeindronde [boodskap #146461] So, 15 September 2024 17:40
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
halfeindronde
Afbreking: half•eind•ron•de
Samestelling: half + eindronde


Selfstandige naamwoord: halfeindronde
Meervoud: halfeindrondes

Betekenis:
• 'n Sportwedstryd ná die kwarteindronde tussen vier persone of spanne om na die eindronde deur te dring.

Gebruik:
• Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindronde gekwalifiseer.

Wisselvorm:
• halfeindrondte (informeel)

Sinoniem:
• halfeindstryd
• halfeindwedstryd

Vertaling:
Engels: semi-final match
Nederlands: halve finale

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sportwedstryd
sportwedstryd [boodskap #146462] So, 15 September 2024 17:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sportwedstryd
Afbreking: sport•wed•stryd
Samestelling: sport + wedstryd


Selfstandige naamwoord: sportwedstryd
Meervoud: sportwedstryde
Verkleinwoord: sportwedstrydjie
Meervoud van verkleining: sportwedstrydjies

Betekenis:
• 'n Wedstryd om te bepaal wie die beste in bepaalde sportsoort is.

Gebruik:
• Die driekamp is 'n sportwedstryd wat uit drie sportsoorte bestaan, naamlik swem, fietsry en hardloop.

Sinoniem:
• kampioenspan
• toernooi

Vertaling:
Engels: sports match
Nederlands: sportwedstrijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 15 September 2024 17:48]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: inreken
inreken [boodskap #146463] So, 15 September 2024 17:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inreken
Afbreking: in•re•ken
Samestelling: in + reken


Werkwoord: reken in, inreken
Verlede tyd: het ingereken

Betekenis:
• Om by iets in te sluit.

Gebruik:
• Die verkoper het ook uitgawes wat hy by die verkoopprys moet inreken.

Sinoniem:
• byreken
• insluit
• intel
• meetel
• saamtel

Vertaling:
Engels: to count in, factor in
Nederlands: inrekenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oorskakel
oorskakel [boodskap #146464] So, 15 September 2024 18:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorskakel
Afbreking: oor•ska•kel
Samestelling: oor + skakel


Werkwoord: skakel oor, oorskakel
Verlede tyd: het oorgeskakel

Betekenis:
• Om 'n voertuig na 'n ander rat te skakel.
• Om van die een (vorm, stelsel, metode, ens.) na 'n ander oor te gaan.

Gebruik:
• Sy skakel die motor oor na 'n laer rat.
• Hy het van die een radiostasie na die volgende oorgeskakel.

Sinoniem:
• omskakel
• omsit

Afgelei:
• oorskakelaar
• oorskakeling

Vertaling:
Engels: to switch over, change over, convert
Nederlands: overschakelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So, 15 September 2024 18:13]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: meerskuim
meerskuim [boodskap #146465] So, 15 September 2024 19:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meerskuim
Meerskuim
meerskuim
Afbreking: meer•skuim
Samestelling: meer + skuim


Selfstandige naamwoord: meerskuim
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Sagte wit mineraal wat o.a. gebruik word om pype en ander ornamente te maak.

Gebruik:
Meerskuim word soms op die Swartsee gevind waar dit dryf en soos seeskuim lyk.

Sinoniem:
• sepioliet

Afgelei:
• meerskuimpyp

Vertaling:
Engels: meerschaum
Nederlands: meerschuim

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: So Sep 15 19:25:20 MGT 2024